‘n Volk en sy grense!

Ons, die Afrikaner nasionaliste, beywer ons vir die reg om ons lotsbesluite self te neem in ‘n eie en onafhanklike staat! Om hierdie ideaal te bereik het ons duidelike grense nodig. ‘n Volk begrens immers sy eie en eksklusiewe leefruimte om sodoende in staat te wees, om ‘n orde volgens eie wil en opvattings, te skep en te handhaaf.

Grense raak volkwees in al sy fasette maar dis veral dit wat deur sy taal en sy oorerflike genetiese kenmerke begrens word, wat ‘n volk se unieke aard bepaal.

Waar die fisiese grense, die materiële besittings en die genetiese kenmerke van ‘n volk beskerm en beinvloed, sorg sy taalgrense vir die privaatheid van sy denk en kultuurwêreld.

Neem, as voorbeeld drie lande, Duitsland, Oostenryk en Frankryk. Geneties verskil hulle min maar die eerste twee deel ‘n taal waarin ‘n gesprek vol kruisbestuiwende idees en gedagtes onder mekaar gevoer word. Gevolglik het albei tipiese Duitse karaktertrekke, tenspyte van streeksverskille.

In Frankryk, met ‘n sterk taalgrens tov die ander twee, ontbreek so ‘n kruisbetuiwing en is die Franse volksaard opvallend anders as die Duitse een. Dis dié taalgrens tussen hulle wat elk ‘n eie wêreld van gedagtes en denke gee. In die laaste wêreldoorlog was Frans die skans teen Nazi propaganda, vandag is Duits die skans teen die Franse se sosialistiese flirtasies.

Gebieds- en taalgrense word deesdae doelbewus in Europa versag terwille van groter eenheid in optrede en denke. Myns insiens is dit ‘n gevaarlike speletjie. As een in die groep die verkeerde koers inslaan, trek hy meer pilare om as net sy eie. In die Europese Unie is dit reeds in die ekonomie aan’t gebeure. Die volkskenmerke wat Duitsers, Franse ens. uniek maak is ook aan’t verbrokkel. Dit gaan net met minder sensasie gepaard as die wat oor die verval in die ekonomie gaan.

Genetiese verskille?: Hoe groter die genetiese verskille raak, hoe duideliker raak rasgrense. Westerse liberales beskou sulke grense as rassistiese maaksels en diegene wat erkenning daaraan gee as rassiste. Nietemin is rasgrense daar en bly dit ‘n natuurlike en instinktief aanvoelbare iets!

Die isolasie tussen verafgeleë lande, het gemeenskappe wat aan’t vertakke was se ras en taal verskille vergroot en sodoende geboorte gegee aan ons verskeidenheid van ras- en volksgroepe. Daarenteen het kolonialisasie, mense met dieselfde taal en met geringe genetiese verskille, oor groot afstande versprei. Die verskille tussen sulke volke se denke en lewenswyse is gering.

Engelssprekendes as voorbeeld, wat in verskillende lande woon, verskil dus min. ‘n Australianer, byvoorbeeld, verskil min van ‘n Engelse Suid Afrikaner. Kan ‘n mens diesulkes as volke in eie reg beskou? Soos wat ons van subspesies praat behoort ons mos, in die geval, ook mos van subvolke te praat, of hoe?

Tensy politieke ingryping kontak verhinder is die deel van gedagtes ‘n gegewe in ‘n taalgemeenskap of sy verwante taalgroepe. Die politieke verdeling van Duitsland, na die laaste wêreldoorlog illustreer so ‘n politieke ingryping mooi. Met sterk gebiedsgrense tussen Oos en Wes Duitsland na die oorlog, was die Duitstalige gesprek verbreek en na die val van die Berlynse muur was die twee groepe skaars herkenbaar as een volk.

In Europa, byvoorbeeld, het Afrikaners ‘n groot taalverwante familie waarmee ‘n gesonde verhouding nou reeds goed gevestig moes en waarskynlik sou wees, was daar nie ‘n politieke blokkasie deur die Britte nie! Kan sulke bande nog herstel word? Ek glo so maar hoe vêr is ons nie nou reeds weg vertak nie?

Huidiglik het ons geen fisiese grense nie en is ons taalgrense bra sag. Hiervoor kan ons die Britse empaaier en sy vergrype bedank. Met uniewording is ons saam met die ander ras en etniese groepe, een land ingeboender en Engels, met sy invloedsfeer, is op ons afgedwing. In die proses is die bande met ons stamlande grootliks geknip!

Toekomstige grensbeheer: Hoe dit, wat heen en weer oor ons grense beweeg bestuur gaan word, sal bepalend tot ons volkswelsyn en toekoms wees. Te sagte grense laat ons oop om deur magte en invloede van buite oorweldig en vernietig te word. Te sterk grense bring isolasie mee waarop stagnasie kan volg. ‘n Gesonde balans hiér hang af van hoeveel insig en begrip daar hieroor onder ons leierskorps te vinde sal wees!

Die politieke orde?: Behoort een enkele party oor ons hele gebied, sentrale beheer te hê? Na die lomp en naiewe magsoorgawe van 1994 is dit te betwyfel of Afrikaner patriotte ooit weer soveel sê in een kliek se hande sal toelaat. Dié onbeholpenheid het die partypolitiek ook onder verdenking gebring! ‘n Debat oor ‘n moontlike staatsvorm is reeds deur Volkstaters snuif getrap en dit skyn dat streeksregerings, in een aaneengeslote gebied die voorkeur keuse is.

Wie en wat is ‘n Afrikaner?: Oor wie as Afrikaner/Boer sou kwalifiseer om sodoende ‘n aanspraak op burgerskap in die beoogde volkstaat te kan hê, is vir baie nog nie ‘n uitgemaakte saak nie! Vir baie is Afrikanerskap sinoniem met blank wees.Vir ander gaan dit oor hoe gemaklik iemand in ons gemeenskap sal inpas.

Myns insiens, is die positiewe bydrae wat iemand, tot die genepoel en die gemeenskap oor die algemeen kan maak, ‘n goeie maatstaf waarmee gemeet behoort te word. ‘n Witvel, op sy eie, is tog geen waarborg van voortreflikheid nie!

Die finale sê oor sulke sake lê wel by ‘n gemeenkap self (referendum) en nie by politici nie! Aanvaarding en rangordes, in ‘n gemeenskap, word instinktief en intuitief bepaal en kan nie deur politici of enige ander gesagsfiguur voorgeskryf word nie!

Intuisie en ‘n instinktiewe aanvoeling is, na my mening, ‘n beter benadering as die van ‘n bepaalde ideologie, veral as dié ideologie van die westersliberale soort is. Ons moet net seker maak dat dit wel ons instinkte en/of intuisie is wat praat en nie vooroordele nie!

Rasse verskil en is in baie opsigte nie altyd, in ‘n gegewe situasie, by mekaar aanpasbaar nie. Dis ‘n feit wat deur, veral liberales, te maklik ontken word. Ras moet in aanmerking geneem word maar dit beteken nie dat rasvermenging noodwendig tot ‘n volk se nadeel is nie! Inteendeel, die toonaangewende volksgroepe is juis die mees verbasterdes. Die moderne mens is deur en deur ‘n hibride. Inpasbaarheid en ‘n voordelige bydrae tot die genepoel is waaroor dit gaan!

Kom ons kry die feite en mites oor ras van mekaar geskei.

Die mens het van sy punt van oorsprong geleidelik oor die aardbol verspreid geraak. Die vreemde omgewings waarin sy migrasies hom gelei het, het van hom aanpassings daarin geverg. Elke omgewing het die geskikstes daarvoor geselekteer om daarin te kan oorleef.

Ook het die dominante gene in so ‘n trekgroep, met tyd ‘n verdere uniekheid aan groepe gegee. Algaande het die verskille groter geword en rastipes het ontstaan.

Die vroegste stamme se leefwêreld was oop en hulle het grensloos geleef. Die Koi en die San, as voorbeeld, het so ‘n grenslose bestaan gevoer in die tyd van hul kennismaking met Europeërs.

Elders, met bevolkings se aanwas het dié prentjie begin verander. Grense het nodig geword toe een stam se gebied die van ander begin oorvleuel het. Die pyl en boog het ‘n nuwe rol gekry. Vanaf jagwapen is sy status verhoog tot oorlogswapen! Oorlog maak lei tot onderwerping van die verloorder maar ook tot ‘n wedersydse kruisbestuiwing. Die gesamentlike waardes van die betrokke stamme word sodoende gemeenskaplike besit.

Die mensdom was, gelukkig of ongelukkig, nie oral aan soortgelyke stimulasie blootgestel nie! Geisoleerde stamme het min, indien enige, deel in hierdie vermengeling van kulture, vindingryke idees en genepoele, gehad. Die suiwerste rasse se suiwerheid is juis te wyte aan ‘n gebrek aan dié hibridiserende wisselwerking wat veral in die Midde-Ooste en in Europa plaasgevind het. Onder die suiwerste rasse tel, ironies genoeg, ook die ‘primitiefste’ rasse.

Waar die eerste paleskans ‘n stam en hul skamele besittings moes beskerm, omlyn grense nou veelvolkige nasiestate met bevolkings wat selde homogeen is! Die naam “nasiestaat” is misleidend en met nasiebou moedig dit verdere verbastering aan.

Ons het hier as Kaukasiese hibrides aangekom, ons het ook hier, tot ‘n mate, verder met Oosterse slawe en met van die inheemses verbaster.Waarom dan nou wal gooi? Omdat die prentjie verander het!

Die geringe rol wat plaaslike verbastering destyds op ons as etniese groep in wording gehad het, was ‘n voordelige een. Dit het ons klein genepoel vergroot en sodoende meer robuust gemaak. Vandag word daar, deur middel van politieke manipulasie, gepoog om ons in die “Nuwe Suid Afrika” te assimileer met teelmateriaal wat geweldig van ons verskil.

Hibridisering raak nadelig waar dit op verswelging van ‘n minderheid neerkom en die unieke eienskappe van so ‘n minderheid laat verdwyn, dan is dit beslis ‘n taboe! Ons bevind ons nou in so ‘n situasie!

Ek, en baie ander soos ek, is nie daarvoor te vinde nie. Ons bou volkstaat en in Orania is ons besig om sukses daarmee te behaal! Kom bring jou kant, bou saam en sluit by die Orania Beweging aan.

18 thoughts on “‘n Volk en sy grense!

  1. tulpenvaas

    ” Myns insiens, is die positiewe bydrae wat iemand, tot die genepoel en die gemeenskap oor die algemeen kan maak, ‘n goeie maatstaf waarmee gemeet behoort te word. ‘n Witvel, op sy eie, is tog geen waarborg van voortreflikheid nie! ”

    — Ja, daar ben ik het wel mee eens, Ben le Roux. Je kunt immers niet zeggen, dat witte mensen beter zijn dan zwarte mensen. Er is verschil, inderdaad, maar niet in de zin van: beter. Straks komen wij allemaal voor God te staan. Zal God dan zeggen: Jij was wit, dus jij was beter. – Dat geloof ik niet. Er zijn voortreffelijke swartmense en zwarte boeven en dat geldt ook voor Afrikaners. Iets anders is, dat in het huidige, politieke klimaat in SA er voor Afrikaners geen plaats lijkt te zijn. Nelson Mandela die in Orania een vriendschapsbezoek bracht aan Carel Boshoff senior, had het misschien anders gewild, maar nu, zoals de situatie er nu voor staat, lijkt die voor Afrikaners niet goed, niet goed. Gaat het te ver om te spreken over discriminatie tegen Afrikaners?
    — Om die reden hebben Afrikaners het recht om een plaats te zoeken, waar zij vrij zijn en veilig en waar zij, als volk en gemeenschap kunnen blijven bestaan. Dat is geen onredelijke insteek! Het is een goede rechtsgrond voor een eigen land voor Afrikaners in SA. Zo’n rechtsgrond komt ook voort uit liefde en niet uit rascisme en verkeerde trots jegens andere mensen en volken.
    — Orania is overigens het begin van dat nieuwe land, het Afrikanerland. Wij kunnen de Orania-werkers alleen maar God’s zegen toewensen.

  2. “Ras moet in aanmerking geneem word maar dit beteken nie dat rasvermenging noodwendig tot ‘n volk se nadeel is nie! ”
    Jammer maar ek moet verskil. EK het nou weer deur die artikel gelees en verstaan nie lekker wat Oom Ben nou eintlik wil sê nie ?
    Terloops, ek is ‘n lid van die Orania beweging en het nou die vorige Desember daar gaan kuier. Baie gemengde gevoelens oor wat ek gesien het …

    1. Jagternw1976, die teenpool van gemengde rasse is suiwer rasse. As dit is wat jy soek moet jy maar by die heel primitiewe stamme loop aanklop. Ons is suksesvolle hibrides en om ons genepoel verder met ander suksesvolle hibrides te verryk, kan tog net tot ons voordeel wees.

      Onder die mense van Sub-Sahara Afrika kry ‘n mens van die suiwerste rasse maar, tot sovêr, klaaglike mislukkings tov die soort samelewing wat ons bedryf. Hulle is dus nie die ideale teelmateriaal, uit ons oogpunt gesien, nie. Daar is wel baie rasgroepe wat, as ons net hul genetiese kenmerke in ag sou neem, wat goed by ons sal kan inskakel. Daar is ook baie ligvellige rasgroepe wat, onder dieselfde kam geskeer, nie so goed by ons sal inskakel nie.

      Ons moet net ontslae raak van al hierdie verstarde oogklap vooroordele wat ons so kniehalter!

  3. Dick Davel

    DIE GOEIE HOOP TRUST word gestig ter bevordering en ondersteuning van: a) Om die doelstellings van die Afrikaner Vryheidstigting te bevorder en uit te bou> “Die Vryheidstigting beywer hom vir die herstel van die Afrikaner se vryheid in ‘n eie, demokratiese Republiek wat op grond van Christelike waardes en oortuigings ingerig word en wat die toepaslike vorm en mate van selfstandigheid in verhouding tot ander betrokke staatseenhede nastreef” DIE GOEIE HOOP TRUST sal onafhanklik op sy eie funksioneer sonder die inmenging van die Afrikaner Vryheidstigting en slegs in harmonie wees met die algemene beginsels van die stigting. b) Om ontwikkelingsmaatskappye met sy aandeelhouers, direksies en administrasies te ondersteun> Enige Ontwikkelingsmaatskappy of Koöperasie wat binne die goegrafiese grense van die voorgestelde Volkstaat ‘n eie, slegs Afrikaner ontwikkeling wil begin, by te staan en te ondersteun met die nodige om van so ‘n ontwikkeling volhoubaar en lewensvatbaar te maak. c) Om alle moontlike grongebied binne die voorgestelde Volkstaatgebied in die naam van die trust geregistreer te kry> Sover moontlik, moet die trust alle grond wat in die mark kom binne die Volkstaatgebied, opkoop en onmiddelik herverkoop aan ‘n goedgekeurde koper deur trustaandele aan die nuwe koper oor te dra ter waarde van die eiendom wat in die trust se naam bly. Die nuwe goedgekeurde koper moet deel wees van die Afrikanervolk soos per definisie, en moet homself neerlê by die beginsel van volkseie arbeid en die missie en visie deel soos in die algemeen toegepas in Orania. d) Om self ontwikkelsmaatskappye te stig wat dit ten doel het om behuisingskemas op dreef te kry> Dit is om lae-koste behuising vir pensioenarisse moontlik te maak in “veiligheidskomplekse” wat slegs deur volkseie mense bewoon en bewerk word. Algemene inligting; Enige afwyking van die oorspronklike beginsels soos hierbo genoem, moet deur tweederde meerderheid van alle belanghebbendes van die trust goedgekeur word deur middel van ‘n skriftelikke stemming wat die wysiging baie duidelik verwoord. Alle skenkers wat bygedra het tot die trust, ongeag die waarde van hul bydrae, word outomaties ‘n lid van die trust en deel in alle voordele, voorwaardes en voorregte. Is ook deel van enige besluitnemingsproses wat die trust raak. Aandeelhouers wat deur middel van eiendom aankope, deel van die trust geword het, waarvan die trust die eienaarskap hou, het volle eienaarskap van die gedeelte soos omskryf sy eiendom te wees op dieselfde wyse as aandeleblokskemas soos omskryf deur die wet op aandeleblokskemas. Die trust sal ook mag begroot vir reklame en bemarkingsuitgawes om die trust te bevoordeel om fondse te bekom.

  4. Dante' Strauch

    Baie lekker lees artikel soos altyd oom Ben! Maar hier is my 10 sent: “Myns insiens, is die positiewe bydrae wat iemand, tot die genepoel en die gemeenskap oor die algemeen kan maak, ‘n goeie maatstaf waarmee gemeet behoort te word. ‘n Witvel, op sy eie, is tog geen waarborg van voortreflikheid nie!”. Op n teoretiese vlak stem ek heeltemal saam met hierdie stelling, maar nie op n praktiese vlak nie. Eerstens is dit baie moeilik om genetiese eienskappe te bepaal met die oog…n persoon kan bv n puik sportman wees maar op 40 sit hy met Altzheimers en kan niks vir homself doen nie…. Tweedens kies mense hul huweliksmaats op baie ander faktore as net verborge genetiese eienskappe. Derdens is dit meestal onmoontlik om te bepaal of kinders die spesifieke genetiese eienskap gaan oorerf by hul ouers behalwe waar albei ouers homosigoties is vir die spesifieke aleel. En laastens vir die beplande Volkstaat kan geen opregte Afrikaner tog weggewys word omdat hy aan een of ander genetiese afwyking ly nie.

  5. Ek hoor wat jy sê Dantè, maar ek verwys nie na ‘n seleksie onder individue nie, maar vergelyk die aanpas potensiaal wat daar tussen rasse bestaan.

    Verder stem ons saam, veral waar jy sê dat Afrikaners, ongeag enige gebrek of tekortkoming, Afrikaners is en bly. Ons verwerp mos nie ons eie nie!

    Wat my wel pla is dat in gesprekke, onder en oor Afrikaners, ( ook eintlik so onder “wit” westerlinge in die algemeen) ongeag hoe breed die benadering, iemand gereeld ‘n sin of twee uit verband uit ruk om dit ‘n gesprek oor die “blanke ras” te maak! Is ons dan niks meer as net ‘n klomp witvelle nie?

    Niks meer nie, niks minder nie?

    Dié rasbeheptes sal teesinnig aanvaar dat moderne volke samestellings van verskeie rastipes is en dat hibridisering volke meer aanpasbaar en veelsydig gemaak het.

    Aan die anderkant is daar rasbeheptes wat alle rasverskille ontken en ons tot ‘n eenvormige ras wil sien verbaster. Iewers, tussen hierdie twee uiterstes, is daar ‘n gesonde balans!

    As alle rasgroepe dan nie ewe gemaklik by alle etniese gemeenskappe inpas nie, hoe bepaal ons dan wie wel potensiaal daarvoor onder Afrikaners het?

    Sê ek dis die groep, wat plaaslik as kleurlinge of bruinmense bekend staan, dan verwys ek na ‘n groep wat ietsie van elke faksie verteenwoordig, net nie oral tot die selfde mate nie. Onder hulle is daar wel ‘n groep wat nooit van ons vervreemd moes geraak het nie!

    Tragies dat dit juis daar is, waar diegene wat ons van binne af wil rysmier, vandaan kom. Naspers se geledere sit vol van daardie Afrikaanses. Nogtans beskou ek baie as Afrikaners wat moet tuiskom.

    Sê ek ‘n Chinees dan verwys ek na ‘n versameling van 56 etniese groepe met nog groter verskille onder hulle as die van die bewoners van Indië. Nietemin is die ou en gevestigde Chinese gemeenskap in Suid Afrika, die etniese groep met die hoogste gemiddelde akademiese kwalifikasies en hoogste gemiddelde inkomste. Sekerlik ‘n aanwins vir enige volksgroep, of hoe?

    Sê ek Indiërs dan verwys ek na ‘n versameling van sowat 400 etniese groepe. Voor die voet sal dit nie werk nie, hulle pas selfs onderling nie altyd te gemaklik by mekaar nie! As ek na die Suid Afrikaanse Indiër gemeenskappe kyk, sien ek onder hulle mense wat ‘n genetiese aanwins in enige gemeenskap sal wees. Dit geld dan vir sommige etniese groepe in Indië self ook, of hoe?

    Dis in hul kultuur en godsdiens waar die groot verskille tussen ons lê. As ‘n Indiër as baba deur ‘n Afrikaanse ouerpaar groot gemaak word, sal hy dan enigsins van enige ander Afrikanerkind verskil? Miskien ‘n bietjie blasser, maar in die Afrikason is dit ‘n bate.

    Al bogenoemdes wat, myns insiens, by ons inpasbaar is, het al aanpassingsprobleme met die Afrikane gehad. Die Indiërs wat destyds uit Uganda verdryf was, is vandag goed aangepaste burgers van Brittanje en ‘n aanwins vir die Engelse.

    Deur meer ontvanklik teenoor sulke groepe te wees kan ons die stam mos net verbeter, of hoe?

  6. Oom Ben is reg. Die Afrikaner se genepoel is saamgestel deur hoofsaaklik Europeers, maar daar is ook ander rasgroepe wat hul bydrae gelewer het – vernaam tydens die laat 17de en vroee 18de eeue.

    Mettertyd het die verbastering taboo geword tot die punt dat dit met wetgewing verbied was. Vandag word dit aangemoedig. Van een ekstreem na die ander!

    Vir Afrikaners om vandag te vermeng is sinneloos en ek kan aflei van oom se argumente hierbo dat oom dit ook so sien.

    Ons moet eerder daarop fokus om tasbare en sigbare realiteite van nuuts uit die grond uit op te bou en daarmee aanhoudend werk maak daarvan om ons volkstaat te ontwikkel. Dis futiel om te debateer oor wie Afrikaners is of wat ons veronderstel is om te wees. Wees net en gaan aan.

    Orania werk en lyk by die jaar net beter omdat ons werk aan ‘n toekoms vir die Afrikaner. Waar is die manne wat so vinnig is om die Afrikaner in ‘n mooi gedefinieerde boksie te plaas… vir ons vertel om volksverkiesings te hou, hoe Afrikaners moet lewe, vir wie ons moet stem, waarin ons moet glo? Hoekom is hulle dan nie hier besig om die Afrikanertuiste saam ons uit te bou nie? Ek volg niemand behalwe ‘n Oraniër nie!

  7. Mike

    Ek moet sê ek is nogal bietjie onkant betrap met die artikel van Ben, ek haal ‘n paar punte uit sy skrywes aan.
    “Deur meer ontvanklik teenoor sulke groepe te wees kan ons die stam mos net verbeter, of hoe?”
    “Ons het hier as Kaukasiese hibrides aangekom, ons het ook hier, tot ‘n mate, verder met Oosterse slawe en met van die inheemses verbaster.Waarom dan nou wal gooi? Omdat die prentjie verander het!”
    “Myns insiens, is die positiewe bydrae wat iemand, tot die genepoel en die gemeenskap oor die algemeen kan maak, ‘n goeie maatstaf waarmee gemeet behoort te word. ‘n Witvel, op sy eie, is tog geen waarborg van voortreflikheid nie!”

    Ek is stomgeslaan.

    1. Nou wat is dit wat jou stomslaan, Mike? Die feite is tog geskiedkundig korrek!

      Die beginsel van ” ‘n positiewe bydrae tot ‘n gemeenskap” word daagliks wêreldwyd toegepas! Vra dit maar vir enige emigrant en hy sal jou gou vertel hoe streng lande mense keur wat binne hul grense wil kom bly.

  8. Mike

    Ben jy’s reg ek soos baie ander afrikaners het ook maar net gedink Orania wil vir die Afrikaner (wat oorspronklik ‘n blanke vel het met styl hare) ‘n tuiste skep. Wat jy hier sê is dat ‘n toekomstige Orania nie noodwendig net blankes as inwoners gaan hê nie maar dat daar ook iets soos ‘n baster afrikaner Indier kleurling gaan wees. Ek het al van hulle gesien hulle het vreeslikke kroes hare en ‘n geel vel. Wat gaan julle hulle noem Ben?

    1. Jammer Mike, jy slaan nou mos sommer jou eie koers in! Dis mos moedswillig. Ek praat van mense wat met gemak onder ons sal inpas.

      Ek het al gesien hoe ‘n lekker blas Portugees, Italianer of Griek onder ons kom nes maak het sonder dat iemand boe of ba daaroor te sê gehad het. Volgens jou kan hulle, blykbaar maar, hulle moet net nie uit die ooste uit kom nie!

      Hier in die vroeë apartheidsjare het vele mense vir ‘n herklassifikasie aansoek gedoen en as hulle suksesvol was dan was daar dan nie enige verdere klagtes nie! Hulle moet net nie nou ‘n “try for white” traai nie. Is dit als nie maar ‘n bietjie verspot nie?

      Hierdie is my siening en ek praat nie namens die Orania beweging nie. Gaan lees die artikel maar weer deur en moenie dinge uit verband uit loop ruk nie! Die mense van wie ek hier praat deel buitendien al klaar ‘n herkoms met ons.

  9. Mike

    Ben ek stem saam die Portugees Griek en Italianer sal makliker inpas as die swartvolke? Ek het nie regtig ‘n probleem met hulle nie daar is inteendeel van hulle wat beter is as sommige afrkaners.

    Wat ek wel ‘n probleem mee het is die Indier kleurling en swart volke as hulle Orania instap stap ek die ander kant uit. Ek slaan nie my eie koers in nie, dis wat jy geskryf het en ek haal dit net aan soos hieronder.

    “Dis in hul kultuur en godsdiens waar die groot verskille tussen ons lê. As ‘n Indiër as baba deur ‘n Afrikaanse ouerpaar groot gemaak word, sal hy dan enigsins van enige ander Afrikanerkind verskil? Miskien ‘n bietjie blasser, maar in die Afrikason is dit ‘n bate. Ons het hier as Kaukasiese hibrides aangekom, ons het ook hier, tot ‘n mate, verder met Oosterse slawe en met van die inheemses verbaster.Waarom dan nou wal gooi? Omdat die prentjie verander het!”

    As jy nie hierdie geskryf het namens Orania nie sal ek graag wil weet wat is die Oraniers se standpunt hieromtrent.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s