Arbeid: Afrikaners wil nie les leer nie

zzslaaf

Skets (1705): ‘n Slaaf van VOC werk onder blanke toesig

Terwyl die res van die land se aandag na nuwe onderwerpe skuif, steier Bolandse boere nog onder die gevolge van gewelddadige stakings. Die minister van landbou, vakbonde, landswye arbeidsonrus en onrealistiese verwagtings van plaaswerkers word in die landbou-pers vir dié toestand skuld gegee.

Boere praat van meganisering, oorskakeling na ander bedryfstakke en verhoogde indiensname van Zimbabwe-burgers as moontlike oplossings. Werkers uit dié land word as harde werkers, dankbaar vir die geleentheid om vir hulle gesinne te sorg, beskryf. Hulle goeie Engels vergemaklik blykbaar kommunikasie en hulle vrees vir deportasie voorkom dat hulle by onwettighede betrokke raak.

Boerderye ly inderdaad groot skade. Op sagtevrugte en tafeldruiwe moet bepaalde manipulasies op bepaalde tye plaasvind om ‘n top gehalte-produk te verseker. ‘n Boord of wingerd wat so ‘n periode oorslaan, bly die hele seisoen agter. Ontwrigting wat op die oog af klein is, kan produkte net onder die peil van uitvoergehalte dwing – en ‘n ernstige finansiële impak hê. Voeg daarby die vernietiging van kapitaalgoedere en dit is duidelik waarom boere drastiese oplossings soek.

Vir die Suid-Afrikaanse staat kan die Bolandse stakings nog ‘n ramp in ‘n uitgerekte nagmerrie word. Terwyl werkloosheid en gepaardgaande armoede stabiliteit bedreig, gaan nog ‘n aantal mense hulle werk verloor.

Immigrante uit ander Afrikalande (wettig en onwettig) was reeds die slagoffers van xenofobiese geweld. Hoe meer van hulle werk in Suid-Afrika kry, hoe groter gaan die stroom word. Die kans bestaan dat die sagtevrugte- en tafeldruifbedrywe hulle gerespekteerde posisie in die wêreldmark kan verloor en miljarde rand per jaar se buitelandse valuta verloor.

‘n Deel van die skuld lê by die ANC-regering, vanweë die Utopiese verwagtings wat hulle voor 1994 geskep het. Teen hierdie tyd is armes bereid om die melkkoei te slag.

Ongelukkig staan die wysheid van Afrikaners in die breë, maar ook in die landbou, nie bo twyfel nie. Sedert Jan van Riebeeck die eerste slawe ingevoer het, is aanvaar dat arbeid geen politieke implikasies het nie. Daarom het Afrikaners regoor die land versprei, met die aanname dat slawe, Khoi, of swartmense in groot getalle in diens geneem kon word.

Paul Kruger, byvoorbeeld, het naby Rustenburg sy plaas uitgemeet, omdat voldoende arbeid in die direkte omgewing te vinde was.

Met ekonomiese uitbreiding tydens die twintigste eeu is swart werkers in groot getalle in die ekonomie betrek. Lae lone is betaal en dieselfde argumente wat nou ten gunste van Zimbabwe-burgers gebruik word, is destyds ten gunste van trekarbeid uit die “reservate” gebruik. Uitgebreide planne is gemaak om dié arbeid sosiaal af te sonder en polities skadeloos te stel.

Hoewel die staat later teen miljoene rande die sogenaamde tuislande tot volledige tuistes vir swartmense te wou ontwikkel, het arbeidspraktyke op plase, in fabrieke en in huishoudings dit van enige kans op sukses beroof.

Die mistasting dat arbeid van politiek geskei kan word, het Afrikaners in 1994 ingehaal. Reaksies op die Bolandse staking laat dit lyk of die les verlore gegaan het.

27 gedagtes oor “Arbeid: Afrikaners wil nie les leer nie

  1. Baie goeie artikel Wynand.
    Ek het vir vyfjaar in Engeland gebly en ek kan vir jou sê dat die Afrikaners in hul duisende bereid is om enige werk daar te doen, soos ons almal weet. Daar is dit normaal om ’n twaalf ure skof te werk vyf dae per week. Hulle sal laat die aand wakkerword om met hul sekuriteit skof te begin of vroeg soggens om op die spoorweë te werk . Ek was deel van daardie groep mense.

    Ons weet dat arbeidsintensiewe werk in lande soos Ierland, Switserland, Denemarke ens. self deur die spierwit burgers van daardie lande verrig word. In Suid-Afrika word dit op neergekyk asof dit dwangarbeid is wat slegs anderskleuriges veronderstel is om te doen.
    In Afrika het ons ongelukkig nog steeds ’n Derdewêreld mentaliteit en ek is bevrees dit word uitgebuit deur Afrikaners. Dit skryf ek toe aan laksheid. Afrikaners wil almal ’n model Westerse land hê, maar te veel van ons is ongewillig om dit self te bou.

    Die meeste inwoners en uitwoners van Orania het hierdie konsep darem al gesnap. Hier gebruik ons slegs volkseie arbeid want ons wil so graag ‘n model land van ons eie he dat ons bereid is om dit self te bou. Dit hang nou net af van die res van die volk om te besluit wat hulle eintlik wil he! Ons het baie van hulle hier nodig en moet aanhou om die boodskap so wyd as moontlik te versprei sodat ons mense se oe kan oopgaan en by ons kom aansluit.

  2. Anthony Schlemmer

    Die werklikheid van selfwerksaamheid, plaas ook maar ‘n demper op Afrikaners om na die Orania gebied te verhuis.

    Ons mense het lui geraak, maar artikels soos hierdie, moet tog op “vrugbare grond” val.

    Dus as of Afrikaners van vooraf “grootgemaak” sal moet word.

  3. Ek dink nie ons is heeltemal só sleg nie.

    1. Dit was tog ‘n goeie ding om werk vir swartmense te skep tydens Apartheid.
    Ek onthou hoe swart mans en vroue week vir week aan ons deur kom klop het vir werk en my ma het altyd (vandag nog!) ietsie vir hulle gekry om te doen sodat sy hulle darem ook ‘n rand of twee kon gee. Dit sou die hardste en liefdelooste ding gewees het om te sê:”Loop!”, baie het dit ook gedoen.
    Nie net my ma het werk geskep nie; dink aan al die pertroljoggies, hulle is eintlik nie nodig nie. Dit was genade.

    2. Dalk het die swart arbeid ons lui gemaak, dalk ook nie. Wat Rozanne beleef het in Engeland bewys tog dat ons, oor die algemeen, nie só verskriklik lui is nie.

    Dis nie die werk wat die probleem is nie maar eerder die lone, as ons (Boere) in Suidafrika soveel vir laeklas arbeid betaal sou word soos in Engeland, dan, dink ek, sou ons al lankal ‘n klomp wit laaitjies sien druiwe pluk het.
    Die lone en die lewenskoste in SA pas eenvoudig nie by mekaar nie, nie omdat lone te laag is nie maar omdat lewenskoste te hoog is. Die staat is te sleg om to kontroleer.

    1. Andre, jou eerste punt illustreer presies wat ons ons vryheid gekos het. Die mentaliteit van ons sal vir julle ‘n paar randjies en bietjie kos gee om aan die lewe te bly solank julle ons vuilwerk vir ons doen is tipies kolonialisties en het op die einde bewys dat die politieke implikasies daarvan tot onderhorigheid aan die einste bediendes en petroljoggies lei.

      Jou tweede punt is in die kol.

      Geen volk kan vry wees solank hy van ander volke se arbeid afhanklik is nie. Arbeid is die sleutel tot vryheid.

      1. “… wat ons, ons vryheid gekos het…” Genugtig, groot woorde.
        Ek glo jou as jy sê julle is nie vry nie. Daarmee wil ek nie stry nie. Maar ek glo nie jy het jou vryheid verloor omdat my ma die swartmense jammer gekry het en vir hulle werk gegee het nie.
        Wat bedoel jy met “vuilwerk”? Lyk vir my die mentaliteit is eerdeer by jou aanwesig. Ek moes ook in die tuin werk en skottelgoed was, dis nie vuilwerk nie, weet jy wat vuilwerk is?
        Dis mooi dat julle nou self werk daar in Orania, om te werk is nie ‘n skande nie maar vryheid het met baie meer te doen as arbeid.

      2. As jou ma, my ma en al die ander tannies wat deur die eeue ousies gehad het eerder self hul gesinne se longdrops en toilette geskrop het, die vuil wasgoed en skottelgoed gewas het ens. ens. dan sou daar nie ‘n afhanklikheid van goedkoop nie-Afrikaner arbeid in ons volk bestaan het nie. Dit neem natuurlik heelwat groter proporsies aan op plase, in die myne, fabrieke, spoorwee ens. As Afrikaners self die arbeid verrig het daar waar hulle gevestig het, dan sou ons vandag nog ‘n meerderheid in daardie gebiede wees. Ons sou dus onsself regeer het en by implikasie vry wees.

        In praktiese terme gestel, toe Johannesburg gestig was, was daar nie ‘n swart bevolking in daardie gebied gewees nie. Toe goud ontdek was, het die nuwe prospekteerders en mynbase hordes goedkoop swart arbeid vanuit die stamgebiede ingevoer om op die myne te werk. Produksie en wins was dus heelwat meer as wat dit sou wees as hulle slegs op die burghers se arbeid staatgemaak het. So het plakkerskampe om die dorp opgeskiet. Dit was baie gerieflik vir die blankes want selfs die werkersklas kon bekostig om die swart myners se vrouens aan te stel om te vee, skrop, was en stryk.

        Soos Wynand in die artikel verduidelik, het die mense toe nie gedink dat hul gebruik (eerder uitbuiting) van goedkoop swart arbeid enige politieke implikasies vir hulle gaan inhou nie… dit was aanvanklik wel so, maar in 1912 het ‘n groep swartes besluit dat hulle dieselfde regte as hul wit base wil he en was die ANC in die lewe geroep. 82 jaar later het die swart bevolking se getalle so geweldig oordonderend geraak dat hierdie einste swart organisasie volle beheer oor die hele Suid-Afrika bekom het. Soos swartes vir eeue by die blankes se reels moes inpas, moet blankes nou by hul reels inpas of elders gaan bly.

        Eerder as om in te pas by hulle of Afrika te verlaat, het ‘n paar van ons besluit om vanuit Orania vir onsself ‘n nuwe land te bou – die keer met ons eie hande.

        Ek hoop jy sien nou die verhouding tussen arbeid en vryheid in ‘n ander lig.

      3. Dinge is nie so eenvoudig nie.

        “dan sou daar nie ‘n afhanklikheid van goedkoop nie-Afrikaner (ek neem aan jy bedoel nie-blanke) arbeid in ons volk bestaan het nie.”
        Maar daar sou nog steeds baie swartmense gewees het en die Christelike ding om te doen is om aan die een wat om hulp vra, hulp te verleen. Jy kan nie net jou oë toe maak en hoop swartmense verdwyn nie, Quintin.

        Dalk was daar twee vroue wat altwee ousies gehad het, die een omdat sy lui was en die ander een omdat sy kon help. Die een handel uit onvryheid en die ander uit vryheid om goed te doen. Die lui een het, volgens my, al lankal haar vryheid verloor. Punt is: Daar was orals ousies wat werk gesoek het.
        Ek stem saam dat SA uit ons hande geval het a.g.v. dieselfde mentaliteit (luiheid) wat swart werkers wou/wil uitbuit. Maar om te ignoreer dat daar swartmense is, is, in my opinie, ook nie die regte pad nie, en sou ook nie wees nie, en kon ook nie wees nie.

        Wat die prospekteerders en mynbase betref. Wat het dit met my te doen? My mense was plaasboere nie engelse nie. SA geskiedenis is baie meer ingewikkeld as 3 paragrawe.

      4. Gewis, SA geskiedenis is ingewikkeld. Die onderwerp wat hier ter sprake is, is egter nie SA se geskiedenis nie maar die verband tussen arbeid en vryheid. Jy argumenteer om die punt. Swartmense het baie goed oorleef lank voor hulle deur blankes as goedkoop arbeid ingespan was. Die ou argument dat ons swartes eintlik maar net probeer help het deur hulle as ‘n bron van goedkoop arbeid te gebruik is tipies kolonialisties, het nie ‘n plek in Afrika nie en sal uitsterf saam met diegene wat nog in daardie denkraamwerk vasgevang is. Punt is: Die Afrikaner het sy vryheid verloor en kan dit slegs herstel mits hy met sy eie arbeid sy eie instellings van nuuts uit die grond uit opbou in ‘n grondgebied waar hy die oorgrote meerderheid is. Die res is alles mosterd na die maal.

      5. Dankie vir jou vinnige antwoorde Quintin. Kom ons laat dit dan maar staan, dis duidelik dat ons anders dink en vir anders denkende blyk daar nie plek in jou Orania te wees nie.

        Wat die blog betref slaan ek voor jy gee Wynand Boshoff volgende keer ‘n kans om self op sy kommentators te reageer. Hierdie is tog sy artikel. Dalk sou ‘n gesprek met hom meer produktief kon wees as bloot ‘n gestry oor wie reg is.

      6. Sias

        Andre – dis oraait vir ouens om nie te kan saamstem oor ‘n saak nie – opinies verskil mos maar soms. As die ander ou nie ingee nie, moet jy nie begin om die man i.p.v. die bal te speel nie! Ek geniet meeste bloggers se bydraes op hierdie blog, juis omdat daar meer produktiewe (speel-die-bal-en-nie-die-man-nie) kommentaar is oor hierdie opwindende temas as wat mens op meeste ander blogs kry…

      7. Sias – ag dis ‘n pragtige metafoor, dit is werklik lieflik hier op die Orania blog, die mense is so gaaf en gasvry en vriendelik. Mooi mense en so ongelooflik intelligent.

        Ek weet nie hoekom ek altyd terug kom hierheen nie, dis die verkeerde span vir my.
        Vir al wat ek weet gladnie eers die sport wat ek dink dit is nie.

      8. Sias

        Jip. Dankie vir die kompliment – baie rugby gekyk vandag, so die metafoor kom maklik! Die bloggers hier lyk vir my bra intelligent, insluitende jy, al voel jy suur. Ja, is miskien nie die sport wat jy dink dit is nie. Lyk vir my na ‘n klomp Boere wat bevooroordeeld is ter wille van Orania en ‘n volkstaat in die Oranjerivier vallei. Nie almal se sport nie, inderdaad.

      9. Sias, groter bewusmaking van die proses om die Afrikaner se vryheid te herstel vanuit Orania is juis die doel van ons blog. Ons bou ‘n eie Afrikaner Republiek tussen die Oranjeriviervallei en die Weskus. Almal wat saam wil staan om hierdie proses te versnel en versterk is welkom!

      10. Sias

        Presies. Ek wens julle kon baie meer “lugtyd” kry. Ek het hierdie blog eers redelik onlangs ontdek. Soos jy weet is baie ander blogs met ‘n volkstaat ondertoon sleg radikaal en akkodeer daarom nie met die deursnee Afrikaner se maag nie – inteendeel, dit maak mense vyandig teenoor die volkstaat gedagte. Hier lees mens positiewe, uitvoerbare, nie-rassistiese artikels en kommentaar. Dis wat mense sal opgewonde maak oor die volkstaat gedagte.

        So paar vrae/idees:

        Julle het nou al so baie artikels – ‘n gedrukte weergawe van Vry Afrikaner sal lekker lees en sal miskien verkoop op Orania se winkelrakke.

        Ek neem aan julle stuur gereeld julle artikels News24 toe vir plasing as briewe. Plaas hulle dit ooit?

        Is daar dalk iemand wat betrokke is by die skryf van die blog of een van die bloggers wat ‘n ekspert is in internet bemarking, sodat julle die nodige veranderinge kan aanbring om nommer een te kan wees wanneer mens vir (onder andere) “volkstaat” soek op Google? Of is dit iets wat julle klaar probeer?

        Werf julle die eposse van Orania besoekers en besoekers by kunstefeeste wat kan inteken op “alerts” vir die blog? Julle kan sommer ‘n klomp Orania uitvoerprodukte op die blog adverteer en die wins inploeg in verdere internet bemarking.

        Gee julleself ‘n klop op die skouer – julle roeping is ‘n groot een!

  4. magda allemand

    By ons in vlaanderen,en heel europa, het ons te baie,te veel ou oostblok en arabise mense,wat altemaal kom vir “WERK”.DIe meeste is illegaal en kom in die kriminaliteit tereg.Die andere klomp “kry” woninge en siekteversekering,en het nooit nie gewerk nie.Is dit vryheid?Vir wie?Ons sien nou ook dat die swart mense wat by ons inkom,die werk kry om straat te poets en ons eie mense is sonder werk.NIE EENTIGE werk is te min nie.Maar gee eers werk aan EIE volk,wit of swart , en maak al die illegale weer uit die land.Dit is dan vryheid! Maar wel baie moeilyk om te verwesenlik met die anc of enige andere linkse regeringe. Ooral in die wereld is rykere en armere mense.Dit is ook normaal,so die een maak mindere en die andere meerwaarde werk.Ons het nie altemaal dieselfde ontwikkeling nie.
    Daarem is een mens nog nie minderwaardig nie.Ons kan alleen dankbaar wees dit is so.
    Wie sal anders ons spoorlyne aanleg?
    Magdalena.

    1. Baie goeie punt Magdalena! Europa is nou besig om presies dieselfde foute te maak as wat die Afrikanervolk in suidelike Afrika gemaak het. Ons bevolkingsaanwas was net te stadig in vergelyking met die swartes en ons het eenvoudig te afhanklik van hul goedkoop arbeid geraak dat ons vandag deur middel van ‘n demokratiese proses oor geen mag of seggenskap beskik in hierdie land wat ons met bloed, sweet en trane tot stand gebring het nie. Ons het ons vryheid verloor en moet sedert 1994 na die ANC se bloedbelope pype dans.

      Al opsie wat ons het is om van voor af te begin en met die gebruik van ons eie arbeid ‘n nuwe land vir onsself te bou. In 1991 het ons hiermee begin in Orania. Dit het aanvanklik maar verskriklik stadig gegroei, maar oor die afgelope 5 jaar het ontwikkeling begin momentum optel. Gee kans, die Afrikanervolk (of ten minste ‘n gedeelte van hom) sal weer vry wees!

      Wat Europa aanbetref is ek bevrees dat blankes (inheemses) waarskynlik ook iewers in die toekoms alles gaan verloor en weer van voor af gaan moet begin. Die magte van immigrasie en integrasie vanuit die Derdewereld is reeds onmoontlik om te keer. Dis egter nie iets nuuts vir Europa nie. Ek kan maar net dink aan groot dele van Spanje en Griekeland wat vir baie jare deur uitheemses regeer was. Was dit nie vir Charles Martel se sukses by die Slag van Tours nie, dan sou Frankryk en Vlaandere ook waarskynlik vir baie jare onder die Arabiere se beheer gewees het.

  5. tulpenvaas

    Wij zijn van mening, dat er voor Afrikaners geen plaats is in SA. Helaas, wij hadden het ook graag anders gezien: een nieuw Zuid-Afrika onder Mandela, waarin iedereen aan iedereen zijn plekje gunt. – Maar wat is er van geworden? Afrikaners worden vermoord: plaasmoorde. Jonge Afrikaners wordt nagenoeg de toegang tot de universiteiten ontzegd. Afrikaans wordt verboden of teruggedrongen op de universiteiten. Afrikaanse namen worden gewist, namen van straten, dorpen, steden. Door regstellende aktie wordt aan Afrikaners kans op werk ontzegd. Over het algemeen heerst onder Afrikaners angst, zij voelen zich niet meer veilig in hun eigen land. Trouwens is het nog wel hun eigen land? Wat er natuurlijk ook gaat gebeuren: de grond die boeren bezitten, zal hen worden ontnomen. Op den duur zal dit alles uitlopen op het verdwijnen van de Afrikaners, als individuen, maar ook als volk. Dit is een reële omschrijving van de huidige situatie in SA. — Om die reden en op deze grond hebben Afrikaners het recht om te zeggen: Wij willen ook leven, als individuen en ook als volk. —

    Ons standpunt is dit:Afrikaners kunnen niet overleven in het huidige, politieke bestel van SA. De enige kans voor Afrikaners op overleving is in een eigen land of staat, waar zij zichzelf kunnen regeren en over zichzelf kunnen beslissen. Wij vinden verder, dat Afrikaners de politieke situatie in SA moeten aanvaarden, zoals die is. Aanvaard de zwarte regering en reik hen, waar mogelijk, de hand, maar ……….. bouw voor jezelf een toekomst in een eigen land en onder eigen bestuur. Waar? De enige plaats geschikt hiervoor in SA is het Noord-West-gebied van de Kaap. Orania heeft daar nu een begin gemaakt. Het projekt kan alleen maar slagen, als er genoeg Afrikaners naar dit gebied toetrekken om een overduidelijke meerderheid te vormen. Dit is een proces van jaren. Een andere voorwaarde voor het bouwen van een eigen land is: zelfwerkzaamheid. Waarom? 1) Afrikaners moeten zelf het land bouwen, er zelf voor werken en zweten. 2) Verder, als Afrikaners voor het werk opnieuw niet-Afrikaners gaan inhuren, zal dezelfde situatie ontstaan als tijdens de apartheids-jaren. En dan zijn Afrikaners weer terug bij af. — Om die reden is zelwerkzaamheid, zoals de oude Boshoff ook zelf heeft gezegd, een wezenlijke bouwsteen voor het Afrikanerland.
    Wij vinden verder, dat Afrikaners, zoals hierboven gezegd, de huidige zwarte regering moeten aanvaarden, waar mogelijk. Afrikaners zullen ook hun grondbezit in SA verliezen. Hoe harder Afrikaners daaraan vast zullen houden, hoe harder de zwarte regering er aan zal trekken en zij zullen uiteindelijk winnen. Afrikaners kunnen dat niet voorkomen. Taal, grond, werk, werkgelegenheid, ambtelijk bestuur, kennis: dus toegang tot universiteiten en hogescholen …. al die dingen zullen Afrikaners in de komende jaren in SA gaan verliezen. De zwarte regering zal niet stoppen met de regstellende aktie. Afrikaners zullen dit moeten aanvaarden, ook omdat zij niet anders kunnen. Zij zullen niet in de (nabije) toekomst enige plaats van invloed krijgen binnen de huidige, zuid-afrikaanse regering. De enige weg tot behoud is daarom een eigen land, zoals hierboven aangegeven. En een belangrijke voorwaarde om zo’n eigen land te verwezenlijken is zelfwerkzaamheid.
    Een andere voorwaarde is: niet-rascisme. Afrikaners moeten niet in de val van rascisme trappen. Dit is een reëel gevaar, omdat Afrikaners juist de zwarte meerderheid tegenover zich vinden. Toch is het voor Afrikaners juist zaak om in die situatie niet met rascisme te antwoorden. Een rascistische houding zal alleen maar een sta-in-de-weg zijn voor de vorming van een eigen volkstaat. Maar ook als christenen kunnen wij hiervoor niet kiezen. Wij vinden een zwarte regering tegenover ons. En wij zullen hen met vriendelijkheid tegemoettreden. Ondertussen zijn wij vastbesloten om voor ons volk een eigen thuis te bouwen, waar zij veilig kunnen leven.
    Dus, dit zien wij als twee belangrijke voorwaarden voor het Afrikanerland: geen rascisme, wel zelfwerkzaamheid.

    1. gas-01

      Lank lewe afsonderlike ontwikkeling. Sonder aparte ontwikkeling sal geen volk op aarde sy identiteit behou nie. ” N plek vir almal en almal op hulle plek.” Basta met volksvermenging.

  6. Anthony Schlemmer

    Oor ‘n paar jaar wanneer die Orania gebied goed op dreef kom, en werkgeleenthede selfs meer raak as in Azania (Nuwe Suid-Afrika), sal elke Boesman, Nama, Hottentot ens. nou skielik Afrikaners wil word.

    Carel Boshoff en sy keuringskomitee sal dan druk besig wees. Die spulletjie sal maklik probeer voorgee hulle is Afrikaners. Afrikaans eerste taal, gou gou Afrikaners se basiese geskiedenis opgelees, kamma kamma Gristene, ens. En siedaar hulle voldoen aan die vereistes van Afrikaner wees.

    Dit is ‘n situasie wat moontlik gaan gebeur met die onafwendbare sukses van ons Volkstaat in die toekoms!

  7. tulpenvaas

    Wij zouden graag zien, dat in verschillende steden in Suid-Afrika steunpunten voor Orania worden gevestigd. Dit moet gebeuren door vrijwilligers. Wij denken aan afrikaner-studenten die zich van harte willen inzetten voor Afrikanerland en in hun plaats een steunpunt voor Orania openen. Zoiets begint natuurlijk klein: in je achterkamer; die of gene student stelt zich in samenwerking met het Orania-bestuur beschikbaar als steunpunt: hij verschaft info met betrekking tot Orania en houdt enkele keren per jaar een wervings-aktie bijvoorbeeld op scholen of op de plaatselijke markt of Universiteit. Deze Orania-vrijwilliger houdt, zeg maar, maandelijks kontakt met het Orania-bestuur in Orania. Mensen, die dingen moeten worden aangepakt. Wij beginnen gewoon in het klein en met eenvoudige middelen. Op deze manier wordt de boodschap van Afrikanerland verder verspreid en bekend gemaakt. Verdorie, er is nog zoveel te doen.

  8. Wynand

    Ek is bietjie uit die veld geslaan met die reaksie op hierdie artikeltjie. André, ek is nie besig met ‘n “braai-die-voorgeslagte” projek nie. Die ontwikkeling van slawe-arbeid na Khoisan-veewagters na swart arbeid is ‘n natuurlike verloop van sake, tipies van koloniale magsverhoudings wat in ‘n feodale samelewing oorgaan. In ‘n feodale samelewing is daar ‘n klein heersersklas wat met bande van persoonlike en wedersydse lojaliteit aan ‘n groot onderhorige klas gebind is. Marx gee goeie ontledings daarvan. Die punt is, daar kom ‘n dag wat die onderhoriges hulle posisie nie meer as die wil van God sien nie en op gelyke regte aanspraak maak. Daardie dag kan uitgestel word, maar kom so seker as nog iets.

    Natuurlik gaan vryheid wyer as nét arbeid. Maar om jou eie land te hê waar jy die meerderheid is, is ‘n voorwaarde vir durende vryheid. Dit impliseer eie arbeid. Ons het ons toekoms vir drie eeue daarop verwed dat ons arbeidspraktyke geen politieke implikasies sou hê nie. Dit het verbasend lank gewerk, maar daardie tyd is onherroeplik verby.

    Dit is nie ‘n persoonlike belediging teenoor enigiemand nie, om te sê daar was ‘n algemene praktyk in ‘n vorige era, wat ons moet afskud as ons die volgende era wil oorleef. Natuurlik, na ons die arbeidsvoorwaarde nagekom het, moet ons ook baie ander dinge doen, as vryheid vir ons belangrik is. Laat ons al die uitdagings aanvaar.

    1. Dankie vir jou reaksie Wynand.

      Ek verstaan en ek waardeer dat jy nie die Boere van die verlede of die teenwoordige tyd sleg wil praat nie. Ongelukkig is daar tog mense wat die Orania idee voorhou as ‘n korreksie op die foute van Boere in die verlede, en ongelukkig word jou artikel dan ook so verstaan.
      Ek dink ons het in elke situasie die beste gedoen wat ons kon.

      “Die mistasting dat arbeid van politiek geskei kan word, het Afrikaners in 1994 ingehaal. Reaksies op die Bolandse staking laat dit lyk of die les verlore gegaan het.”

      Wat die eerste sin betref dink ek dis oorvereenvoudig. Maar dit het ek reeds gesê en verduidelik. Nietemin dinge is nou soos wat dit is, ons hoef nie hare te kloof oor die verlede nie.
      Wat die tweede sin betref; Watse reaksies bedoel jy? Bedoel jy die oorweging van “indiensname van Zimbabwe-burgers as moontlike oplossings.”
      Watse moontlike reaksie(s) op die stakings dink jy sou toepaslik gewees het?

      1. Anthony Schlemmer

        Andre, Wynand het ‘n pragtige, duidelike artikel geskryf oor die belangrikheid van selfwerksaamheid vir Afrikaners.

        Quinton het jou mooi verduidelik in sy antwoorde, op jou skrywe.

        Nieteenstaande kan jy steeds nie die lig sien nie. Ek dink die beste vir ons en vir jou, is dat jy maar die pad vat! Jy is vir ons ‘n las, ons stryd is moeilik genoeg!!

      2. Anthony, ek dink Andre lees die artikel in dieselfde lig as wat meeste boere regoor ANC Suid-Afrika dit sou lees. Ek praat op ‘n weeklikse basis met boere om Orania en hulle is lankal al keelvol vir my want ek vra hulle elke keer dieselfde vraag: hoekom het julle nog nie volkseie arbeid op jul plase nie? Elke keer staaf ek my vraag met aktuele gebeure m.b.t. arbeids onluste, plaasmoorde, vakbonde ens. Elke keer kry ek dieselfde kreatiewe antwoorde…

        Ja, dalk is dit te duur om ten volle te meganiseer, dalk sou dit help as die regering landbou gesubsidieer het, dalk sou dit meer moontlik wees om volkseie arbeid te gebruik as daar net meer Afrikaners was wat bereid is om op plase te werk, dalk is dit makliker om ‘n paar lojale “kaffers” op jou plaas aan te hou wat kwansuis harder as enige Afrikaner kan werk, jou baas noem en spring as jy die sweep klap.

        Waarop dit eintlik neerkom is prioriteite. As vryheid ‘n prioriteit vir hierdie Afrikaners was dan sou hulle ander oplossings gevind het as om bv. Zimbabwiërs aan te stel en die potensiaal vir xenofobiese konflik deur die dak te stuur (wat terloops ook gaan lei tot hul plase wat brand). Die verskil tussen die Afrikaner in Orania en die Afrikaner buite Orania (Andre in kluis) is die BEHOEFTE om VRY te wees.

        Daardie BEHOEFTE kweek ‘n YWER wat mens in staat stel om bo jou vermoëns aan oplossings te dink en dit dan te implementeer. As jy nie ‘n behoefte het om vry te wees nie en slegs aan jou eie oorlewing en wins dink, dan gaan jy nie in staat wees om ywerig langtermyn oplossings te vind nie. Die mentaliteit van die boere van Zimbabwe (tussen 1980 en 1995) is seker die beste voorbeeld wat ek kan gebruik om ANC SA se boere mee te vergelyk… kyk waar sit hulle nou!

        Ironies dat ek ‘n boer in Orania ken wat met 2 Afrikaner werkers dieselfde produksie lewer (maar meer geld maak) as ‘n boer buite Orania met sy 10 bruin/swart werkers… dan het die einste boer in Orania nog minder masjinerie tot sy beskikking as die een buite Orania. Sy twee Afrikaner werkers verdien wat 8 swart/bruin werkers op die ander boer se plaas verdien, sy toerusting breek nie so vinnig nie en niks verdwyn nie (dus maak hy meer geld).

        Ons moet meedoënloos aanhou om die volk met hierdie werklikhede te konfronteer, al maak dit ons ongewild in sekere oorde, dit gaan hier oor reg en verkeerd – vryheid en onderhorigheid.

  9. Wynand

    André, ek dink Afrikaners in die breë, maar veral boere, moes lankal begin het om bates stukkie vir stukkie na Orania oor te dra. Die feodale sosiale stelsel, met gepaardgaande arbeidspraktyke, is dalk oorhoofs nie vandag ‘n sleg idee vir Suid-Afrika nie. Meer mense sal werk hê en versorg wees, maar politieke ambisies maak dit onmoontlik; die mense wil hoë salarisse hê, asof hulle hooggeskoolde werkers in geïndustrialiseerde landbou is.

    Ons kan nie uit SA onttrek nie, want dit sal verskeie rampspoedige gevolge vir ander en onsself hê Ons kan wel begryp dat arbeid politiek bepaal, en getalle bepaal mag. Daarom moet ons konsentreer. Die wyer verspreiding van Afrikaners was op die beste van tye onvolhoubaar. Nou val dit met emigrasie en laer geboortes saam. Ons kan nie al SA se probleme ons s’n maak nie, want ons kon dit nie eers die hoof bied toe ons regeer het nie. Ons moet na ons eie toekoms kyk.

    Laat ons tot wedersydse voordeel voortgaan met ekonomiese aktiwiteite in SA en elders, maar laat ons ook ‘n eie ekonomie as grondslag vir vryheid opbou. Dit is wat ek as geskikte reaksie op die stakings sien.

    1. Wynand, ek wens daar was al duisende Boere daar by julle. Vir Boere in Afrika is daar geen beter plan as Orania nie, dis duidelik.
      So hoekom kom hulle nie? Hoekom oorweeg hulle eerder om Zimbabwiërs in diens te stel as om te “begin om bates stukkie vir stukkie na Orania oor te dra.”? En as hulle bates oor dra, is dit nie Orania toe nie, hoekom?

      Dit moet waardeer word dat dit nie ‘n kleinigheid is om, bv., ‘n 100 Ha, weinplaas te laat gaan nie, selfs al is dit stadig-maar-seker. Daar het baie meer as bloot Rande in daardie plase in gegaan. So ‘n mens probeer natuurlik eers alles om dinge te laat werk, eks seker jy verstaan dit.
      En as ek bv. uiteindelik besluit om in iets anders te belê as die plaas wat my oupa se oupa met sy eie twee hande uitgewerk het dan doen ek my oorweging ordentlik, ek gaan ‘n nuwe lewe begin, die oue (stadig maar seker) afsny.
      As so ‘n Boer dan moet kies tussen Georgia of Australië of Orania waarom sal hy tussen ‘n klomp mense gaan sit wat hom basies beledig deur hulle gebrek aan waardeering vir sy situasie, mense wat meer liefde en begrip vir hulle Orania-ideologie het as vir hulle mense? Daar is so min liefde tussen “ons” dat daar skaars nog ‘n “ons” oor is, soveel so dat Georgia dalk ‘n beter opsie is.
      Die indruk word geskep dat Boere vir Orania bestaan, ek sou hoop dis andersom. Mense trek in hulle duisende Kanada toe omdat gemeenskap met hulle eie mense nie genoeg gewig dra om hulle in SA te hou of hulle Orania te laat oorweeg nie. Vir Boere om te oorleef sal ons meer as bloot ons Arbeids- en Ekonomiese beleid moet verander, ons sal ons omgang met mekaar moet verander.
      Dit alles se ek omdat ek vír die Orania idee is!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s