Onderwys: ‘n dryfveer vir selfbeskikking

motshekga

Angie Motshekga, minister van basiese onderwys

Skole het ‘n paar weke gelede heropen. Die vorige jaar se matriekuitslae is byna vergete, soos die nuwe skooljaar alle betrokkenes se aandag opeis. Afrikaanse skole, waar akademiese prestasie tradisioneel hoog op die voorkeurlys is, sal met ywer die beste moontlike uitslae najaag. Die minister van onderwys, wat graag die fiasko met laat handboeke in 2012 sal wil vergeet, besoek skole en moedig hulle aan om hard te werk.

By een besoek het onderwysminister, Angie Motshekga, volgens berigte, aangedui dat sy selfs die wet sal laat verander, om aan haar departement seggenskap oor skole se toelatingsbeleid te gee. Dit volg op ‘n appèlhoftuitspraak einde verlede jaar, waarin die Rivonia Primary School gelyk gegee is. Die Skoolbeheerliggaam het geoordeel dat die skool vol was, maar die departement het op bykomende plasings aangedring. Daar is dissiplinêr teen die prinsipaal opgetree, omdat sy voorkeur aan die Beheerliggaam se oordeel gegee het.

Eers met die appèlhof se uitspraak is sy in ere herstel. Die saak is intussen na die konstitusionele hof verwys. Volgens die minister se jongste uitspraak, sal ‘n teregwysing van dié hof haar ook nie van stryk bring nie. Sy sal bloot die Suid-Afrikaanse Skolewet laat verander.

Die regering is besig om al verder van sekere aspekte van sy eie onderwysdenke te beweeg. Op daardie stadium is sterk teen die beweerde misbruik van skole deur die NP-regering beswaar gemaak. Die skolewet het dus bepaal dat elke skool aan sy gemeenskap behoort, wat dit deur ‘n demokraties verkose Skoolbeheerliggaam regeer. Die staat sou slegs ‘n fasiliterende rol speel en vir algemeen geldende standaarde sorg.

Aan die ander kant wou die ANC-regering uit die staanspoor onderwys vir nasiebou aanwend, of liewer, sy eie beeld van die ideale samelewing deur onderwys te verwerklik. Beheerliggame se outonomie is ondermyn deur kurrikulum- en onderrigtaalbesluite op skole af te dwing. Met hierdie uitspraak wil sy dit ‘n stappie verder neem.

Wanneer bevoorregte gemeenskappe op hulle belange aandring, bejeën die regering dit met diep gewortelde agterdog. Afrikaners probeer ‘n problematiese verlede te bowe kom deur hierdie kwessies te depolitiseer. Sogenaamd objektiewe meganismes, soos die regstelsel en vrye mark, word liewer ingeroep. Ironies genoeg word dié meganismes as deel van ‘n historiese onderdrukking gesien en die verweer dien eerder tot verswaring.

‘n Kwessie soos onderwys kan nie in isolasie opgelos word nie en aansprake op die regering se sin vir billikheid gaan ook nie help nie. Die minister voel juis dat sy die wet moet wysig omdat bevoorregte skole nie tot billikheid bereid is nie.

Afrikaners sal die praktyke van selfbeskikking moet ontdek en aankweek.

Meerderheidsbesetting is die enigste waarborg vir seggenskap oor ‘n gemeenskap of volk se eie sake. Die sametrekking van Afrikaners na ‘n gebied tussen die Oranjeriviervallei en die Weskus is ‘n opoffering wat teen totale verlies aan eie besluitneming en identiteit opgeweeg moet word. Daar moet so lank moontlik op gehalte onderwys aangedring word, maar slegs in die aanloop tot die meer durende oplossing wat sedert 1991 vanuit Orania verwesenlik word.

15 thoughts on “Onderwys: ‘n dryfveer vir selfbeskikking

  1. Anthony Schlemmer

    As ek in Angie Motshekga se gesig vaskyk wil ek kots. Jammer julle, ek wil nou nie lelik wees, maar ek dink die meeste Afrikaners voel so!

    1. Quintin Diederichs

      Dis maar net die kwaadwillige gesig van ‘n persoon wat deel is van die nuwe elite wat oor Afrikaners regeer. Sy en haar kamarade het die mag om o.a. te besluit wat Afrikanerkinders moet en nie moet leer nie. Die hartseer feit is dat vir solank Afrikaners nie aan hul eie Republiek gaan bou nie, hulle vrede moet maak dat hierdie gesig oor hulle regeer. Die gesig pla my ook, maar dis die agenda agter die gesig wat my skok.

      Vryheid is ononderhandelbaar want ons kan onsself beter regeer as wat hierdie paloekas ons kan regeer – dis hoogtyd dat meer Afrikaners hierdie standpunt begin inneem!!

  2. Yet more proof that the BEE story is doing more irrepairable damage to our white and black kids . For this reason I put all my kids in an afrikaans private school so that they might one day have a chance to better this Zimbabwe Style crash course we are on .

  3. Pieter Celliers

    Eerstens moet ons vra wat die regering met onderwys wil bereik, nie wat ons dink die regering wil bereik nie. Daarna moet ons alle onderwys uitsprake deur die regering meet aan hulle doelwitte en nie wat ons doelwitte of wat die beste is nie. Die regering se hoof doelwit is om basiese onderrig aan die massas te bied. Dit wil sê, om soveel as moontlik mense basies geletterd te kry. Dit is ‘n onbegonne taak, aangesien die bevolkingsaanwas onder ongeletterdes teen ‘n hoër tempo toeneem as wat mense geletterd word. Eenvoudig gestel, daar is meer geboortes in ‘n jaar, as wat daar matrieks is wat klaarmaak met skool. Wat is die implikasie hiervan op die Afrikaner? Die Afrikaner se bevolkingsaanwas is laer as die van ander nasies, dus het ons min of meer gelyke getalle van geboortes in ‘n jaar as wat daar matrikulante is wat klaarmaak met skool. Dit is nie die geval met die ander nasies nie. Dis juis hierdie feit wat bewerkstellig dat Afrikaners kan fokus op kwaliteit onderrig, eerder as op kwantiteit. En ongelukkig bring dit ons loodreg teen die regering se siening van onderwys. Afrikaners is nie bereid om die kwaliteit van hul onderrig in te boed ten gunste van kwantitatiewe onderrig van ander nasies nie, en gebruik die toelatingsbeleid as buffer. Die regering besef dit, maar omdat die bou van nuwe skole nie koste effektief is nie en ‘n medium tot lang termyn oplossing bied, is die maklikste om die buffer te verwyder. Dus om alle skole toeganklik te maak vir alle mense, en die onderrig so aan te pas dat die massas kan pas. Hoe kan die Afrikaner dus kompenseer, aanpas en oorkom? Eerstens deur te fokus op kwaliteit privaat onderrig en nie te probeer wegskram van die kostes daaraan verbonde nie. Die sienswyse dat “ek belasting betaal en daarom hoef ek nie skoolfonds te betaal nie”, moet vinnig verander in ‘n sienswyse van: “Ek betaal belasting, maar ek moet skoolfonds betaal as ek vir my kind ‘n ordentlike toekoms wil verseker.” Ons moet maar minder vir die 4×4 en die oorsee se vakansies betaal en maar geld in ons kinders se toekoms insteek. Die feit is dat blankes die regering aan ander nasies vrywillig oorgegee het en ons moet dus nie bakhand staan en almoese verwag nie. Die ironie is dat die beste Afrikaner onderwysers nie meer in Suid-Afrika skoolhou nie, maar ander volke se mense in die buiteland onderrig. Waarom, mag die vraag dalk wees. Eenvoudig omdat ons eie mense onderwysers uitbuit deur swak salarisse en swak voordele te betaal. Menige onderwysers verkies eerder om vir die Departement van Onderwys te werk en volksvreemdes te onderrig as om vir ‘n appel en ‘n ei sy eie mense te onderrig. Voordat ons nie ons onderwysers ordentlik kan betaal nie, behoort ons nie te kla oor die regering se onderwysbeleid nie.

    1. Jan

      Ek dink dit is dom om nie op ‘n terugbetaling (in dienste) van ons belastinggeld aan te dring nie! As ons daarvolgens gaan handel moet ons eerder aan planne werk om PAYE terug te hou en self beter aan te wend.

  4. Eiendomsreg is ‘n duur prys om te betaal vir vryheid.

    Wie gaan gewillig wees om, (met slegs beperkte gebruiksreg), vaste eiendom te okkupeer, welke okkupasie geheel en al afhang van ‘n direksie besluit, wat weer ten enige tyd opgehef kan word?

    As die volkstaat nie eiendomsreg gaan erken nie, verskil dit nie veel, en in wese van die regering se sentralisasiebeleid teenoor grond nie.

    Is die ‘aandeleblokskema-konsep’ nie maar net dalk ‘kommunistiese grondsentralisering’, met ‘n ander naam nie?

    Die (onbedoelde/onbeplande?) ooreenkomste is onrusbarend.

    Moet asb nie hierdie skrywe as ‘n aanval sien nie, want dit is nie die bedoeling nie.

    1. Quintin Diederichs

      Jacques – die aandeleblok maatskappy is die enigste wettige regspersoon wat ons in staat stel om selektief te wees m.b.t. aandeelhouding. Sou ons nou skielik met ‘n normale kaart en transport stelsel te werke gaan dan kan enigiemand inkom en maak wat hy wil.

      Natuurlik sal jy kaart en transport vir jou grond kry die dag wanneer ons onafhanklik is… en tot dan het jy buitendien volle reg om jou grond (aandeel) te hou tot jy afsterf, dit oor te dra aan wie jy wil solank hulle instem om volkseie arbeid te gebruik en die Afrikaner vryheidsideaal te bevorder… of jy kan dit natuurlik verkoop teen ‘n WINS. Dit is alles behalwe kommunisme… vra maar enigiemand in Kuba!

      Bo en behalwe vraag en aanbod, moet mens ook beleggersvertroue in ag neem. Dit is ‘n feit dat eiendom in ‘n aandeleblok maatskappy beter waarde dra as enige ander vorm van eiendomsbesit solank dit net reg bestuur word. Ons sien bv. in Orania dat eiendomspryse aanhoudend styg terwyl die resessie veroorsaak het dat mense elders steeds sukkel om hul huise te verkoop en gevolglik pryse moet verlaag…

    2. Dante' Strauch

      Ek is seker daar is mense wat n beter antwoord hierop sal kan gee as ek maar ek verstaan nie hoekom die aandeleblok mense altyd so omkrap nie…hoekom sal “hulle” nie aandeelhouers se eiendomsreg respekteer nie? Orania as dorp is tog nie waar die konsep van volkstaat begin en eindig nie, as n persoon wil deel wees van die ontwikkelende volkstaat kan hy dan naby Orania of ten minste in die beoogde gebied eiendom koop en homself daar vestig as alternatief.

      1. Dante, die volgende aanhaling uit jou kommentaar, het betrekking:

        “…hoekom sal “hulle” nie aandeelhouers se eiendomsreg respekteer nie?”

        Regstegnies is ‘n aandeel in ‘n aandeleblokskema ‘n ‘beperkte saakilke reg’ en meer spesifiek, ‘n ‘gebruiksreg’ en nie ‘eiendomsreg’ nie.

        Die grond waarop jy woon, behoort nie aan jou nie (dit behoort aan die maatskappy), maar jy verkry toestemming (deur jou aandeelhouding) om dit te bewoon.

        Ek hoop my skrywe los die verwarring vir jou op…

  5. theo

    Ek hou skool by ‘n swart skool in die lokasie van Port Elizabeth. Hier sien ek die vreemdste dinge, kwaliteit beteken vir hulle niks nie! Wanneer ‘n bevorderings pos geadverteer word en hulle wil ‘n kameraad in kry, dan kyk hulle na minimum kwalifikasies! Die kameraad, wat nooit by diie skool is nie, word bo ‘n kwaliteit onderwyser aangestel,dit is die werklikheid. Dit kom en gaan by ons, die hoof is laat, onderwysers is laat, party onderwysers vrot van die drank, klasse staan buite… en almal is gelukkig! Die hoof kry haar salaris, die posvlak 1 onderwyser wat haar ingekry het, word “beloon” met die adjunk pos! En hy het geen gewete nie, loop daar rond met sy baadjie en das, maar weet nie wat om te doen nie! As die klok twee uur lui, is die hoof en haar adjunkte amper eerste by die hek uit! Vergaderings word sommer in skool tyd gehou!Die inspekteur word ook deur die kamerade aangestel, toe hy een dag die onderwysers aanspreek omdat hulle laat is, vra hulle hom, “who put you there?, us, we will also remove you!”, en dit was die einde van sy inmengery! Hulle kla oor die sg. wit skole en vra waar hulle swart onderwysers is, maar die volk hier vlug juis weg van hulle eie mense af, en verder stel hulle nie blankes aan nie! Wee die dag as hulle ons skole hier oorneem! As ek die geld d]gehad het, het ek more Oranië toe getrek, en so voel vele mense hier saam met my!

    1. Quintin Diederichs

      Theo, daar is gereeld poste beskikbaar by Orania se twee skole. Kontak hulle en kyk wat gebeur… mens het nie geld nodig om Orania toe te trek nie!

      1. theo

        Quintin, ek is 59, en in ‘n departementele pos, dit gaan moeilik wees om te skuif, maar my dogter (21) is nou in haar 4de jaar, besig met Bed middelslag fase (gr.4-9) so ek sal graag na ‘n pos kyk vir haar! Het julle departementele poste, en verblyf? Groete.

  6. Hoe voel Lighuisers hieroor ? Is die SA onderwysstelsel genoegsaam vir ons kinders ? Is dit goed of sleg vir hulle ? Wat dink julle van Christelik gebasseerde onderwys, soos wat ‘n paar privaatskole bied ?

    1. Sorry Tamera , my Afrikaans isn’t that great . My opinion on your questions , not to be taken as insults etc , NO our teachers are not enough and cannot cope with giving the kids the necessary attention they need due to too many kids in one classroom (40 plus kids) . Definately bad for the kids as they do not get the help they need as not all the kids have the same intelligence levels as others and battle to keep up with what they supposed to be learning . Many of my friends have been with christian schools and have returned to government schools . The moving from Government and Christian Schools and even Private Schools is also not easy to adapt to the different teaching and attention levels they are receiving . My 4 children are now all in a private school ” Leeuwenhof Academy ” , best move I have ever made for my kids . They are in a Christian orientated Private school where I think they are around 27 maximum in a class . They receive the extra help they need in after classes where they are individually helped where they are battling . They are being taught the subjects they need in the trade or direction they wish to go after leaving school , so they are not in the dark once they have a matric . To finish off , the Private school is the expensive way to go BUT it is well worth it , you cannot put a price tag on your kids future and believe you me , they will be eternally greatful for the oppertunity you are presenting them with .

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s