Die tweede rewolusie en Orania

deur Carel Boshoff (iv)

“Marikana” en “De Doorns” is name wat die afgelope tyd deur Suid-Afrika en die wêreld ge-eggo het. Sommige het dit as ’n tweede rewolusie beskryf, ander as die voltooiing van die eerste. Nogal ’n interessante vraag watter een van die twee dit is, want hoewel dit in die verlengde van die ANC se oorname en transformasie van Suid-Afrika staan, lyk dit asof daar in die ANC-regering groot ongemak daar is. Die wetteloosheid en geweld waarmee dit gepaardgaan, kan geen regering rustig laat slaap nie. Dit spreek immers van ’n onvermoë om, met al die magsmiddele tot sy beskikking, sosiale misstande en ekonomiese verwagtings doeltreffend by te lê.

Al die rewolusionêre energie waarmee die ANC aan bewind gekom het, word kennelik nie deur sy pogings om ’n nuwe orde in Suid-Afrika te vestig, benut nie en die indruk ontstaan dat die swart elite in die regering en die ekonomie ’n gemaksone betree het wat hulle ook op ’n gevaarlike afstand van die breë bevolking se verwagtings plaas – verwagtings wat hulle self help skep het. Daar is kommentators wat tong in die kies na hierdie klas swartmense as die “new Whites” verwys omdat hulle in ’n soortgelyke posisie van mag, bevoorregting en bedreiging as witmense onder apartheid verkeer.

Dit plaas die ANC se retoriek rakende ’n nasionale demokratiese rewolusie, die “NDR” natuurlik in ’n nuwe lig. Aan die een kant word dit voorgehou as die ANC se ware, rewolusionêre agenda, aan die ander kant is dit dalk juis die ANC se poging om ’n rewolusionêrklinkende uitlaatklep vir die werklike rewolusionêre kragte in die huidige Suid-Afrika te skep – ’n poging wat nie besig is om te slaag nie. Maar hoe ookal, leiers om aan die voorpunt van sulke ontevrede skares te staan, sal daar altyd wees en hulle sal weldra die regering se politieke agenda help bepaal, van binne óf van buite.

Kyk ‘n mens na die drie strategiese terreine waarop aksies die afgelope tyd gefokus is, is dit ten nouste met Afrikaners se belange verweef. Mynbou verseker die ekonomiese welvaart waaraan Afrikaners hulle middelklasbestaan die afgelope dekades te danke het, al is die nie ’n sektor wat tipies deur Afrikaners oorheers word nie. Landbou, daarenteen, word deur Afrikaners oorheers, maar verteenwoordig ook ’n groot oorblyfsel van Afrikaners se beheer oor die Suid-Afrikaanse grondgebied en skep onder baie van ons mense nog ’n valse gevoel van bestaansveiligheid vir ons volk.

Die Wes-Kaap is weer die enigste provinsie wat nie onder ANC-beheer is nie en gevolglik as ongetransformeer beskou word, ongeag hoe hard die DA juis die transformasie-agenda haar eie maak. Wie ookal dit uiteindelik is wat die Wes-Kaap transformeer, dit verydel daardie oerdroom onder Afrikaners van ’n rustige aftrede by die see of in die Boland. Vir hoeveel was dit nie die “volkstaat” om van te droom nie? Idilliese natuurskoon, relatiewe welvaart, goeie dienslewering en werkers wat Afrikaanse grappies maak en liedjies sing! Ongeag of die geweld dus van buite aangeblaas word, bly dit ’n ewe ontnugterende ervaring en dit is geen wonder dat ’n nuwe vlaag van emigrasie, veral onder jongmense, weer posvat nie.

Die punt is dat Orania se boodskap nog nooit toepasliker was as nou nie. Uit Afrikaners se oogpunt maak dit eintlik geen verskil of die volgende vlaag van rewolusionêre optrede uit die ANC of sy kompetisie se geledere kom nie, dit is in die struktuur van die Suid-Afrikaanse samelewing opgesluit, in die gapende afgrond tussen ryk en arm en die voortgesette gevoel van onmag wat swartmense teister. Die spanning is dus nie by te lê sonder die soort transformasie wat Afrikaners nie net op die kantlyn plaas nie, maar regstreeks gaan benadeel, selfs tot sondebokke van ekonomiese en sosiale misstande maak.

Wie hierdie bedreiging nie gesamentlik en vanuit ’n gebied onder hulle eie beheer tegemoet wil gaan nie, hou nie rekening met die erns daarvan nie. En vir ons wat ons reeds daarmee besig hou, gaan dit eise stel waaraan ons net met die grootste toewyding, selfs opoffering en verbeeldingskrag sal kan voldoen. Ook ons moet ons daaroor deeglik verantwoord.

7 thoughts on “Die tweede rewolusie en Orania

  1. theo

    Ek is bly om te sien dat Oraniërs die bedreiging van die tweede fase van die rewolusie ernstig opvat! Onthou, die kommunistiese revolusie loop in drie fases, die fase wat ons nou in beweeg, is na sosialisme. Dus, stakings en plaas moorde moet voortgaan (soos in Stalin se Rusland) die boere moet van die plase af verdryf word en alle besighede moet deur stakings op hulle knieë gedwing word, dus, jou wins moet gtelykop onder jou werkers, (jy ingesluit) verdeel word. Dan sal die magte van produksie onder hulle beheer kom, nadat die land heeltemal sosialisties geword het, volg die laaste stap, kommunisme-die utopie, die werkers is in beheer van alles, en vir die wat dit nie ondersteun nie, is dit die diktatorskap van die proletariaat! Die is die harde werklikheid waarmee ons in suid-afrika gekonfronteer word, kommunisme is springlewendig, kyk maar al die rooi hemde by die unies en hoor hoe praat die “regering”, almal is “comrades”. So sal hulle aanhou totdat die hele Suid-Afrika onder hulle beheer is!

  2. “Wie hierdie bedreiging nie gesamentlik en vanuit ’n gebied onder hulle eie beheer tegemoet wil gaan nie, hou nie rekening met die erns daarvan nie.”

    Ek dink persoonlik in hierdie reëltjie alleen lê die beskuldiging teen elkeen wat sy deelname weier, hoe gering elkeen se bydrae ookal sou wees.

    Mense wil eenvoudig nie die erns van ons volk se situasie insien nie en sal seker eers besef die land “brand” as die mure om hulle fisies in vlamme opgaan.

    Ek vra myself gereeld die vraag af: “Wat sal dit vat om die volk tot eendragtige samewerking oor te haal en te laat besef dat ons gesamentlik vanuit ‘n gebied onder eie beheer ons toekoms sal verseker!”.

    Ek sidder as ek dink aan die antwoorde wat ek voor my geestesoog kan oproep…

    En daagliks kap die krimenele moordenaars volksgenote oraloor op, deesdae sommer meer as een per dag.

    Maar wat doen die SA regering?
    Skenk oor die R90 miljoen aan Mali om hul polisiemag op te gradeer, terwyl daar in SA ‘n tekort aan voertuie en bekwame beamptes is.

    Hoe lank nog gaan die landbou onder Afrikaners se beheer wees en voedselsekuriteit verseker, maar ook hul “besit” van die landbougrond “beskerm”…???

  3. Willeboer Basson

    Weet julle wat.. elke Afrikaner wat hierdie blog volg moet vir soveel as moontlik ander Afrikaners gaan vertel om bietjie hier te kom lees. Hierso word die waarheid gepraat. Orania is nog klein maar die idees wat hulle mense verspry is groot genoeg om onse volkie weer op die regte pad te plaas. Julle almal sal nog sien.

    Ja dis in die vlermuise se natuur om als op te donner. dis nie ons of apartheid se skuld nie want selfs voor die voortrekkers se dae het hulle al begin om die boere op die oosgrens te vermoor en hulle besittings gesteel. Daar was nie verniet kommandos gewees nie. dis in daai ding se natuur en nie ek of jy of selfs hy kan dit verander nie. Aanvaar hom soos hy is en klaar.

    Ek haat hom nie maar ek wil nie van hom afhanklik wees nie. Ons wil nie saam met hulle bly nie en ons wil nie verder hulle kak opvreet nie. Ons mense het nog altyd laer getrek wanneer ons bedreig word. Wat anders is Orania en die volkstaat nie as ons eie laer nie? Die Afrikaners wat nie in daardie laer wil wees nie sal nog spyt wees. Gaan nou en vertel vir almal sodat ons meer word en sterker kan wees. Eendrag maak mag.

  4. Gerhard van der Westhuizen

    As jong Afrikaner verkondig ek gereeld die boodskap van Orania. Dat dit n Afrikaner platform is vir vryhede en vryedenke. Ons gaan nog die bastion van welvaart en vryheid , nie net in Afrika word nie , maar die wereld! Eendrag Maak Mag!

  5. Anthony Schlemmer

    Puik artikel ! Net jammer dat hierdie tipe van skrywe nie MEER Afrikaners kan bereik nie.

    Ons mense word”gebombardeer” met liberale twak. Op die radio, koerante, tv…….@#&*!!!

  6. oorleefsa

    Die huidige regering spesialiseer reeds ‘n 100 jaar in destabilisering. Intussen is hulle maar net marionette van die komunisme. Alhoewel Kommunisme al reeds in Rusland en China misluk het is die vrygemaaktes besig om weer die program uit te rol, stap vir stap uit die boek uit. Wat hulle vergeet is dat elke in plek waar Kommumisme tot stand gebring is, is die radikales wat die revolusie gelei het deur die Kommuniste self uitgemoor. Beste wense wir hulle. Die Afrikaner sal maar weer die stukke optel.

    As daar dalk ‘n Kommunis is wat hier lees; Selfs julle meester China het ‘n Fasistiese regering met ‘n Kapitalistiese ekonomie.

    Die enigste manier waarop ons heel kan anderkant uitkom is om voor te berei vir als wat kan verkeerd gaan en om die mag van geld en dus politiek te breek.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s