KykNET Dagbreek gesels oor Orania

Orania was in die kollig nadat die volkstaatgroeipunt se rugbyklub toegelaat is tot die Griekwaland-Wes Rugbyunie (GWRU). Die Orania Rebelle is onbeskaamd ‘n Afrikanerspan maar speel graag teen almal, ongeag van ras of kultuur.

KykNET Dagbreek wou graag meer weet oor hierdie onderwerp en het vir Quintin Diederichs uitgenooi om met hul kykers te gesels:

9 gedagtes oor “KykNET Dagbreek gesels oor Orania

  1. Anthony Schlemmer

    Briljant! Pragtige, goeie blootstelling vir Orania op Kyknet. Ek vertrou dit het honderde duisende Afrikaners bereik.

    Nee wat, ons het geweet die Orania Rebelle sal moontlik ‘n seisoen of twee vat om darem kompeterend te wees.

    Ek het my seisoen kaartjie, en vertrou om die span verder te ondersteun in die toekoms.

  2. Die wedstryd was ‘n besondere gebeurtenis en goed gerapporteer in die media.

    Maar Afrikaner sy ‘vryheid’ weggegee vir sport? Dit is totale tjol. Jy moet maar weer jou geskiedenisboeke gaan lees. 1994 het gebeur omdat apartheid onvolhoubaar was. Omdat 90% van die mense in Suid-Afrika in 13% van die oppervlakte van die land ingedruk was en die 10% blankes res van die hele land vir hulself wou eis.

    Ja selfs die stigter van Orania Carel Boshoff, die skoonseun van die grote Verwoerd, het glo die mening gehad dat apartheid onwerkbaar was.

    In Orania word daar ‘n veel meer logiese benadering gevolg tot selfbehoud.

    Jou verwysing na die 1992 referendum val ook vreemd op. In hierdie verband wil ek aanbeveel jy gaan lees Hermann Giliomee se boek, ‘Die laaste Afrikanerleiers’ (beskikbaar in boekwinkels en by talle staatsbiblioteke).

    Die ooreenkomste van daardie referendum was nooit nagekom nie. Mense wat daaraan deelgeneem het sal dit ook vir jou kan vertel, dat die Nasionale Party se leiers die beskerming van die Afrikaanse taal en instellings gewaarborg het. Van hierdie beloftes het niks gekom nie. Mense het beslis nie ‘n mandaad vir die regering van de Klerk gegee omdat hulle weer die All Blacks wou sien nie. Dit was omdat hulle geglo het hulle belange sal beskerm word.

    1. Anthony Schlemmer

      Barend, die Nasionale party het onbetwistelik sport gebruik as ‘n middel om die Afrikaner te oorheed om ja te stem in die 1992 verkiesing.

      Waarom dink jy is die 1994 wereld rugbybeker in Suid-Afrika gehou. Per toeval? Neeee, nee.

      Wat van die Olimpiese spele daardie jaar waar Suid-Afrikaanse spanne skielik kon deelneem? Daar was openlik op SAUK nuus gedreig, dat die span nie sal kan deelneem, indien die nee stemme die referendum wen nie!

      Afrikaners het ook ja gestem vir MAGSDELING. Nie algehele oorgawe nie.

      Let wel, ek se nie sport was die ENIGSTE rede hoekom hulle ja gestem het nie, maar dit was definitief baie effektief as middel gebruik om die mense te ooreed.

    2. Barend, jy verwar apartheid met vryheid.

      Ja, apartheid was onvolhoubaar en die sg. “klein apartheid” was eenvoudig verkeerd – vryheid is egter ‘n hele ander onderwerp.

      Die meerderheid Afrikaners het in 1992 JA gestem te danke aan druk vanuit die sportwereld – Olimpiese Spele, Rugbytoere van Australie en Nieu Seeland en dan natuurlik ook die 1992 Krieketwereldbeker waar Jonty ons almal se held geword het. Met die JA mandaat het FW de Klerk nie net apartheid beeindig nie, maar ook die Afrikaner se vryheid beperk tot ink op ‘n stuk papier nl. die grondwet.

      Hy en sy mede “onderhandelaars” kon mos apartheid beindig het en steeds ‘n grondgebied tussen Orania en die Weskus onderhandel het, waarin die Afrikaner terloops toe al reeds besig was om d.m.v. eie arbeid en o.l.v. prof. Boshoff ‘n volkstaat te bou.

      Dis nou mostert na die maal, maar dinge kon vandag baie anders gelyk het as die regte mense in die NP namens ons onderhandel het… gelukkig het VF mense soos genl. Viljoen, prof. Boshoff en dr. Mulder die lig gesien en artikels 185 en 235 in die grondwet gekry. Sonder dit sou Orania en die vryheidsideaal onwettig gewees het.

  3. tulp

    “Die Orania Rebelle is besig om d.m.v. rugby sekere kern konsepte soos die vryheidsideaal, volkseie arbeid, selfbestuur ens. aan Afrikaners in die volkstaatstreek bloot te stel. Dit is ‘n kenmerk van ’n dorp wat besig is om die streek om hom in te trek en te omskep in ‘n Afrikanerhartland.”-

    Op pad Afrikanerland toe. Ons gaan vorentoe, ieder stap vorentoe en nog een stap en nog een stap en nog …..

  4. jan

    Barend dis jy wat tjol glo soos Tsafendas.
    Die Apartheid van Verwoerd era was ontsaglik suksesvol en volhoubaar en het ‘n blink toekoms gehad Die sukses daarvan was juis die probleem . Dit het van ons ‘n Kernmoontheid gemaak wêreldleiers oa mediese terrein. Dit was die voorspoedigste tyd in Afrika ooit. En dis die waarheid.

    Maar toe word Verwoerd vermoor en Nazi en Israelketters en Bokryers en later die Broederbond besluit dat die minderheidsdiktatuur wat hulle in die plek van onvoltooide Verwoerd- apartheid ons ingedwing het – het geen toekoms nie. Ja

    En dis waar dat Vorster se teokrasie omtrent al die spykers in ons Volks se doodskis was. Maar die finale nekslag doodskoot van ‘Apartheid’ was die sg Inligtingskandaal deur Pik en FW.

    Wat wel die dood in die pot van Verwoerdapartheid was in konteks van die tyd is die VOOGDYSKAP van wittes oor swartes. Die ‘Winde van Verandering’ van daai tyd wat vereis het dat die Afrikaners eerste hulself moet definieer en die skyn van slawerny moet vervang met emansipasie van die swartes. Dis waarmee Verwoerd besig was toe die Tsafendasmentor Attaturk Skurk die ganse Volk soos die fluitspeler van Hamlet ons na ons graf gelei het.

    Nou begin ons soos ‘n Phoenix op die regte plek naamlik by onsself op Orania en dat ons DOEN DIT SELF sport en arbeid ons vryheid sal wen soos wat ons dit verloor het.

  5. Willem van As

    Baie goeie onderhoud. Ek is ‘n groot ondersteuner van Vry Afrikaner. Ek wil nou nie vir julle ekstra werk maak nie, maar ek wil hoor of jul nie nou en dan ‘n podgooi (podcast) ook wil maak nie. Dit maak vir my ‘n groot verskil om mense te hoor praat. Dink bv aan universiteit, die verskil tussen klas toe gaan en nie klas toe gaan nie.

    Dit kan dalk net die Vry Afrikaner skrywers wees wat hulle artikels hardop lees en bietjie uitbrei. Dit sal ook baie lekker wees om te luister na gesprekke oor ‘n onderwerp tussen bv Quintin Diederichs en Wynand Boshoff of oom Ben of Sebastiaan.

    Ek luister na baie podcasts, en baie kere maak die ouens dit moontlik om hulle te ondersteun deur donasies “a buck a show” byvoorbeeld. Ek sal graag bv R10 per Vry Afrikaner podgooi betaal.

  6. Jaco P

    Baie geluk Orania met ‘n wonderlike inisiatief en Quintin met ‘n baie goeie onderhoud.

    Ek het regtig nou al net ‘n broertjie dood aan omroepers/program-aanbieders wat as hulle met iemand van Orania praat skielik nooit weet wie die Afrikaner is nie. As daar egter klippe gegooi word oor alles wat verkeerd loop en die verlede aanhoudend opgediep en sondebokke gesoek word vir die huidige mislukkings en apartheid holrug gery word, onthou hierdie selfde joernaliste ewe skielik baie goed wie die Afrikaner is. Wens hulle wil meer oorspronklik raak en nie almal op dieselfde snaar hamer nie.

    Ek geniet Vry Afrikaner baie en kan sien met al die inisiatiewe wat aan die gang is dat daar beweging onder die Afrikaner is. As uitwoner van Orania is ek baie opgewonde oor wat daar gebeur. Hoop om binnekort weer ‘n draai te gaan maak . Gelukkig weet ek wie die Afrikaner is, want ek voel ontsaglik tuis daar tussen my eie mense.

  7. Jaki vd Merwe

    Ek verstaan nie: Engelse het Engeland; Italianers Italie, Spanjaarde Spanje, Duitsers Duitsland, Franse Frankryk, Swart Nigerie, Swart Botswana, Swart Suid-Afrika, Swart Tuislande, Chinese China (daar arresteer hulle glad die buitelanders om hul land en die Chinese nasie te beskerm teen infiltrasie), Japanese Japan, Jode Israel, so kan ons oor die wereld gaan en elke nasie in rasseklassifikasie het sy eie land en verdedig dit met mag en mening. Hulle hoef nie enigsins hul velkleur te verdedig of te probeer regverdig nie, of te verduidelik waarom of hoe hulle dinge doen nie, of hoekom hulle ‘n land het nie al word dit ook met korrupsie bekom en behou. Nee, dit is nie vir die ander nie, hierdie reels geld NET vir die wit Suid-Afrikaanssprekende nasie.
    Wat is hierdie obsessie? Waarom mag die wit Suid-Afrikaanssprekende Boer nie ook, soos enige ander nasie vir hulself hierdie reg opeis en toeken, ‘n stukkie van hierdie Godgegewe aarde ontvang en in eie reg, taal en kultuur te ontwikkel, dit ook met mag en mening te beskerm nie, en dit hulle eie land te noem nie. EN sonder om vir die wereld te moet regverdig dat: ons net soveel toegang tot hierdie reg tot selfbeskikking het as julle het sonder om enigiets aan julle te moet verduidelik.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s