Is die ekonomiese ontwaking van Afrika ‘n mite?

afrikamark

Sowel Time Magazine asook Economist beweer dat Afrika tekens toon van ekonomiese ontwaking en dat die vasteland die nuwe suksesverhaal van die wêreldekonomie kan word, soos wat Asië dit die afgelope sowat 3 dekades was en nog steeds is.

Die narratief is dié van ‘n slapende vasteland met geweldige potensiaal wat wag om ontsluit te word, en dat die tekens van geweldige ekonomiese gegroei in die laaste paar jaar duidelike sigbaar is.

Die aanwysers wat gebruik word om die bewering te staaf is groei in handel tussen Afrika en ander wêrelddele, die ontdekking en ontginning van hulpbronne soos olie, die toename in die getal miljardêrs en groei in sektore soos toerisme, handel en bankwese en in selfoongebruik en kommunikasietegnologie.

Foreign Policy daarteenoor beweer dat die soort groei misleidend is en geen aanduiding is van ontwikkeling nie. Daarvolgens beteken ontwikkeling in die eerste plek industrialisasie. Die ontwikkeling van Asië het deurgaans gepaard gegaan met industrialisasie, as ons kyk na Japan, Hongkong, Singapoer, Taiwan, Suid-Korea en meer onlangs Sjina en Vietnam.

In Afrika is slegs Suid-Afrika ‘n nywerheidsland, alhoewel die aandeel van die nywerheidsproduksie gedurig afneem en Suid-Afrika geleidelik agteruit ontwikkel en dieselfde fout maak wat ander Afrikalande ook maak, naamlik om te dink dat verhoogde verbruik van ingevoerde goedere ontwikkeling beteken.

In Afrika is daar feitlik nêrens noemenswaardige nywerheidsproduksie nie en die ekonomie is tipies Derdewêrelds gebou op landbouprodukte en ru stowwe.

Onlangse ontdekking van olievelde in Oos- en Wes-Afrika skep die indruk dat hier skielik ontwikkeling is. Die langtermyn studie van hulpbronnekonomië wys dat hulle geensins meer ontwikkeld is as lande sonder hulpbronne nie, maar dat slegs ‘n klein elite en buitelandse tegnici daarby baat en dat infrastruktuurontwikkeling en geldstrome tot die hoofstad beperk bly.

Verhoogde selfoon- en internetgebruik beteken ook nie ontwikkeling nie, dis hoofsaaklik ‘n afleiding en ontvlugting wat geen waarde toevoeg nie. Toerisme is ‘n bedryf wat hoogstens aanvullend kan wees tot ‘n gediversifiseerde ekonomie, omdat dit seisoenaal en wisselvallig is en vinnig opskiet en vinnig weer vergaan soos wat sekere streke mode raak by reisigers en ander weer verloor.

Afrika is kronies agter as dit kom by produksie. Geen moderne nywerheidsland kon ontwikkel sonder om die nywerheidsproduksie-vlak uit te laat nie. Dit mag wees dat talle moderne ontwikkelde lande intussen meer werksgeleenthede en selfs meer omset in die dienste- en finansiële bedrywe het, maar die stap van nywerheidsontwikkeling kan nie net oorgeslaan word nie.

Afrika se aandeel aan vervaardiging gaan trouens agteruit, ten spyte van die veelgeroemde ekonomiese ontwikkeling. Dit was my waarneming al oor Afrika dat op markte feitlik enige ding te koop is, maar dat niks in die lande self vervaardig word nie. Selfs eenvoudige dinge soos materiaal om klere mee te maak, wat met Afrika-motiewe en slagspreuke bedruk is, het iewers die opskrif “made in Pakistan” gehad.

Afrika se kamstige groei moet ook gemeet word aan die bevolkingsgroei. Dit is die vasteland wat nog steeds onverpoosd groei in getalle, en meer mense beteken natuurlik ook meer ekonomiese groei en aktiwiteit, meer koop en verkoop, maar dit is geen groei per capita nie.

Tans is die Bruto Nasionale Produk van Duitsland groter as dié van alle Afrikalande saamgevoeg. Dit ten spyte van die feit dat daar ongeveer 951 miljoen meer mense in Afrika woon as in Duitsland. Dit beteken dat ongeveer 81 miljoen mense in Duitsland meer produktief is as ongeveer 1,32 miljard mense in Afrika.

Afrika sal beslis die welvarendste streek ter wêreld wees indien Afrikane (m.a.w. ons almal wat deel van Afrika is) net ons produktiwiteit kan verdubbel. Sodra Afrikaners in besonder, hul huidige vlak van produktiwiteit in ’n eie volkstaat begin implementeer, sal so ‘n Afrikanerland binne die bestek van ’n baie kort tydperk kan spog met een van Afrika se mees stabiele en produktiewe ekonomieë.

3 thoughts on “Is die ekonomiese ontwaking van Afrika ‘n mite?

  1. Die verskil lê in die genetiese aard van die Afrikane en dit kan net deur ‘n genadelose maar natuurlike seleksie proses verander word.

    Afrika, in die tyd van die HOIK, is verby geseil om by die ooste uit te kom want hulle had iets om aan te bied. Vandag seil oosterse en westerse skepe ook verby Afrika om hoofsaaklik mekaar se markte te voorsien van hul produkte.

    Toevallig laai hulle so ‘n paar selfoontjies hier in Afrika af en een of ander liberalis vertolk ‘n foontjie-oorbel aan elke swartoor as ekonomiese groei.

    Westerlinge het wel groei in koloniale tye gebring maar is nou grootliks uitgedryf. As daar enige nywerheidsoplewing nou in Afrika sou plaasvind sal dit die gevolg van Chinese betrokkenheid wees.

    Afrikaners kan wel hier aan die suidpunt van die kontinent ‘n bydrae maak maar daarvoor sal ons ‘n onafhanklike Afrikaner staat nodig hê!

    Ekonomiese groei in Afrika bly ‘n mite want daar is te veel miete in die graanskure!

  2. Anthony Schlemmer

    Benewens die feit dat nywerheidsoplewing nie sommer uit Afrikane geledere sal kom nie, is daar die verdere probleem van geen innovasie nie !

    Ek het nou die dag gelees dat die JSE effektebeurs, VIER keer groter is as al die gekombineerde effektebeurse in Afrika !

    Ek was stomgeslaan!

  3. Interresante waarneming wat ek die ander dag gemaak het toe ons by Mr Price Home handdoeke gaan koop het…

    Elke liewe item in die winkel is in Sjina vervaardig!

    Uit nuuskierigheid tel ek toe die debietkaart betaalpunt se sleutelbord op en draai dit om.

    Nodeloos om te sê, maar onderaan is ‘n makersplakkertjie met die reëltjie op: “Made in China”.

    En dit vriende, is die geval in elke liewe winkel waar ons ons verbruikersgoedere aankoop.

    Afrikaners sal nuut moet begin dink aan hoe ons die natuurlike hulpbronne van SA en veral die Orania streek kan verwerk in bekostigbare verbruikersgoedere.

    Sjina is besig om die hele Afrika en ek vermoed groot dele van die res van die wêreld ekonomies te “koloniseer”…

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s