Kosovo vier 5 jaar van onafhanklikheid

kosovo_kaartKosovo op die kaart

In 2008 het die voormalige outonome republiek Kosovo eensyding van Serwië afgeskei.

Intussen erken 98 lande die nuwe staat se onafhanklikheid aan, waaronder meeste EU-lede asook die VSA, terwyl sowat 90 lande Kosovo se onafhanklikheid nie erken nie, waaronder Serwië en Rusland.

Serwië beskou Kosovo nog steeds as ‘n provinsie wat onwettig en eensydig afgeskei het.

Kosovo se eensydige onafhanklikheidsverklaring het sowat 3 jaar gelede stukrag gekry toe die internasionale geregshof besluit het dat die afskeiding “nie onwettig” was nie. Die uitspraak het ook aan ander afskeidingsbewegings nuwe hoop gegee en is ook in Orania bespreek.

Kosovo is nog steeds nie ‘n volwaardige staat nie weens sy onbesliste status en word, om konflik met lande te vermy wat dit nie erken nie,  nie na alle internasionale byeenkomste genooi nie.

Die land het ook nog nie ‘n setel by die VN nie. Internasionale NAVO-troepe en personeel wat met die staatsfunksies help is ook nog in die land teenwoordig en die land is nog steeds in ‘n proses van onafhanklikwording.

Internasionaal is te veel lande nog onseker of Kosovo se onafhanklikheid gaan hou. Beleggers is ook skugter om dieselfde rede. ‘n Deel van Kosovo in die noorde, waar die Serwiese minderheid woon, het effektiewelik afgeskei en is vir alle praktiese doeleindes deel van Serwië. Kosovo se instellings het daar geen beheer nie.

Ten spyte van die onsekerhede het die Kosovare in menigtes die onafhanklikheidsvieringe in die hoofstad Pristina bygewoon. ‘n Monument om die onafhanklikheid te vier is ook ingehuldig. Dit gaan redelik goed met ekonomiese groei en die staatskuld is laag.

Kosovo beskik oor heelwat minerale soos steenkool en lood, maar sy hoofinkomstebron is uit die landbou. Die land het sowat 2 miljoen inwoners, waarvan 90% etniese Albaniërs is wat die Moslem-geloof aanhang, die res is Serwiërs wat Christelik-ortodoks is.

25 thoughts on “Kosovo vier 5 jaar van onafhanklikheid

  1. Andre de Kock

    Kosovo se relevansie en ooreenkomste met ‘n Afrikaner Volkstaat is NUL.
    Nerens in Suid Afrika bly een volk op een plek met ‘n volhoubare ekonomie nie.

    1. Kosovo se relevansie is juis dat volke deurlopend afstig van lande waarmee hulle nie versoen kan word nie. Dis ‘n aktuele voorbeeld van wat Orania tans mee besig is. Ek dog dan Orania is juis ‘n gebied waar Afrikaners besig is om op een plek ‘n volhoubare ekonomie te bou. Help my asb. reg as ek verkeerd is…

  2. Andre de Kock

    2 000 000 inwoners vs 1 000. Sien jy die verskil? Daar is duisende van hulle vermoor in ‘n oorlog wat die hele wereld se aandag getrek het. Arme Moslems wat deur die Christene vermoor is. Europese lande moes hulle kaarte reg speel om hulle groeiende Moslem inwoners te paai. Noem EEN land wat Suid Afrika se onafhanklikheid sal erken voor die Internasionale wereld en ons sal verdedig as die beskuldigings van ‘Nuwe Apartheid” begin instroom. Of is daar gekleurde Afrikaners op Orania? Ek is ‘n Orania ondersteuner maar ek is nie blind nie. Jy skud nie jou bordjies nwat om jou nek hang sommer net af nie. Waarom kry ons nie veel simpatie oor ons plaasmoorde nie-want die Europieers, Amerikaners en wie ookal sien dit as ons verdiende loon. Dink jy hulle gaan jou ondersteun en by jou koop of aan jou verkoop? Die Jode is 6 miljoen en hulle maak dit nie sonder Amerika (en die nog 6 miljoen Jode wat daar bly nie.) My vraag is-hoeveel Orania geregistreerde uitwoners betaal en is aktief betrokke by die ontwikkeling van Orania-WAT OORSEE BLY.
    Ek is aspris vandag-maar vrae moet antwoorde kry want dis die vrae wat ons in die openbaar moet kan antwoord.

  3. Abram F Celliers

    Enige voorbeeld van selfbeskikking in die wêreld is van toepassing op ons, en is dus relevant. Ten minste weet ons dit kan gedoen word.

    Dit is waar dat ons “ander” struikelblokke het as bv. die mense van Kosovo en Suid-Sudan. Maar dit beteken slegs dat ons die “ander” struikelblokke “anders” moet benader…

    ‘n Boer maak mos ‘n plan. Of droog ‘n Boer se planne op as dit kom by selfbeskikking?

    Beteken dit dat Dr. Chris Barnard nie ‘n hart mag oorgeplant het nie, want daar was nog nooit ‘n hartoorplanting gedoen nie?

    As dit nie was vir mense wat Eerste dinge gedoen het nie, was daar nie ‘n wiel, vuur of ‘n lekker koue bier gewees nie. Om nie eers te praat van hartoorplantings, die ontwikkeling van vliegtuie ens. nie.

    Ons voorouers was Voortrekkers. Nie Na-trekkers nie. As daar ‘n berg is, klim ons hom kaalvoet uit. As die vyande in hulle hordes ons storm dan trek ons laer en hanteer dit.

    Afrikaner selfbeskikking is baie meer ingewikkeld, maar dit is nie onmoontlik nie.

    En dit is wat ons moet begin verkondig…….

  4. Abram F Celliers

    Ek wil graag net die volgende byvoeg by my vorige kommentaar. Ek verwys na die Voortrekkers en Dr. Chris Barnard en ander pioniers.

    Al daardie mense het risiko gevat. As Dr. Chris Barnard net mangels uitgehaal het, dan het ons nie geweet wie hy was nie. As Dr. Barnard nie die hart oorgeplant het nie, beteken dit nie dat dit nooit sou gebeur het nie… Nee, iemand anders, wat bereid was om die risiko te neem, sou dit gedoen het.

    As die Wright broers nie die risiko geneem het om soos ‘n voëltjies te vlieg nie, sou ons nie geweet het wie hulle was nie. Dit beteken weereens nie dat niemand sou vlieg nie. Dit beteken net dat iemand anders wat bereid was om die risiko te neem dit later sou doen.

    Die probleem met Afrikaner politiek, veral as dit kom by selfbeskikking, is dat ons nie bereid is om die nodige risiko te vat nie.

    Ons speel dit veilig. Ons wil ‘n hart oorplant, maar ons is te bang om die pasient oop te sny. Die vliegtuig is gebou, maar ons wil nie inklim en vlieg nie. Ons is te bang ons val en kry seer. Maar sonder daardie risiko sal selfbeskikking nooit gebeur nie.

      1. Abram F Celliers

        “The future belongs to the risk takers, not the security seekers. The more you seek security, the less of it you will have and the more you pursue opportunity, the more security you will achieve.” – Brian Tracy

      2. Wat van die Boerseun in ‘n kommando van 25 man wat die skemeraand so oor die Vrystaatse vlaktese uit tuur en die menigte Ingelse, miskien so 2000 man sien en sê: “Pa, vanaand gaan weer ‘n lang aand wees…” 😉

  5. Die artikel is seker goed bedoel. Dalk kan dit by sommiges ‘n bietjie hoop bewerk.
    Maar vir my is dit ‘n moeilike vergelyking want ek dink nie Kosovo moet bestaan nie en ek wil nie met daardie klomp mense vergelyk word nie.

    1. Andre, waarom mag Kosovo nie bestaan nie, mag Oostenryk dan ook nie bestaan nie? Enige gebied, streek, dorp moet kan afstig, van wie ook al hulle wil, “een en onverdeelbaar” is die belaglike aanklag wat tot soveel onnodige bloedvergieting in soveel oorloe gelei het.

      1. In my opinie bestaan Cosovo uit ‘n klomp mense wat nog nooit genoeg verstand of energie gehad het om hulle self te regeer nie. Sulke tipe mense word graag deur derdepartye gebruik om ander soewereine lande tot ‘n val te bring. Dit het in Suidafrika ook gebeur.
        Dit is Boere gatkruip vir Internationale erkenning wat ons bereid maak om so laag te daal dat ons, onsself selfs met Albaniërs vergelyk.(!Of dalk pas die vergelyking!)
        Of dalk, hopelik, is die vergelyking maar net uit onkunde uit. Ek weet nie of Noam Chomsky vir jou ‘n autorieteit is nie, i.e.g. laat jouself inlig:

  6. Ok, dis jou opinie oor die mense van Kosovo, daar is swart mense wat die selfde opinie oor mense van Orania huldig. Jou waarde oordele of eerder vooroordele het niks te make met ander mense se reg tot selfregering nie. Die tipe meerderwaardige rasisme van “jy is te agterlik om na jouself te kyk” het nie plek onder morele mense nie. Om “soewereine lande tot ʼn val te bring”? Die hele probleem in S.A is dat die “soewereiniteit” van die staat nie tot ʼn val gebring is nie, dit staan soos ʼn onaantasbare god en besluit wat goed is vir almal, of miskien het jy die woord “soewereiniteit” verkeerd verstaan. Ek sal die Chomsky video vanaand kyk by die huis maar is nie ʼn groot aanhanger van die man nie. Hy noem homself ʼn anargis en stel dan voor ons vier ʼn “belasting aan die staat dag”, hy kom uit die ou Marxistiese skole wat nog glo in die “verwelking van die staat”, wat belaglik is.

    1. Natuurlik is dit my opinie, dis tog wat ek gesê het. Hier is nog meer van my opinie:
      Dink jy dit is toeval dat die helfte van die state in die wêreld, nie ‘n Kosovo erken nie?
      Of is daardie state maar net die “badguys” in jou “star-spangled” oë?
      As ‘n mens die hoeveelheid mense in daardie state tel, dan bly daar maar net iets soos 35% van mense in die wêreld oor wat Kosovo erken.
      Maar omdat die VSA, Kosovo ondersteun en aangesien die VSA die grootste gewere het ondersteun “mitläufern” soos jy, hulle ook.
      Hoe eenvoudig moet ‘n mens wees om te dink dat alle stryd om selfregering regverdig is?

      Verder moet ek sê ek is verskriklik beïndruk met jou kritiek van Chomsky, dit wys dat jy ‘n intellektuele fenomeen onder Afrikaners is. Hoe jy Chomsky kon opsom en kritiseer in een en ‘n halwe sin, gaan die verstand van die gemidelde te bowe. As ‘n uitgewer jou net kon raaklees hier sou jy vir seker die regte geskenk word om ‘n Chomsy biografie te skryf. Dit is gedagtes soos joune en ander denkers soos Einstein sin wat die weg berei vir ‘n beter, nuwe wêreld.

      1. Ai Andre, Jy mis die punt, wie dit erken of nie erken of wat hul opinie van ander is maak nie ʼn verskil in hul reg om oor hulself te regeer nie. “Star-Spangled” oë? – My opinie van die VSA is nie veel minder as die ANC nie. Jy argumenteer in effek teen die reg tot sesessie (op grond van wie dit erken al dan nie). Ek het nie die tyd om alles wat verkeerd is met Chomsky uiteen te probeer sit nie, dit sal ʼn lang boek vat. My punt is laat almal wat oor hulself wil regeer sesessie pleeg en de hel met watter staat of andre dit nie wil erken nie.

  7. @Andre-Chomsky is die grootste vervaardiger van Anti Israel propaganda in die wereld-en hy is ‘n Jood. Hy is ‘n anarchis wat leef en skryf in sy eie idiotiese wereld van vervalsings en fantasiee. Hy ontken die Holocaust en is ‘n anti-Semitis. Sy ewekniee in die wereld van vals ideologie is Hoessein, Arafat, Sirie se Assad en Iran se Amadinijad. Hy haat die nasie-staat en verpes nasionalisme.Moet asb nie sy argumente op hierdie blad gebruik nie.Hy haat alles wat Amerikaans is maar leef en werk by MIT waar hy die Guru van die anagiste en sosialiste is. Hy is ‘n groot verdediger van die Palestyne en die PLO. As jy met hom wil assosieer is jy welkom.

    1. @Andredekock: Ek is ʼn Anargis, en het ʼn sagte plekkie vir die Palestyne. My punt wat ek probeer maak oor Chomsky is dat hy nie ʼn anargis se agterent werd is nie, my ouma se hond was ʼn beter anargis as Chomsky. Hy is so gekant teen hiërargie dat hy nie werklik omgee of die moderne staat voortgaan of nie, Chomsky is dalk ʼn sosialis vol opinies maar ʼn anargis is hy nie.

  8. Jan

    Die ding van Kosovo is die feit dat regter Goldstone – die kokkedoor aan wie Kosovo sy bestaan te danke het is hier in Johannesburg. Hierdie ou kan afrikaans verstaan. Watter groot deurbraak sal dit nie wees as hierdie soort makulu deskundiges ons vriende kan word nie!!

    Dink daaraan en gaan sien die ou en vat vr hom biltong vra sy raat. Nooi hom oor en bederf hom met wonderlike boeregasvryheid….

    So in die lyn van bemarking waarvan hierdie webwerf ‘n skitterende voorbeeld is!!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s