Is al ons moeite dalk net sterwensbegeleiding?

‘n Volk kom nie tot stand omdat iemand besluit dit moet gebeur nie. Dit gaan ook nie tot niet omdat iemand moeg is daarvoor nie. Tog ontstaan nuwe volke onder geskikte omstandighede en gaan onder ander omstandighede tot niet. Soos die gelowige mens wat glo dat lewe en gesondheid ‘n gawe van God is, maar tog oefening doen, veilig bestuur en mediese sorg opsoek, so probeer die gelowige volk vasstel watter keuses tot voortgang of ondergang lei.

Kulturele identiteit is nie staties nie en ‘n kultuurgroep moet voortdurend besluit watter invloede om in te lyf of af te weer. Dit is onmoontlik om die wese van etniese identiteit in woorde vas te vat of reëls daarvoor op te stel. Dit kan opgesom word as onderskeibaarheid van ander, maar aanpasbaarheid by ‘n voortdurend veranderende wêreld. Afrikanernasionalisme het in die twintigste eeu ‘n tradisionele, landelike bestaansekonomie na ‘n moderne stedelike kommersiële ekonomie laat oorgaan en tog ‘n wesenlike Afrikanerskap behou.

Die Afrikaner het oor minstens twee eeue ontwikkel voor daar van ‘n selfbewuste volk (op sigself ‘n problematiese term) gepraat kon word. Eers moes daar verwydering van die Europese oorsprongkulture plaasvind, iets wat as gevolg van isolasie betreklik vinnig gebeur het. Dieselfde isolasie moes deurbreek word om verspreide gemeenskappe van hulle gemeenskaplike kultuur en lotsverbondenheid bewus te maak.

Die einde van ‘n volk breek ook nie eensklaps aan nie. As die sin wat lidmaatskap tot indiwiduele lede se lewens bydra vervaag, lei fisiese bedreiging nie meer tot hegter binding nie, maar tot ontbinding. Die eie word nie meer teen invloedryke kulture beskerm nie, opname word liewer nagestreef. Indiwidue behou en vertoon hulle etniese identiteit lewenslank, maar dra dit nie aan die volgende geslag oor nie. Selfs waar dit gepoog word, slaag dit nie noodwendig nie. Die volk neem af en sy impak verswak tot dit verdwyn. Dit kan ‘n geslag of twee neem voor indiwidue wat die volkskultuur vertoon, eksentrieke reste van ‘n uitgediende tyd word. Die proses herinner aan ‘n mens wat terminaal siek is, die termyn is net langer.

Die proses van etniese uitsterwing is natuurlik omkeerbaar. Identiteit kan weer aangegryp word, ‘n kulturele dinamiek kan weer in werking tree, die vryheidstryd kan weer aangeknoop word. Dit is nie altyd vryheid in ‘n eie land wat voortgang waarborg nie, maar wel die strewe daarna. Sonder die vryheidstrewe soos vergestalt in die Groot Trek, die oorlewingstryd van die Boererepublieke in twee vryheidsoorloë en die republikeinse strewe van die twintigste eeu, sou Afrikaners se herkoms net in die manier wat ons Engels praat, herkenbaar gewees het.

Minderheidstatus in elke munisipale gebied, emigrasie, fisiese bedreiging, toenemende statusverlies van Afrikaans en gelate aanvaarding daarvan is tekens van ‘n etniese groep wat terminaal siek is. Feeste, burgerlike instellings, ontwikkelingsprojekte, radiostasies, populêre Afrikaanse musiek en ander tekens van herlewing sal ‘n politieke dimensie moet kry, sal ‘n vryheidsbeweging moet word.

Anders versag hierdie aksies bloot die naderende einde. Dan is al ons moeite net sterwensbegeleiding.

 

 

29 thoughts on “Is al ons moeite dalk net sterwensbegeleiding?

  1. Louis

    Dag Wynand ~

    1. Jy slaan talle spykers op die kop. Uitstekend gedoen. Ons dink dikwels net aan vandag. Die volgende is inderdaad ‘n kernwaarheid – ook van ons Afrikaners: “Indiwidue behou en vertoon hulle etniese identiteit lewenslank, maar dra dit nie aan die volgende geslag oor nie.”

    2. Ons is dikwels bewusteloos. Wat ek nadruklik wil byvoeg en uitlig, is dat die eietydse geslag dikwels onbewus daarvan is dat hulle volk uitsterf. Saam met ‘n loopbaan in ‘n internasionale firma en ‘n nuwe BMW, verengels ons. Ons welvaart weeg dikwels swaarder as ons taal en kultuur.

    3. Ons kies dikwels status bo voortbestaan. Kan ons volk gered word? Is dit nog moontlik? Die feit is: Hulle wat Engels by die huis praat, kan nie meer as Afrikaners beskou word nie. Afrikaans is ons onderskeidende kenmerk, ons lewensbloed. Talle meen daarom dit is baie waarskynlik dat ons nageslag oor ‘n eeu of drie ekonomies suksesvolle Engelssprekende burgers sal wees van ‘n nie-Afrikaner-regeerde Suid-Afrika.

    4. Uit eenheid krag! Ons volk kan homself wel uit hierdie dryfsand red, mits ons die goue reël volg: Waak daarteen om enige mede-Afrikaners aan te val of te vervreem, maak nie saak tot watter strukture, denkrigtings of klas hulle behoort nie. Ons moet met uiterste verdraagsaamheid, almal verenig – as Afrikaanssprekende volksgenote! Ons kan inderdaad by Solidariteit, AfriForum en die FAK leer hoe om die vermoëns van Afrikaners tree vir tree op elke terrein te konsentreer.

    Met hoë agting

    Dr Louis du Plessis

    1. Goeie punte Louis.

      Ek wonder maar net wat dan gemaak met ekstremiste aan beide kante? Die Boeremag tipes en dan natuurlik die hedendaagse Joiners? Daar is baie van hulle. Verdraagsaamheid gaan in sulke gevalle net lei tot frustrasie en ‘n valse beeld van eenheid. Soms moet mens kan standpunt inneem. Nietemin, ek stem saam dat Afrikaners oor die algemeen mekaar met meer wedersydse respek moet behandel.

      Soos normale bloed uit wit- en rooibloedselle bestaan is ‘n volk se lewensbloed ook tweeledig. Die taal op sy eie is nie genoeg nie. Daardie abstrakte konsep, nl. kultuur, is net so belangrik soos taal.

      Elke persoon sal sy eie definisie vir die woordjie “kultuur” kan gee. Dit kan neerkom op tradisies, gemeenskaplike lotsverbondenheid, die kunste, gedeelde geskiedenis ens. Dit maak nie saak watter aspek meer of minder uitstaan nie – punt is, dit alles dra by tot iets lewenskragtig… ‘n kultuur.

      Die Engelse en die Walliesers bly al vir eeue langs mekaar, is tradisioneel gesproke deel van dieselfde ras, het oor die algemeen dieselfde geloof, en praat dieselfde taal, maar hulle is twee aparte volke. Wat is die verskil? Kultuur. Wat dryf hedendaagse Walliesers om die eeue oue Walliese taal as ‘n vak op skool aan te bied? Kultuur.

      Die Afrikaanse taal en Afrikanerkultuur smelt dus saam om Afrikaners se spreekwoordelike lewensbloed te wees. Dit is waarom ons nie Griekwas of Namas is nie en hulle nie Afrikaners is nie, al praat ons dieselfde taal. Daar is baie terreine waar ons mekaar kan vind en kan saamwerk, maar dit mag nooit indruis teen die Afrikanervolk se bestaansreg, ons reg tot selfbestuur en ons ideaal van republikeinse onafhanklikheid nie.

      1. Die feit dat die Griekwas en Namas ook Afrikaans praat dui op ‘n wisselwerking wat op ‘n stadium tussen ons plaasgevind het. ‘n Wisselwerking waarin ons die dominante rol gespeel het en daarom is Afrikaans in die hoofrol daarvan.

        In so ‘n proses vind assimilasie stelselmatig plaas, tensy ‘n politieke ingryping versteuring daarvan veroorsaak. Daar sal dus genetiese merkers van mekaar onder al drie dié groepe te vinde wees. Hoe groot sulke merkers is sal bepaal word deur die mate waarin hibridisering plaasgevind het. Dit maak ons dus verlangse familie!

        ‘n Politieke versteuring, waarskynlik rasgebaseerd of Brits Imperiaal, het in die pad van verdere hibridisering gekom. Vandag is daar dus nog verwante kulturele en genetiese kenmerke onderling te bespeur.

      2. (‘n byvoeging tot my relaas!)

        Taal bly dus die vernaamste element tot kultuurvorming. Die Skotte en Walliesers is reeds kultureel verengels, dis net ‘n eiesinnigheid en koppigheid wat uit hul geskiedenis spruit wat hulle ‘n herlewing van die vergange, laat koester.

  2. Abram F Celliers

    “Feeste, burgerlike instellings, ontwikkelingsprojekte, radiostasies, populêre Afrikaanse musiek en ander tekens van herlewing sal ‘n politieke dimensie moet kry, sal ‘n vryheidsbeweging moet word.” – Wynand Boshoff

    Dit is so waar…..

    Ek dink almal sou baie graag, ek inkluis, wou gehad het dat die pad na onafhanklikheid so maklik was dat ‘n mens jou sommer net gaan vestig in ‘n plek, en dan is dit dit.

    Ek is lid by Orania, en ek glo dat dit ‘n stap in die regte rigting is. My frustrasie is nie gemik op die inwoners van Orania, of die idee Orania nie. My frustrasie is juis die Feeste, burgerlike instellings en selfs Afrikaner politieke partye, wat op eiers loop rondom die politieke kwessie van selfbeskikking.

    My vraag is dit. Het ons Afrikaners tyd om te wag?

    Hoe lank gaan dit vat voor die Regering nie hulle finansiële gate probeer toestop met Skalie gas inkomste nie? Sulke ontwikkeling gaan hordes Zulu, Pedi en buitelandse werkers bring na ‘n gebied wat ons juis opsy gesit het vir ons kinders se kinders.

    http://afrikaans.news24.com/Sci-tech/Nuus/Skaliegas-ontginning-kan-werk-aan-300-000-gee-20120909

    http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/5-lisensies-vir-skaliegas-goedgekeur-20120911

    Niks het nog die regering ooit gekeer om dinge te stoomroller wat hulle bitter graag wil sien gebeur nie.

    Dit is net een van die dinge wat die venster vir selfbeskikking gaan toemaak, of ons nou honderde deurdagte planne het of nie.

    Ander dinge is Afrikaner verarming, mense wat die land verlaat, en die onderliggende frustrasie onder my mede volksgenote wat maak dat hulle minder lus raak om vreedsaam die probleme op te los.

    Volgens die 2011 sensus is daar 2,7 miljoen blankes wat Afrikaans in hulle huise praat. Dit is baie naby aan die werklike getal Afrikaners wat daar tans is.

    ‘n Lewensvatbare stuk grond, wat 2.7 miljoen Afrikaners kan onderhou plus die nodige wetgewing wat Afrikaner bates en belange buite die grondgebied beskerm MOET prioriteit begin kry.

  3. tulpenvaas

    “Feeste, burgerlike instellings, ontwikkelingsprojekte, radiostasies, populêre Afrikaanse musiek en ander tekens van herlewing sal ‘n politieke dimensie moet kry, sal ‘n vryheidsbeweging moet word.”-

    Yep, en ons is op pad soontoe.

  4. Louw de Meyer

    Ek dink die grootste gevaar was ons, as n volk, (Boere Volk) oorleef het was die sogenaamde “Reenboognasie” van Mandela. So n reenboognasie idea met sy gepaardgaande integrasie en assimilasie was sal volg sal binne n geslag of twee ons volk vernietig het. As hulle, die “swart regering ” slim was, sou hulle die resep gevolg het en dit so voordelig gemaak het vir wittes om net te “integreer.” en vreedsaam te lewe.Hulle sou die sogenaamde” reenboognasie” die werkliheid gemaak het. Dit sou die einde vir ons beteken het.
    Gelukkig vir ons het die klomp terroriste se vraatsigheid en onvermoe om werklike rykdom te skep en natuurlike instink to geweld en moord ons gered. Om vryelik te kan steel was hule verlig om omgekeerde diskriminasie ( Apartheid) te bewerkstelig, en dit sal meeste van ons volksgenote verplig om te verenig omrede daar geen veilige middelweg sal wees nie. Die beplaningvir die tweede rewolusie is op die kaarte al baie jare en dit is net n kwessie van tyd voor hulle dit met behulp van die werklose massas sal implementeer.

  5. Abram F Celliers

    Wynand, jy het my laat dink gisteraand. Mense besef regtig wat jy sê nie.

    In 1994 het ‘n groot horlosie begin aftel na ‘n tyd wat die Afrikaner nie meer sal bestaan nie. Verengels en vergete, die Boervolk hier aan die Suidpunt van Afrika.

    Met die rubriek in my agterkop lees ek ook toe nog die volgende raak gister.

    “Afrikaners…….ordentlike mense wat mislei is deur hulle leiers.” – Nelson Mandela.

    Ek raak toe sommer van voor af bedonnerd (verskoon my Frans).

    Nou kom ons by die planne wat ons sg. leiers maak.

    “‘n Sterk oposisie met die grondwet as steun sal ons ‘n toekoms verseker.”
    Vir daardie mense wil ek net die foto in Beeld vanoggend wys waar die Potch burgermeester ‘n duimpie af gee vir die ANC lede wat laggend en gillend haar vaarwel wyf. Die ANC voel so min vir daardie “Af duimpie” as wat hulle voel vir ‘n konferensie sonder kos.

    “Belastingbetalers vereengings in jou woonbuurt”
    Dit kan dalk vir die korttermyn werk. Maar wat van Gugile Nkwinti, minister van landelike ontwikkeling wat beoog om plakkers hutte op ons voorstoepe te bou. En vir die mense wat nog dink woonbuurte is wit, moet maar net so teen 17h00 in die straat loop om te sien hoe die woonbuurte regtig lyk.

    “Wag net vir die Nag van die lang messe, dan vat ons alles terug”
    Alhoewel buitelandse simpatie vir ons dan sal tel, beteken dit dat ons as ‘n verarmde volk oor moet begin, terwyl ons nou nog die geleentheid en bates het om met iets te begin.

    Selfbeskikking met Orania en Kleinfontein as begin punte is die ENIGSTE oplossing om ons toekoms hier in SA te verseker.

    En elke keer bly almal net sê dat die tyd nie reg is nie. Vir wat wag almal? Terwyl ons wag vir alles, gaan ons eendag met niks sit nie.

    Die vraag is dan. Wat moet in plek wees vir afstigting?

    Moet daar 2.7 miljoen mense in ‘n gebied bly?
    Kort ons grond? Hoeveel besit on reeds en hoeveel is dan verder nodig?
    Kort ons stemme by ‘n algemene verkiesing? Hoeveel stemme het ‘n party soos die VF+ nodig, en watter waarborg het ‘n mens dat hulle wel selfbeskikking sal deurvoer?
    Kort ons steun van die buiteland?

    Die ding is, as ek eksamen skryf, weet ek dat ek 50% moet kry om te slaag. Om te slaag is my einddoel.

    As selfbeskikking ons einddoel is, wat is die “slaag” persentasie?

    1. Leon

      Die V F + het geen planne vir selbeskking nie stuur maar vir hulle n e pos en vra hulle self n kol piet gaan jou antwoord . En muller is klaar op die sous trein .Die V F se standpund Orania moet die volkstaat ontwikkel en orania soek net mense met geld en het geen goedkoop behuising nie ,jy sien waar kom die probleem in as jy nie geld het nie is jy nie welkom in Orania nie dit is hoekom n volkstaat dalk nooit beskore virdie Afrikaner gaan wees nie want ons word deur die afgod mammon regeur

      1. Abram F Celliers

        Leon, ek verstaan jou frustrasie. Ons wonder so baie hoekom die swartes so bly vir die ANC stem, maar elke week is daar dienslewerings betogings.

        Doen ons nie maar dieselfde nie. Ons bly DA en VF+ stem, maar kla ons vingers stomp op webblaaie. Ons kan ‘n hele sakkie kole doodkla langs die braaivleisvuur. Maar 2014 stem ons weer dieselfde, doen dieselfde, kla dieselfde.

        Daar is gelukkig ‘n paar organisasies wat pro-selfbeskikking is, en smag na stemme en fondse.

        Kies een en ondersteun hulle op die internet, en as jy kan finansieel.

        Moedig ander mense aan om aan te sluit, en ook standpunt in te neem.

        Maak nie saak watter party/organisasie jy volg nie, MOEDIG NET SELFBESKIKKING AAN.

        Verkondig die moontlikheid van selfbeskikking, nie die redes hoekom dit nie kan gebeur nie.

        Daar is selfs ‘n nuwe politieke party wat vir selfbeskikking is…….

        So nie, sluit aan by die VF+, en bring die verandering wat jy graag wil sien.

        ‘n Positiewe uit sulke stappe is dit, ten minste begin almal oor selfbeskikking praat.

    2. Quintin Diederichs

      Abram, sonder om negatief te klink wil ek net noem dat daar tans (soosin vandag) nie naastenby genoeg Afrikaners is wat die lewensbelangrike beginsels van selfwerksaamheid en selfstandigheid uitleef om ‘n nuwe land mee te stig nie. Sonder hierdie twee beginsels is vryheid net ‘n lugkasteel. Sien dit so:

      As ons vandag 100 000 Afrikaners eenskoots langs die Weskus vestig gaan daar oormore 500 000 swartes wees wat vir die Afrikaners kom werk. Is dit oordrewe? Nee, ‘n goeie voorbeeld is die ongelooflike toename in die Xhosa bevolking tussen Plettenbergbaai en Mosselbaai… hoekom? Want derduisende Afrikaners van die noorde het sedert die vroee 1990’s soentoe getrek en kan mos nie sonder ‘n ousie of tuinjong lewe nie. Dan het hulle die vermeteldheid om te kla oor toenemende misdaad in die Tuinroete-streek en die ANC wat besig is om die munisipaliteite daar oor te neem!!

      Wat van die res – wie werk in Afrikaner politici (veral DA) se kombuise en tuine? Kyk na Afrikaner meningsvormers oor die algemeen – wie maak hul beddens op en kyk na hul kinders? Arbeid is waar die probleem le.

      Orania en Kleinfontein is dus “kweekskole” vir die soort Afrikaner wat jy in ‘n Afrikaner Republiek moet vestig om dit lewensvatbaar en volhoubaar te maak.

      Al hoe ons nou ‘n verskil kan maak is om soveel as moontlik Afrikaners fisies aan Orania bloot te stel sodat ons mense kan sien wat in praktyk bedoel word met selfbeskikking, vir die eerste keer in hul lewens verstaan wat volkseie arbeid is en snap waarom dit (volkseie arbeid) ononderhandelbaar is vir die herstel van ons vryheid in ons eie staat.

    3. Sias

      Ja, ons moet ‘n plan hê wat duidelik uitgestip is. Op ‘n stadium het the VF+ ‘n beleid met ‘n plan op hulle webbladsy gehad, maar ek sien dit nou nie meer nie…Ek wonder waar dit heen verdwyn het?

      Nietemin, hoe lyk die Orania Beweging se planne oor wat die stappe moet wees om by ‘n Afrikaner Republiek uit te kom vanaf die punt waar ons nou is?

      1. Quintin Diederichs

        Sias, Orania Beweging is die staatstigting liggaam van die Afrikaner se vryheidstrewe in die Noord-Kaap. Ek dien op die Burgerraad en sien daagliks wat die uitvoerende hoof (Jaco Kleynhans) en sy personeel doen. Orania Beweging se hoofdoelwit het nog nooit verander nie, maar sy benadering pas gedurig aan by die tye om sodoende in staat te wees om nuwe uitdagings die hoof te bied.

        Op hierdie stadium bemoei Orania Beweging homself meer met bemarking, aktivisme en ander voertuie om meer steun te werf en sy ledetal uit te brei. Daar is tans meer as 3 000 betalende Orania Beweging lede en dit is verblydend om te sien dat ons ledetal wel groei.

        Orania Beweging skakel ook gedurig met ander Afrikaanse kulturele en politieke organisasies, die media en rolspelers in die internasionale gemeenskap. ‘n Afvaardiging van 15 lede gaan juis binnekort weer op ‘n skakeltoer na Nederland, Vlaandere, Suid-Tirool en Duitsland om steun vir Orania uit te brei en potensiale beleggers te werf.

        As ek opbouende kritiek kan lewer dan sou dit wees dat Orania Beweging iets moet begin doen om Afrikaners in die Bo-Karoo en langs die Weskus betrokke te kry by die vryheidsideaal, aan te sluit by Orania Beweging en te beweeg om ekonomies betrokke te raak by Orania. As ons die oorgrote meerderheid Afrikaners (veral boere) in die Noord-Kaap aan ons kant het dan is ons koppe klaar halfpad deur.

        Wat die stappe aanbetref, dis eintlik baie eenvoudig en bly onveranderd. Skep eers die basiese noodsaaklikhede (grondgebied, bevolking, instellings, ekonomie, arbeidspraktyk ens.) wat ‘n land nodig het om te funsioneer, onderhandel dan vanaf ‘n posisie van krag om af te stig terwyl jy die morele hoër grond behou en die bestaande internasionaal aanvaarde riglyne t.o.v. sessesie volg.

  6. Leon

    Abram ek stem nie vir die D A nie en stuur vir die v f n e pos hoekom ek nie vir hulle gaan stem nie maar luister na mulder se toespraake hy sal altyd op die einde se en dan onafhanklikheid ,ja ek ondersteen ander partye wat onafhanklikheid voorstaan maar ons sal nou begin om n grond gebied te kry en afrikaaners daar te vestig ek wil nie verniet bly nie maar kan ook nie baie betaal nie ,ek wens Orania wil n grond gebied uit sit vir arm blankes daar is so baie pensoinare wat graag in n eie grond gebied wil gaan bly maar het nie n groot inkomste nie ,meskien met die boere wat nou hulle plaase by orania wil inlyf kan daar dalk iets gebeur.

    1. Quintin Diederichs

      Leon, Orania Dorpsraad is in die proses om baie bekostigbare erwe uit te le juis omdat eiendom so duur geword het in Orania. Die nuwe erwe gaan binnekort beskikbaar wees en sover ek verstaan gaan hulle in die omgewing van 30 000 ora vra vir ‘n erf. Dit behoort reeds ‘n groot bydrae te lewer om die probleem (wat jy noem) op te los.

  7. tulpenvaas

    Beste Wynand, ik vind je toon in je artikeltje hierboven een beetje somber. Of begrijp ik het verkeerd? Er zijn toch een heleboel redenen om hoopvol te zijn. En bovendien een project als Orania kan niet zonder tegenslagen, zelfs verdriet, gaan. Zo is het leven, denk ik.
    Laten wij eens kijken, wat Chaim Weizmann heeft gezegd. Weizmann was de 1e president van Israël, in 1948. In zijn boek (Trial and Error) beschrijft hij zijn leven en zijn strijd voor een ‘volkstaat’ voor zijn volk, de Joden. Chaim werd geboren rond 1880 in de vestigingsgebied voor de Joden in Rusland. De Joden mochten niet overal in Rusland wonen. De russische regering had hen een vestigingsgebied toegewezen, waar de Joden woonden en werkten in schrijnende armoede. Het is ook in dit gebied waar de pogroms tegen de Joden plaats vonden rond 1900. Weizmann maakte het mee. Van jongs af aan ijverde hij voor een volkstaat (Israël) voor de Joden, weg uit de verdrukking, eindelijk vrij. Aanvankelijk leek dit alles een onwezenlijke droom, maar – het is gewoon een wonder – Weizmann werd de 1e president van die volkstaat. Hij vertelt, dat het vaak helemaal zo makkelijk niet was om de Joden te winnen voor de stichting van een eigen land. Het merendeel van de jeugd wilde eigenlijk niet mee doen:
    –“Wat heeft het voor zin een hersenschim na te jagen? ‘(blz. 102)
    –“Onze dromen van een eigen land (Israël), onze plannen voor een joodse universiteit, verdwenen of werden weggevaagd. ” (blz 96) –
    –“Ik was terneergeslagen, mijn dagelijkse werk leek onbelangrijk. Het leek wel, of ik niets kon doen om te helpen. ” (blz. 96)
    — “Het panische gevoel na de pogroms kreeg jarenlang onze beweging voor een eigen volkstaat in zijn greep. ”
    Enzovoort.
    De strijd voor een volkstaat verdeelt zelfs de hechte familie van Weizmann:
    — ” Mijn vader die zich had aangesloten bij onze strijd en beweging, keerde zich tegen mij en ook mijn broer. Voor de eerste keer kwam er een verkoeling tussen ons. ”
    Weizmann hield van zijn vader en broer, zoals hij in zijn autobiografie uiteen zet.
    Bijzonder interessant is ook de strijd van Weizmann tegen ……. Herzl. Herzl was nota bene de oprichter van de joodse beweging voor een volkstaat (Israël), maar Herzl ‘s voorstel voor verwezenlijking van het ideaal liep op niets uit. Weizmann had er ook geen vertrouwen in. Weizmann betoogt in zijn boek: Wil je een volkstaat stichten, dan kost dat jarenlange voorbereiding en inzet en het gaat niet makkelijk. Het is een reuzen onderneming. –
    Hier spreekt iemand van wij iets kunnen leren. Weizmann heeft het allemaal reeds meegemaakt. Dus, Wynand, misschien beurt dit je een beetje op, als je bedenkt, dat Weizmann tenslotte zijn volkstaat werkelijkheid zag worden.

    Ik wil nog een voorstel doen: Kan Orania geen 5-jarenplan maken? Voor de komende 5 jaren stellen wij ten doen:
    1) Orania moet groeien tot 5000 inwoners
    2) Aan de Westkust van de Kaap wordt een 2e vestiging gesticht. Omdat er weinig geld is, wordt dit Orania 2, (aanvankelijk) als een kiboutz opgezet. Inwoners krijgen: werk / behuizing / medische zorg / eten – daar staat tegen over, dat alle bezit gemeenschappelijk is. Deze constructie is bedoeld om de vestiging van de grond te krijgen en te stichten. In een later stadium kan gekeken worden, of het zo blijft of niet.
    3) Burgers voor het groeiende Orania en ‘Orania 2’ vinden wij onder de afrikaner jeugd en in de witte plakkerskampen. Als wij een goed plan hebben, veel inzet en veel liefde en Gods zegen kan het lukken. Er zijn genoeg Afrikaners die zullen inhaken, als zij worden uitgenodigd. Ik denk, dat wij bij voorbaat stabiele (groei-)gezinnen moeten selecteren voor Orania2. Deze gezinnen zijn nodig voor de stabiliteit van zo’n dorp in woning.
    4) Bedenk ook: hoe meer succes Orania / Afrikanerland heeft, hoe meer Afrikaners zullen komen toerennen.

  8. Etienne van der Lingen

    Die grootste probleem is dat Afrikaners glad nie kan saam staan om een enkele doel te bereik nie. Dit was in die verlede so en is tans vandag nog so. Met al die verskillende groepe is die Afrikaner verdeeld en staan geen kans om n eie staat te stig nie.
    As daar sukses behaal wil word moet die mense leer om die klein verskille van mekaar op sy te sit en saam te werk vir die doel van selfbeskikking. En dit is ongelukkig so dat as dit nie gou gebeur nie sal die Afrikaner met sy taal en kultuur binne die volgende generasie heel moontlik uitgewis wees.

    Daar is baie Afrikaners veral jong Afrikaners wat baie vrustreerd en ongelukkig is maar wat word daar gedoen? Absoluut niks nie! Almal net soos ek sit net en kla oor hoe swak die land geword het en hoe ons taal en kultuur vernietig word.

    As daar nie gou groot en positiewe reaksie geneem word nie, is daar nie hoop nie. Orania van onstaan tot nou toe met 1000 inwonders en 10 000 uitwoners is nie naastenby goed genoeg nie. Progressie is te stadig om in soveel tyd so min te bereik. Nie dat ek kan kla nie ek haal my hoed af vir die Afrikaners wat wel werk maak daarvan om die Afrikaner lewendig te hou.

    Ek ondersteun die Orania beweging en sien dit as die enigste uitweg vir Afrikaners om n eie tuisland te bekom sonder geweld. Die vraag is gaan progressie gou genoeg wees voor dit te laat is.

    1. Quintin Diederichs

      Etienne, jy span bietjie die kar voor die perde maar ons almal kan verstaan waarom jy dit doen. Ja, ons is gefrustreerd en keelvol vir die wending wat die land ingeneem het sedert 1994. Ja,Orania groei stadig en ons almal wil he dit moet so vinnig as moontlik ‘n mooi westerse land wees waar alle Afrikaners in vrede en voorspoed kan lewe.

      Ons moet egter volwasse genoeg wees om die werklikheid te verstaan, die uitdagings te aanvaar, te erken dat ons oor kern kwessies soos ons taal, oorlewing en vryheid kan saamstaan, en laastens, bereid wees om ons allerbes te gee om ons situasie te verander.

      Ek merk net pessimisme op in jou boodskap. Kom, staan op en bou saam ons ‘n nuwe toekoms vir ons volk vanuit Orania! Ons het jou nodig hier.

  9. Etienne van der Lingen

    Quintin, ek span dalk bietjie die kar voor die perde in, maar met goeie rede. As ek dink aan die dag wat ek my kinders grootmaak sukkel ek om in te sien hoe ek hulle in ons land as Afrikaners kan groot maak. Selfs ek wat voolkspele en so voorts nog gehad het op skool geleer het van die groot trek en die Boere oorlog is al half verengels om te kan bestaan in Suid Africa van vandag.

    Ek is jammer ook as my boodskap pesomisties voorgekom het, die bedoleing is soos jy se om realisties te wees oor die saak en te verstaan wat die uitdagings is. As dit kom by Orania en die beweging. My ondersteuning is reeds daar en ek kom volgende week moontlik besoek afle om beplanning te doen om te kan verhuis en tenvolle my aandag te gee aan die saak.

    1. Quintin Diederichs

      Uitstekend Etienne! Wees deel van Orania se groei en beinvloed ander om dieselfde te doen. Hierdie proses werk en is besig om soos ‘n donderstorm momentum op te tel. Sodra hierdie spreekwoordelike storm begin woed gaan niks hom keer nie. Dis ‘n voorreg en plesier om deel hiervan te wees.

  10. Willeboer Basson

    Wynand boshof jy vra die regte vraag.. ons almal weet dat Afrikaners se getalle besig is om agteruit te boer. mense gaan bly maar oorsee of hulle verengels so saam met die res in die stede.. hulle kinders word nie met ons taal en goeie gewoontes groot nie.. So word ons ou volkie net kleiner. Sommige mense dink hierdie is ‘n ryniging prosses maar ek dink nie ‘n volk word ryn deur ‘n half miljoen of hoeveel ookal mense te verloor nie. Hy verloor. Ons gaan weer moet begin babas maak soos die oumense dit gedoen het.. ja julle lag nou seker maar dis veite. Om die volkstaat te bou is goed en als maar sonder mense gaan die volkstaat nie veel beteken nie. So hier is die oplossing indien julle gewonner het: gaan bly in Orania en maak babas. dis wat ek gaan doen wanneer die plaas verkoop is. Ek moet net eers ‘n vrou kry voor ek gaan want ek wil nie sukkel wanneer ek in Orania gaan bly nie.

  11. tulpenvaas

    Toen ik 17 jaar was, liep ik van huis weg en ging ik ‘duimgooi’ Israël toe. Ik kwam op een schip terecht om de Middelandse Zee over te steken. Van de eerste dag af was ik zeeziek. De man die onder mij sliep, wilde mij tenslotte uit de kajuit gooien, omdat ik snachts steeds uit mijn kooi viel, al spugend en brakend. Tenslotte kwam ik in Israël aan. De Israëlische politie haalde mij gelijk uit de rij. Zij vertrouwden mijn uiterlijk niet. Overigens was ik toen, zoals gezegd, 17 jaar. Ik moest wachten, terwijl de andere passsagiers door de douane gingen. Na enige tijd kwam een joodse officier naar mij toe. Hij moest bepalen, of ik het land in mocht of niet. Het was een bijzonder vriendelijke man, een sterke persoonlijkheid ook, die natuurlijk in een oogopslag zag, dat ik niets kwaads in de zin had. Ik herinnner nog, dat hij aan mij vroeg: In welke taal wil je spreken? Engels of Duits? – Ik zei: Duits. – Ik zal mijn leven lang de liefdevolle houding die deze joodse officier jegens mij, een 17e jarige verloren, eenzame, west-europeaan, aannam, niet vergeten. Ik stapte het land in en het eerste wat ik deed: Ik ging naar de kapper en liet mijn lange, blonde haren afknippen. Daarna ging ik ‘duimgooi’ naar de Sinaï-woestijn, waar ik, omdat ik niets anders te doen had, het Oude Testament begon te lezen. En ik dacht: Hier waar ik nu ben, heeft Mozes ook gelopen. – Daarna ging ik naar een kiboutz. De Joden waren erg slim. Het kamp van de jonge joodse soldaten, plaatsten zij vlak naast het kamp van de jonge joodse soldatinnen.
    Ik heb de afgelopen tijd gedacht: Straks, als de Volkstaat groeit, moeten Afrikaners dit ook doen: Jonge Afrikaners plaatsen naast jonge Afrikaner-dogters. Wij moeten gewoon sluw zijn. Ons volk moet groeien. Laten afrikaner-seuns en dogters verliefd worden op elkaar en laten zij trouwen. De volkstaat moet grotere gezinnen financiele steun geven ook. Dus, een gezonde ‘gezin-politiek’. Het is geen grapje, waar wij mee bezig zijn.

  12. Wynand

    Beste Tulpenvaas
    Ek geniet jou storie oor Israel en die plasing van kampe! Wat die ander reaksie betref, is dit wel so: Daar is goeie tekens van herlewing onder Afrikaners. Die lewende gesprek op hierdie forum is een daarvan. Ek probeer maar waarsku teen die idee dat Afrikaner-identiteit outomaties sal voortbestaan. In ‘n poging om sake wat ons na aan die hart lê te bevorder, maar tog polities korrek te wees, is baie Afrikaners geneig om te ontken dat hulle pogings enige politieke voorwaardes, inhoud of implikasies het. Ek probeer daardie naïewe neiging bestry deur te betoog wat die uiteinde daarvan (volgens my) sal wees.

  13. tulpenvaas

    Wynand, mijn ‘boervrou’ en ik praten bijna de hele dag over Orania en Afrikanerland. Wij denken dit: Afrikaners worden niet alleen politiek onderdrukt, maar zij leven ook onder een soort van geestelijke depressie: zij zijn bang en niet blij; zij zien alleen grijsheid in het leven. – Dat zal ook wel samenhangen met de politieke onderdrukking. Afrikaners bevinden zich op een breekpunt van hun geschiedenis, nu. Gaan zij het redden of niet? Wij vinden, dat juist dit punt, deze tijd, nu, moet aangegrepen worden, niet om Afrikaners acceptabel te maken in SA (dat gaat toch niet lukken) of om in zekere zin Afrikaners te bewaren van ondergang, maar ….. om juist voor Afrikaners een eigen en zelfstandig thuisland te verkrijgen. – Dat is het! En er is een kans. Uit de diepte en donkerheid van apartheid en uit de ellende van de post-apartheidsjaren schijnt aan het einde van de tunnel een lichtje. Wij moeten die kans pakken. Wij moeten er in springen. Die boodschap moet aan Afrikaners in plakkerskampen en op scholen en universiteiten verteld worden. Jouw vader heeft in ‘Dis nou ek’ een uitstekend richtsnoer gegeven.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s