’n Beslissende meesterstuk

Die  kop-aan-kop botsing tussen die edel ideaal van ’n volk wat moet veg vir sy oorlewing en die oordonderende haat van ’n euwel vyand word meesterlik uiteengesit in Beslissing in die Karoo – ’n roman deur Sebastiaan Biehl.

’n Sinister komplot word agter die skerms beplan terwyl Afrikaners hulself lamlê met binnegevegte oor hul identiteit. Ekstremiste se wrede planne begin stelselmatig uitgevoer word om ’n nuwe wending aan die Nasionaal Demokratiese Revolusie te gee. Elke korreltjie grond in Suider Afrika móét onder swart beheer gebring word.

Bedwelm deur swart nasionalisme en ’n diepgewortelde haat vir blankes, loods ’n nuwe generasie selfverklaarde “vryheidsvegters” spontaan terreuraanvalle op onskuldige boere. Plase word afgebrand en bloeddorstige wraakmoorde word op sagte blanke teikens uitgevoer. Die situasie bereik kookpunt toe ’n groep boere besluit om mag in hul eie hande te neem ten einde hul gesinne en eiendom te beskerm.

Hans is ’n boerseun van die Vrystaat wat studeer in Johannesburg. Diep binne hom ontwaak ’n liefde vir sy taal, kultuur en erfenis. Hy is ontevrede oor al die misdaad wat teen sy mense gepleeg word en die openlike diskriminasie wat gelate aanvaar word. Terselfdertyd is hy gefrustreerd met Afrikaners se apatiese houding jeens hul omstandighede en die politiek lok gedurig konfrontasie uit tussen hom en sy meisie.

Santie is ’n liberale rykmansdogter en verstaan nie waarom Hans homself so verset teen die werklikhede van die dag nie. Sy stem ook nie saam met die landspolitiek nie, maar maak ’n punt daarvan om nie koerante te lees of die nuus te kyk nie. Sy vergeet vinnig van die alledaagse bloedvergieting deur haarself toe te spits op haar studies en haar sosiale lewe.  Alhoewel Hans haar soms frustreer en haar pa nooit veel ooghare vir hom gehad het nie, is sy lief vir hom en koester sy hul verhouding.

Plaasaanvalle begin afneem in gebiede waar boere daadwerklik optree om hul plase te beveilig deur kommando’s op die been te bring en stelselmatig meer selfwerksaam te funksioneer. Die krisispunt waarvoor die hooggeplaaste swart ekstremiste hulself beywer realiseer nie. Drastiese stappe moet nou geneem word om eindelik die witman in die see in te dryf.

’n Beroemde swart staatsman stort in duie by ’n openbare byeenkoms nadat ’n enkele skoot vanuit ’n nabygeleë woonstel gevuur word. Die noodlottige skoot is afgetrek deur ’n blanke krimineel wat onlangs uit die tronk verdwyn het. Niemand vind dit vreemd dat die sluipmoordenaar in die media gekoppel word aan die plattelandse kommando’s nie. Te midde van nasionale rou breek totale chaos uit. Soos die swart wolk van ‘n veldbrand versprei aanvalle teen blankes na elke stad en dorp in Suid-Afrika.

Hennie is ’n hardwerkende boer van die Standerton-distrik. Hy het by die kommando aangesluit omdat hy sy plaas en vrou moes beskerm. Hy het met skok verneem dat sy mede kommandolede vir hoogverraad gearresteer word. Nou moet hy vlug vir sy lewe. Hy weet dat hulle niks met die sluipmoord uit te waai het nie, maar besef dat hy magteloos is teen die vlamme van haat wat die media en regering teen die boere aanblaas.

Hy bly van die paaie af. Moeg en uitgehonger doen hy laataand te perd by sy swaer aan. Hy weet dat die regeringsmagte hom daar vinnig sal opspoor. Sy swaer stel voor dat hy na die dorp Eendrag moet vlug. Daar, op die oewer van die Oranjerivier, moet Hennie onder ’n skuilnaam ’n nuwe lewe begin in die hoop dat sy vrou eendag by hom kan aansluit.

Eendrag is ’n vreedsame Karoodorp waar Afrikaners al vir dekades lank ’n mate van selfbeskikking geniet weens hul uitsluitlike gebruik van volkseie arbeid. As gevolg van die noodtoestand vlug heelwat Afrikaners na dié en ander dorpe in die streek. Stadig maar seker help jong helde soos Hennie en Hans om weerlose Afrikaners uit die stede en dorpe te red en hulle na veiligheid in Eendrag te bring.

Deur samewerking met die boere in die streek en effektiewe krisisbestuur deur Eendrag se leiers, vermag die groeiende gemeenskap om orde te herstel. Afrikaners daar oorleef ten minste van dag tot dag en begin tekens toon dat hulle langsamerhand weer op hul voete sal kom.

Santie en haar gesin tel onder die derduisende blankes wat op die laaste nippertjie die land verlaat het. In Londen besef sy gou dat die wêreld weereens die Afrikaner as die sondebok brandmerk vir die konflik. Sy sien dat daar geen buitelandse hulp gaan kom vir haar geliefde Hans en al die mense wat nou in die Karoo vasgepen is nie.

Is dit die einde van ’n volk waarop sy en soveel ander mense hul rûe gedraai het? Gaan Hans iemand anders ontmoet? Kan Hennie sy onskuldige vriende van die Standerton-kommando uit die kake van die leeu red en weer met sy vrou verenig word? Vir hoe lank gaan die magte van tirannie toelaat dat Eendrag en sy hartland vreedsaam voortbestaan?

Beslissing in die Karoo is ’n aksiebelaaide verhaal waarin al die noodsaaklike bestanddele van ’n epiese meesterstuk vervat word. Alhoewel die storielyn ’n fiktiewe beeld van die toekoms skets, gebruik die skrywer verontrustende kontemporêre gebeure om lesers te herinner aan die Afrikaner se kwesbare posisie.

Terselfdertyd doen die skrywer ’n beroep op ons om sterk te staan in hierdie onseker tye, want daar is ’n haalbare oplossing wat ons van ’n helder toekoms sal verseker: kom wat wil!

Bestel Beslissing in die Karoo by kontak@vryafrikaner.za.org

14 thoughts on “’n Beslissende meesterstuk

  1. Presies wie is die vyand in hierdie verhaal.
    Is dit ‘n mengelmoes van nasies waarvan al die kleure denkbaar deel daarvan is.
    Word die vyand deur ander vreemde groepe misbruik om hulle doel te bereik?

    Daar heers verwarring onder die mense in hierdie NSA oor wie werklik vir wat verantwoordelik is. Dinge word nie direk aangespreek nie. Met ‘n groot omhaal van politiek korrekte woorde en uitsprake word die skuldige witboordtjie terroriste beskerm.
    En daardie terroriste plaas wette in plek om hulle dade ongestoord te kan voortsit en hulle durf nie teë gegaan word nie.

    Is die sg. “eerbare en beskaafde” vorm van verset dan nog steeds geldig?
    Wat word daarmee bedoel?
    Ek weier om ‘n voortvlugtende te wees in ‘n land waar my regte misken word.
    Dan sal ek ook elke moontlikke wapen tot my beskiking aanwend om my mee te verdedig.
    En dit sluit teen terrorisme in.

    1. Lees die boek – dis sal al jou vrae beantwoord.

      Op ‘n ander noot… ‘n Terroris teiken onskuldige mense om ‘n spesifieke groep te skok en sodoende sy sin op ander af te dwing. Is jy seker dat jy so laag sal daal? Dis nie verdediging nie – dis lafhartig. Die onlangse boeremag saak het betrekking. Hulle het ‘n onskuldige vrou se lewe geneem. Sy het hulle nie bedreig nie. Ek het geen respek vir wat hulle gedoen het nie en ondersteun die regter se uitspraak ten volle. In die ou SA sou hulle gehang het.

      Ons moet versigtig wees om nie dubbelle standaarde te he nie. Kom ons gaan aan deur ons vryheid vreedsaam te herstel. Indien ons onsself moet verdedig, dan sal ons nie huiwer nie. Die regering los Orania uit in hierdie stadium, dus het ons regtigwaar geen rede om geweld in enige vorm te oorweeg nie.

      1. Ek stem heelhartig met jou saam dat die neem van onskuldige lewens lafhartig is. Ons Boeregeneraals het self die “ondenkbare” in sommige se oë gedoen en die gewonde Engelse en hul bevelvoerders met groot respek behandel en die nodige versorging gegee. Dit is uiteraard ook vanselfsprekend dat wanneer ons onsself dan nou móét verdedig daar nie terug gehou sal word nie, veral nie as die bedreiging kinderlewens ook teiken nie.

        Beslis ‘n goeie boek om te lees.

        Hoop daar is ‘n opvolg…..

      2. Terrorisme gaan nie noodwendig met lewensverlies gepaard nie.
        Om jou vraag van “Laag daal” te beantwoord.
        Ek verwys nie graag na hierdie persoonlikke ondervinding wat ek self moes deurmaak nie.
        Ek het my vrou verloor agv barbaarse swart moordadige geweld.
        Wat verwag jy van my???
        Wat verwag jy van die duisende ander mense wat soortgelyke ondervindings gehad het???
        Ek WAS ‘n vreedsame mens soos jy bo aanbeveel.
        Sonder om leedvermakerig te klink, of om my ondervinding te misbruik, sal ek graag wil hoor en sien hoe so ‘n insident jou lewe sal verander.
        Dit is die soort onding wat daardie manne van die Boeremag beweging in opstand gebring het. En daardie “onskuldige” vrou was per ongeluk op die verkeerde plek.
        My vrou was pertinent om die lewe gebring en was ook nie ‘n bedreiging vir 5 moordenaars met gewere nie.
        En weet jy wat nog???? Die moordenaar loop op straat.
        Ek is aan daardie manne se kant wat namens my en ook duisende ander Afrikaners in opstand gekom het oor wat met ons gedoen word.
        Ek sal hulle nie veroordeel nie.

  2. Anthony Schlemmer

    Een ding van die boeremag lede waarvoor ek respek het, is hulle algehele toewyding aan Afrikaner selfbeskikking. So dat hulle bereid was, en baie duidelik, die risiko geloop het om hulle lewens te verwoes. Sjoe, dit vat baie! Kyk waar sit hulle nou.

    Ek dink hulle kon meer bereik het om die Oranje idiaal vreedsaam na te streef. Daar is blykbaar ‘n paar geleerde manne daar. Hulle bly Afrikaners en dit was hartseer vir my om hulle so op TV in die hof te sien in boeie!

    Om terug te keer na die boek, ek gaan definitief vir my een kry.

    1. Anthony ek stem saam, dit bly hartseer om ons volksgenote so te sien. Wat tog altyd vir my interresant bly is, (En jy het spesifiek genoem hoe geleerd meeste van hierdie manne is.), is hoe “dom” party “slim” mense kan wees. DInk net watse positiewe bydrae kon hierdie manne, waarvan baie ‘n lewenslange millitêre agtergrond het, gelewer het in die uitwerk en implimetering van ‘n verdedigings departement in ‘n toekomstige volkstaat. En om so om die bos gelei te word deur infiltreerders is werklikwaar net ‘n bewys van hoe diep die verraad nog in sommiges se aard ingeteel is. Hou by die vreedsame en eerbare weg, die morele hoëgrond is wat ons nageslagte nodig het, nie mense wat soos bloeddorstige barbare onskuldige mense links en regs opblaas nie. Hoe kan ons vir hulle wat kom andersins ‘n toekoms uitkap in die voorgestelde gebied as ons nie eens ons emosies kan beheer nie…?

    2. Stem met jou sienswyse saam.
      As de klerk nie so ‘n onbesonne daad teen ons gepleeg het nie, sou daar seker nog steeds 2 miljoen meer Afrikaners hier gewees het. Landverlaters en vermoordes se som totaal.
      Het ons gestem vir dit wat ons nou mee sit??? ‘n Gesukkel om ‘n Volkstaat in plek te kry oa.
      Daar was juis gestem om die huidige anargie, soos aan ons voorgehou was, te verhoed.
      Presies die teenoorgestelde resultaat is daarmee bereik.
      Nou word persone wat die situasie wil omkeer gekruisig. Terre’blanche is ‘n goeie voorbeeld
      En wat van de klerk??? Dit word goed besef dat hy buite sy magte opgetree het.
      Gaan hy ongestraf hiermee wegkom???

  3. Andre de Kock

    Daar is altyd ‘n les te leer uit die Joodse voorbeeld.Hulle is uit hulle land verjaag in 70nC deur die Romeine en is oor die hele wereld versprei. Hulle het aan hulle geloof en taal vasgeklou en hulself eenkant gehou in elke land waar hulle heen moes vlug. Die eerste Jode het teruggekeer en hulle gevestig in Palestina in 1882. (na 1800 jaar!) Hulle leier Theodor Herzl het eers 15 jaar daarna ‘n boek geskryf waarin die ideaal uitgespel is.(1896) Die Jode het begin om al meer en meer mense aan te moedig om grond te kom beset-in hulle unieke kibbutz stelsel-en met finansieele hulp van Baron de Rothchild. (ons Anton Rupert)
    Hulle moes hulself beskerm teen aanvalle en het kommando-stelsel op die been gebring-Irgoen en Stern. Dit het gevolg op die uitmoor van groepe Jode in 1929 Later (in 1941) het hulle ‘n eie leer gestig (Palmach). Die hele wereld het hulle reg op ‘n volkstaat ontken. Intussen het hulle net die hele tyd Palestina beset. Hulle is regoor die wereld vervolg en het kaal en verarm in Palestina aangekom. Duisende het gesterf en nog meer het in die Tweede wereldoorlog omgekom.
    In 1947 het die wereld deur middel van die VVO hulle reg op ‘n eie land herken en is die staat Israel in 1948 gestig-en het onmiddelik in ‘n oorlog teen al hulle bure te staan gekom.

    Wat leer ons hieruit in lig van die bostaande gesprek?
    ‘n Paar honderd kommandolede het die prys betaal vir die uiteindelike ideaal. Hulle is verguis, opgesluit en gehang. Israel het vir hulle monumente gebou. Vandag word tenks en skepe na hulle vernoem.
    ‘n Paar ander het die politieke stryd gestry. Herzel is dood sonder dat hy ooit sy ideaal verwesenlik gesien het. Sy opvolger het die eerste president van Israel geword. Die leiers in die leer is vandag die eerste ministers. Golda Meir-‘n terroris genoem deur die Britte was hul bekendste eerste minister. Hulle het onder mekaar baklei en het uiteenlopende politieke partye-van Ortodoks konserwatief tot Kommunisties liberaal-maar hulle almal stem saam oor een ding-daar moet ‘n land vir ‘n volk wees om voort te bestaan. Hulle is vandag minder as 5 miljoen-en met so 6 mijoen uitwoners in Amerika en ander lande.
    Die Afrikaner kort net om so bietjie vervolg te word-so paar duisend meer om vermoor te word, nog meer in die tronk vir opstoking en sedisie en so bietjie meer opstande en veldslaggies om onder die wereld se aandag te kom.
    Maar ons leef lekker in die Nuwe SA. Hoekom sal ons nou “Palestina” toe trek?

    1. Andre, jou kennis rondom daardie joodse geskiedenis lyk goed.
      Het hulle ook met Joodse verraaiers gesit soos ons???
      Daardie boeremag manne was uit en uit deur die slingsheid van die polisie in daardie rigting aangepor gewees. Dit vat nie veel om ‘n verbitterde mens tot onbesonne dade aan te spoor nie. John Vorster was ook ‘n Afrikaner terroris
      Deur breinspoeling is dit nou mode om daardie Boeremag manne te verdoem.
      Klink dit reg en logies???

  4. Andre de Kock

    @arnieann: Ons moet mooi verstaan wat ‘n verraaier is. ‘n Polisieman (wat dalk Afrikaans en ‘n Afrikaner is) wat ‘n ou uitvang wat ‘n komplot smee is nie ‘n verraaier nie-hy doen ons eintlik ‘n guns want hy elimineer die dommes tussen ons uit-en die res leer lesse daaruit.
    Mense weet nou om nie die grootste Afrikaner wat hy sien te vertrou nie. Dit was ‘n goeie les en sal baie beteken vorentoe.
    Les 2: Pasop wat jy op die Internet kwytraak.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s