Orania se skakeltoer na Europa

nederland-ob

Orania Beweging in gesprek met lede van die Nederlandse Parlement

‘n Brokkie nuus wat nie die nuusmedia oor die afgelope weke oorheers nie, mag uiteindelik blyk een van die belangriker ontwikkelings in die Afrikaner se onlangse geskiedenis te wees. Hier word na die skakeltoer van leiers en sakelui vanuit die Orania-gemeenskap na Europa verwys. Dit mag na ‘n oordrewe aanspraak klink, maar deeglike oorweging mag dit bevestig.

Die huidige toer is nie ‘n eerste of eenmalige poging nie, maar die volgende in ‘n reeks. Met vorige besoeke is ondersteuningsgroepe in verskeie Europese lande besoek en tot stand gebring. Hierdie groepe toon tans hulle waarde deur die vlak van ontmoetings wat hulle bewerkstellig. Akademici, politici en ander meningsvormers wat tevore skaars van die Afrikaner se dilemma in Suid-Afrika kennis geneem het, word uitvoerig toegelig.

Terwyl Afrikaners onsself as ‘n Europese spruit op Afrika-bodem beskou, en op albei vastelande trots is, het Europeërs hulle sedert ongeveer 1950 deeglik van ons gedistansieer. Afrikanernasionalisme het hulle te veel aan Nazi-Duitsland herinner; ‘n aggressiewe mag wat min ontsag vir die kulture van kleiner, verowerde lande getoon het. Nederlanders, byvoorbeeld, het erg gely. Teen 1994 was simpatie met Afrikaners op sigself byna genoeg om iemand tot die sogenaamde lunatic fringe te verban.

Die agteruitgang van “Onze Broedervolk”, selfs nog in die 1950’s, tot uitgeworpenes, het nie spontaan gebeur nie. Verskeie drukgroepe het met groot sukses teen die Suid-Afrikaanse regering gemobiliseer. Die ANC in ballingskap het voorgegee om die enigste ware verteenwoordiger van Suid-Afrikaanse swartmense te wees. Dit was nie dadelik suksesvol nie, maar voortdurende herhaling aan elkeen wat wou luister, het uiteindelik geslaag.

In die tussentyd was Afrikaners oor die algemeen min oor ons internasionale beeld bekommerd. Die mees suksesvolle teenvoeter was projekte deur die destydse departement van inligting. Dit is gesink om te verseker dat mnr PW Botha die politieke oorhand oor die betrokke minister, dr Connie Mulder, kon kry. Beelde van die latere noodtoestand het die Afrikaner se beeld tot die van moorddadige monster verswak.

‘n Kleiner wordende wêreld, waar die begrip van nasionale soewereiniteit aansienlik ingekort is, dwing enige groep wat na vryheid streef, om internasionale instemming daarvoor te kry. Natuurlik moet Afrikaners die werklikheid van selfbeskikking self skep voor enigeen dit kan erken, maar dit moet in die internasionale oog gedoen word.

Hierdie is nie die enigste poging om die Afrikaner se stryd te internasionaliseer nie. Verskeie groepe skep bewustheid van plaasmoorde en veronregting van Afrikaners. Die Volksverkiesingskommissie is besig om die regstegniese aanspraak op selfbeskikking te bevorder. Afrikaners in die buiteland doen waarskynlik veel om wanopvattings oor ons verlede reg te stel. Spontane sowel as doelgerigte pogings kan mekaar aanvul om internasionale erkenning te verkry wanneer die werklikheid van selfbeskikking geskep is.

Orania se unieke waarde lê in die werklikheid wat geskep is, terwyl dit uit die staanspoor aan die groot klok van uiteindelike vryheid gehang is. Onderhandeling en selfs samewerking met die Suid-Afrikaanse owerheid het reeds daaraan ‘n vlak van erkenning gegee, wat getalle alleen nie sou regverdig nie. Daarom kan Oraniërs op buitelandse besoek van groter belang wees as die belangstelling wat dit in die media uitlok.

4 gedagtes oor “Orania se skakeltoer na Europa

  1. jan

    Soos altyd ‘n uitstaande positiewe berig rassioneel en eerlik opreg. Baie indrukwekkend dankie Wynand. Ek let op dat Naspers nou begin om te volg met die konsepte en onderwerpe wat hier behandel word.
    Dis ‘n geweldige verandering noudat ons tegniese kuber issolasie iets van die verlede is.
    Inderdaad is ons besig om soos n Phoenix te herreis en uit sak en as op te staan uit 40 jaar se vloek van Tsafendas.

    Ja ons het ‘n kosbare storie om te vertel van hoop en verwagting en liefde vir ons volkie se kinders.Ons wil vertel van die nuwe erflating van ‘n Tuiste vir die Chrsiten Boerevolkie ,met ewigheidswaarde in die plek van die onteiening en ballingskap en dood.

  2. tulp

    Op de film over Orania van Tobias Lindner verschijnt op een gegeven ogenblik een Afrikaner-seun die met een zucht enige kritiek uit op Orania: je mag dit niet, je mag dat niet, enz. – Wij vonden het eigenlijk wel een grappig stukje in de film. Nu hoorden wij onlangs, dat deze jongen, Baksteen, heette en dat hij Orania is uitgestuurd en tenslotte in Pretoria is doodgeschoten.
    –Dit heeft ons nogal droevig gestemd. Wat een verlies en wat vreselijk jammer! Wij denken nu, had deze jongeman niet in Orania kunnen blijven? Dan had hij nu nog geleefd! Of is de info die wij kregen, niet juist? Het kan, maar wij zijn bang van wel.
    –Wij hebben eigenlijk een goede(!) indruk gekregen van de Orania-werkers die zich in Orania inzetten voor de opvang van gestrande Afrikanerjeugd dat naar Orania komt.
    –Toch zijn wij naar aanleiding van deze jongeman droevig gestemd. Het zijn met name ook deze boerseuns die de Volkstaat moeten opbouwen. Orania en Afrikanerland heeft hen nodig. Wij moeten niet één, maar drie extra mijlen gaan om deze afrikanerkinders te behouden voor Orania en de Volkstaat. En wij moeten daar ook geen romantische voorstelling van hebben: jeugd van die leeftijd is tegendraads en soms meer dan stout! Wegsturen uit Orania mag eigenlijk alleen een laatste(!) maatregel zijn. Ons moet alles probeer om vir hulle lief te hê en hulle te behou. Asseblief mense, moenie vergeet nie. –
    Ons glo ook, die Orania-werkers doen baie goede werk en ons wens hulle baie wysheid toe, as hulle daagliks saamloop met hierdie jong afrikanerseuns en dogters, beter toekoms toe!

  3. In antwoord op die vorige skrywe: mense word nie maklik uit Orania uitgesit nie. Ons standpunt is dat elke mens ‘n tweede kans verdien en dat Orania dit bied. Ons moet egter beheer en dissipline toepas, want anders vernader Orania oornag van ‘n veilige hawe na #n misdaadnes. Mense wat oortree kry waarskuwings op waarskuwings, maar party is ongelukkig onrehabiliteerbaar, dit is asof hulle keer op keer terugval in hule ou misdadige gewoontes en so wil lewe, losbandig en misdadig. Natuurlik maak ‘n ou soos Baksteen, wat maar nog ‘n halwe seuntjie is, ‘n mens se hart week en was ek ook ontsteld om te hoor dat hy geskiet is, al het ek hom net vlugtig gesien.
    Ek ken nie die spesifieke geval van Baksteen nie, maar so ver ek weet was daar mense wat opgekom het vir hom en hy het meer as een kans gekry. Dis nie dat hy weggestuur is in die moordhool Johannesburgg toe nie, hy het gekies om nie ‘n Oranier te wil wees nie maar eerder weer sy ou lewe voort te sit. Ek ken ook nie die spesifieke omstandighede van sy dood nie, dalk kan Tobias meer lig op dit werp, maar soos ek verstaan het hy homself weer in sy misdadige omgewing terug geplaas. Ook in JOhannesburg is dit moontlik om ‘n ordentlike lewe te lei, ek het self 2 jaar daar geleef, dit hang af in watter geselskap jy is. Orania gooi vir mense in nood ‘n tou om aan vas te hou, maar as jy die tou laat vaar dan spring ons nie agterna om jou te red nie en verdrink in die proses self.

  4. ‘n Veldtog kan selfs grondeienaars aanmoedig om vooraf ontwerpte borde aan te skaf waarop die Afrikanernaam van ‘n dorp of straat aangebring is. Dit kan besoekers wat byvoorbeeld Pretoria ongereeld besoek, help om hulle pad te vind, terwyl die erfenis behoue bly.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s