Is jy ’n man of ’n volstruis?

Beeld rubriekskrywer Ferdi Greyling se artikel, nl. Die pad wat SA nié gekies het nie, het betrekking.

Met die Arabiese Lente as agtergrond verduidelik mnr. Greyling hoe daar ’n oorlog sou uitbreek in Suid-Afrika as die NP nie die hand uitgesteek het na die ANC, Kommunistiese Party en PAC nie. Te danke aan die uitslag van die 1992 referendum is “vrede” geseël en die weg gebaan vir ’n “demokratiese, nie-rassige” Suid-Afrika.

Volgens mnr. Greyling sou dinge heelwat anders daarna uitgesien het indien die Nee-stem gewen het. ’n Toestand soortgelyk aan hedendaagse Sirië sou die gevolg wees.

Hierdie waarneming is vals. Destyds het Afrikanerleiers in die Nee-blok, o.a. dr. Ferdi Hartzenberg, dan openlik erken dat die Apartheid-stelsel onvolhoubaar is en dat ’n nuwe bedeling bewerkstellig moet word. Die idee van totale oorgawe van mag aan die ANC en die Kommunistiese Party was egter nie vir hom en vele ander Afrikaners ’n opsie nie.

Dis nou mosterd na die maal, maar dit sou nietemin interessant wees om te sien of Afrikaners vandag weer vir FW de Klerk ‘n mandaat sou gee om met die ANC en die Kommunistiese Party te onderhandel, wetend wat uit daardie onderhandelings gaan spruit.

Ons pluk nou al vir 20 jaar die gifappels van ‘n “demokratiese, nie-rassige” Suid-Afrika. Die dogmatiese nasionalisme van die NP is basies net vervang deur dieselfde tipe nasionalisme van die ANC – al verskil is dat die belastingbetaler nie meer ’n wit elite se skoene poets nie, maar ’n swart elite s’n wat terloops aansienlik meer spandabelrig en hebsugtig as hul voorgangers is.

Daar is baie Afrikaners soos mnr. Greyling wat soos volstruise met hul koppe in die sand regoor die politieke landskap versprei is. Hulle het hul vryheid geruil vir ’n valse en onvolhoubare vrede en hou meedoënloos aan om hul keuse te regverdig deur oorlog as die enigste alternatief voor te hou. Hoe kortsigtig!

Die bekende Amerikaanse skrywer en staatsman Benjamin Franklin het in 1775, kort voor die uitbreek van die Amerikaanse Vryheidsoorlog teen Brittanje, vir die burgers gesê: “They who can give up essential liberty to obtain a little temporary safety, deserve neither liberty nor safety”.

Hoe van toepassing is hierdie stokoue woorde vandag nie? Dit som die volstruise se situasie perfek op in ’n land wat vandag spog met een van die hoogste misdaadsyfers en mees korrupte regerings in die wêreld. Die volstruis het gekry wat hy verdien.

Dis egter nie regverdig dat die honderde duisende van ons wat nie gewillig is om onderhorig aan ’n vreemde en vyandige regime te wees nie, onbepaald moet voortploeter saam met die res nie.

Suid-Afrika het genoeg ruimte om vir elk van sy talryke en diverse kultuurgroepe ’n tuiste te bied. Afrikaners wat wil vry wees in ’n eie Afrikanerhartland in suidelike Afrika en onder ’n eie Afrikanerregering wil lewe het die reg om daardie vryheid na te streef. Die Swazi’s, Tswanas en die Sotho’s van suidelike Afrika doen dit reeds vir dekades lank. Waarvoor wag mense dan?

Dis tyd dat Afrikaners weer kreatief en progressief dink. Dis tyd dat ons onsself vir ’n slag weer eerste plaas. Ons moet weer ons eie belange en toekoms bevorder in ’n grondgebied waar ons selfwerksaam en selfonderhoudend is en by implikasie ’n selfstandige voortbestaan kan lewer. In so ’n omgewing kan elkeen van ons werklik ’n bydrae lewer om Afrika ’n beter plek te maak.

Die volstruise wat bereid is om hul koppe uit die sand uit te haal en hul oë oop te maak vir die werklikhede om hulle is welkom om by ons hier in Orania aan te sluit. Ons weet presies waarheen ons op pad is en ons hou daarvan, dus werk ons so hard daarvoor.

Daar is net een vraag wat ek aan Ferdi Greyling en elke Afrikaner daarbuite wil vra: in jou magtelose staat van onderhorigheid, hou jy van waarheen jy tans op pad is? Indien wel, bly waar jy is. Indien nie, kom sluit aan by ons in Orania.

32 gedagtes oor “Is jy ’n man of ’n volstruis?

  1. Anthony Schlemmer

    Net jammer Greyling se skrywe het ‘n baie groter platvorm. ‘n Artikel soos hierdie in Vry Afrikaner sal vandag lag lag die meerderheid Afrikaners se goedkeuring wegdra.

    Ons moet net probeer dat dit meer Afrikaners bereik!

    1. Dankie Anthony. Jy is reg – ons platform is nog baie klein in vergelyking met Beeld. Ons kan wel die artikel per e-pos versprei en ‘n skakel na hierdie bladsy op ons Facebook profiele plaas. Hosea 4:6 “My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis”

      1. Johann Eksteen

        Netjiese stukkie, Quintin. Stuur die stuk na Naspes…miskien plaas hulle dit ten minste in die briewekolom.

      2. Quintin ek lees meer as wat ek kommentaar lewer ek wil egter die volgende vraag vra: Hoe beinvloed die regering se planne om die Koi en San se grondgebied aan hulle te gee Orania-gebied?

      3. Hulle was dan nomadies en het nooit ‘n grondgebied besit nie. Sover ek weet is daar al lankal ‘n area afgebaken waar die Khoisan op hul tradisionele wyse kan lewe, maar daar is so min van hulle dat dit geensins staatkundige proporsies aanneem nie. So, dit beinvloed glad nie die Orania-gebied nie.

      4. Ek wil graag hierdie klip in die bos gooi…. vir ingeval daar regsgeleerdes hier lees wat dalk my mening kan weerle of ondersteun, of bloot net ander menings sal ek ook verwelkom.

        Ons land is kontraktueel weggee aan die ANC dus is die grondwet n kontrak tussen twee partye en as daar deur een van die twee partye verander word aan die grondwet is dit kontrak breuk wat die kontrak dan nul en void maak en ons Afrikanervolk dus nie meer gebonde is aan die kontrak deur die verbreking van die ooreengekomde sake nie Die ANC het het etlike veranderinge aan die grondwet gemaak ……. Waar laat dit ons?

      5. ‘n Land se grondwet is nie ‘n kontrak nie, eerder ‘n stel reels wat die samelewing orden. Die parlement behou die reg voor om die grondwet te wysig mits ‘n oorgroote meerderheid LP’s die wysiging goedkeur.

        Ons kan wel gaan kyk na sekere bepalings van die CODESA onderhandelings (voor 1994), o.a. die Volkstaatraad, wat die ANC nie uitvoer nie. Die ANC het ingestem dat daar ‘n Volkstaatraad na 1994 sal wees wat in wese ‘n staatsdepartement is wat navorsing moet doen oor hoe om ‘n Afrikanervolkstaat te verwesenlik en dit dan uit te voer in vreedsame samewerking met die regering. Die Volkstaatraad was in 1994 gevorm en het in 1999 ontbind. Hulle het ‘n massiewe verslag by die regering ingedien, maar verder was daar nie weer ‘n woord gerep of geroer nie.

        Sover ek verstaan kon die invloedryke Afrikaners, wat op die Volkstaatraad gedien het, mekaar nie vind nie. Daar was ‘n faksie wat die Oranjeriviervallei-Weskus gebied voorgestaan het, dan was daar ‘n faksie wat gedeeltes van die ou Transvaal en OVS voorgestaan het – daar was selfs Afrikaners wat geen gebied voorgestaan het nie en geredeneer het dat ons moet bly waar ons is, ons moet net vir onsself ‘n eie regering verkies wat dan slegs oor Afrikaners seggenskap het.

        Nie net voer die ANC nie die bepalings van o.a. die Volkstaatraad uit nie, die Afrikanerdom self lig nie ‘n vinger om die ANC by die ooreenkoms te hou nie. Orania, en tot ‘n baie kleiner mate Kleinfontein ook, is die enigste Afrikaner groeperinge wat de facto uitvoering aan die ooreenkomste tussen Generaal Constant Viljoen se VF en Nelson Mandela se ANC gee.

  2. Goed gestel Quintin. Die waarheid is dat ons die duur-gekoopte magsbasis vanwaar ons vir ‘n baie beter en realistiese bedeling kon onderhandel het, onder leiding van Freddie Verraad prysgegee het. Hierdie feit word baie duidelik deur Genl Magnus Malan in sy boek uitgelig. Ongelukkig het die meerderheid agter die histeriese geskree van die liberales en die geldmag aangehardloop.

    Dit sal weer goed gaan met ons Volk wanneer ons ons vertroue in die hand van die enigste Betroubare, ons Verlosser plaas.

  3. arnieann

    ‘n Kultuurmeester in elke dorp sal reeds daardie plaform so groot maak as wat hy kan wees.
    Plant en hys ‘n vlag by elkeen van daardie Kultuurleiers se huis of kantoor, en dit sal dan ook die moraal ‘n bietjie optel.

  4. Abram F Celliers

    As ‘n mens jou kop in die grond druk, gaan die probleem nie weg nie, jy word net eerste opgevreet.

    Ek sien die “volstruise” om my elke dag. Hulle lojaliteit is nie by hulle volk nie, en ook nie by die regering van die dag nie. Hulle dink aan hulself en hulle rykdom en aansien. Daardie persoon se vliegtuigkaartjie is lankal bespreek vir as die moeilikheid uitbreek.

    Afrika is nie vir “volstruise” nie.

    Ek het ‘n program om History gekyk waar ‘n Britse historikus die vernuf van Boere-krygers op hulle perde, vergelyk het met die van Ghengis Khan se ruiters. (Vernuf nie dade nie)

    Ons het twee keer die magtige Britse Ryk aangevat.

    Ek het ook aan die begin van die jaar ‘n boek gelees oor die geskiedenis van die SA weermag. Dit is deur ‘n liberale skrywer geskryf, maar nie eers hy kon sy bewondering vir die troepies op die grens verberg nie.

    Hoe is dit moontlik dat hierdie westerse volk, gebrei en gekweek hier aan die suidpunt van Afrika hulle deur ‘n klomp “volstruise” laat lei het?

    Was dit ter wille van ons families? Maar dink asb. by u self. Hoe veilig is u familie tans?

    Dan is die vraag. Indien ons vir “vrede” oorgegee het, wie geniet daardie vrede?
    Nie die mense in my dorp nie. Verseker nie my familie nie.

    Waarvoor dan?

    Waarvoor klou ons aan ‘n droom van ‘n klomp “volstruise” wat vir 20 stukke silwer en ‘n klop op die skouer ‘n nasie verraai het? En moet asb. nie vir hulle wag om hulself te bekeer nie. Dit is nie in hulle karakter nie.

    Ek weet ook die Afrikaner “volstruise” gaan nie hierdie stukkie lees nie, maar die manne wat die bul by die horings gaan pak, wel.

    Ek het gekorrespondeer met een van die kommentators op hierdie blad, en hy het die volgende raad gegee:”Dit is tyd dat ons weer ons mense se verbeelding aangryp”.

    En daarmee stem ek saam. Dit is tyd dat ons weer die “Boer” uit die kas op die solder haal, afstof, en vir die wêreld wys.

  5. theo

    Uitstekende artikel,Quintin! Hoe het ons die mag oorgegee,maklik,die Np het die media beheer en misbruik om dit te doen! Ferdi sê, “daar sou “n oorlog gewees het!”, wat het ons dan vandag? Daar word oorlog gevoer teen ons blankes en daar is niemand om ons te beskerm nie! Sou die Kp die verkiesing gewen het, en daar het “moontlik” ‘n oorlog uitgebreek,dan het die weermag en polisie ons ten minste beskerm! Jy is reg, Oranië is uiteindelik al uitweg vir ons almal!

    1. arnieann

      Die weermag wat die Afrikaner “gehad” het. Dit was daardie verraaier de Klerk wat van die generaals in die pad gesteek het kort voor sy oorgawe aan die ANC.
      Opregte Afrikaners wat nie vandag se toestand sou duld nie.
      En hier kom die GROOT probleem. Om vir die Afrikaner grond te gee is nie die probleem nie.
      Elke onafhanklikke staat het die reg om sy eie militere mag te he.
      En dit is waarvoor hulle bang is.
      Waarom word daar kamstig so gereeld “Regse wapens” ontdek???
      Hulle probeer om die Afrikaner te ontmoedig om hoegenaamd eens daaraan te dink om ‘n konfrontasie te beplan.
      En dit is ons eie Afrikaners verraaiers wat daaragter sit, soos die Boeremag saak nou bewys.

  6. arnieann

    “Die volstruise wat bereid is om hul koppe uit die sand uit te haal en hul oë oop te maak vir die werklikhede om hulle is welkom om by ons hier in Orania aan te sluit. Ons weet presies waarheen ons op pad is en ons hou daarvan, dus werk ons so hard daarvoor.”
    *
    Quintin, hierdie is nie ‘n strikvraag nie.
    Orania poog om ‘n woonplek vir opregte afrikaners te wees.
    Dit baat net mooi niks om maar net ‘n ou afgesonderde klompie Afrikaners daar op ‘n dorpie naby niks te huisves nie.
    Wat doen Orania om Selfbeskikking in plek te plaas.????

    1. Quintin Diederichs

      Arnie, Orania is al vir byna 22 jaar besig om ‘n realiteit te skep – dit is, ‘n grondgebied waar Afrikaners die meerderheid is en ons toenemend meer seggenskap oor ons eie belange geniet.

      Die gebied is tans nie veel groter as Monaco nie, al ongeveer 1 000 Afrikaners woon permanent in Orania, ons ontvang sowat 20 000+ toeriste elke jaar, hier is net onder 100 besighede, ons het ons eie bank, eie geldeenheid, eie skole, eie fasiliteite, eie instellings, eie dorpsraad en ja, ons brei so vinnig uit as wat ons kan met uiters beperkte hulpbronne tot ons beskikking.

      Dis die realiteit wat ons tot dusver geskep het.

      Ek het al vroeer vir jou gevra en vra weer: Arnie, waar is jy en watter bydrae lewer jy om hierdie grondgebied en bevolking uit te brei?

      Woorde soos “Dit baat net mooi niks om maar net ‘n ou afgesonderde klompie Afrikaners daar op ‘n dorpie naby niks te huisves nie” is nie opbouend nie en om die waarheid te praat maak dit seer, want vet weet ons gee alles wat ons het om ons vryheid te herstel sodat mense soos jy en jou nageslag ‘n toekoms kan he.

      Eerder as om te vra wat ons vir selfbeskkiking doen (wat regtigwaar ‘n sinnelose vraag is gegewe die realiteite wat ons op die tafel sit), hoekom vra jy nie vir jouself wat JY vir selfbeskikking doen nie? Is hier enigiets in Orania waarin jy ‘n aandeel het/gehad het? ‘n Eiendom miskien? ‘n Besigheid? Enigiets? Ek is nie sarkasties nie – ek wil regtig graag weet.

      Gaan haal liewers jou woede uit op die jingo’s en hensoppers wat in jou omgewing bly en kom lewer ‘n konstante en noemenswaardige bydrae waar dit saak maak.

      1. arnieann

        Al kan jy maan toe vlieg van Orania af, en die res wat jy noem oor Orania is pragtig, maar dit beindruk my nie genoeg nie.
        Hoe gaan jy Orania verdedig teen die huidige ANC regering????
        Hulle kan nou oor 10 minute besluit dat julle na julle donner kan vlieg.
        Hulle kan nou daar ‘n moerse werkskeppings storie gaan begin reg in die middel van Orania, en dit met swartes oorspoel. ONS kan niks daaraan doen nie.
        Let wel ek se ons!!!!~
        Jy moet nie die fout maak om my as ‘n vreemdeling te beskou nie. Wat julle al daar vermag het, kan nie in een boek beskryf word nie.
        Ek wil weet wat doen Orania om “Selfbeskikking” te laat realiseer.?????
        *
        Daar moet ‘n proses wees wat met met die regte instansies beraad hou om Selfbeskikking in plek te kry.
        Antwoord daardie vraag asseblief.

      2. Sover ek kan aflei wil jy weet wat Orania se bestuur doen om selfbeskikking met die staat te onderhandel.

        Die Orania Verteenwoordigende Raad het ‘n mandaat om namens die gemeenskap met die staat te skakel. Hulle doen dit gereeld. Die staat weet wat ons beplan en aanvaar dit so want ons bly binne die wet.

        Daar is egter geen rede om nou eise in te dien en met die staat te onderhandel vir ‘n volkstaat nie. Daar gaan nog baie water in die see vloei voor ons op die punt is om af te stig en te onderhandel. Op hierdie stadium het ons nog heeltemal te min om mee te onderhandel en dis omdat daar nog te veel mense soos jy is wat net aan wal sit en kyk hoe ons die werk doen!

  7. Sara

    Kom ons uitwoners van Orania hys elkeen ‘n vlag by ons huise in Suid-Afrika en reg oor die wêreld. Die teenwoordigheid daarvan sal gesprek uitlok en dan kan ons op ‘n beskaafde manier ons saak stel sodat die res van die wêreld van ons strewe bewus kan word.

    1. Quintin Diederichs

      Puik idee Sara. Ek het ‘n Orania vlag voor my huis gehad en het dit onlangs verkoop aan Europese toeriste wat nie nee vir ‘n antwoord wou vat nie… hahahaha

      Dankie dat jy die punt opbring want dit herinner my om weer ‘n vlag te gaan koop by Orania Beweging se winkeltjie.

      Ek sal bietjie met die grootkoppe by Orania Beweging gaan praat en kyk of ons ‘n veldtog van stapel kan stuur om mense aan te moedig om Orania se vlag voor hul huise te vertoon.

      Ons moet dalk net ‘n spesiale vlag ontwerp waarop die woorde Orania Uitwoner of iets staan sodat almal wat dit sien kan weet dat die vlag Orania simboliseer. Dit sal beslis ‘n groot bydrae lewer om meer Afrikaners bewus te maak!

      1. Weet jy wat soek nou al lank?

        ‘n Klein Reus vlaggie wat op my lessenaar kan staan en ‘n geillustreerde kaart van Orania om teen die muur te hang. ‘n Almanak met ‘n Orania foto op behoort ook goed te verkoop.

        Ek het reeds ‘n foto van ‘n toneel in Orania op my rekenaar by my werkswinkel en dit lok gereeld kommentaar uit.

      2. arnieann

        Quintin;
        Ek stem saam oor jou idee oor ‘n spesiale vlag ontwerp.
        Dit moet die regte boodskap uitstuur aan almal wat dit sien.
        Wat van ‘n soort “Kompetisie.”
        Ek is moerse ernstig met hierdie storie.

      3. arnieann

        Sara se Puik idee is van my afkomstig as julle so gaaf sal wees om die briewe hier in vogorde te plaas.*
        *
        “Plant en hys ‘n vlag by elkeen van daardie Kultuurleiers se huis of kantoor, en dit sal dan ook die moraal ‘n bietjie optel.”

      4. Mike

        Quintin jy praat van ‘n spesiale vlag, ek het laaaaaankal gesê Orania kort ‘n regte vlag, die seuntjie vlag of die vierkleur sal nooit die ding doen nie. Die seuntjievlag beindruk glad nie en die vierkleur is al so verniel deur die einste afrikaner dat ek die vlag nooit erens sal vertoon nie.

        Orania kort nou sy eie vlag deur afrikaners ontwerp wat kan staan tussen die ander vlae van die wereld. Gee die afrikaner iets om mee te spog, iets om te vertoon aan wie dit wil sien maar op die oomblik is daar niks.

      5. EK dink ons kan ‘n informele organisasie stig wat ten doel het om Orania as deel van ‘n vry Afrikanerhartland te bemark op ‘n nuwe, a-politiese manier. Die organisasie kan ‘n vlag ens. ontwerp wat dan verkoop kan word aan alle belangstellendes. Wins word bele in projekte in en om Orania. Dis die organisasie se vlag – nie Orania sin nie, maar mense sal gou moet kan agterkom wat dit simboliseer.

        Op hierdie wyse neem mens inisiatief sonder om op ander se tone te trap en doen mens iets wat nog nie probeer is nie. Dit moet net ‘n opgewekte, informele en moderne beweging wees. Dink solank aan ‘n naam… ek het sommer gou aan Oranje Republiek gedink…

      6. Mike

        Quintin dit klink goed maar hoekom klink dit asof jy dit sê met so bietjie van ‘n vrees dat ons tog net nie die base moet irriteer nie? Nee Orania kort ‘n vlag finish en klaar en as hulle dit nie wil insien nie laat dit dan maar so wees dan kan die mense maar verder hulle neuse optrek vir die snaakse seuntjie vlag.

        Kom ons raak ernstig oor Orania laat almal wat belangstel ‘n ontwerp instuur en daar word gestem en die een met die meeste stemme wen, daar is nie ‘n ander manier nie. Mense sal meer begin belangstel in Orania as hulle sien daar word ernstig gewerk na selfbeskikking maar die pophuisvlag nee wragtag. Ek dink weer aan ‘n naam soos bv Federale Afrikaner Republiek

      7. Mike, onthou, daar is baie mense wat van Orania se vlag hou. Dit is nou Orania se amptelike vlag en al hoe dit kan verander is as Orania se gemeenskap so besluit. Om te gaan en net Orania se vlag te verander is diktatories en onaanvaarbaar.

        Orania is egter nie DIE VOLKSTAAT nie, maar sy grondgebied vorm wel deel van die aangewese volkstaatgebied. Orania se vlag is dus nie ‘n volksrepubliek vlag nie maar net die van ‘n dorp wat deel van ‘n volksrepubliek sal vorm. So ja, mens kan wel ‘n volksrepubliek vlag ontwerp as mens nie van die Vryheidsvlag (oranje, blanje, blou met ‘n vertikale oranje strook aan die hyskant) of Prinsevlag (eenvoudig: oranje, blanje, blou en niks anders nie) hou nie.

        Dit gaan dus nie soveel daaroor om “nie die base te irriteer nie” – eerder om net verstandig op te tree. Ek is baie lief vir Orania se vlag, maar ek stem saam dat ek dit ook nie kan sien wapper daar tussen Duitsland, Botswana en Ierand ens. se vlae voor die VN se hoofkantoor nie… weet ook net dat Orania se vlag nie bedoel is om ‘n landsvlag te wees nie, so moenie jou kop daaroor breek nie.

  8. Willeboer Basson

    Ai man julle skryf lekker artiekels hier.. daar is min plekke op die internet waar ons so lekker kan gesels oor al die belangrike sake. My oupa het altyd gese dat Suid Afrika te groot is en die land se probleme te veel is vir ons mense. Hy sou verstaan het wat Orania doen en ek dink hy sou ook baie gelukig gewees het daarso. Orania is soos ‘n klein plasie wat werk soos hy moet.. Die plaas groei saam met die boer se vermoeens.. elke landery word ten beste benut. Wanneer daar te min grond is om op te boer dan brei die plasie weer bietjie uit. Elke stukkie grond is die boer sinne en word vir iets gebruik. So ja ek dink dis nie so erg dat ons weer van voor af moes begin het nie. Maar dis waar dat dinge anders sou uitdraai as alles nie op ‘n silwer skinkbord vir die slangvelle gegee was nie.. Ons volkie moet net uit daai vout leer en ons sal sterker aan die anderkant uitkom.. Ek het die link vir my vriende gestuur sodat hulle dit ook kan lees.

  9. Willeboer Basson

    hierdie arnieann ou praat darem baie kak.. julle moet hom ban as hy so aanhou. oppas vir sulke mense.. ek sien hulle orals op facebook en op ander blogs en waar hulle gaan saai hulle net onmin sodat mense met mekkaar moet baklei en dan dink almal weer ons Afrikaners kan nie saam staan nie!! Meanwhile is hy die drol in die drinkwater en lag hy lekker vir ons.

  10. tulpenvaas

    Plan: Saamboustad

    – Orania koopt grond aan de Westkust en noemt het stuk grond: Saamboustad
    – Het geld voor deze grond moet bij welwillende Afrikaners in SA en buiten SA verkregen worden
    – Oraniawerkers doen promotiewerk onder 1) Afrikaners in wit plakkerkampen 2) op scholen en universiteiten om Afrikanerjeugd enthousiast te maken
    – Uit de witte plakkerskampen en onder de afrikanersstudenten worden 100 – 200 vrijwilligers geselecteerd.
    – Deze groep vrijwilligers moeten een dorp bouwen (Saamboustad) op het stuk grond aan de Westkust; en zij moeten landbouw bedrijven. Uit die landbouwproduktie moeten zijn hun eerste inkomsten halen.
    – Er zal natuurlijk aanvankelijk niet veel geld zijn. Maar er is gemeenschap tussen de inwoners van Saamboustad onderling en veiligheid. Aanvankelijk worden alle kosten en lasten gedeeld. Iedereen krijgt eten, iedereen krijgt een rustig plekje om te wonen en iedereen heeft werk in de landbouw van Saamboustad. Saamboustad is aanvankelijk dus een soort van kibboutz. Dat is ook nodig, omdat er natuurlijk aanvankelijk weinig geld is. Maar Afrikaners krijgen er voor terug: leven in veiligheid, eten, woning en verzorging.
    – Saamboustad wordt zo het begin van het 2e Orania. De stad en gemeenschap wordt voor 100% door het Orania-bestuur begeleid en geleid.
    – De stad wordt aan de Westkust gesticht en zo krijgt Orania haar eerste verbinding met de Westkust.
    – Ondertussen gaat de verdere bouw en uitbreiding van Orania verder.

    Wat is nodig voor Saamboustad?
    – fondsen voor geld
    – Afrikaners die een nieuw leven willen beginnen en zich willen inzetten voor Afrikanerland.
    – evangelisatiewerk onder Afrikaners in witte plakkerkampen en op scholen en universiteiten
    – Wij kunnen beginnen met een 100 – 200 mannen en vrouwen
    – Zo bouwen wij een plek, waar Afrikaners in nood naar toe kunnen gaan en wordt Afrikanerland steeds meer realiteit.

    1. Baie goeie idee! Dit moet net gedoen word. So ‘n projek sal ‘n hengse verskil maak, maar dit gaan ‘n paar mense van die kaliber van wyle prof. Carel Boshoff nodig he om te realiseer. Iemand gaan die inisiatief moet neem, hoekom vat jy dit nie ‘n stappie verder nie?

  11. tulpenvaas

    Ja, dankie tog, Quintin,

    ons denk natuurlik daaroor. Vir ons persoonlik sal die kragte vir die uitvoer van Saamboustad te groot wees. Maar miskien kan ons help met die opset en evangelisatiewerk. Die volkstaat of Afrikanerland-gedagte moet onder die Afrikaners meer aandag kry. Saamboustad sal net n onderdeel daar van wees. Ons moet na die Afrikaners toestap en die daar-is-hoop-vir-ons-mense gedagte bloot bekend stel, sodat jong Afrikaners dit gaan sien en hulle wil instap. Op hierdie ding wil ons miskien iets gaan doen. Ons sal sien, wat gaan gebeur.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s