Selfbeskikking: VF Plus soek setel in Noord-Kaap

Die Vryheidsfront Plus in die Noord-Kaap het die eerste skote in sy verkiesingsveldtog afgevuur met ‘n voorneme om na die provinsiale wetgewer terug te keer.

Die party het van 1994 tot 2009 ‘n belangrike bydrae in die Noord-Kaap gelewer. Tydens wyle prof. Carel Boshoff se termyn as provinsiale leier van die VF Plus het hy ‘n groot rol gespeel in die posisionering van die party in die Noord-Kaap. Hy was opgevolg deur sy seun en president van die Orania Beweging, Carel (iv) Boshoff, wie tot 2009 as VF Plus LPW gedien het.

Volgens die VF Plus se huidige provinsiale leier, mnr. Nic Aldrich, gaan die party se onlangse afwesigheid in 2014 reggestel word.

“Die tyd het gekom dat minderhede in Suid-Afrika, wat in die Noordkaap ’n meerderheid vorm, hulle regmatige plek inneem. Daarvoor is dit belangrik dat die regte van minderhede en gemeenskappe in die Noord-Kaap tot hulle volle reg kom.  Daarom is die VF Plus onherroeplik verbind tot die verwesenliking van minderhede en gemeenskappe, en in die besonder, die Afrikaner, se internasionaal erkende reg op selfbeskikking,” aldus mnr. Aldrich.

Selfbeskikking is die enigste teenvoeter vir kulturele onderdrukking. Dié onderdrukking vind plaas deur die openbare rol van Afrikaans in te kort, kwotas in owerheidsinstellings af te dwing wat die aard van die gemeenskap verander en Afrikaanse skole onder druk te plaas.

“Die tyd is verby wat kulturele regte sonder politieke inspraak bevorder kan word,” het Aldrich gesê.

Die voorbeeld van Orania is volgens die VF Plus vir die hele Suid-Afrika belangrik. Dit is ‘n gemeenskap wat vir sy eie welvaart en welsyn verantwoordelikheid neem en steeds aktiewe interaksie met die res van die wêreld bevorder. Die verstandhouding met die Oos-Kaapse gemeenskap van Mnyameni, ‘n huidige skakeltoer na Europa en deurlopende medewerking met Thembelihle en Pixley ka Seme bewys dit.

Aldrich verduidelik dat die VF Plus ook oor uitvoerende vermoë beskik. ‘n Chroniese probleem met die rioolwerke van Philipstown is byvoorbeeld deur bemoeienis van die VF Plus provinsiale leier reggestel, sonder dat die party op die Renosterbergse munisipale raad dien.

Die Noordkaap en sy kulturele samestelling is uniek. Mnr. Aldrich spreek die hoop uit dat Noord-Kapenaars vir die enigste party sal stem wat op daardie hoeksteen gebou is.

Mnr. Aldrich het onlangs permanent na Orania verhuis en gaan die VF Plus se 2014 verkiesingsveldtog in die Noord-Kaap vanuit die Afrikanertuiste bestuur.

VF Plus Noord-Kaap kontaknommer: 0827892402

6 thoughts on “Selfbeskikking: VF Plus soek setel in Noord-Kaap

  1. Jan

    Absoluut seker moet ons die binne-parlementêre selfbeskikking front oophou en die beste daarvan maak.
    Alle aksies is noodsaaklik – binne en buiteparlementêr. Die VF+ moet dit net mooi bemark en aantreklik maak vir alle inheemse volke want die konsep van volkekundige selfbeskikking is voortdurend is almal se koppe.
    Dis ‘n wonderlike gedagte dat die Afrikaners met voorbeeld en leiding die weg sal wys vir voorspoed en veiligheid vir aLmal. Apatheid in plaas van ‘a-part-hate’.
    Verbasende beriggie raakgelees dat selfs die jeug dink en hoop dat die DA weer met apartheid sal woeker. [miskien sal hulle wel dit gebruik as ‘n goeie lokaas – wieweet sal ons dan weet hoe aantreklik die gedagte is van ‘n gemenebes van klein volkies..]

  2. tulp

    “Selfbeskikking is die enigste teenvoeter vir kulturele onderdrukking.”
    Presies, raak gese! Die pad van Orania is miskien nie so vinnig vorentoe gegaan as verwag is nie, maar die groei en vooruitgang is sonneklaar. Die ding is nou: Orania is die begin, ons is op pad Volkstaat toe. Endlik vry, mense, endlik vry van die onderdrukking. Ons kinders kan as vry mense groot word, skool toe gaan en universiteit (in die volkstaat) toe gaan, ons volwasse mense word nie meer vermoord nie, daar sal nie regeerders meer wees nie, wat ons kom vertel ons is sleg mense nie. Endlik vry, endlik verlos! Dankie tog, endlik vry!

  3. ‘n Mens kan nie anders as om die mense van Orania geluk te wens nie. Stadig maar seker dwing hulle die respek van al die mense van die land af. Baie swartmense wat Orania as ‘n rassistiese plek beskou het kyk deesdae met ander oe. Ook daardie blankes wat gelag het vir Orania.

  4. Alida Hein

    Ek het hulp nodig van enige aard. Daar is verlede week n Beach Party in n residensiele gebied gehou nl Drie Riviere, alle insette volgens wet om dit vorentoe te keer, stuur deur vir my ons het vanaand n publieke vergadering om dit te bespreek, die mags en moets met reel van so n funksie. Busse was aangery en het vermeerder na tienuur die aand tot na middernag in so n mate dat dit verkeersknope veroorsaak het en die gemeenskap ontwrig is met openlike seks op straat en by besigheidskomplekse en winkels wat skade gelei het. Wat is die inwoner se regte in residensiele gebied ten opsigte van dit?  Watter wetgewing praat oor hierdie goed hoe lank voor die tyd moet ons ingelig wees en weat se die MFMA bvan munisipaliteite daaroor? Hoe kan ek n advokaat gratis of prokureur gratis nader vir insette?

    ________________________________

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s