Emigrante kan volksvryheid seël

Na bewering het byna ’n miljoen Suid-Afrikaanse blankes sedert 1994 geëmigreer. Die omstandighede wat daartoe lei dat blankes Suid-Afrika verlaat is welbekend. Almal het vriende of familie oorsee en al stem ons nie altyd saam met hul keuse nie, verstaan ons waarom hulle pad gevat het.

Volgens die 2011 sensus in Engeland is daar ongeveer 191 000 gebore Suid-Afrikane wat permanent in dié land woon. Hierdie syfer sluit egter nie Suid-Afrikane in Skotland, Wallis en Noord-Ierland in nie en dui ook nie aan hoeveel Suid-Afrikaanse burgers tydelik in Brittanje vertoef nie. Na bewering staan die totale Suid-Afrikaanse bevolking in Brittanje tans op ongeveer 250 000, waarvan die oorgrote meerderheid natuurlik blankes is.

Australië is die tuiste van ’n verdere 160 000 gebore Suid-Afrikaanse burgers, terwyl Amerika (80 000), Nieu-Seeland (42 000) en Kanada (40 000) ook bekende tuistes vir blanke Suid-Afrikane is.

Dit is onmoontlik om presies te bepaal hoeveel Afrikaners onder al dié Suid-Afrikaanse emigrante tel. Die meeste bronne dui aan dat daar vandag soveel as ’n halfmiljoen Afrikaners oorsee woon.

Daar is Afrikaanse kerke, klubs en ander organisasies in meeste lande waar Afrikanergemeenskappe voorkom. Duidelik poog ’n beduidende groep Afrikaners in die buiteland om hul taal en kultuur lewendig te hou.

Wanneer bekende Afrikaanse musikante oorsee toer, word die sale vol gepak deur Afrikaners wat weer ‘n gevoel van solidariteit kry as hulle saam met honderde van hul volksgenote sing, lag en kuier. Die Internet maak dit moontlik vir Afrikaners in die buiteland om op hoogte van gebeure in Afrika te bly. Baie emigrante-Afrikaners neem daagliks deel aan Afrikaanse gespreksgroepe op die Internet en dit is opvallend hoeveel belangstelling hulle toon in onderwerpe soos Orania en die volkstaat. Emigrante-Afrikaners mag dalk Suid-Afrika afgeskryf het, maar hulle het nie die Afrikanervolk afgeskryf nie.

Ongelukkig sal die Afrikaner-vlam in die buiteland waarskynlik net so vinnig uitbrand as wat hy ontstaan het. Eerste generasie emigrante klou gewoonlik vas aan hul oorspronklike identiteit want hulle beskou dit as kosbaar. Vir hul kinders is pappa en mamma se volkskap gewis van minder belang. Teen die derde geslag is oupa en ouma se oorspronklike identiteit reeds so onprakties vir die kleinkinders dat dit in bykans alle gevalle verlore gaan.

Dieselfde het gebeur met bv. ons eie Nederlandse, Duitse en Franse voorvaders wie se nageslag vandag Afrikaners is. Daar is bitter min Afrikaners met Franse, Duitse of Nederlandse vanne wat vandag ’n gesprek kan voer in hierdie tale en hoegenaamd identifiseer met hul stamvaders se kulture.

Aangesien die eerste generasie emigrante-Afrikaners in baie gevalle nog sterk bande met hul identiteit, familie en vriende in Afrika het,  is dit juis noodsaaklik dat daar brûe gebou word tussen ons vryheidsgesinde Afrikaners en hulle.

In die eerste plek is dit uiters belangrik dat soveel as moontlik emigrante-Afrikaners blootgestel word aan die Afrikanervryheidsideaal. Hierdie strewe het sonder twyfel momentum opgetel sedert 1994. ’n Afrikaner wat ter wille van westerse norme besluit het om eerder oorsee te bly is meer geneig om te verstaan wat ons in Orania bewerkstellig, as wat baie Afrikaners in Suid-Afrika tans die konsep snap.

Nie net wat ons bewerkstellig nie, maar ook hóé ons dit bewerkstellig.

Orania se selfstandigheid word gewaarborg deur die uitsluitlike gebruik van ons eie Afrikaner arbeid. Afrikaners in Perth en Orania lewe derduisende kilometers van mekaar af maar beide groepe sal vir jou kan vertel dat hulle heel goed regkom sonder swart arbeid, terwyl die gedagte om nie ’n “ousie” te hê nie vir die meeste Afrikaners in Hopetown (slegs 40km van Orania af) byna genoeg is om van flou te val.

In die tweede plek moet bewusmaking opgevolg word deur beleggingskanale te skep sodat emigrante-Afrikaners in eiendom en ontwikkelingsprojekte in Orania kan belê. Met ’n uiters gunstige wisselkoers en betreklik lae inlegkapitaal, kan Afrikaners in Brittanje, Australië, Amerika ens. oor die volgende tien tot twintig jaar ’n ongelooflike bydrae lewer tot ekonomiese ontwikkeling in Orania en ander toekomstige volkstaatgroeipunte.

In praktyk het ons reeds gesien dat Afrikaners in die buiteland derduisende rande belê in die nuwe winkelsentrum wat ons tans in Orania oprig. Ja, hulle belê in Die Ou Karooplaas Winkelsentrum omdat hulle glo in die saak, maar hulle verryk ook hulself daardeur omdat hulle ’n belastingvry opbrengs op hul belegging verdien.

Eerder as om vir aalmoese te wag, gaan ons daadwerklik uit om ’n Eerstewêreld netwerk te vestig wat wedersyds voordelige beleggingsgeleenthede aan Afrikaners in die buiteland bemark.

Ten einde hierdie doel te bereik is ons reeds besig om ’n emigrante-Afrikaner webwerf te ontwikkel, ’n fonds te stig en beleggingskanale te skep sodat Afrikaner dollars, euros en ponde omskep kan word in nuwe boustene van ons vry Afrikaner Republiek.

34 thoughts on “Emigrante kan volksvryheid seël

  1. Anthony Schlemmer

    Dankie Quintin vir hierdie puik positiewe artikel.

    Lekker om vanoggend op te staan, en my Vry Afrikaner artikel saam met ‘n koppie boeretroos te kan sit en lees!.

    Inderdaad, Afrikaners in die buiteland mag nie verlore vir ons volk wees nie. Dus die meer gegoede Afrikaners wat suksesvol kan emmigreer. Ons het hulle brood nodig.

  2. tulpenvaas

    “Ten einde hierdie doel te bereik is ons reeds besig om ’n emigrante-Afrikaner webwerf te ontwikkel, ’n fonds te stig en beleggingskanale te skep sodat Afrikaner dollars, euros en ponde omskep kan word in nuwe boustene van ons vry Afrikaner Republiek.” –

    Een uitstekend initiatief.

    ‘nuwe boustene vir ons vry Afrikaner Republiek’ :

    ons het verneem, dat die eerste vliegtuig geland het op Orania. Ons was so bly daarmee. Hoe meer Orania vorentoe boer, hoe meer Afrikaners orals in SA (en daarbuite) die volkstaat as serieus opsie sal sien. Sodoende sal meer Afrikaners Orania en die volkstaat toetrek.
    En so gaan ons droom digterby kom.

    Ons wil net vry wees, mense. Ons wil net lewe!

  3. Jan

    Oor aanwassyfers word baie bog geglo:
    kyk na die webwerf van Population Grouth; en ons groei is minstens i 0,5% negatief. So ons swart bevolking na al die diaspora en grensoorstroming word kleiner en nie groter nie. Die inheemse volke is besig om uit te sterf.
    en word gedeeltelik vervang met vreemdes.

    http://www.indexmundi.com/south_africa/population_growth_rate.html

    Beleggers in Orania en Immigrante van LW Volksgenote is ewe belangrik. Dit moet volksgenote wees en nie net wittes nie.

    Tegnologie maak alles moontlik. van uitwoners burgerskap in die vreemde en beleggings teen die beste rentekoerse in die ontwikkelings in Orania.. Vreemde beleggings vir suiwer finansiele voordele moet goed bestuur word.. Die Verwoerd era was gekenmerk deur oorweldigende oorseese beleggings in die beste ekonomie ooit in Afrika. daar was gevolglik noodmaatreels om dit streng te reguleer..

    Hierdie buitelandse burgers van die VVK bv, [asseblief] kan almal knapkaarte kry en hul transaksies elektronies in Ora doen. Legio moontlikhede gaan oop d,mv die tegnologie van Kuber- immigrasie [!!!} met Orania Burgers oor die hele wêreld heen.

    Die winkelkompleks is ‘n wonderlike belegging en sal beslis winsgewend wees met goeie rentes dividente en kaptaalgroei. Beter as enige plek elders.net soos OSK reeds is.

    Nogtans sal ons mense op die grond moet kry wat nie viir ons Volk ‘n bedreiging inhou nie.
    Meer tegnologie en minder mense!

    Dink as ons bv grondgebied van Orania aan Sonkragplase e Korrelbedreaktors kan bemark…..net soos die Chinese nou met Afrikaner tegnologie gedoen het….

    Maw bemark tegnologie nou dat ons vir die eerste keer 3D en per sateliet op die lug is !!!..

  4. Pieter Senekal

    Afrikaner immigrante hoort nie in die buiteland nie, maar eerder in die volkstaat. Ongelukkig is daar ook die wat glo n volkstaat is nie haalbaar nie, ek dink dis agv n gebrek aan inligting. Programme wat hulle inlig en betrokke maak kan net goed wees.

  5. Jan

    Ek lees onlangs van ‘n tannie in die koerantblog wat nou na die kinners in Kanada verkas as een van die diaspora ‘Suffers’. Hoedat sy dit vir oulaas in die koerant verklaar dat dit nie agv rassisme is nie neeee…

    Hoedat sy rassionaliseer dat helfte van die kleurlinge en indiers en een derde van die swartes ook wil verkas uit die nuwe Ruwe SA. Omdat hier nie ‘n goeie lewe te vind is nie.- natuurlik!

    En ek stik in my trane vir liewe sterwende Karen Muir wat na 13 jaar terugkeer na SA om haar mooiste kinders te groet want sy het al laaankal die pa van haar kindertjies gegroet.

    Jaa – die universele tragedie van my geslag afrikaners.

    Wanneer jy te sterwe kom en alles is verby dan wil jy huis toe gaan na jou mense toe en na jou God toe.

    En ek sien op TV hoedat die Afrikaners besig is om die hele afrika te beset en lieflikste natuur en klimaat te ontgin en verken [Voetspore en Weg ens].

    Dan dink ek sommer net aan die pyn van verlange en die vreugde van vryheid en wat die lewe is sonder ‘n geestelike Tuiste.

    Hmm?

    1. Jan, jy is reg… dis skokkend om te dink dat duisende van die ouer Afrikaners wat in hul fleur was toe dr Verwoerd op 31 Mei 1961 die Republiek verklaar het vandag in die buiteland sit. Dink net aan hul kinders, wat in die 60’s gebore is en die geleentheid gehad het om die beste van die beste te geniet in ‘n land wat met welvaart oorvloei het… hoeveel tienduisende van hulle is vandag oorsee? En hul kinders, my generasie, wat nog ‘n laaste happie van die ou Suid-Afrika geproe het – hoeveel honderduisende van hulle is vandag in die buiteland?

      Die Afrikaner het ‘n ver pad gestap na die afgebrande plase van die vroee 1900’s, die Rebellie, die depressie en droogtes van die 1930’s, die broedertwis en harde tye tydens die Tweede Wereldoorlog. Deur harde werk en geloof het ons volk weer opgestaan en ongekende hoogtes bereik.

      Ja, ons is sedert 1994 besig om alles stelselmatig te verloor, maar dis juis nou die tyd om weer op te staan. Die Afrikaner het genoeg jammer gese en betaal vir die foute van die verlede. Maak nie saak of mens nou in Afrika is, of iewers oorsee woon nie – as jy wil glo dat ons volk ‘n toekoms het, dan moet jy bereid wees om saam te bou aan die volkstaat.

      Ondersteun Orania in enige manier wat mens kan en weet dan dat jy ‘n verskil maak!

      1. Orania is inderdaad die enigste tasbare plek waar daar, vir ons as Afrikaners, ‘n alternatiewe keuse tot emigrasie geskep word!

        Dus: “Ondersteun Orania in enige manier wat mens kan en weet dan dat jy ‘n verskil maak!”

  6. Jan

    Ek het nie geweet van die Grondopname waarmee die VVK besig is nie – het dit sopas ontdek.
    Hierdie soort projekte verdien al ons aandag en ondersteuning.
    Orania verskyn egter NIE op die lys van eiendom nie. Welliswaar is dit ‘n aandele blok met sekere regsvereistes maar u sal tog saamstem dat dit die logiese plek is om Afrikaner eiendom te registreer. Dis alles tog volkome wettig?

    Grondeise en onteiening is egter hoog op die voorkeure van die regering.en dit laat mens voel dat daar veiligheid in onsigbaarheid te vind is.
    .
    Nogtans het die Boere wettige volkeregtelike aansprake op eiendomsregte insluitende al die Republieke van ouds.Stellaland, Vryheid, Graaff Reynette, Swellendam. Tvl OVS
    Laat ons hieroor praat…
    en besoek http://www.VVK.co.za

    1. Jan, grondopnames maak is so maklik soos om volkstaatskaarte te teken, almal doen dit!

      Om inhoud daaraan te gee is ongelukkig ‘n voël van anderster vere! Vergeet van ou aansprake, dit dra nie meer gewig nie!

      Orania dra gewig want ons en net ons is daar doenig en dus is ons die enigste aanspraakmakers daar. Wie dit nie kan verstaan nie mors ons tyd!

  7. Jan

    Stem saam Ben. Maar mi is een van die slegte gewoontes wat ons sal moet afleer soos wat ons aangeleer het is die ‘SENSUURKULTUUR’. Dis waaroor die artikel gaan – immigrasie van mense [ ‘ im-.’. is vir inwaards en ‘ em- ‘is vir uitwaards]. Regso vir my.

    Nou wat dan van die immegrante burgers se bates – dit kan mos ook ingelyf word by Orania.

    Tegnologie maak dit alles moontlik.

    NB
    [ moet darem haastig byvoeg dat gedwone integrasie met wit antigotters en wit Baal-aanbidders en wit Israelketters die oorsaak is vir ons volkie se verwoesting]

  8. Jan

    Indien ek my plaas in bv Transvaal of Vrystaat of Natal of by die kus bv van 10000 hektaar by Orania wil inlyf dan kan dit omskep word in ‘n aandele blok.
    Dan is dit ‘n uitbreiding van Orania en ek geniet al die voordele van eiendom in Orania want met vervreemding plaasvind. wanneer jy sterf of slegs wil verkoop.
    Dan koop die Orania moedermaatskappy as eerste opsiehouer die aandeleblokke by jou teen die BILLIKE MARKWAARDE en betaal aan my boedel uit.

    Soos ‘n erflating sal dit voorkom dat die bate in verkeerde hande beland.

    Of hoe gemaak met my spog familieplaas?

    1. Jan, die idee is om ‘n aaneengeslote gebied onder ons beheer te kry! ‘n Kolletjie hier en ‘n kolletjie daar maak gedeelde infrastruktuur, gemeenskapswisselwerking en gebiedsverdediging so te sê onmoontlik!

      Ons verspreidheid is ons grootste beperking. Nêrens kan ons op ‘n meerdheidsbesetting aanspraak maak nie! In en om Orania moet ons daai probleem oplos.

  9. Jan

    Dis alte waar dat ons ‘n Kern grondgebied in Orania moet uitbrei. Ja.

    Gestel daar is grondeiendom erflatings ten gunste van Orania? Dis nie teoreties nie mense!!
    Wat sal ons daarmee maak? veral as dit werklik waardevolle eiendom is?
    Verkoop aan wie?

    Intussen kan ons maar ons spaargeld in Orania belê – dis die regte ding om te doen.

    Die kwessie is dat as jy van immigrasie praat dan praat jy nie net van die mense nie maar ook van al hul bates. Die totale pakket moet aantreklik gemaak word vir die immegrante.

    Ben – vertel ons wat die gedagtes/ beleid tov immigrante na Orania se grond/ vaste bates is.

    1. Gert dis tyd dat die voorvarende spul Engelse in die bek geruk word! Die Franssprekendes in Quebec tree dalk ‘n bietjie hardhandig op maar nog nie so hardhandig as wat die Engelse se optrede al hier was nie!

      As ons as ‘n vry en selfstandige volk vorentoe wil beweeg, is hierdie versmorende houvas wat Engels op ons het, die eerste waaruit ons moet loskom.

  10. Opsomming:
    “Al stem ons nie altyd saam met hul keuse nie kan hulle dollars, euros en ponde omskep word in nuwe boustene van ons vry Afrikaner Republiek.” 🙂

  11. Jan

    Andre
    dis ‘n waardevolle argument. Hoe kan ons beleggings trek sonder om ons vrtyheid en selfbeskikking as volk te verloor?. Prof Sadie was die groot argitek van die ekonomie wat by die politieke model van Dr Verwoerd gepas het en dit was so ontsaglik winsgewend dat almal hier wou belê – so goed was dit dat die Verwoerd kabinet noodmaatreels moes tref om nie oorweldig te word nie !! Dit kan MAKLIK met Orania ook gebeur.Ons sit letterlik op die kernkrag van winsgewende selfwerksaamheid en produktiwiteit. Net soos Duitsland met ‘n Wit Calvinistiese werksetiek wat reeds wêreldberoemd is.

    Dit het Friedman inspireer vir die Nobelprys oor ekonomie met die postulaat: Politieke vryheid [selfbeskikking] en ekonomiese vryheid [selfbeskikking] is interafhanklik van mekaar en inderdaad onskeibaar!!.

    1. Jan ek moes maar net ‘n bietjie lag want dieselfde ou wat hierdie artikel geskryf het, het ‘n rukkie terug geskryf:
      “Kom terug en maak ‘n verskil – dan sal ek jou ernstig opvat. Tot dan, geniet maar die vakansie.”
      Nou is hy skielik gereed om mense ernstig op te vat terwille van hulle geld. Dis in die hak so, ‘n mens mag en moet sy opinie en idees altyd ontwikkel en verander! Mooi so Quintin, nou dink jy mos ‘n bietjie meer nugter. Jy het ‘n hart vir geld!

      1. Dis seker van die swakste smaak en kommentaar wat ek nog op dié blad raak gelees het…

        Ou maat, het jy al ooit die moeite gedoen om Quintin te leer ken?!?

        Hy doen meer vir die Afrikaner se vryheid met sy eie geld as wat die meeste mense vir hul eie kinders doen!

        Moet nie klippe gooi en aantygings maak oor dinge waarvan jy niks weet nie en te wil voorgee dat iemand wie jy duidelik glad nie ken nie ‘n geldwolf is…

        Praat jy nie dalk miskien van jou eie gierige neigings en nou soek jy iemand agter die deur terwyl jy self daar vertoef?

        Sies vir jou!!!!

        Swakkelinge wat in stede van hul positiewe insette en bydrae lewer op soek is na doodgoeie mense om te diskrediteer omrede hulle ‘n vermoede ontwikkel, alhoewel ongegrond, is soos leë blikke.

        Kom ek sê vir jou iets my “matertjie”, windgat kermkouse met ‘n skelmstreek verdwyn uiteindelik in die niet.

        Het jy die deursettingsvermoë om teen alle weerstand in te volhard in jou medestryd tot Afrikaner vryheid? (Eintlik ‘n irrelevante vraag, want die uwe soek mos splinters in andere se oë….)

        SWAK!!!

      2. Dankie vir jou opinie Rudolf.

        Ek is regtig baie bly oor hierdie artikel en ek sien uit na die emigrante-Afrikaner webwerf!
        Dink jy ook dis belangrik? Jy weet daardie emigrante het geld nê! Én hulle is Boere! Dis tog ‘n opwindende idee! Belê, belê, belê… (hopelik wil hulle nê!)

        Dit het lank gevat vir die skrywers op hierdie blog om te besef wat ‘n halwe miljoen boere wêrd kan wees… tot onlangs het hulle gedink die tweeduisend(?) boere in Orania werk vir die onafhanklikheid van die res… ai, as ons almal net wil saam werk, hoe gelukkig sal ons wees, want jou werk is my werk en my werk is jou werk… verstaan jy?

        Ek soek nie splinters in ander mense se oë, Quintin se splinters is my splinters, Quintin se foute is my foute, die balk in my oog, is die balk in jou oog, want ons is een, ons is Boere… verstaan jy?

      3. Ja, ons moet saamwerk. Ek het nooit die Afrikaners oorsee afgeskryf nie. Ek het dan self oorsee gebly vir 7 jaar! Wat ek wel uitgewys het, is dat sommige Afrikaners oorsee nie vir ons moet preek terwyl hulle hul bystand of deelname weier nie. Daarmee beteken dit nie dat ons nie advies nodig het nie. Deelname is egter veel meer as om net op blogs te klets. Ek vra wel om verskoning as ek dit laat blyk het dat ons ‘n Gideonsbende in Orania is waarvan die hele volk se toekoms afhang. Dit is eenvoudig onmoontlik vir ons om alleen hierdie stryd te voer. Ons het elke Afrikaner nodig wat gewillig is om te help – plaaslik en in die buiteland. Nietemin, dis nou als mostert na die maal. Ek hou van jou gesindheid Andre, en hoop om eendag ‘n bier saam met jou te drink hier in die volkstaat!

      4. Dis reg so André, ek verstaan.

        Niemand is perfek nie en almal maak oordeelsfoute, maar as mens nie fouteer nie hoe kan jy ooit leer?

        Jy bak mos nie ‘n omelet sonder om ‘n paar eiers te breek nie.

        Dis net jou aanvallende beskuldigings/afleidings wat vir my dwars in die krop gesteek het.

        Ons los dit daar….

        As ek reg onthou uit jou vorige kommentare is jy en jou familie tans in Duitsland woonagtig.

        Net ‘n gedagte: Maak gerus met die Orania afvaardiging tans op toer in Europa kontak en probeer om die manne en dames te sien te kry. (Jaco Kleynhans pos gereeld op bakkiesboek opdaterings en fotos asook plekke waar daar vergader word en jy behoort so maklik kontak met hom te kan maak op sy inbus) Vra gerus vir hulle hoe jy as Boer jou huidige situasie kan aanwend om te kan bydra tot ons vryheidstrewe. Daar is reeds ‘n ambassadeurrprogram met ‘n verteenwoordiger in Duitsland, (En ek neem maar aan dat jy sekerlik bewus is daarvan?), en ek is seker jy sal maklik daarby kan inskakel en so jou positiewe bydrae kan lewer m.b.t fondsinsameling, veral vir maatskaplike projekte in Orania, asook bewusmaking en beleggings in nuwe projekte in Orania.

        Groetnis!

      5. Rudlof, alowel die strewe na vrede en vryheid vir Boere en die strewe na vrede en vryheid vir Orania, vir my, nog nie sinonieme is nie, oorweeg ek wat jy gesê het, dankie. Die een is tog deel van die ander een.

  12. Naas van Rooyen

    Weereens ‘n puik artikel, Quintin. Laat my toe om jou iets te vertel: Ek hou skool vir my 5e jaar by ‘n private learskool in een van die mees vooraanstaande areas in Engeland. Daar is en was in elke jaargroep enkele kinders met een of meer ouers wat van Suid Afrika af kom. Sommige van die ouers is Engels sprekend maar is Afrikaans magtig. Ander is Afrikaans maar het dit nie vir die kinders geleer nie. Wat bekangrik is, is dat, sonder uitsondering die kinders trots is op hul herkoms en hul bes doen om Afrikaans te leer al is dit net ‘n paar woorde. Twee regte Afrikaner seuns is onlangs terug SA toe terwyl hul ouers hier bly. My eie twee is Afrikaners in murg en been maar baie nugter oor waar geleenthede is. Albei het al die begeerte uitgespreek om ‘eendag terug te gaan’ met Orania as eerste keuse om te gaan woon. Glo my, op die oomblik beteken ons hier meer vir Orania as wat ons daar sal beteken omdat ons finasieel bydra. As ek nou daarheen sou gaan sal ek net ‘n las wees op julle ouens wat so ‘n fantastiese werk doen. Miskien kan ons eendag daar gaan aftree.

    1. Nickie

      Dis duidelik dat die kommentaar op die blog goed gekontroleer word. Geen negatiewe kommentaar oor die hele blog is bietjie vreemd. Oranjia is ‘n wonderlike idee, ‘n volksland vir Afrikaners. Enigste probleem is dat dit in Suid-Afrika is. Blanke persone, Afrikaans sprekend of ander is nie welkom in Suid-Afrika. Volgens Genocide Watch is Suid-Afrika in fase 5 van 8. http://www.genocidewatch.org/southafrica.html Maak oop jul oe voor dit te laat is… Mag God ons red.

      1. Nickie, as jy die blog lank genoeg volg sal jy sien dat daar wel kritiek is. Ons laat net nie toe dat mense die dam onder die eende kom uitruk nie.

        Ek het tweejaar gelede ‘n artikel geskryf oor die stilswygende volksmoord teen die Afrikaner. Toe was SA in fase 6 van 8 by Genocide Watch a.g.v. Julius Malema se uitsprake, aanhitsing en opsweping. Instussen is SA weer terug na 5/8 toe. Nie dat dit gerusstellend is nie, eerder om uit te wys dat ons baie bewus is van wat aangaan by Genocide Watch en ander internasionale instellings. Ons oe is wawyd oop.

        Ons bou ‘n volksland juis omdat daar nie vir ons ‘n volhoubare toekoms in SA is nie. Wees deel hiervan, bou saam!

      2. Christene word, oor die algemeen, net geduld solank as wat hulle nie oor hul self regeer nie en solank as wat hulle minimum politieke invloed het. Ons het hierheen ook gevlug.

        “Nickie, Nickie
        Nickie môre reis ek oor die see
        En Nickie, Nickie
        Die veerboot vaar so kwart voor twee
        En die see is wyd en die see is diep
        En Nickie ek het jou so lief
        Maar die see is diep en die see is wyd…”

    2. Nickie

      Dankie vir die vriendelike terug voer. Veral oor die internet is mense vinnig om negatief te reageer as hul opinies gekritiseer word. Ek sal graag wil deel wees van ‘n groter Afrikaans volksland maar wag nog om te sien of dit wel Orania gaan wees. Sal nog ‘n bietjie my huiswerk doen oor Orania.

      1. Naas

        Hallo Nickie. Glo my vry! Ek het baie rond gekyk die laaste paar jaar, ongelukkig nadat ek uit die land weg is en reeds hier (in die ‘UK’) wortels geskiet het en ek kan jou verseker dis net Orania wat ‘n werkbare plan het, nee, ‘n werkende plan! Sluit nou aan. Dit kos maar R40. hier waar ons woon gee ek dit uit as ek ‘n brood gaan koop. Dis waarom ek meer as dit gee.

  13. Anna Karsten

    Bring bietjie julle inligting opdatum, alles hier is 2013 nou is dit 2014 en ons staan al in die helfte van die jaar. Orania maak dit moeilik om daar eiendom te kry want dit is ongehoord duur, ek weet van baie mense wat Orania toe wil gaan maar dit net nie kan bekostig nie, julle moet kyk na dit, waar moet die gemiddelde Suid Afrikaner gaan as dit so duur is in Orania, of soek julle net die rykstes? Vra maar net.

  14. Naas

    Hallo Anna. Wel, die artikel is in 2013 geskryf. Ek was verbaas toe ek kennis kry van die inskrywing en sien toe dat ek op 19 Mei 2013 die laaste inskrywing gemaak het. Ek dink Quintin-hulle is so besig om hard te werk daar in Orania dat hy nie kans het om ou inskrywings op te dateer nie. Oor die pryse van eiendomme daar: Dit lyk vir my of daar iets vir almal is. Jy sal bereid moet wees om op ‘n laer vlak te begin as wat jy was net soos die meeste mense moes doen wat besluit het om die land te verlaat wat soos ons onder begin het. Ek kan jou vertel, dit was hard maar ons kyk nie terug nie. Soos ek voorheen al hier gese^ het, ek is net jammer ek het nie die skuif 13 jaar terug na Orania gemaak nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s