Afrikaners sal Suid-Afrika moet afleer soos ons dit aangeleer het

zzsaeersteDie Nasionale Party transformeer Afrikaners in Suid-Afrikaners

Om Suid-Afrikaners te wees, het nie vir Afrikaners vanself gekom nie. Daar was voor die Tweede Vryheidsoorlog republikeine wat van ‘n republiek van die Kaap tot by die Limpopo, of selfs die Zambesi gedroom het, maar die meeste was in die eerste plek Vrystaters of Transvalers.

Daar was selfs ook Engelse en Engelsgesindes wat van ‘n verenigde Suid-Afrika onder die Britse vlag gedroom het, maar vir hulle sou dit eerstens deel van die Ryk wees. Die oorlog het die droom van ‘n verenigde, Britse Suid-Afrika moontlik gemaak, ‘n staat waarin Afrikanerskap vanself in die groter eenheid van die glorieryke Britse ryk sou opgaan. Generaals Botha en Smuts het dit as hoogs voordelig vir Afrikaners aangegryp.

Nasionalistiese Afrikaners het nie ‘n duidelike ideaal voor oë gehad nie. Die rebellie van 1914 het nie op ‘n uitgesproke doel afgestuur nie, terwyl die “Vryheidsdeputasie” nog in 1919 gepoog het om die Boererepublieke te herstel.

Generaal Hertzog het nuwe rigting met sy oproep om “Suid-Afrika Eerste” gegee. Tog het dit nie vanselfsprekend inslag gevind nie, want Suid-Afrika was ‘n nuwe staat wat nog nie in mense se harte gevestig was nie; nasiebou het nog nie plaasgevind nie. Dit het teen die veel aantrekliker oproep om deel van die Britse ryk, die grootste ryk in die wêreldgeskiedenis, te staan gekom. Om Suid-Afrika voor die Ryk te stel het sektaries en kleingeestig voorgekom. Op simboliese vlak was daar geen vlag, volkslied of geskiedenis om die hartsnare te roer nie.

‘n Suid-Afrikaanse gees het stadig opgebou. Historici het die Afrikaner se geskiedenis as die geskiedenis van Suid-Afrika aangebied. Afrikaans is as inheemse taal van Suid-Afrika ook tot amptelike taal verhef. ‘n Nasionale vlag is te midde van groot stryd en onenigheid aanvaar. Die Stem van Suid-Afrika is deur CJ Langenhoven geskryf en ML de Villiers gekomponeer as teenvoeter teen God save the King wat toenemend deur Afrikaners as hulle volkslied aanvaar is. De Villiers het regdeur die land gereis en by skole, debatsverenigings en elke moontlike geleentheid die lied vir mense aangeleer. Dit het stadig inslag gevind en het eers vir baie mense kunsmatig gevoel.

Mettertyd het Afrikaners Suid-Afrika aangeleer. Toe die NP in 1924 aan bewind gekom en Suid-Afrika sistematies op ekonomiese, politieke en simboliese gebied eerste gestel is, het Afrikaners in hulle toewyding aan Suid-Afrika gegroei. ‘n Halfeeu na die staat gevestig is, het dit ‘n onafhanklike republiek geword. Suid-Afrikanerskap het ‘n ruimer sinoniem vir Afrikanerskap geword en Suid-Afrikaners het ‘n toenemend vyandige wêreld eensgesind teengestaan. Dat swart burgers nie deel van die patroon of sentiment was nie, is op twee maniere gerasionaliseer: Deur onsself wys te maak dat “vredeliewende” swartmense blanke regering verkies het, en dat die ander onder kommunistiese invloed was.

Die Suid-Afrikaanse staat waaraan Afrikaners so verknog geraak het, is intussen deur die getalle-oormag van swartmense oorgeneem. Die staat verteenwoordig nou die twee kragte wat voortbestaan van die Afrikaner se identiteit oor die jare bedreig het: Die getalle-oormag van Afrika en die kulturele oormag van die Engelssprekende wêreld. Vir vandag se Afrikaner is Suid-Afrika wat die Britse ryk vir ‘n vorige geslag was. Die verskil is dat verbintenis aan Suid-Afrika veel meer diep gewortel is as wat dit ooit aan Brittanje was.

Die stryd wat eens gevoer is om Suid-Afrika eerste te stel, moet nou gevolg word om die Afrikaner eerste te stel. Ons sal Suid-Afrika moet afleer soos ons dit aangeleer het.

52 thoughts on “Afrikaners sal Suid-Afrika moet afleer soos ons dit aangeleer het

  1. Jan

    Uitstekende perspektief.
    Sien, soos altyd, maak die waarheid [en arbeid] mens vry.
    Die moord op Verwoerd deur Nazis en Israel ketters het hierdie ontvoogding proses van die Afrikaners gestop. Die Tsafendas volgelinge is vollop tussen ons wittes.
    Daarna het Vorster ‘n teokrasie opgerig vir die wit meerderwaardige minderheiddiktatuur wat absoluut seker die dood in die pot vir ons was en is en sal wees. Ek meen die wêreld het 60miljoen lewens ge-offer teen hierdie nazi gees van gotheidswaansin!!

    Ons sal ons vryheid herwin soos wat ons dit verloor het.

    Baie dankie

      1. Naas van Rooyen

        Ek wou ook hierdie vraag vra toe sien ek Quintin het reeds. Ek weet nie mooi waarvan Jan praat nie. Ek was 10 toe Verwoerd vermoor is en het van vroeg af belangestel in die redes en die magte agter hierdie moord. Jan se teorie is vir my nuut!

      2. Jan

        Welkom vanuit Ingeland.Naas. Die Vrymesselary is my groot belangstelling.en 40 jaar se studie nog voordat Google bestaan het..Wat ek geskryf het is die waarheid.Google maar self. En as u dit verstaan dan sal ons die toekoms beter kan beplan deur van die ou bagasie ontslae te raak en nuut te begin sonder daardie dodelike las en kettings van ramnpspoedige volksvreemde lojaliteite. Dis tog waaroor die artikel gaan asteware met groot pieteit gesê: Die Afrikaner se wedergeboorte.

  2. Briljant gestel.

    Die voordeel van nabetragting is beslis ‘n “klap in die gesig” vir die wat nog vas aan die slaap is…

    Wat sal die geskiedskrywers van die toekoms met die voordeel van nabetragting van ons huidige deelname aan vryheidsinisiatiewe sê?

    Of eerder, wat sal as die redes uitgewys word vir die laksheid van die oorgrote meerderheid Afrikaners om doeners te word, vandag nog?

  3. Wynand Boshoff is in die kol met sy beskrywing van die oplossing vir die identiteitskrisis wat Afrikaners tans beleef.

    Net soos die Afrikaan tans daarna streef om die kollektiewe bewussyn te stroop van koloniale denke (decolonization of the mind), net so gaan dit ‘n aktiewe daad van Afrikaners verg om die psigiese en historiese vestrengelde identeit van “Suid Afrikaner” te moet prysgee, ter wille van selfbeskikking en vryheid.

    Die skrywer toon geniale insig ten opsigte van die onderwerp.

    Die artikel bied ook ‘n verklaring waarom die Afrikaner so fanaties wil vashou aan die SA identiteit, selfs al is dit ten koste van die voortbestaan van die volksidentiteit.

  4. Anthony Schlemmer

    Puik artikel Wynand!

    Die Nasionale party het vanaf sy bestaan, die Afrikaner in die afgrond in gedryf. Vandag bestaan hy nie meer nie. Hoera !

    Die Orania beweging is ons toekoms, met baie duidelik die enigste oplossing wat alreeds aan die gebeur is in die Orania gebied.

  5. Ja-nee kyk, nog ‘n toonaangewende stuk skryfwerk deur een van die mees gevorderde vryheidsgesinde denkers van ons tyd!

    Hierdie artikel laat my besef dat ons eenvoudig net ons identiteit en ideaal op so ‘n wyse moet verpak en uitleef dat die meerderheid Afrikaners meer aanklank daarby sal vind as by die nuwe Suid-Afrikaanse identiteit en ideaal.

    Ons kan die hoofstroom Afrikaners tans nie kwalik neem as hulle hulself Suid-Afrikaners noem terwyl ons hulle nog nie genoeg bied om hul Suid-Afrikaanse identiteit mee te vervang nie. Ons kan wel argumenteer dat ons besig is om ‘n Orania-identiteit te skep waarby Afrikaners toenemend aanklank vind.

    Hierdie identiteit het ‘n duidelike kulturele grondslag omrede dit die Afrikaanse taal en Afrikaner geskiedenis, tradisies, kunste ens. bemagtig, maar dit het ook ‘n duidelike politieke grondslag wat neerkom op selfbestuur deur eie arbeid.

    Of die Orania-identiteit eendag deur die hoofstroom Afrikaner aangeneem gaan word of nie hang net van onsself af. Elkeen van ons wat Orania van krag tot krag vat is besig om ‘n verskil te maak in hierdie verband. Orania is nie net ‘n fisiese poort tot ‘n vry Afrikaner Republiek nie, maar ook die broodnodige sielkundige poort wat Afrikaners transformeer in vry Afrikaners… die tipe mense waarsonder ‘n vry Afrikaner Republiek nie kan bestaan nie.

    Ons is op die regte pad, maar ons het nog baie werk wat vir ons wag om ‘n hele paar honderd duisend Afrikaners te oorreed om ons identiteit aan te neem.

    1. “‘n toonaangewende stuk skryfwerk” Dit staan beslis tot Wynand se krediet! Wat verblydend is, is dat skryfwerk van die gehalte onder ‘n al groter wordende groep Afrikaners byval vind.

      Ons begin gesofistikeerd raak in ons denke! Nugtere realisme neem nou die plek in van oppervlakkige emosionele bravade.

      “Ons is op die regte pad, maar ons het nog baie werk wat vir ons wag om ‘n hele paar honderd duisend Afrikaners te oorreed om ons identiteit aan te neem.” hiermee kan ek net saamstem, Quintin.

  6. Jan

    Vorster en vd Berg was veroordeelde Nazis. die AWB met sy volksvreemde Nazi simboliek was gebore uit die Ossewa Brandwag en misbruik deur Smuts en Vorster net soos wat die Boeremag ‘n projek van NIA en MI is.
    PRAAG het sopas sy Disqus kommentare totaal afgeskakel agv hierdie Nazi en Israelketters. en Antigotters. In teenstelling met die artikels op Praag was baie kommentare karakters skikwekkkend krimineel met veelvuldige name Bv Matt Heyns die vlootkaptein van Vishoek die ergste van almal is.en BertO HuruGuru die Vrymesselaar wat nou in Londonlosies wegkruip. Maar hy is ook ‘n IT tegnikus – ongelukkig ja.
    Net so moes Naspers ook hul kommentare streng modereer. En net so is Jean Oosthuizen van die NGK sopas afgdank oor sy geheul met die Baalgodsdiens van die Vrymesselaars. [Wat ook maar niks anders is as wit gotheidswaansinniges nie.] Julle weet mos van Retief die superskelm Grootmeester van Losie No 2 in PE hoedat hy sy volgelinge na hul dood mislei het? en Julle weet van die ABO -Rhodes gewapende rowers ?
    Julle ken mos die Putter karakters op Orania?

    1. Ou Jan, die dinge wat jy kwytraak klink soos ‘n gegool, ‘n insetsel uit ‘n ander dimensie se geskiedenis of ‘n vertaalde brokkie uit “Twighlight Zone” met Afrikaanse naamsveranderinge…

      Jy praat dinge van ‘n geskiedenis waarvan ek persoonlik geen kennis dra nie.

      Retief dié baas van die PE vrymesselaars…. (En hier dog ek hy was ‘n man op soek na vryheid vir sy volksgenote op ‘n vreedsame wyse wat deur Dingaan mislei en gedood is saam sy manskappe

      1. Beteken dit omrede hy vir 7 jaar ‘n plaas in daardie omgewing besit het, wat later deel van PE sou word, hy nou sommer outomaties kwalifiseer as ‘n ou wat gewilliglik homself en sy volksgenote sal laat uitmoor?

        Sal waardeer as jy meer informasie kan deurgee…

      2. Jan

        Wat ek geskryf het is ongelukkig die waarheid. Google gerus.

        Die onderwerp van Verraad is nou met ‘n fliek en boeke besig om die Volk se Rubicon oor te steek. Niks van ons sal hierna meer dieselfde wees nie [hopelik!!] Natuurlik is dit ontstellend en skokkend wat ek skryf. Maar ek waarborg u dat ons absoluut eerlik moet wees want dit is slegs die waarheid wat ons sal vry maak.
        Ek was uit my sokkies uit geskok toe ‘n baie goeie senior akademikus vir my onlangs vertel dat hy glo dat God die dolk in Tafendas se hande geplaas het …. beseffende dat saam met Bram Fischer en Mandella Tsafendas nou deur Naspers opgebou word as die 3 bevryders van RSA!! En dis wit boere- afrikaners wat so glo!!
        So dankie vir die geleentheid met die skitterende onderwerp Wynand!!

    2. Gerhard

      Jan, Berto en Matt Heyns se kommentare sowel as sommige “antigotters” se kommentare was juis van die bestes. Matt is nou n ander karakter maar n mens geniet nogal sy skrywes. Dan Roodt het dan die forum gesluit vanwee die Isrealvisie ouens soos ek dit verstaan. Om iets te “laat rol katrol” (google) beteken nie noodwendig dit is die waarheid nie. Ek stem wel saam dat daardie AWB vlag nie juis n goeie opsie was nie.

  7. Ai weet jy Jan… die artikel gaan mos oor Afrikaners wat moet terugkeer na hul Afrikaner identiteit – nie vrymesselaars, nazisme, Israel of die gestewelde kat nie.

    Praktiese voorbeelde van hoe mens ander positief kan beinvloed om hul Afrikanerskap te “herontdek” is om met mekaar te gesels oor ons heldedom en geskiedenis, mooi suiwer Afrikaans te praat, Afrikaanse boeke te lees en ander daarvan vertel, Orania te gebruik as ‘n aanknopingspunt vir gesprek rondom vryheid, eie arbeid ens.

    Eerder as om konstant oor al die negatiewe dinge te praat om die braaivleisvuur, kan mens die bogenoemde onderwerpe gebruik om ander positief te beinvloed.

    Te veel Afrikaners se verwysingsveld word vandag gedomineer deur Suid-Afrikaanse politiek en globalisme. Die enigste teenvoeter daarvoor is meer kennis oor die eie wat in meeste gevalle mense se belangstelling in hul volkskap sal prikkel.

  8. Jan

    Jammer mense as ek op loop gegaan het met die onderwerp: ..”…Ons sal ons identiteit moet herwin soos wat ons dit verloor het…”. Want dis so waar!! Maar ek vra verskoning vir my onbedagsaamheid : indien ek rowe afgekrap het. is ek jammer.

    Nogtans kan u sien hoedat Gerhard hierbo bv homself identiseer met Berto die Vrymesselaar en Matt die Kollega van Dieter Gerhardt. en die antigotters Ateiste van PRAAG

    As ‘n volk sulke karakters saam met Tsafendas begin aanbid of minstens interessant vind dan is dit laat in die dag. Dis slegte geselskap.

    Jammer maar ek ken honderde duisende christen afrikaners waaruit 90% van die volk bestaan by wie ek aanklank vind. Maar die grootste van almal is Dr Verwoerd en sy nalatenskap.

    So Quinten is dus ook absoluut korrek : laat ons eerder konsentreer op die wat mooi en goed was van die verlede en daarmee die toekoms bou..

    Besef u dus dat Afrikaner glad nie meer die lig en duisternis kan onderskei nie!!
    .

    1. Gerhard

      Neewat ou Jan jy is duidelik op die verkeerde pad. Ek identifiseer myself met alle Afrikaners. Ek gee werklik nie om wie en wat n Afrikaner is nie en waarin elkeen glo nie.Het Berto vir jou gese hy is n vryemesselaar? Indien u nog nie die memo gekry het nie: Die vryemesselaars is net soos die broederbond nie meer n faktor nie……. Daar het so n tydjie gelede n vrou n boek geskryf oor die Voortrekker monument wat deur vryemesselaars gebou is……grootste klomp nonsens ooit en as dit wel deur die messelaars gebou is gaan jy of ons dit moet afbrand? Genoeg egter hiervan ek gaan n bietjie later skryf oor die onderwerp van bespreking.

  9. Ebert

    Goeie artikel Wynand.

    Quintin, dit sal ter wille van die lesers beter wees as kommentare wat van die onderwerp af is, verwyder word, want dit doen afbreek aan die boodskap wat weggeneem moet word.

    Daar is genoeg debatsverenigings daarbuite. Hierdie is ‘n forum vir politieke mobilisasie, wat kan doen sonder die vlieë wat nou nie meer by Praag en Beeld sitplek kry nie.

  10. Jan

    Ja inderdaad Ebert kan ek glad nie my oge glo oor die kommentare nie – Dit gaan oor wat ons aangeleer het sal ons weer moet afleer. Uitstekende onderwerp – kernwaarheid.
    Maar

    Waarvan praat julle? Julle kan nie so dom wees nie….

    Ek praat van suksesvolle aangeleerde ‘Volkskap’ wat tot met Verwoerd se Moord [ deur Nazis] voorspoedig gegroei het. en daarna vervang is deur volkome rampspoedige ‘Rassisme’ met wit meerderwaardigheid as ‘oorlewingstegniek’. Dis wat afgeleer moet word en Volkskap moet weer omarm en aangeleer word met alle mag!!

    Volkskap is moreel verdedigbaar maar Rassisme glad nie – inteendeel is dit ‘n misdaad teen die mensdom verklaar. Maar NIE Volke nie.

    Dis die nalatenskap van Dr Verwperd en dis waarvoor Orania staan. En ek kry 8 af duimpies as ek dit bepleit op Vry Afrikaner!! Kan wittes so *** simpel wees?

    Nou is Oase steeds besig met rassisme en Praag kommentare ooK tot die uiterste en tot die einde en Gerhard oa skryf hier openlik dat hy die ou liberale multikulti Tsafendas Tsunamie voorstaan en hy kry groot steun. . Want vir 40 jaar vertel hierdie Boere Afrikaner Tsafendasse ons dat Volkskap nie haaalbaar is nie omdat die Bokryers en die Broederbond dit so besluit het.. Vieniesh en klaar! Hmm?

    Maar intussen het Dan Roodt se blinddoek van sy oge afgeval met sy laaste artikel oor BRICS synde ‘n wonderlike geleentheid vir ons Afrikaners. Nog ‘n PRAAG artikel oor die korrelbedreaktor wat met Afrikanerkundigheid sopas in China in bedryf gestel is.en die bemarking van ons Volk eerder by die goedgesinde Russe en Braziliers en Chinese en Indiers nie? . En te Hel met die vervloekte Ingelse Vrymesselaars.!!
    Vraag ontstaan hoekom daar nie ‘n Orania stalletjie by die BRICS beraad was nie en die Weskusontwikkelling aanbied vir die super veilige korrelbedkernkragreaktors nie?

    Want dis nou waaragtag iets wat net die Afrikaners verstaan want ons het dit gebou.!!
    .

    1. Gerhard

      Jan, waar jy aan hierdie nonsens kom dat ek Tsafendas openlik steun sal net jy weet! Ek wil jou logika verstaan maar wragtig miskien het jy meer in gemeen met Tsafendas as ek…… Tsafendas was mos in n instelling vir sielsiekes…… Ek vra weer waar kry jy die inligting rakende Berto wat n vryemesselaar is en ek wat Tsafendas “steun”?

  11. Gerhard

    Dankie Wynand ons kan n paar dinge leer van Herzog, Malan, Strijdom en Verwoerd en dit toepas as deel van n moderne stryd om selfbeskikking. Daar is egter iets wat my bekommer: Afrikaners se getalle groei nie vinnig genoeg nie en dit was natuurlik een van die redes hoekom ons, ons vryheid verloor het. Na 94 het die tedens voortgeduur en ons is tans op 5.3% van die bevolking. Indien hierdie tendens gaan voortduur gaan dit moeiliker word om n Volkstaat te skep. Lesotho en Swaziland is nou wel “volkstate” maar die Britte het hulle hul vryheid gegee. Swaziland en Lesotho se bevolkings is klein en die Sothos en Swazi’s het oorspronklik daar gewoon. Daar is nie juis gebiede waar ons in die meerderheid was nie.Ons gaan dus n opdraende stryd voer. Die kleine Tibet sukkel ook maar teen die grote China. Die Afrikaners in Strijdom et al se era kon verkiesings wen omdat hulle getalle vinniger as die Engelssprekendes gegroei het. Hierdie groter getalle het dus die Afrikaner lewensruimte gebied. Ons sal nie gou weer verkiesings wen nie maar ons het nog steeds lewensruimte nodig. Sal ons nog steeds n kans he wanneer ons 1% van die bevolking is. Voordat ons werklik aan uitdaging van die nuwe SA dink moet ons eers die volgende probleem oplos: Hoe kan ons bevolkingsaanwas aanwakker sonder om welvaard in te boet? Die afrikaner se kultuur moet dus ook ander gemeenskappe soos bv. die Engelse en ander groepe oorkant die see in ons gemeenskap inneem. Wanneer ons die huidige status quo omkeer dan kan die stryd werklik begin. Ons moet dus n kultuur skep wat ander na ons toe aantrek.

    1. Dante Strauch

      Gerhard ek dink nie ons moet die getalle spel speel nie want ons sal nie wen nie! Ons moet leer om nie in terme van Suid-Afrika te dink nie. Maak nie saak wat Afrikaners as persentasie van SA is nie, ons wil in elkgeval nie deel wees van SA nie. Wat wel belangrik is is dat ons n meerderheid is in n gebied, hoe klein ookal. Net soos wat Mosambiek se bevolking ons nie skeel nie, net so moet ons eerder op onsself fokus en SA los om te maak wat hy wil, hy skep net vir homself probleme!

      1. Gerhard

        Ek verstaan jou punt Dante maar dit gaan nie soseer oor die getalle teenoor die RSA nie. Die feit bly staan dat indien ons getalle stagneer dan gaan ons sukkel om n volkstaat te kry. Die Palestyne is besig om vinniger te groei as die Isreali’s en dit is een van die redes hoekom hul toenemende lewensruimte kry en Isreal kan uitdaag met o.a die hulp van die VN. Gaan doen bietjie navorsing m.b.t die Britse Ryk. Die Industriele revolusie het n groot rol gespeel om kapitaal te skep. Daar het natuurlik n bevolkingsontploffing plaasgevind wat die Ryk instaat gestel het om sy mense na lande soos Kanada, Suid-Afrika en Amerika te neem wat die moederland bevoordeel het. In daardie jare het die Britse bevolking vinniger gegroei as die hele Afrika-bevolking o.a weens beter gesondheidsdienste maar tog was die Britte meer welvarend en ryker as die hele Afrika alhoewel hul ook lekker geplunder het. Die feit bly dat daar dikwels n korrelasie is tussen groter getalle en die afdwing van state. Ons is natuurlik ver agter die Palestyne wat betref vryheid. In Tjetsnia (jammer vir die spelling) sukkel die bevolking wat maar 1% van die Federasie verteenwoordig tevergeefs om vryheid te verkry ten spyte bloedige oorloe

      2. Gerhard

        Indien Afrikaner getalle in SA nie groei nie en selfs afneem dan is daar ook in die teorie en praktyk minder mense wat Orania toe sal gaan wat beteken dat ons langer sal wag vir vryheid. Ek sien dit so: ons stryd is in Orania en die groter geheel van SA asook internasionaal. Gedurende die Boere oorlog was dit meestal die Transvalers Vrystaters tesame met die Kaapse/Natalse rebelle aan die grensgebiede wat geveg het teen die Britse Ryk. Die meeste ander Afrikaners wou nie veg nie of was lojaliste van die “Queen”. Selfs Dr. Malan was te “besig” om aan die oorlog deel te neem en het eerder geswot op Stellenbosch. Tog het hy later n groot leier geword van die Republikeinse Afrikaners terwyl Smuts wat n groot generaal was in die oorlog groter samewerking met Britanje voorgestaan het . Die Nasionale Party het gepoog om alle Afrikaners van Messina tot Kaap Agulhas saam te snoer en hy het grootliks daarin geslaag. Die punt wat ek maak is, is dat indien ons leiers die status quo behou het waar die Transvaalse- en Vrystaatse volk asook die Kaapse Afrikaners apart n stryd voer dan sou ons nog slegter daaraan toe gewees het. Die Nasionale Party het dus die Boere spesie van die binneland en ander Afrikaners regoor die land verenig. Die Afrikaner het dus sterker geword deur inkorporering eerder as uitsluiting. Netso kan Orania nie sonder die Afrikaner in Suid-Afrika of die oorsee n volkstaat verkry nie. Ons is almal in die ding.

      3. Gerhard

        Die feit dat swartmense se getalle vinniger as Afrikaners gegroei het was ook een van die redes waarom die Afrikaners sy vryheid verloor het……

      4. Ons moenie mik om bloot ‘n meerderheid te wees nie! Ons moet mik om dié enigste bewoners van ‘n gebied te wees!

        Dit kom op aanvaarding van ‘n kleiner gebied neer maar waar ons eie sake die prioriteit is! ‘n Gebied waar daar nie kompromieë, om ander se onthalwe of stem, aangegaan hoef te word nie.

        Die akkommodering van andere terwille van ‘beheer’ oor ‘n groter gebied is ‘n vals argument. Jy het net soveel ruimte nodig vir gebruik en so ietsie ekstra vir ‘n moontlike aanwas in getalle.

        Enigeen wat meer as dit soek, het imperialistiese neigings!

      5. Dante Strauch

        Oom Ben slaan die spyker op die kop! Kwaliteit eerder as kwantiteit. Gerhard jy maak geldige punte maar ek dink nie ons kan dit so toepas nie. Brittanje in die 1800s was die grootste hool op aarde met pes en hongersnood en vuilheid, oa agv die bevolkings ontploffing… Amper soos wat SA tans word! Daar is omtrent 10 swartes vir elke blanke in SA, as elke swart vrou net 3 kinders het dan moet elke blanke vrou 30 kinders he om gelyke aanwas te bewerkstellig.

  12. Jan

    BertO HuruGuru het self dit op PRAAG geskryf teenoor Riempies. Uiters walglike persoonlike aanvalle gewees wat ek seker is nie die goedkeuring van sy Losiemeester sal wegdra nie. Hy opereer nou vanuit Londonse losie en 50 ander.soos hy skryf..Hy spog daarmee dat hulle die bron van rassisme is slegs vir WIT MANS.
    Ek is ‘n groot kenner van die vrymessellary onder ons volkie. Van goew d Mist af en die uiters skelm korrupte Piet Retief tot met die Gay Vrymesselaars Rhodes, Jameson Milner en Kitchener ens gewapende rowers. Op Orania is van die grootste kenners op die gebied.

    Die GrootTrek was ‘n rampspoedige Vrymesselaars projek [onder sensuur van die Kaapse Kerk tot vandag toe]. — maaaaar toe gebeur die bekering tot die Drie-Enige God van die Bybel deur Sarel Cilliers. en stig eventueel die twee Boere kerke en 3 seningkerke vir vrygelate slawe. 1850- 1860.

    Uiteindelik het die Vrymesselaars Verwoerd vermoor. .Pratt was ‘n bokryer.. En die Nazis aan bewind gestel. Oom Jaap Marais sal jou alles kan vertel. Maar u kan Midnight Call ministries naslaan oor die VSA se vrymesselaars ,maar veral Dan Brown se meesterwerk; ‘The Lost Simbol’ Die bitterste van alles is die feit dat die volkie wat met die Groot Trek ontstaan het gered is deur die Christendom van uitwissing. Maar 60 jaar later het Piet Retief se broieders bokryers alles verwoes wat ontstaan het – gewone gewapende rowers.

    En dis waaroor die Voortrekkermonument getuig!!

    Vrymesselary is niks anders as Isebel se vervloekte Baalkerk / godsdiens. – daaroor kan jy maar gaan Google.

    So daarom sê ek ook soos Wynand dat ons sal moet afleer wat ons aangeleer het en weer ‘n Volk bou in Orania. Al die ander afrikaner moordenaars van Verwoerd se nalatenskap kan in vrede in hul eie gate vlooie vang. [burroughs]

    1. Naas van Rooyen

      Jan, jy moet bietjie gaan ‘Google’ oor ‘aliens’. Ek is seker jy gaan dit alles glo. Jy kan regtig nie alles glo wat jy op die internet lees nie!

  13. Jan

    So owergesegd synde:

    Ons het net twee keuses vir selfbeskikking as minderheidsgroep / volk in die toekoms: OF as Volk OF as Ras. of u daarvan hou of nie daarvan hou nie.

    Maar Rassisme is totaal uit en ‘ ‘n misdaad teen die mensdom’ en dus het ons GEEN keuse nie. Ons moet eenvoudig as VOLK oorleef. PRAAG se kommentare is sopas afgeskakel agv al die absene rassistiese kakkafonia van Nazis en Israelketters en Bokryers.

    ‘Rassiste’ is die mal wittes wat Verwoerd se nalatenskap vermoor en die Volk het net een Volksleier naamlik Verwoerd.

    Dis die twee strome van die afgelope 40 jaar in die Afrikaner se wereldbeskouing.

    My argument is dat ons moet kan onderskei tussen edelmoedige christen selfrespek / trots en vervloekte Fariseers en Skrifgeleerde Israel Kettery [Matt 23 het Jesus hulle uitsonderlik vervloek veel erger as vir die Gammate.]

    En dis wat dr Verwoerd en dr Malan en Adv Strydom en Genl Hertzog ‘n voorbeelde was. En die sukses wat hulle lewensstrewe gelaat was vir alle volke asemrowende voorspoed en veiligheid – tot en met Mal Tsafendas en Bokryer Pratt die agente van die Satan self.

    Die VVK se Volksowerheid / Volksoewereiniteit PLUS Orania as grondgebied is die pad vir ons Volkie se toekoms.

    Veelvolkige selfbesikking is na 40 jaar nie meer die probleem nie maar net ‘n formaliteit.

  14. Gerhard

    Ben dankie vir jou antwoord maar dan was Verwoerd et at by implikasie imperialiste! Ek is bietjie besig nou maar ek sal jou presies hierdie naweek verduidelik waarom morele imperialisme glad nie so sleg is/was nie. Groete

    1. Gerhard, sê eerder die NP was die erfgename van ‘n imperialistiese opset. In so ‘n situasie, veral nie in ‘n demokrasie nie, raak jy nie so maklik van jou ‘ongewenste’ erfgoed ontslae nie!

      As daar toe van ‘n kleiner maar funksionele Afrikaner-hartland gepraat sou word, sou dit die einde van die NP beteken het. Selfs nou nog sluk baie van ons swaar aan ‘n kleiner gebied.

      Imperialisme, van watter aard ookal, kan net voordelig wees as dit wat jy aan te bied het volkome en volledig waar is! Ongelukkig kan niemand op so ‘n volledige oplossing aanspraak maak nie, daar is te veel foute in ons bedrading!

      Wat wel waar is, is dat ‘n buitemag se ingryping soms nodig is om ‘n gestagneerde samelewing uit hul stagnasie te kry.

      As voorbeeld: Die Engelse, tenspyte van hul vieslikhede soos die opium-oorlog, was net die regte medisyne vir die Chinese. Sonder die moddereilanders se parmantigheid sou China seker nou nog voete ingebind het!

      Steurnisse maak verstopte kanale soms oop.

  15. Naas van Rooyen

    ‘n Uitstekende artikel, Wynand. Net ‘n opmerking oor hierdie: ‘Toe die NP in 1924 aan bewind gekom en ….’ Is dit korrek? Ek het gedink die NP het in 1948, na die 2e Wereld oorlog aan bewind gekom.

    1. Wynand

      Hallo Naas, baie dankie. Die NP het in 1924 saam met die Arbeiders Party aan bewind gekom as die sogenaamde Pakt-regering. Generaal Hertzog was toe eerste minister en sy leuse was “Suid-Afrika Eerste”. Hy was vir geweldige ekonomiese belegging, veral infrastruktuur, verantwoordelik. Hy wou Suid-Afrika in alle opsigte onafhanklik van Brittanje maak. Hy het ook die Balfour-verklaring en Statuut van Weestminster afgedwing waarin die onafhanklikheid van Suid-Afrika, Kanada en Australië van Engeland erken is. Die lande sou voortaan bloot deur ‘n gemeenskaplike monarg en deelname aan die Statebond verbind wees.

      In 1929 het die Amerikaanse ekonomiese ineenstorting na Suid-Afrika oorgespoel en die droogte van 1933 het ‘n landswye krisis geskep. Onder die omstandighede het Hertzog en die grootste deel van die NP met Smuts se SAP koalisie gevorm en daarna saamgesmelt. Republikeinse NP’s wou nie daaraan deelneem nie en het die party voortgesit. Dit is hierdie party wat in 1948 aan bewind gekom het.

      1. Jan

        Dankie Wynand!! Die Balfour Verklaring het mos ook Israel as toekomstige tuisland vir die Jode identifiseer ? Die ding wat ons met Orania ook moet regkry nie waar nie?

  16. Wynand

    Hallo Naas, dieselfde Balfour maar nie dieselfde verklaring nie. Lord Balfour was Britse minister van kolonies. Tydens WO I het hy in geheime verklarings vir Jode en Palestyne beloof dat hulle ‘n onafhanklike staat in Palestina kon kry as hulle net teen die Turke (bondgenote van Duitsland wat toe oor die gebied geheers het) sou veg. Na die oorlog het albei groepe gewag dat hulle belofte bewaarheid word, wat Balfour natuurlik in ‘n tameletjie laat braai het. Die Jode, met ‘n flair vir retoriek, het op hulle belofte voortgebou asof dit ‘n ondubbelsinnige en onkeerbare verloop van sake uitgestippel het.

    Hertzog se Balfour-verklaring was eers in 1928 (ongeveer) toe hy verklaar het dat die “dominiums” (SA, Australië, Kanada en Nieu-Seeland se status gelyk met Engeland onder een gemeenskaplike kroon was. Hertzog het dit aangegryp, maar ook aangedring dat dit ‘n Britse wet moes word, anders kon ‘n volgende regering die verklaring bloot kanselleer. Toe volg die Statuut van Westminster. Hertzog het dit in SA opgevolg met die Statuswette, sodat ‘n volgende, Britsgesinde regering in Suid-Afrika ons onafhanklikheid nie weer eensydig kon kanselleer nie.

    Op grond hiervan het Hertzog geglo dat ‘n Britse oorlogsverklaring teen Duitsland niks met ons uit te waai gehad het nie. Die res van die Engelssprekende wêreld het verskil. Belangriker nog, die meerderheid in die Suid-Afrikaanse parlement ook. Daarom het ons dadelik aan WO II deelgeneem, Hertzog moes bedank en Smuts het weer eerste minister geword.

    Wat die volkstaat betref, het ons reeds ons “Balfour-verklaring” gekry, maar dit nie besef nie, omdat ons iets groter wou hê. Valli Moosa het in 1997 gesê dat die strewe van die Vryheidsfront en ander Afrikaners om ‘n tuiste tussen die Oranjerivier en die Weskus te vestig, ‘n “legitimate pursuit” is. Dit is meer as wat die Jode van Balfour gekry het, want dit was openlik. Ongelukkig het Afrikaners self nie juis die kans aangegryp nie. Soos in 1997 is Orania in 2013 die enigste hoë profiel deel van die “pursuit”. Tog, die verklaring staan en kan nog altyd aangegryp word.

    1. Naas van Rooyen

      Dankie Wynand. Ek wil darm net aan Jan krediet gee. Dis hy wat Balfour genoem het. Julle kennis verstom my! As ek praat is dit maar net uit my eie lewens ervaring en so bietjie verder terug.

  17. Andre de Kock

    Baie interressante antwoord Wynand. Jy verwys na die Valli moosa verklaring en dat dit nooit aangegryp is nie. Ek wil graag weet: Hoekom nie/ Daar was mos al in 1997 ‘n Orania beweging en ‘n Vryheidsfront en soveel ander wat op hul borste slaan as ons vra-Wie praat namens die Afrikaner?
    As praat nie sou help nie-ek antisipeer nie jou antwoord nie-wat is die volgende stap-en weereens-Wie gaan dit doen?

    1. Ek sou sê die volgende stap is besetting van die gebied soos wat reeds in Orania, alhoewel baie stadig, gebeur.

      Sonder ‘n meerderheidsbesetting in die gebied kan ons geen internasionaal erkende aansprake maak nie.

      Die onus rus by elke Afrikaner wat werklik vry wil wees, of ten minste wil verseker dat sy/haar nageslag vry sal wees, om te help bou binne sy vermoë.

      Nie almal kan, vir watter rede ookal, Orania of omliggende gebiede toe trek nie, maar almal kan ten minste lidmaatskap van die Orania Beweging opneem of belê in eiendom of besighede…

      1. Andre de Kock

        Rudolf-ek dink jy is -maar is besetting so belangrik? Waarom nie die beginsel gevestig kry nie? Die Jode het israel gekry voordat hulle die meerderheid was. In Suid Afrika is dit nodig om die beginsel te vestig:
        As daar ‘n gebied sou wees waar die Afrikaner die meerderheid is-dan sal die vestiging van ‘n Volkstaat moontlik wees.
        met ander woorde: Kry bevestiging dat afstigting van die Republiek van Suid-Afrika toegelaat sou word indien aan sekere voorwaardes voldoen kan word.
        Op die oomblik bou ons ‘n gebied en wonder of dit ooit erken sal word.

      2. Andre, bevestiging van territoriale selfbeskikking is sedert 1996 in die grondwet. Orania geniet reeds erkenning, plaaslik asook in die buiteland.

        Ongelukkig kan ons nie verwag dat ons ooit ‘n kits-skikking soos bv. Tsjeggoslowakye gaan kry nie. In die Afrikaner se geval moet volkseie arbeid eers in ‘n gebied gevestig word sodat daar ‘n ekonomie van skaal gebou kan word en stelselmatig afgestig kan word.

        Die Afrikanervolk is nog nie naastenby gereed of in staat om vry te wees nie. Sit vandag 100 000 Afrikaners (wat jy self kan kies as jy wil) in ‘n gebied, more bring daai einste Afrikaners 500 000 volksvreemdes in om die arbeid te verrig. Oormore stem almal en dan wen die ANC weer – sommer met ‘n 5/6de meerderheid.

        Daar is gelukkig net EEN manier en dis ORANIA se manier.

      3. Andre de Kock

        Skitterende antwoord Quintin! Miskien moet daardie resolusie van die grondwet bietjie advertensie kry. Dit behoort oral onder almal se neuse gevryf te word. Waar kan ek dit te siene kry?

  18. jan

    Ja waaragtag Andre dis van die kosbaarste inligting wat ek laaaanklaas van gehoor het.
    Die boodskap is dat ons van die fondament af ‘n gemenbes van RSA volkies begin bou.
    “n Statebond van RSA soos Hertzog se beleid – van voor af en van onder af by die fondamente.

    Die kleinste staat in die wêreld is glo so groot soos twee tennisbane naas die Vatikaan. Ek sien ook in my oordrewe optimisme ‘n Afrikaner Boerevolk oor die wêreld versprei, Met Kuber burgerregte [Uitwoners] en beleggings in Orania soos kinders op skool / universiteite tersiere opleiding en in die ontwikkelingsbank[e] Museums en argiewe en kunsskatte ens ens.
    Die I-tegnologie maak dit alles nou moontlik. Ook die Orania globale knapkaart en ID…

    Alles het nou met tegnologie verander en Orania se boodskap van hoop en bevryding het dmv tegnologie uit isolasie ontsnap. Saam met die normalisering van sport sal ons ons vryheid herwin soos wat ons dit verloor het.

  19. charmaine

    Jan jy is besig om goed kwyt te raak waarvan jy dink jy het kennis maar eintlik geen kennis het nie. Pasop wat jy se en dink weer voor jy dinge kwyt raak waarvan jy nie kennis dra nie. Daar is goed wat jy kwytgeraak het wat meeste mense dink hulle weet van en wat al vir jare gemiintripiteer word omdat daar mense is wat nie nie deel was tot daai organisasie nie omrede hul nie in god glo nie en omrede hul dade en optrede en hulle allerdaagse bestaan grens aan baal en hulle onderdane van satan is. dis dan wanneer hul allerhande goed loop en kwytraak. doen weer jou navorsing, onthou net om terugtegaan tot in die bybelsetyd. dan sal jy die ware antwoorde kry. kan ek jou ‘n voorbeeld gee….salomo se tempel vir een. ek gaan jou nie weer entertein nie en hoop jy gaan jou lasterlikheid teenoor retief stop. hoe moes hy weet wat gaan gebeur. ons moes mos nou vandag setyd al uit ons voorvaders wat goeie bedoelings gehad het se foute geleer het. dis mense soos jy wat dink jy weet als maar eintlik onkundig is, wat ons volk uitmekaar skeer. dalk werk jyself nog vir NI. FW de Klerk sit agter verwoerd se dood. so ook die smit moorde. so ook sy vrou se moord sy het teveel geweet en gedreig om te praat en hy moes van ha ontslae raak. da is jou antwoord. wa ek die inligting kry is nie tersprake nie. wat orania betref…hulle doen goed hulle bou op en ons het nog sulke plekke nodig op verskeie plekke in die land. ons kan onself nie konsentreer op een plek en sodoende ‘n maklike teiken vir die vyand wees nie…maar groot groepe bymekaar regoor die land is die idiaal. graag wil ek die volgende aanhaal. ‘n Iedere nasie het sy land! ;n Iedere nasie het sy taal! Want al die nasies het EEN GOD. Hy reel ieder volk se lot; Hy het vir ieder volk sy taal, sy land, sy reg, sy tyd bepaal. Wie dit verag sal sy straf dra. O GOD, beskerm SUID-AFRIKA!

  20. jan

    Charmaine ek belaster niemand nie want dis die waarheid dat Retief die Grootmeester van Losie no 2 in PE was. Hy’t soveel skuld gehad dat selfs sy losie en mede vrymesselaars hom probeer vervolg het. Hyt meer geskuld as die Goewernneur se jaarlikse inkomste. Hyt NOOIT enige skuld betaal nie en toe getrek / gevlug. Die Kaapse Kerk het tot vandag toe sensuur oor die volgelinge van Retief. Opperste skurk was hy wat sy mense en homself laat uitmoor het.
    Grootste ramp wat gelei het tot die bekering van die Voortrekkers met Geloftedag
    Die bekering van die Voortrekkers is absoluut wonderlik..

    Dis waaroor daar een moederse groot monument in Pretoria getuig.
    Of jy daarvan hou of nie – dis die waarheid.

    Net so is dit waar dat die aanvoerders van die ABO volksmoord en verskroeide aarde gay Vrymesselaars was. Toe erf ons apartheid van hulle af met die Blanke Rasstaat en swart volkstate van 1913.

    Maar jou slot is 100% korrek.

    1. charmaine

      van die skuld het ek nie geweet nie. ma jy weet alle vrymesselaars is nie dieselfde nie. daar is die wat hulle skuldig maak aan die soort dinge en gedrag maar hulle staan vir liefdadigheid, jy mag nie aan hulle behoort as jy nie in die drie enige god glo nie. hulle hou cnsa in witrivier byvoorbeeld om ma een te noem aan die gang. ek weet van hoeveel armlastiges hulle al op die pad gesit het met huise kos, betaal het vir universiteiet en dan praat ek van wit regse afrikaners nie liberale en swartes nie hule is ook nie rerig welkom in ‘n losie nie. die mense wat ek ken is oop eerlike en goedhartige mense. da is ook die ongures wat ek ken onder hulle maar wat vinnig uitgeskop word of sommer vanself geepad as dinge vi hulle te warm begin raak. glo my as ek jou die dinge se want dit is die waarheid. ek hoop net nie ek is afstammeling van retief nie want dit lyk nie so nie. ek is famieleie van oud president strydom, my oorle oupa grootjie se neef en sir graafdevilliers oorle oupa ma se pa se neef. en gnl smuts.

  21. Andre de Kock

    Charmaine,
    Jy het hierdie debat morsdood gemaak. Ek weet nie hoe oud jy is nie maar as jy enige dag jonger is as 80 sal ek verbaas wees. Ek het in my lewe nog nie sulke swak argumente en taalgebruik gesien nie. Jy moet bietjie met ander mense gesels. As niemand met jou saamstem nie is die kans goed dat jy heeltemal verkeerd is en moet oorleer of stilbly. Die tweede een is makliker.
    Vir die oorleer stel ek voor: Geskiedenis in Woord en Beeld-Handboek vir St 3 leerlinge.

  22. En al die drome klink goed. Graag sal ek my in Orania of die omgewing wil vestig. Sou dit nie wonderlik wees om tussen “my mense” te kon leef nie; skoon en ordelik! Ek wil net graag weet – ons blankes is ‘n klompie miljoen… baie van ons is reeds werkloos en verarm – hoe gaan ons kan deel wees van Orania? Al is ek so sterk soos ‘n os; al het ek hordes energie en die wil om te help bou aan hierdie “nuwe” land van ons het ek nie die finansies nie – en ek praat namens baie ander blankes in dieselfde situasie. Hoe lank gaan dit neem om werk te skep en ‘n inkomste te genereer in die Orania-omgewing? Of is Orania net vir die rykes en uitverkorenes?

    1. Naas

      Liewe Gypseysa, net so bietjie agtergrond oor myself: Ek en my gesin (vrou en 2 kinders) is in 2001 uit SA uit, na ‘n jaar terug en weer in 2003 uit. Ons het in die UK voor begin nadat ek in SA vir 20 jaar skoolgehou het. Ons is nou eers finansieel onafhanklik en hoef nie meer elke pennie om te draai nie. Alhoewel ek dankbaar is vir alles en hoe God vir ons gesorg het, dink ek nie ons sou uit SA gegaan het as ek toe meer van Orania geweet het nie. Ek sal eerder in Orania werkloos wees as iewers in Pretoria of elders in SA. Daar sal mens ten minste veilig wees en ek is heel seker, nie vir lank werkloos nie. Ek kan jou verseker dit gaan jou nie lank vat om jou voette daar te vind nie. Soos dit my klink is dit presies ouens soos jy wat daar nodig is. Vir ons is dit te laat en daarom ondersteun ek Orania finansieel soos ek kan maar ouens soos jy kan gaan en fisies ‘n verskil maak. Ek kan jou verseker die mense in Orania wat ‘ryk’ voorkom het ‘n klompie jare terug daarheen gegaan en hard gaan werk.

      1. Naas, jy tref die kol. In Orania is daar baie werk vir mense wat wil werk. Die kans is wel groot dat as ‘n ou net hier gaan opdaag (voordat hy navorsing gedoen het en gereel het om vir ‘n proeftydperk vir iemand te werk) dat hy heel onder gaan moet begin en slote grawe of bakstene pak of strate vee. Dis hoe dit werk orals in die wereld, en Orania is beslis geen uitsondering nie. Na skool het ek in Engeland gaan werk en ek moes skottelgoed was en tafels bedien by ‘n groot hotel – my wit vel het niks daar beteken nie en as ek ‘n probleem daarmee gehad het dan sou ek nie ‘n dag gehou het nie.

        Net terloops, ‘n vinnige staaltjie om Orania in persepktief te plaas… ek is ‘n sakeman – besit 4 besighede op die dorp en nog ‘n hele paar suksesvolle aanlyn besighede. Ek is ook die bestuurder van die rugbyklub. Ons het gisteraand ons jaareindfunksie baie suksesvol in die gemeenskapsaal gehou. Vanoggend het ‘n span van ons gaan opruim. Nadat ons alles skoongemaak het, het ek gou die sleutels vir die kantoor gevat sodat ek die deposito (wat ek betaal het) kan terugkry. Daar aangekom vind ek uit ons moes die saal, badkamers en kombuis se vloere gemop het (met die bak en mop wat verskaf word) en ek sal eers die deposito kan terugkry as dit gedoen is. Goed, ek het bietjie gekook in my binneste, veral toe ek besef dat almal anders reeds gaan werk het en dat ek dit alleen sal moet doen. Eerder as om my speelgoed uit die kot uit te gooi of om iemand te gaan soek wat ek kan betaal om dit vir my te doen, vat ek die mop en gaan mop ek die hele plek silwerskoon, man alleen, in minder as 20 minute.

        Ek kon dit 12 jaar terug in Engeland se hotelle doen en ek kan dit vandag nog doen, al kan ek nie naastenby die inkomste wat ek nou verdien vergelyk met £3.70 per uur minimum salaris wat ek toe verdien het nie. So, mense moenie snert soos Orania is vir “rykes” wat “armes” misbruik; of in Orania moet witmense soos “k****rs” werk in my teenwoordigheid noem nie, want net mense wat te sleg is om te werk sal sulke twak kwyt raak en daai soort het nog nooit en sal ook nooit hier by ons inpas nie!!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s