Arbeidsonrus in die landbou

dedoorns

Terwyl die res van die land se aandag na nuwe onderwerpe skuif, steier Bolandse boere nog onder die gevolge van gewelddadige stakings. Die minister van landbou, vakbonde, landswye arbeidsonrus en onrealistiese verwagtings van plaaswerkers word in die landbou-pers vir dié toestand skuld gegee.

Boere praat van meganisering, oorskakeling na ander bedryfstakke en verhoogde indiensname van Zimbabwe-burgers as moontlike oplossings. Werkers uit dié land word as harde werkers, dankbaar vir die geleentheid om vir hulle gesinne te sorg, beskryf. Hulle goeie Engels vergemaklik blykbaar kommunikasie en hulle vrees vir deportasie voorkom dat hulle by onwettighede betrokke raak.

Boerderye ly inderdaad groot skade. Op sagtevrugte en tafeldruiwe moet bepaalde manipulasies op bepaalde tye plaasvind om ‘n top gehalte-produk te verseker. ‘n Boord of wingerd wat so ‘n periode oorslaan, bly die hele seisoen agter. Ontwrigting wat op die oog af klein is, kan produkte net onder die peil van uitvoergehalte dwing – en ‘n ernstige finansiële impak hê. Voeg daarby die vernietiging van kapitaalgoedere en dit is duidelik waarom boere drastiese oplossings soek.

Vir die Suid-Afrikaanse staat kan die Bolandse stakings nog ‘n ramp in ‘n uitgerekte nagmerrie word. Terwyl werkloosheid en gepaardgaande armoede stabiliteit bedreig, gaan nog ‘n aantal mense hulle werk verloor. Immigrante uit ander Afrikalande (wettig en onwettig) was reeds die slagoffers van xenofobiese geweld. Hoe meer van hulle werk in Suid-Afrika kry, hoe groter gaan die stroom word. Die kans bestaan dat die sagtevrugte- en tafeldruifbedrywe hulle gerespekteerde posisie in die wêreldmark kan verloor en miljarde rand per jaar se buitelandse valuta verloor.

‘n Deel van die skuld lê by die ANC-regering, vanweë die Utopiese verwagtings wat hulle voor 1994 geskep het. Teen hierdie tyd is armes bereid om die melkkoei te slag. Ongelukkig staan die wysheid van Afrikaners in die breë, maar ook in die landbou, nie bo twyfel nie. Sedert Jan van Riebeeck die eerste slawe ingevoer het, is aanvaar dat arbeid geen politieke implikasies het nie. Daarom het Afrikaners regoor die land versprei, met die aanname dat slawe, Khoi, of swartmense in groot getalle in diens geneem kon word. Paul Kruger, byvoorbeeld, het naby Rustenburg sy plaas uitgemeet, omdat voldoende arbeid in die direkte omgewing te vinde was.

Met ekonomiese uitbreiding tydens die twintigste eeu is swart werkers in groot getalle in die ekonomie betrek. Lae lone is betaal en dieselfde argumente wat nou ten gunste van Zimbabwe-burgers gebruik word, is destyds ten gunste van trekarbeid uit die “reservate” gebruik. Uitgebreide planne is gemaak om dié arbeid sosiaal af te sonder en polities skadeloos te stel. Hoewel die staat later teen miljoene rande die sogenaamde tuislande tot volledige tuistes vir swartmense te wou ontwikkel, het arbeidspraktyke op plase, in fabrieke en in huishoudings dit van enige kans op sukses beroof.

Die mistasting dat arbeid van politiek geskei kan word, het Afrikaners in 1994 ingehaal. Reaksies op die Bolandse staking laat dit lyk of die les verlore gegaan het.

 

23 thoughts on “Arbeidsonrus in die landbou

  1. Anthony Schlemmer

    Ek dink ons almal sal erken dat R70 ‘n dag nie ‘n leefbare inkomste is vandag in die jaar 2012 nie. Ek weet nie hoe hierdie mense leef nie!

    Daar is natuurlik ander elemente ook hierby betrokke, soos ons almal maar weet.

    As ons van suksesvolle Afrikaner arbeid gebruik wil maak in die groter Orania gebied, sal ons ons mense ‘n goeie inkomste moet betaal.

    So die oplossing is, betaal hulle beter!

    1. Andre de Kock

      Soos ek verstaan kry trekarbeiders (seisoenale oeswerkers) sowat R70 ‘n dag. As hulle egter langer as ‘n week werk gaan dit op na R85/dag, langer as ‘n maand-R100/dag, tot so hoog as R135/dag as jy elke dag vir werk opdaag. Dit is blykbaar om grootskaalse dronkenskap en wegblyery hok te slaan. Wat beteken goeie werkers kry heelwat meer maar die ergste sal altyd as die norm voorgehou word.
      Maar ek het GEEN simpatie met die Bolanders nie. Daardie plase is al geslagte lank in die familie-wat beteken hulle het nooit saamgetrek, ontberings gedurende die Groot Trek gehad nie, geen familie in die Oorlog en Konsentrasiekampe verloor nie, geen deel gehad aan geen Gelofte nie en Ja geskreeu vir FW de Klerk. Geen simpatie hier nie.
      Hulle is die LAASTE wat na ‘n Volkstaat toe sal trek. Laat hulle krepeer in hulle Liberalisme.

      1. Andre, ek hoor wat jy se maar neem ook in ag dat daar in elke dorp in die Kaap ‘n Voortrekkermonumentjie opgerig was om hul verbintenis met die Afrikaners wat getrek het te bevestig, dat daar Kaapse Rebelle was wat in die Tweede Vryheidsoorlog hul lewens geoffer het vir ons volk se vryheid en dat baie plattelandse Kapenaars nee gestem het in 1992. Ek dink jy gaan bietjie oorboord met jou stelling maar ek gaan nie stry dat die meerderheid Kapenaars die laastes gaan wees wat na ‘n volkstaat toe gaan trek nie. Hulle stem eerder DA en stel goedkoop arbeid in die vorm van Zimbabwiers aan. Klink maar vir my baie soos die Boere in die Vrystaat en Transvaal…

    2. Jy is reg Anthony. Lae inkomste arbeiders in Orania verdien ongeveer R 150 per dag en word gehelp deur bv. toegang tot bekostigbare behuising te he en baie laer skoolfondse te betaal. Sover weet ons dis moontlik vir Afrikaners om van voor af te begin en uitsluitlik op hul eie arbeid staat te maak – maar dit moet dan in ‘n nuwe gemeenskap gebeur waar alle arbeid van meet af deur Afrikaners verrig word. Ek dink nie dat dit moontlik is om ‘n beleid van volkseie arbeid toe te pas in gebiede waar Afrikaners al vir honderde jare van ander volke se arbeid afhanklik is nie. So die oplossing is om voortdurig nuwe volkstaatgroeipunte soos Orania te vestig in gebiede waar volksvreemde arbeid nie in oorvloed beskikbaar is nie, m.a.w. die Bo-Karoo en Weskus. Ironies dat dit juis die aangewese volkstaat gebied is?

  2. So waar!! De ou argument dat Afrikaners eerder sal bedel as om “swartes se werk” te doen steek altyd kop uit wanneer mens oor die noodsaaklikheid van volkseie arbeid praat. Dit is so dat daar baie lui en slegte Afrikaners is, maar dis nie ‘n verskoning om afhanklik van swart arbeid te wees nie. Daar is net soveel, selfs meer, goeie en hardwerkende Afrikaners daarbuite wat vir minder as R 150 per dag werk om kos op die tafel te sit. Orania sou nie vandag bestaan het as Afrikaners nie in staat was om van ons eie arbeid afhanklik te wees nie. In meer as 21 jaar was daar in Orania nog nie een gebou afgebreek, een betoging deur werkers, of een boer se plaas afgebrand nie.

    Dis ‘n goeie ding dat honderde duisende jong Afrikaners na 1994 oorsee gaan reis het en in plekke soos Brittanje se hotelle en winkels gaan werk het. In Engeland het ons geleer dat daar nie ‘n ding soos witmens en swartmens werk is nie. Ekself moes o.a. toilette skrop en opgooi opmop in pubs. Dit was aaklig maar dit het my bietjie teruggebring aarde toe en geleer werk. Vandag bly ek in Orania en dis glad nie snaaks vir my om te sien dat blankes hier strate vee en in tuine werk nie want ek moes self veel erger al in my lewe gedoen het om my brood en botter te verdien.

  3. Terug pieng: Arbeidsonrus in die landbou – Wes-Kaap « South Africa News

  4. Wie se verantwoordelikheid is dit om te sorg dat mense ‘n werk het??
    Dit maak nou nie saak watter boere of watter werkgewers waar in die land is nie.
    Die Blankes is die werkskeppers. En die swartes is die werknemers.Die boere word nou op ‘n manier verantwoordelik gehou dat hulle in die EERSTE plek arbeid moet SKEP en dan word daar van hulle verwag om dan ‘n sekere loon te MOET betaal.
    Miljoene der miljoene rand is al spandeer op swartboer ontwikkeling.
    Daar het net mooi tikkel tokkel van gekom. Sowat ‘n week gelede was daar ‘n berig in die media van nuwe trekkers en implimente en kunsmis wat verlate êrsens op ‘n plaas in Natal lê en vergaan.
    Dit is enige Blanke boer se reg om sy boerdery onderneming te bedryf soos hy wil. Natuurlik is dit onmenslik om ‘n werker ‘n hongerloon te betaal, en daar moet riglyne in plek wees om orde te handhaaf. Teveel inmenging van staats owerhede het die manier om nooit end te kry nie.
    Waar is daardie swartboere wat nou lings en regs plase gekry het???
    Hoeveel mense is in hulle diens??? En hoeveel word hulle betaal???
    Al sou elke plaas in SA aan ‘n swarte oorhandig word, sal daar eers werloosheid en anargie heers.
    Daar is net EEN oplossing:
    Elkeen in sy eie staat!!!

  5. Louis

    In die Mail and guardian koerant was daar ‘n artikel hierdie jaar of die laaste gepubliseer oor die De Doorns gebied.Die boere invoer werkers van die Oos-Kaap vir die seisoen, maar aan die einde van die seisoen baie van hulle bly op soek vir die werk in die verpakking fabrieke wat meer geld bied, die boere invoer meer werkers of begin om Zimbabwiërs te huur en die siklus herhaal homself net. Die eind resultaat is ‘n gebied gevul met buitelanders alles as gevolg van die boere se domheid om nie hoe hulle werk te verander

    Orania hey regtig sy eie landbou unie nodig, Die unie sou boere in die gebied help met kapital en dienste help om die plase te moderniseer en te meganiseer of om hulle te voorsien met spanne van werkers

  6. Staffieliefhebber

    Meganiseer, Meganiseer, Meganiseer…..Hulle sê die gemiddelde plaas in Frankryk het ses trekkers met implemente wat ma pa en seuns toelaat om die werk te doen. Ek het ‘n Video gesien van ‘n kropslaai kweekhuisboerdery in België waar masjiene die sade plant in “geute” met gate in. Een masjien maak geut steriel, volgende een sit grond in, volgende een plant sade, dan na plekkie op stadige vervoerband wat plant meer spasie gee soos hulle groei, skuif hulle al aan tot waar masjien hulle oes en siklus begin van voor af….mense net by verpakking betrokke. Het al met ‘n elektriese snoeiskêr gewerk, 1 man kan dan 3 man se werk doen, kos R12 000 maar ja, minder arbeiders = minder moeilikheid, minder toesig nodig, beter beheer oor prosesse. Suid-Afrikaners moet nog baie leer oor produktiwiteit, handearbeid is vrek duur in ontwikkelde lande so lonend om masjiene te koop. RSA se “goedkoop” maar (polities)duurkoop arbeid is ‘n ding wat ons te duur te staan gekom het. Die wêkhas moet maar aanhou, hulle pluk ‘n lat vir hulle eie kommunistiese agterende….

    1. Staffieliefhebber

      Minder mense is ook beter uit ‘n biosekuriteitsoogpunt, minder kanse dat mense met hulle skoene en hande patogene aandra na jou diere/plante toe…

  7. Terug pieng: Arbeidsonrus in die landbou – Wes-Kaap | Garden Drums ccGarden Drums cc

  8. Staffieliefhebber

    Interresant noudat ek Quiton se storie oor jongmense wat handewerk oorsee doen gelees het. Ek onthou as kind het ons ‘n tuinman en selfs op ‘n stadium twee vrouens gehad wat in die huis gewerk en ons kinders en bababoetie opgepas het. Ons was nog nooit ryk nie, my pa was Dominee van ‘n arm gemeente en my ma was ‘n onderwyseres. Ons was 3 kinders.

    Tog kon hulle dit bekostig, vandag het amper niemand meer vaste tuinmanne of bediendes nie, hoogstens miskien iemand wat so eenkeer per week kom skoonmaak, of selfs glad nie. kantore gebruik skoonmaakdienste, mense gebruik tuindienste wat binne 15minute elke twee weke gou jou gras kom sny. En baie van hierdie nuwe klas entrepreneurs is Afrikaners. En hulle kan baie goed doen vir hulleself.

    Soos die wêreld verander kom daar ook nuwe geleenthede en mense wat dit aangryp maak hulle geld. As Afrikaners en Oraniërs kan ons aan die voorpunt van hierdie golf wees om uitdagings die hoof te bied. Om terug te keer na die storie van handearbeid, die ideaal is dat mense liewers met hulle verstand kan werk as om bv heeldag pik en graaf te kap of repeterende eentonige laagsbetaalde werk te moet doen, uit ‘n filosofiese oogpunt sou dit vir my sin maak dat donkiewerk eerder deur masjiene gedoen moet word. Laat die moderne tuinman eerder ‘n opgeleide of kreatiewe landskapontwerper wees met sy eie besigheid wat hom instaat stel om heel skaflik te kan lewe.

    Hopelik kan ons ‘n ‘n nuwe republiek die tipe ekonomie hê waar die meeste mense goedopgelei en geskool is om lonender werk te kan doen. Die plase in die volkstaat kan minder mense hê wat beter opgelei is en produktiewer is in stelsels wat ontwerp is om met die minimum mense klaar te kom. Soos in Europa. Afrika en Suid-Afrika se probleem is dat hy te veel pik-en-graafmanne het (wat geen ander kans het om iets te kan doen nie, nie verstaan hoe die ekonomie werk nie en net eis en staak en afbreek en skadelike politieke leuens van leiers wat hulle in die afgrond in lei glo, met die gevolg dat die land net verder in die moeras in sink) en te min entrepreneurs en spesialiste. Die land se arbeidswette, swak onderwysstelsel, misdaad en ‘n hele reeks ander probleme maak dit haas onmoontlik vir die ekonomie om na die volgende trappie te groei.

    Hoogs opgeleide mense met skaars vaardighede is genoodsaak om te emigreer. Boere is versigtig om verder in hulle plase te belê agv die onsekerheid rondom eiendomsreg. Dat die ongeskoolde werkersklas swaar kry en gefrustreerd is met hulle alledaagse lewensomstandighede, kan ‘n mens verstaan. Ongelukkig haal hulle hulle frustrasie uit op die verkeerde mense. Die boere gee ten minste vir mense die kans om iets te verdien, Gee die staat vir hulle werk? Gee die staat vir hulle huise? Is dit die boere se skuld dat werk skaars is in hierdie land? Dat alles al hoe duurder word? Soos dit nou gaan werk sal boere noodgedwonge weer hulle somme moet maak, en heel moontlik sal 50% of meer van die werkers afgedank moet word, en sal sekere arbeidsintensiewe bedryfstakke liewers gelos moet word. Werkskepping? Ha…hulle praat mos van die “blindesambok” nouja…

    Ek wens die arm mense se oë kan oopgaan en dat hulle kan sien waar die ware probleem lê, by ‘n parasitiese patetiese drakoniese domonosel regering. Maar helaas, soos ‘n onbekende Duitse filosoof eenkeer gesê het: ” Against stupidity, even the gods struggle in vain” ……….

    1. Goeie argumente. Ons moet net nooit vergeet nie dat ons hierdie probleem self geskep het. As ons van dag een af selfwerksaam was eerder as om slawe in te voer dan sou dinge heelwat anders gelyk het. As is gebrande hout. Die van ons wat die les geleer het en doelgerig besluit het om selfstandig en selfwerksaam te lewe moet aangaan in gebiede soos Orania en daarvandaan uitbrei. Die res sal later volg.

      1. Staffieliefhebber

        Jip, ongelukkig is dit so, Europa en Amerika lyk my val ook nou in dieselfde strik as ons, met al die derdewêreld immigrante wat hulle laat inkom om die werk te doen wat hulle nie self wil doen nie, of kammalielies die ekonomie te laat groei omdat daar nie meer genoeg jongmense is om die ouer geslagte te vervang nie. Hier by ons was die versoeking seker net te groot, ook in terugskouing, ons voorouers het seker nie besef dat alles eendag oor getalle gaan, gaan nie. Eintlik van sy begin af het die Kaapkolonie met vreemde arbeid begin. Dit is so jammer dat daar nêrens ‘n werklike Afrikanersamelewing is soos wat daar bv ‘n Katalaanse samelewing in Katalonië is, al is dit nog deel van Spanje nie. Ons het net enklawes, gedeeltes van stede en dorpe, wat deur ander mense regeer word. Orania is in daai opsig ‘n eerste, natuurlik, dat dit regtig ‘n Afrikanergemeenskap is wat nie omring is deur vreemdes nie. Net die groei, dis die ding, as ons Orania tot by 10 000 mense kan laat groei, Dink hoe invloedryk en selfstandig sal hy dan wees, en watter simboliese betekenis en bron van volksgerigte dryfkrag kan hy dan wees? As ‘n beduidende aantal mense , wat gekonsentreerd in ‘n gebied saam woon, besluit om hulle voete dwars neer te sit, wat kan ‘n regering werklik doen, sonder om homself belaglik te laat lyk, of skuldig te maak aan internasionaal onaanvaarbare gedrag?

        Voorwaarts Orania!

  9. In die regte wereld gaan dit alles om geld. Die gewone klein boer teen die Olifantsrivier kan gewoon nie bekostig om te meganiseer nie en met ‘n werkloosheid syfer van 40% + is daar baie van die goedkoper masjiene wat op wyn loop, maar die wyn is ook juis die probleem. Die dat die masjiene wat op pap loop nou ingevoer word om die wereld te kom vervuil. En ja R70/dag klink nie na baie geld vir die 4×4 bakkie boere nie, maar dan moet gekyk word na wat mens kry vir die R70, en dit is ook nie veel nie. Soos die spreuk lui, “die beste stuurman staan aan wal”.

    1. Dis waar Wim. Mens gebruik maklik Europa se landbou metodes as ‘n voorbeeld maar vergeet dat die boere daar gesubsidieer word deur die staat. Die ANC-regime, aan die ander kant, werk lynreg teen die boere op byna elke moontlike onderwerp. Die oplossing wat ons in Orania verkonding en uitleef is eenvoudig: eie grond, eie arbeid, eie regering – nuwe toekoms.

      1. Gemsbok

        Grondhervorming sal ons ook verlos van die boere wat ons land weggegee het met hul alewige versugting na goedkoop, vervangbare arbeid.

        Ons boere stel graag dat hulle van die bestes in die wereld is omdat hulle op marginale grond voedselsekerheid vir so ‘n groot land bewerk. Net jammer hulle praktyke het ‘n ganse beskawing uitgewis.

        Ons kan veel eerder van nuuts af by die Israeli’s leer boer. Hulle laat die woestyn op gemeenskaplike wyse blom en voed Europa, sonder om Arabiere en Palestyne in hul miljoene in te voer en daarmee hul kinders se geboortereg vir lensiesop weg te gee.

  10. Gemsbok

    Interessant dat die ondersteuners van die ANC, nou dat die land aan hulle behoort, nie so genoëe daarmee neem dat hul land aan die Zimbabweers weggegee word as wat die Afrikaners daarmee geneem het nie.

    As die boere bloed op hul hande wil hê, dan moet hulle voortgaan daarmee.

  11. Henri

    Dit is baie interesant dat die ANC hom toespits of die ongeletterdes, hulle hou hierdie wortel van R150 per dag voor hierdie mense, om hul eie doel te bereik. As ek een van daardie boere was, so ek ja vir dit gese het. Maar dan sou die outjie moes weet, hy gaan betaal vir sy krag, water en akkommodasie.. Niks minder as reg nie. Niks meer word vir hom gegee nie, hy koop as hy iets wil hë, al vrot die vrugte aan die bome. Dit is mos ‘n algemene kommunistiese praktyk, kry die arbeiders aan ons kant, want die sal help vernietig, onder die voorwentsel van ‘n “better life for all”
    Andre, jy gaan so tekere oor die boere wat die plase ge-erf het. Die pa’s en seuns het ook nie vrygespring van militêre diensplig of polisie diens nie. Wat my betref stink jou redenasie, Ons as Afrikaners, Blankes, moet nou eerder die kleinlikhede los en eerder aan ‘n manier dink oor wat en hoe ons gaan maak om SAAM te staan. Ek is moeg vir die redenasie, as die ” paw paw eers die fan gestrike het, sal ons saamstaan” Nee man dit is snert, ons moet nou begin. Hoe doen ons dit, 1 deur respek vir mekaar, 2. vertroue in mekaar, 3. eendragtig saam te staan en die Woord van God aangryp en ons lewens dienooreenkomstig inrig.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s