Falkland-eilande Referendum

falklande

Stanley, die hoofstad van die Falkland-eilande

Na volgehoue druk van Argentinië dat daar onderhandel moet word oor die politieke status van die Falkland-eilande, het die inwoners ‘n referendum gehou oor die vraag van hulle status.

Van die sowat 2900 inwoners is 1672 stemgeregtig en het 1517 in die referendum gestem, ‘n deelname van meer as 90%, iets wat ongehoord is in bykans enige land.

Van hulle het almal behalwe 3 gestem vir die behoud van die status as Britse oorseegebied, ‘n steun van meer as 99%.

Die uitslag was so duidelik soos kan kom en stuur ‘n onmiskenbare boodskap aan Argentinië dat nog dreigemente nog beloftes van ekonomiese voordele die Falkland-eilanders sal laat afsien van hulle Britse identiteit, ongeag of hulle duisende kilometer vêr van die moederland is.

Die beginsel van selfbeskikking is bevestig en onder Argentinië en ander self-aangestelde derde wêreld bevryders se neuse gevryf dat selfbeskikking ook vir mense van Europese afkoms in ‘n nie-Europese vasteland geld.

Dit bevestig ook dat kultuur sterker is as geografiese nabyheid, “politieke realisme” en ekonomiese voordele. Die eilanders beklemtoon dat hulle nie ‘n kolonie is nie, maar ‘n selfstandige entiteit met selfbestuur wat kies om die bande met Brittanje te behou wat sy verdediging en buitelandse belange behartig.

Die Falkland-eilande het, so klein soos hulle is, ‘n demokratiese verkose verteenwoordigende raad wie se wetgewing deur die London aangewese goewerneur uitgevoer word.

Alhoewel die Argentynse president, mev. Christina Kirchner Fernandez dadelik gesê het dat die opinie van die inwoners nie tel nie en dat dit ‘n territoriale saak is, het Groot-Britanje nou ‘n sterk argument teenoor die VN en ander multi-nasionale organisasies wat hoog opgee op mense se selfbeskikkingsreg.

By die referendum was ook talle internasionale waarnemers, selfs uit Suid-Amerikaanse lande soos Chili, en die geloofwaardigheid en onafhanklikheid van die referendum is bo verdenking.

Die referendum kan wel daartoe lei dat meer en meer Argentyne begin besef dat hierdie kunsmatige debat oor die Falklande net ‘n skyngeveg is om van dringender probleme af te lei en dat daar nie eens ‘n noemenswaardige minderheid in die Falklande bestaan wat ten gunste van aansluiting by Argentinië is nie.

Argentinië sal natuurlik nie nou bes gee nie en sê dat die eilanders nie ‘n sê het nie en dat dit ‘n saak tussen die regerings van Argentinië en Brittanje is. Brittanje se hand is egter nou versterk en dit sal vir enige Britse regering uiters moeilik wees om sy mense aan Argentinië uit te lewer sonder om sy gesig te verloor, aangesien die eilanders so sterk voel en publieke sentiment in Brittanje aan hulle kant is.

Die eilanders woon al vir meer as 9 generasies op hulle eilande en is ‘n geharde klomp wat die beste van Brittanje verteenwoordig, trots, behoudend, gasvry en tradisioneel.

Die kwessie oor wie se gebied dit is speel twee sienings teen mekaar af, naamlik geografie en verdrae oor invloedsfeer teenoor effektiewelike besetting en wil van die inwoners.

Argentinië se argument is dat die hele Suid-Amerika (behalwe Brasilië) in die 16de en 17de eeu aan Spanje behoort het, waarvan Argentinië ‘n kolonie was. Daarom behoort die gebied wat Spaans was nou aan Argentinië.

Feit is egter dat Spanje net beheer oor die omgewing van Buenos Aires en die noorde gehad het en die gebied in die suide niemandsland was en deur Indiane bewoon is. Die Falkland-eilande was onbewoon. Eers na Argentinië se onafhanklikheid in 1822 is die suide geleidelik oopgestel.

Brittanje voer aan dat hulle al sedert 1833 effektiewelik ‘n permanente teenwoordigheid op die Falkland-eilande het, veral mense wat betrokke was by walvisvang en waar later skaapboere aangesluit het. Die suide van Argentinië is heelwat later eers bewoon.

Vir ons in Orania is inderdaad dieselfde faktore van belang: effektiewelike besetting en die wil van die mense.

3 gedagtes oor “Falkland-eilande Referendum

  1. Die Ooskapenaars en ander inkommers in die Weskaap haal natuurlik die wind uit Helen Zille en ander Weskaapse afstigters se seile uit op ‘n soortgelyke manier:effektiewelike besetting en die wil van die mense.

    Dis veral vir die rede dat volkseie arbeid vir ons so ‘n belangrike beginsel is.

  2. theo

    Hoekom hou ons Afrikaners dan ook nie ‘n referendum oor selfbeskikking nie? Ek dink meer as 70% sal “ja” stem vir ‘n eie tuisland, die ander 30% kan tussen hulle ANC broers voort oorleef!

  3. Jan

    Ek wonder net of daar nie vreeslik baie olie of ander minerale is nie?

    Ons kan beslis moed skep met hierdie ding. Maar wie wil vir ons abba soos wat Moeder Ingeland met die Falklande doen? Niemand nie – geen moondheid stel in die Boere belang.
    nie. Maar die grootste kenner op die gebied is niemand anders as ‘n Boerejoodjie wat Kosovo vir die Moslems gegee het met ‘n helse oorlog van die Christen Navo -lande. Regter Goldstone sal ons kan vertel hoe om te werk te gaan.

    Ek is bevrees Oase skep meer probleme as oplossings van die VVK tot Vlaander…..

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s