Minimumlone, globalisering, nuwe tendense en die volkstaat

zzeiearbeid

Volkseie arbeid: bouers in Orania

Vir lank was ons volkstaters gewoond daaraan om in die beste geval beskou te word as effens eksotiese mense. ’n Nuwe geslag bittereinders wat vir ‘n ideaal (‘n woord waarmee materialistiese mense nie aanklank vind nie) hulle gerief opgee om ’n tuin in die “woestyn” te gaan maak.

In erger gevalle word ons ook beskou as agterlike apartheid-aanhangers wat nie die nuwe Suid-Afrika wil aanvaar nie.

Soos wat die nuwe Suid-Afrika in sy volle konsekwentheid ontvou, kom meer en meer  Afrikaners agter dat ons resep nie so vreemd is nie en selfs werk. Meeste, ook die sogenaamde meningsvormers soos joernaliste, weet nou wat die probleem is (ANC-oorheersing), maar weet nog nie wat die oplossing is nie. Hulle gryp enige drywende tak, synde ‘n nuwe politieke party “vir almal”, die howe of berigte oor tweespalt binne die regerende party.

As ‘n mens die koerante dophou en artikels wat skynbaar oor verskillende onderwerpe gaan, bymekaarvoeg, dan ontstaan ‘n legkaartbeeld wat wys dat die tyd toenemend ryp word vir die volkstaat-idee. Ons besef dat ons strewe in alle opsigte oplossings bied vir Afrikaners wat hul identiteit wil behou en vir hulself ’n toekoms in Afrika sien. Meer en meer Afrikaners begin bykom.

Die artikels waarna ek verwys is die pas aangekondigde drasties verhoogde minimumlone; die afdanking van plaaswerkers wat daarop gevolg het; die verandering in lewenswyse weg  van ‘n kwasi-koloniale lewe met groot huise en tuine na ‘n meer Europese leefwyse met klein erwe en huise wat tot ‘n vermindering in huishulpe en tuiniers lei; meer en meer nuwe tegnologie van oorsee wat meganisasie op plase en selfdoen in huise moontlik maak.

Volkseie arbeid kon tot dusvêr in suiwer ekonomiese terme nie kompeteer met vreemde arbeid nie. Vreemde arbeiders was altyd goedkoper, dikwels reeds opgelei vir die handearbeid en hulle maatskaplike probleme het die werkgewer na-ure nie gepla nie. Dit geld vir plaaswerkers en huishulpe in dieselfde mate.

Sedert die vlaag plaasbeskadigings en onluste in veral in die Wes-Kaap en die drastiese verhoging in minimumlone, wat swart werkers nie meer goedkoper maak as Afrikanerarbeid nie, word ons skielik ekonomies kompeterend.

Verder word meer en meer Afrikaners bewus daarvan hoe naby misdaad en volksvreemde arbeid verwant is. Blykbaar is in 90% van plaasaanvalle die aanvaller en die slagoffer met mekaar bekend, met ander woorde dit is ‘n plaasarbeider of ‘n voormalige arbeider wat die gedragspatrone van die werkgewer en die uitleg van sy huis ken. Gevalle van los werkers wat net op ‘n straathoek opgetel is om tuinwerk te doen en wat die geleentheid vir roof en selfs moord raakgesien en aangegryp het, kom ook gereeld voor.

Goedkoop arbeid was nog nooit goedkoop nie. Mense wat praat van “goedkoop arbeid” dink net in terme van rand en sent en bereken nie die die langtermyn nadele nie. Die plaasbesettings en gepaardgaande vernietiging wat ‘n opgesweepte skare veroorsaak, asook nuwe wette oor minimumlone laat boere nou twee keer dink oor “goedkoop” arbeid.

Voeg daarby die verminderde veiligheidsrisiko wat Afrikanerarbeid inhou en die ideaal raak ook vir die gemiddelde Afrikaner iets wat sin maak, selfs al verstaan hulle nie terme soos meerderheidsbesetting, selfbeskikking ens. nie.

In die huidige omstandighede het ons net die keuse tussen oorleef op die volkstaatmanier of vergaan op die ou, kwasi-koloniale manier. Orania is die baken van ’n volkstaat leefwyse en enigeen kan sien dat die voordele daarvan die nadele verreweg uitweeg.

8 gedagtes oor “Minimumlone, globalisering, nuwe tendense en die volkstaat

  1. Ek het groot weersin van die konsep van ‘n volksstaat.
    Volksstaat klink te socialistisch.
    Daar doen die organiese nasionalisme van D.F. Malan niks aan af.
    Verder kan ‘n volksstaat nie regtig funksioneer.
    ‘N volksstaat kan nie goed vertoef tussen die ander republieke of nasie state op die internasionale toneel indien die ekonomie van so ‘n volksstaat oorwegend op landbou gebaseer is.
    Verder ontbreek dit aan ‘n duidelike beskrywing van die rechtszinnigheid, die vryheid van spraak, habeas Corpus etz. en ‘n meer omvattende grondwet of konstitusie.
    Die staat moet ook ondescheidend van menseregte teenoor burgerregte sy omschreven.
    ‘N volksstaat gebaseer op die heilige skrif van die Christendom is ‘n teokrasie en kry nêrens in die wêreld erkenning

  2. theo

    Jy bly duidelik nie in die land nie! ‘n Volkstaat is al oplossing vir oorlewing vir ons!Dit is menseregte soos die wat ons in die gemors het waarin ons onself vandag bevind!Nee, die Volkstaat is nie Sosialisties nie, hy is eerder nasionalisties! Natuurlik sal die nuwe wêreld orde nie ‘n “teokrasie’ goedkeur nie, want dit is stroomop met hulle menseregte! Die nuwe RSA werk nie vir ons, daar is ‘n yslike verskil tussen ons en ons medemense, die wat gesê het, “ons is almal dieselfde, net ons velkleur verskil!”, het vir ons gelieg!

  3. @Theo Prinse: Die volkstaat is niks anders as ‘n staat met ‘n staatsvolk, soos Nederland, Denemarke, Duitsland, Ierland, Albanië, Lesotho, Botswana, Japan, Israel ens ens. Dit is niks nuuts of vreemd nie. Dat meeste van die genoemde lande vandag lies om eerder as “mult-kultureel” te wil bekend staan is hulle keuse, maar dit doen geen afbreuk aan die feit dat hulle nog steeds 80% of meer etnies homogeen is. Verder beskik ons reeds in die kleine oor ‘n grondwet wat in lyn met Westerse denke is (wel nie met die dekadensie wat die laaste 20 jaar in die Weste oorgeneem het en wat dinge soos gay-huwelike in mense se kele afdruk).
    Verder is die volkstaat se ekonomie ook nie noodwendig net op landbou gebasseer nie. Enige beskawing begin met landbou en ontwikkel dan verder in die rigting van vervaardiging en
    dienste. Dit is in Orania reeds die geval, waar die bydrae van landbou tot die ekonomie relatief afneem ten gunste van dienste, vervaardiging en toerisme.
    Die volkstaat is ook nie sosialistiese nie, in teendeel, dit is gebou op eie inisiatief en privaateienaarskap. Ek wil my verstout dat die Afrikaner as uitgesproke individualiste, selfs libertyne uiters min vatbaar is vir sosialisme.
    Laastens is Orania nie ‘n theokrasie nie, maar ‘n christelik gebasseerde samelewing. Tientalle state is per definisie godsdienstige state, veral Moslem-state en geen Westerse staat vat hulle daaroor aan nie. Ons is nie in Europa nie en word nie deur die EU geboelie om sekulêr en links-liberaal te moet wees nie, ons kies die stelsel wat vir ons pas. Dit sal alles in lyn met VN-konvensies wees.

  4. tulpenvaas

    Chaim Weizman geeft in zijn boek ‘Trial and Error’ een spiegel aan de Afrikaners. Chaim was een jodenman en hij kwam uit Rusland. Hij leefde ongeveer: 1880 – 1950.
    Als joodse gediscrimineerde jongeman in Rusland pakte hij de gedachte op: Mijn volk moet een eigen land krijgen, een volkstaat. – Dit werd natuurlijk later Israël.
    Op zijn 18e gaat hij van Rusland naar Duitsland, waar hij de duitse Joden ontmoet. Dit is dus nog voor Hitler. Hij schrijft over de joodse directeur van de school waar hij ging studeren:
    — Zonder enige inzicht in de geschiedenis van de duitse Joden of het antisemitisme (Weizmann was net in Duitsland aangekomen en wist van toeten noch blazen.) voelde ik, dat deze duitse, joodse directeur van deze school een intellectuele lafaard en een kruiper was. – In Duitsland waar de Joden omringd waren door organisatie en macht, waren de Joden bezeten door een gevoel van minderwaardigheid, dat hen onophoudelijk preste zichzelf te verloochenen en zich te schamen over hun afkomst, over wie zij waren: Joden. –

    In later jaren komt Weizmann in Engeland terecht. Hij is dan rond de 30-40, getrouwd en heeft een zoon. Hij blijft zijn hele leven een vurig aanhanger van de volkstaat (Israël). Hij schrijft in die jaren:
    —Het merendeel van de rijke en machtige Joden was tegen onze beweging.
    —Ik kan boeken vol schrijven over de pijnen, het gezwoeg en de onzekerheden die vooraf gingen aan het verkrijgen van een kleine blijk van erkenning bij de engelse regering voor onze beweging.

    Uiteindelijk krijgt Weizmann toestemming voor een gesprek met de toenmalige minister van buitenlandse zaken van Engeland. Weizmann vertelt daarover:
    —Ik vertelde hem van mijn haat tegen Rusland (Rusland was Weizmann’s geboorteland), van de onderlinge conflicten onder de Joden, van ons grote lijden, van onze hoop en hunkering naar een volkstaat, van het weinige dat wij daar reeds hadden bereikt en van onze bijna messiaanse toekomstdroom, de volkstaat.
    —Om een einde te maken aan de ondragelijke, politieke situatie waar ons volk in verkeerde, was het noodzakelijk dat voor ons volk een regeling werd getroffen, een joods vaderland, onder normale voorwaarden. Wat waren die voorwaarden? Een eigen land, en dat wij onze eigen taal konden spreken, Hebreeuws, en onze cultuur in stand konden houden. –

    Ik hoop, dat Orania-werkers deze inzending van mij lezen. Het kan hen een beetje bemoedigen. Uiteindelijk slaagde Weizmann natuurlijk in zijn onderneming. De volkstaat kwam uiteindelijk van de grond en Weizmann zelf, die overigens in zijn boek een uitstekend man blijkt, werd nota bene in 1947 de eerste president van de volkstaat, Israël. De citaten hierboven kan je regelrecht betrekken op de Afrikaners van vandaag.

  5. tulpenvaas

    “Verder beskik ons reeds in die kleine oor ‘n grondwet wat in lyn met Westerse denke is (wel nie met die dekadensie wat die laaste 20 jaar in die Weste oorgeneem het en wat dinge soos gay-huwelike in mense se kele afdruk).”-
    Dit bijna totalitaire liberalisme heeft het hele Westen in zijn greep, zeker ook West-Europa. wij zijn hier dagelijks van nabij getuige van. Goed gezien, Sebastiaan!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s