Vry Afrikaner Ontwikkeling

Vry Afrikaner is ‘n volkstaat gebaseerde organisasie sonder winsoogmerk wat betrokke is by ontwikkeling in die aangewese volkstaat-gebied. Ons huidige ontwikkelingsprojek, Die Ou Karooplaas Winkelsentrum, in Orania is besig om spoed op te tel en vir groot opgewondenheid te sorg.

Ons tekort aan winkelspasie is tans ‘n stremmende faktor wat ekonomiese groei in Orania aanbetref. Projekte soos Die Ou Karooplaas is dus manna uit die hemel vir entrepreneurs en verbruikers tegelyk. Die Pierneef Filmteater, Kambro Gourmet Restaurant en Café Karee vorm ook deel van Die Ou Karooplaas Winkelsentrum en bied ‘n addisionele vermaaklikheid trekpleister vir inwoners, omwoners en toeriste om in Orania te ontspan.

Hieronder volg ‘n paar foto’s wat wys waar ons begin het asook perspektiewe wat aandui waarheen ons op pad is. Daar is nog aandele beskikbaar in Die Ou Karooplaas (Edms.) Bpk. en met ‘n goeie opbrengs op kapitaal bied hierdie projek vir aandeelhouers ‘n geleentheid om ‘n billike passiewe inkomste in Orania te genereer. Terselfdertyd skep ons werk vir ons mense en versnel ons ekonomiese groei in die Afrikanerhartland.

Wil jy ook ‘n aandeelhouer wees? Elke aandeel wat ons verkoop in ontwikkelingsprojekte bring ons ‘n tree nader aan ‘n vry Afrikaner ekonomie van skaal en daarmee die herstel van ons vryheid. Stuur asb. ‘n e-pos na kontak@vryafrikaner.za.org en vra vir ‘n gratis inligtingspakket.

Twee erwe met besigheidsregte aangekoop in Orania, reg langs die hoofroete (R369) wat deur Orania loop en aansluit by die N12 in Hopetown (100km suid van Kimberley). Dis die perfekte ligging vir ‘n winkelsentrum.

P1080740 - CopyVolkseie arbeid in aksie! Ons maak die perseel skoon vir bouwerk om af te skop.

P1080736 - Copy

Perspektiewe van Die ou Karooplaas Winkelsentrum:

Aansig1

Aansig2

Aansig3

Aansig4

Aansig5Teiken openingsdatum: 1 Desember 2013

Vra ‘n inligtingspakket aan by kontak@vryafrikaner.za.org

23 thoughts on “Vry Afrikaner Ontwikkeling

    1. tulp

      Inderdaad, nu nog een aantal andere groeidorpen erbij richting westkust, begeleid vanuit Orania door het Orania-bestuur. Deze dingen zullen meer Afrikaners aantrekken en zo zal de groei toenemen. Wij zien onze droom werkelijkheid worden, hoewel ……. zoiets gaat nooit zonder moeilijkheden. Zo is het leven. Maar er is hoop, verdorie!

  1. Anthony Schlemmer

    Dit sal die dorp ‘n groot hupstoot gee!

    As die area voor die vulstasie ook eers opgeknap is, is Orania vinnig oppad om die mooiste Karoo dorpie te word!

  2. Ben, Ek hou van jou sneeubal wat aan’t rolle is en net groter en groter word, maar eerlikwaar as jy daardie “viva, viva” gebruik klink dit so volksvreemd dat ek wil KOTS.
    Jy het nou my hele dag opgevoeter.

      1. Die erste keer wat ek “viva” gehoor het was uit ‘n ANC bek.
        >>Viva is an acclamation or salutation that comes from the latin language. It still has a meaning in neo-latin languages as Spanish language and Italian language which means “Long live… !” (or more literally “Live!”).<<
        Viva is boggerol van my Blanke Afrikaanse boere oorsprong nie.

  3. Willem van As

    As ek dit nou al een keer gesê het het ek dit nou al ‘n duisend keer gesê. Dit is regtig lekker om deel hiervan te wees. Sal probeer om nog ‘n aandeel of twee te koop. Ek wil een of ander tyd ‘n Aardskip internskap op Orania gaan doen. Wil dit so reël dat dat dit oorvleuel met die ou Karooplaas se opening. Baie sterkte met hierdie.

  4. Die is nou iets waarin mens kan glo dis hoogtyd dat ons weer saam trek. Ons hier in die Melk Revier het nou n program waar ons Wees kinders wat matrikuleer help met n werk en opleiding in die Wilds bedryf. Man ons almal kan n groot impak maak as ons net nie meer aan ons self dink nie maar aan ons mede blank Afrikaner.

  5. Dit lyk goed, tong in die kies wil ek egter sê kom ons plant vroegtydig bome as windbrekers voor die departement van rampbestuur ons belas en die winsgewendheid van die projek belemmer.

  6. arnieann

    ‘n Baie goeie idee. Hopeloos te klein en te min winkels en parkeer ruimte.
    Motors parkeer te na aan die gebou.
    Daar moet voorsiening vir toerbusse gemaak word ook.
    Die Noord Kaap is groot mense. moennie so suinig wees nie.

    1. Arnie, natuurlik sou ons aanvanklik groter wou gaan. Mens moet egter nie vergeet dat ons met ‘n plattelandse bevolking werk nie. Hoe groter die koopkrag, hoe groter die winkelsentrums. Soos Orania se koopkrag groei, so sal die winkelsentrum ook uitbrei.

      Ek en Rozanne het mooi geleer met ons winkels in Orania – eers het ons net ‘n klein klereboetiek gehad, toe ‘n groter klereboetiek, nou ‘n groot klereboetiek met ‘n deli… eers ‘n klein videowinkel, toe ‘n groter videowinkel, nou ‘n groot videowinkel met ‘n speelgoed afdeling.

      Vir eers is Die Ou Karooplaas perfek net soos hy is. Dankie dat jy wel toerbusse genoem het – ons het nie daaraan gedink nie. Gelukkig kan die bus toeriste in die parkeer area aflaai en eenvoudig om die blok ry as hy wil uit of parkeer (petrolstasie – 150m).

      Aandele kos 2500 ora elk. Laat weet my asb. by kontak@vryafrikaner.za.org hoeveel jy wil koop.

  7. Staffieliefhebber

    Baie mooi, ek hou van die ou Karoo-styl argitektuur, dit laat my dink aan Graaff-Reinet (waar ek grootgeword het en my familie vandaan kom). Alle sterkte en ek hoop dit sal ‘n baie groot sukses wees. Definitief ‘n aanwins vir die dorp

  8. Mike

    Quintin sterkte met die projek. Ek sou graag ook in Orania/aandele wil belê maar hierdie een is vir my bietjie duur. Wat is die moontlikheid dat nog projekte aangepak gaan word waar die aandele goedkoper uitgegee kan word? Om aandele beskikbaar te stel in ontwikkeling op Orania is sekerlik die beste manier om vinnig en genoeg geld te genereer vir finansiering daarvan. Ek stem saam met Ben dit gaan ‘n sneeubal effek meebring.

  9. Ek wil nog belê in hierdie projek… Eers sien wat gebeur volgende jaar met ons myn instansies. EK stem dat die parkering so effe klein lyk, maar daar is seker nog plek op die perseel / eiendom om verder te ontwikkel later van tyd ?

    1. Ja, daar is baie spasie beskikbaar oorkant die perseel en reg langsaan. Ons kan in ‘n latere stadium met die eienaars van daardie grond gesels en sien of ons tot ‘n skikking kan kom. Soos hierbo aan Mike genoem hoef jy nie dadelik die volle bedrag vir jou aandele te betaal nie. Jy kan maandeliks betaal – stuur vir my ‘n e-pos na kontak@vryafrikaner.za.org dan stuur ek vir jou meer inligting.

  10. Dankie Quinten. Ek het al met jou kontak gemaak en het die inligting. Ons kom in elkgeval een van die dae vir julle kuier, oor so week !! (Mag dan dalk bietjie gesels oor ‘n bier of twee) Sal dan bietjie rondloer en meer uitvind.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s