Ysland herstel na staatsbankrotskap

ysland

Met Ysland het ons ‘n gevallestudie hoe ‘n klein etnies homogene volkstaat sonder hulpbronne soos olie homself na ‘n verwoestende resessie aan sy eie skoenveters opgetrek het.

Tydens die wêreldwye finansiële ineenstorting in 2008 was Ysland, ‘n land wat sterk geleun het op die finansiële sektor en wat saamgespeel het met groot rolspelers in die internasionale finansiële markte, een van die groot slagoffers.

Toe die banke intuimel en aandele val nadat dinge erg skeefgeloop het in die VSA, het Ysland as ‘n klein land met ‘n klein ekonomie en ‘n beperkte belastingbasis, swaar gekry en ‘n ongekende krisistyd beleef met jare lange resessie en werkloosheid bo 10% (wat tradisioneel onder 3% was).

Om die krisis onder beheer te bring, het Ysland sy eie belange eerste gestel en nie die van buitelandse beleggers of van die banke nie. Die bevolking het in ‘n referendum met ‘n groot meerderheid gestem teen die vergoeding van die veral Britse en Nederlandse beleggers.

Valuta-uitvoer is gestop, iets wat in stryd is met internasionale vrye handelsbepalings en wat, nes die nie-vergoeding van die buitelandse beleggers, Ysland in die internasionale monetêre kringe geïsoleer het.

Verder het die regering toegelaat dat die banke, die veroorsakers van die sg. spekualsieborrel, bankrot gegaan het, pleks om hulle met belastingbetalersgeld aan die lewe te hou soos elders gebeur het. Die bevolking moes ‘n hoë prys betaal, maar dit was vir hulle draagliker omdat dit vir hulle eie land was en nie vir buitelandse spekulante nie.

Die president van Ysland, Olaffur Grimsson, reken dat die krisis goed was vir die mense se karakter: hulle het weer hardwerkend, toegewyd en versigtig geword en besef dat welvaart nie uit niks geskep kan word of deur spekulasie nie.

Grimsson beklemtoon ook dat die ekonomie nie iets is wat ter wille van banke of ter wille van homself bestaan nie, maar dat die ekonomie ‘n onderdeel van die gemeenskap is. Mense sal nie die ekonomie opbou nie as hulle voel dat dit iets apart van hulle is.

Ysland se ekonomie groei intussen weer teen sowat 2% en werkloosheid is weer onder die vlak van 5%. Mense wat die land verlaat het vir werksgeleenthede elders is weer terug.

Nogtans kry mense oor die algemeen nog swaar en gaan gebuk onder hoë skuldvlakke en sukkel om hulle lenings af te betaal.

Ysland beskik oor goedkoop energie in die vorm van warmwaterbronne wat 99% van die land se energiebehoefte voorsien en wat dit vir energie-intensiewe bedrywe lonend maak om hier te produseer.

Veral buitelandse maatskappye wat spesialiseer in die smelting van aluminium vestig toenemend in Ysland en dit is selfs koste-effektief om die ru stowwe van vêr per skip aan te ry na die afgeleë eiland toe. Die visserye is ook ‘n groot ekonomiese sektor van Ysland.

Die land het sy les geleer deur nie meer op ‘n obskure en wisselvallige sektor soos finansies te bou nie, wat meer spekulasie en minder substansie behels, maar juis op dit wat die land se sterk punt is.

2 gedagtes oor “Ysland herstel na staatsbankrotskap

  1. revolutionisvital

    Hoe vinniger die mense (en veral die Afrikaner) dit besef, hoe beter: Die ANC gaan nie ophou, totdat daar niks van hierdie eens ongelooflike land oor is nie. Orania, is op die langtermyn, al wat Europees gaan werk, netjies, skoon, en infrastruktuur-gewys, sterk gaan wees. Die Amerikaners kon dit in Nevada doen, die Yslanders in hulle “ysland” so hoekom nie ook ons in die Karoo nie?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s