Kleinfontein, nes Orania, in die visier

Kleinfontein is ‘n Afrikanergemeenskap 30 kilometer buite Pretoria. Die dorp is die tuiste van sowat 1000 inwoners en funksioneer in baie opsigte soos die volkstaatgroeipunt Orania in die Noord-Kaap.

Die gemeenskap het in 1992 tot stand gekom. Alle arbeid word deur Afrikaners verrig en daar is min tot geen misdaad. Kleinfonteiners verkies hul eie bestuur, wat verantwoordelik is vir die lewering van munisipale dienste en die handhawing van orde.

Ingevolge artikel 235 van die Suid-Afrikaanse grondwet het alle taal- en kultuurgroepe die reg tot selfbeskikking binne ’n territoriale entiteit. Kleinfontein is ’n voorbeeld van ’n gemeenskap wat op hierdie basis ’n hoë mate van selfbestuur toepas.

Tog kom die gemeenskap dikwels onder vuur van die Tshwane Munisipaliteit. Die hoofstroommedia dra verder by tot die wanpersepsie dat Kleinfontein ’n rassistiese “slegs blanke” enklawe is, eerder as om erkenning te gee aan die gemeenskap se Afrikaner kulturele identiteit.

“Die strewe na die selfstandigheid in al sy vorme en selfbeskikking van ‘n kultuurgemeenskap is legitiem en kan konstruktief bydra tot groei in Suid-Afrika,” sê mnr Jaco Mulder, LPW en VF Plus partyleier vir Gauteng.

Daar word telkens in die media negatief berig oor Afrikaner kultuurgemeenskappe soos Orania en Kleinfontein wat daarna streef om ‘n groter mate van selfstandigheid te behaal terwyl Xhosa, Zoeloe en ander gemeenskappe die roede gespaar word.

Die bestaan van ‘n “black lawyers forum” wat ‘n suiwer rasgedrewe assosiasie is, word verdra terwyl ‘n kultuurassosiasie van ‘n groep as rassisties beskou word.

Volgens Mulder bevorder die VF Plus die beginsel dat enige groep selfstandigheid kan nastreef en besonder die Afrikaner wat toenemend deur middel van rasgebaseerde wetgewing van deelname aan die ekonomie ontneem word.

“As Afrikaners nie gemaklik voel met die afrikanisties-sosialistiese waardestelsel van die ANC of die liberaal-afrikanistiese stelsel van die DA, is dit onbillik om dit as rassisties te beskryf,” meen Mulder.

Afrikaners het tot nou ‘n reuse bydrae gelewer tot die ontwikkeling van Suid-Afrika en kan verder as ontwikkelingsgemeenskap bydra indien hul onbedreig as kultuurgemeenskap oor hul eie sake kan seggenskap behou.

Mulder het aangedui dat die VF Plus se affiliasie by UNPO (Unrepresented nations and people’s organisation) ‘n waardevolle bydrae lewer om die Afrikaner se reg op selfbeskikking op die nasionale agenda te plaas.

“Die party het ook gedurende die grondwetskrywende proses van 1996, artikel 185 wat die regte van taal-, kultuur- en geloofsgemeenskappe beskerm en artikel 235 wat selfbeskikking bevorder, in die SA grondwet ingeskryf,” aldus Mulder.

Gemeenskappe soos Kleinfontein en Orania is konkrete bewyse dat daar vandag duisende Afrikaners is wat verkies om binne konteks van hul eie kultuur te lewe en hulself te bestuur. Dit is elke kultuurgroep se grondwetlike reg en dit voldoen aan alle internasionaal aanvaarde riglyne met betrekking tot selfbeskikking.

In ’n land wat gekenmerk word deur sy kulturele diversiteit is dit ironies dat die hoofstroommedia en politieke swaargewigte soos die ANC en die DA kultuur opsy skuif en slegs in terme van ras kan dink wanneer dit by Afrikaner aangeleenthede kom.

21 thoughts on “Kleinfontein, nes Orania, in die visier

  1. Hanko

    Die artikels 185 & 253 is mos deel van ‘n wet of nie ? Of is dit net riglyne ? Rede ; As dit deel van ‘n wet is (Grondwet) ,mag daar mos dan ‘n klagte gelê kan word en hof toe gaan ,of is ek onnosel ? Ek sien altyd dat die twee partye wat eintlik dieselfde bed deel ( só ‘n snaakse saamgeblyery) ,ANC en DA mekaar gereeld aanspreek in die hof oor dinge wat pla . Wat is die burgermeester anders as deel v/d ANC ? Kan hy nie in amptelike EN private hoedanigheid aangespreek word nie ?

  2. Anthony Schlemmer

    Die media se negatiewe en verkeerderlike beskrywing van Orania en Kleinfontein, is soos ‘n oorweldigende Tsunami. As ek die artikels lees is ek baie keer tot in my siel geskok oor die twak wat hulle kwytraak.

    Bogenoemde artikel behoort op die voorblad van Rapport te verskyn.

    Ons het die grondwet artikel 235 aan ons kant. Maar al hierdie swak publisiteit stol ons groei. (Soos oor die laaste 21 jaar)

  3. tulp

    Ongelukkig kan ons nie vir Kleinfontein ondersteun nie. Hoe kan Afrikaners in die midde van die swart hartland probeer n eie ‘volkstaat’ te stig? Dit lyk vir ons: jy vra moeilikheid en jy sal dit nooit win nie. Boshoff Senior het die NoordKaap-area aangewys as die regte gebied vir die Volkstaat, op grond van verskillende redelike argumente. Jy kan dit lees in sy boek: Dis nou ek. – Afrikaners gaan die res van Suid-Afrika verloor. Probeer vasbyt of probeer in stukkies grond n Volkstaat te stig, maak nie sien nie: net onrus en ergenis vir swartmense en net verspilde kragte, wat anderste vir Orania kan ingeset word.
    Daarnaas lyk vir ons die gees in Kleinfontein nie dieselfde as wat die Orania-bestuur van nu, beheers: nie rassisme nie, nie nasionalimse nie en probeer aansluit by die swart regering – anderkant is die Orania-bestuur vasbesluit om die Volkstaat te bou. Net hierdie 2 spore kan die redding vir die Afrikaners beteken. Daar is nie ander moontlikheid nie of ander pad nie!
    Dit lyk vir ons nie verstandig nie om Orania en Kleinfontein te probeer verbind, soos in hierdie artikel hierbowe nie.

    1. Tulp, sommige mense kan eenvoudig nie trek nie. Wanneer daar ‘n soewerein onafhanklike Afrikaner volkstaat tussen Orania en die Weskus bestaan, gaan baie Afrikaners steeds buite daardie grense woon. As sommige Afrikaners verkies om kantons elders te stig, dan is dit hul goeie reg.

      Ons moet eerder wedersyds voordelige geleenthede vind waar ons met mekaar kan saamwerk, as om te probeer bewys wie nou eintlik reg is en wie nie.

      Ek weet van heelwat Kleinfonteiners wat ook in Orania bele. Kleinfontein is ‘n werklikheid wat deur Afrikaners geskep is, nes Orania. Hulle verdien ook erkenning.

  4. tulp

    Quintin, wat sal gebeur, is, dat Kleinfontein net ergenis sal opwek vir die swartmense. Hulle sal nooit nie toestaan, dat n selfstandige volkstaat/kanton in hulle hartland bestaan. Kleinfontein het nie n kans nie om te win nie.
    Dit sal beter wees, as Afrikaners besef, die enkel kans vir oorlewing lê in n eie Afrikanerland in die area van die Noord-Kaap.
    Dis net n kwessie van tyd en die ANC sal die boere se grond afneem orals in SA. Afrikaners kan vasbyt en vasklau, maar hulle het nie mag nie, niks nie, om dit te keer nie. Afrikaners gaan dit verloor. Nee, dis nie reg nie, hulle het reeds verloor.
    Daar is net één pad: Orania en vanuit Orania kan Afrikaners die Volkstaat bou.
    Dis die enkel pad, redding toe.
    Daar kom by: die swarte regering sal homself teen Kleinfontein keer. As ons Orania en Kleinfontein saam bind, is die gevaar, dat die swart meerderheid hom ook teen Orania keer.

    Orania is nog n kweilbekkie, n baba. Ons moet al kragte ge vir hierdie kind en hy moet groei so sterk, dat hy nie kan verdwyn nie, ook nie onder politiek teenmaatreéls en druk. Orania-werkers moet die wereld inloop en die boodskap van Orania vertel en uitdra, soos die tourgroep hierdie weke het gedoen. Ons moet ook die jong Afrikaners en matrieks vir die Volkstaat win. As hulle denk: ons, Afrikaners, is waard om te bly bestaan in SA as n volk en as individue, kom dan, jong mense, Orania toe en help bou die volkstaat, julle toekomstige land.

    Ons moet al ons kragte ge vir Orania en van dai plek uit die volkstaat bou. Hoekom? As ons nie so maak nie, as ons dit nie klaar kry nie, sal die Afrikanervolkie nie oorlewe nie.

    En ons moet die ding doen, sonder vies te wees vir swart mense! Ons, Afrikaners, is nie beter mense nie. Ons wil net lewe. In hierdie SA kan ons nie lewe nie: ons mense word vermoor, ons kinders word geban van Universiteit, ons manne en vroue kry nie werk nie, ons mag amper nie ons eie taal praat nie, ens. ens. Die situasie is nie reg nie. Ieder mens, wat n verstand hê, sal dit nie aanvaar nie. Ieder mens! Met hierdie boodskap is daar kans, ons kry ook steun vir ons planne en redding in Europa. En dit, Quintin, sal ons help. Die einddoel is Afrikanerland, die land vir Afrikaners, waar hulle in vrede en veiligheid kan lewe en hulle eie regering kan kies. Jy kry so ding nie reg nie, binne enkele jare nie. En die pad soontoe, is nie maklik nie!

  5. Dante Strauch

    Die verskil tussen Orania en Kleinfontein is dat Orania ‘ n Volkstaat groeipunt is en Kleinfontein slegs ‘n Afrikaner dorp/gemeenskap. Dit is seker hoekom Orania baie beter bemark word en ook baie meer media dekking geniet, goed en sleg. Iets wat my opgeval het toe ek so maand terug die eerste keer Orania besoek het is dat dit ‘n baie oop gemeenskap is, die hoofpad loop dan selfs deur die dorp en enigeen kan kom en gan soos jy wil, teenoor Kleinfontein wat meer geslote is. Vir Tulp wil ek net noem Kleinfontein se bestaan doen geen buitestaander skade nie en hulle hoef vir niks jammer te wees nie, hulle het niks by iemand gesteel nie en poog slegs om ‘n veilige omgewing vir hulself te skep! Hoekom moet Gauteng se swartes omgee wat daar gebeur? Ek het geen se oor die swart trust gebied 30km van my af nie so wat is die verskil?

  6. tulp

    Dagse Dante,

    ons sien dit so: Orania se naam is nie so sleg nie. In die buiteland is daar enig begrip vir julle boodskap en in SA het verskillende presidente (ook Zuma) vir Orania kom kuier en hulle was nie vies nie. Jy kry Afrikaners wat vies is, maar baie Afrikaners is ook lief vir Orania en hulle aantalle neem toe. Miskien inderdaad ook, omdat Orania oop gemeenskap is en hulle bestuur en leiding nie rassisties is nie en hulle bied n tuiste vir die Afrikaners.
    Ek wil nie die ouens van Kleinfontein swart maak nie, maar dit lyk vir my, Kleinfontein het nie dieselfde ontvangs nie. Hulle is geslote en hulle lyk nasionalisties. Dit lyk vir oue apartheid. Dit maak die swartmense kwaai.
    As ons nou die boodskap gaan uitge: Orania en Kleinfontein is dieselfde, gaan ons ons goede naam verspeel. Dit lyk nie verstandig nie.
    Ons vra moet hierdie wees: Wat moet ons maak om die Volkstaat digterby te breng? Hoe maak ons Afrikanerland realtiteit en wat moet ons doen om dit te bevorder?

    Orania en Kleinfontein op 1 lyn te stel? Ons denk nie so nie.

  7. Sara

    Ek dink die geografiese ligging van hierdie twee dorpe verskil daarom kan Orania in die meer landelike, ylbevolkte Noord-Kaap meer ‘n “oop beleid” volg terwyl Kleinfontein te midde van ‘n digbevolkte gebied lê en as hulle ‘n “oop” beleid gaan volg, sal hulle deur misdaad geteister word.

    Minderheidsgroepe se kulturele regte word deur die SA grondwet beskerm en internasionaal erken en solank hulle nie enige groep benadeel nie, kan ek nie verstaan waaroor die bohaai gaan nie. So ‘n klein groepie mense kan tog nie ‘n bedreiging vir die magtige Suid-Afrika wees nie! Die DA is al net so belaglik soos die ANC.

  8. Zaan

    Waaroor gaan die bohaai nou? Dis mos nie ‘n wedstryd tussen Oranje en Kleinfontein nie.
    Ek is ‘n Kleinfonteiner en trots daarop! Dit gaan oor ons Afrikanerskap, taal, kultuur en Godsdiens. Ons is hier om te bly.

  9. anthony manesa

    they can do it they need to remove all displaced Afrikaners from the camps and moving them to Orania and create A kibbutz style like Israel.then they will survived. the south african police his weak and the army ,then they need to arm them self and wait .it can be done .

    1. Toe Brandon Huntley vir asiel in Kanada aansoek gedoen het (en dit gekry het) was daar blykbaar ‘n vrou op die “Independent Immigration and Refugee Board.” wat gevra het waarom Kanada nie eenvoudig ‘n vliegtuig Suidafrika toe stuur en al die wit mense Kanada toe bring nie.
      Dit is seker goed bedoel, soos die geskryf hierbo, maar dit is sulke gebrek aan verstand wat Boere in die eersteplek in hierdie slegte situasie gekry het, dit was die sefde tipe onkunde, die selfde tipe mense, wat die voor-’94 regering grond toe geruk het. Hulle kan nie Suidafrikaanse realiteit van hulle World-of-Warcraft speletjies onderskei nie.

  10. In hierdie proses het Afrikaners, met hul sterk Westerse kulturele identiteit en waardestelsels, besef dat hulle as klein minderheid nie alleen politieke magte oor die eenheidstaat sal kan uitoefen nie. Onder leiding van die Nasionale Party is daar toe in die 1950’s besluit op ‘n beleid van afsonderlike ontwikkeling wat mettertyd as apartheid bekend gestaan het. Hiervolgens sou nege swart etniese groepe uiteindelik oor hul eie grondgebied beskik en ten volle onafhanklik kon word. Dit was duidelik ’n poging van Afrikaners en hul kultuurgenote van Britse afkoms om hul eie voortbestaan te waarborg te midde van ’n groot meerderheid van swartmense uit Afrika en waarvan die twee groepe se kultuur en waardestelsels tot vandag toe diepliggend van mekaar verskil. Lees ’n mens vandag die toespraak wat dr. H.F. Verwoerd in die Savoy-hotel voor die Suid-Afrikaklub in Londen in 1960 gelewer het, ontstaan daar ’n mate van begrip vir hoe daar destyds oor sake van hierdie aard geredeneer is.

  11. tulp

    Okay, nog n keer: moenie n volkstaat probeer stig nie in die hartland van die swart SA, dis Pretoria. Swartmense gaan vies wees vir dit, want hulle gaan denk: vir hierdie stukkie grond is ons nie welkom nie. Volgende stap sal wees: hulle gaan denk, hoe kry ons dai Kleinfontein uit?
    Is dit alles? Nee, as jy nou Orania gaan verbind met Kleinfontein, gaan die swart mense hom ook teen Orania keer.
    Die oude Boshoff het hierdie raak gesien:
    1) in SA onder n swart regering kan die Afrikaner nie oorlewe nie
    2) wil die Afrikaner oorlewe, dan moet hulle n eie land/volkstaat stig: dis die enige pad redding toe
    3) ons moet daar n volkstaat stig, waar ons nie bots met ander volke nie en waar nog plek is vir ons
    4) waar is die plek: Noord-Kaap-area
    5) ons stig en bou die volkstaat nie met beklei – en oorlogspraat teen die swart regering nie, maar ons probeer saam te werk met swart en met ander mense

    Sien julle, dis die verstandige plan, wat vir al mense vrede en rus kan beteken en vir die Afrikaner………… veiligheid en redding en n toekoms in sy Volkstaat.
    Nog n keer: ons wil nie lelik praat vir Kleinfontein nie, maar inset en roeproep (‘ons saam met Kleinfontein is trots boere, ens, ens.’) gaan net moeilikheid maak.
    Nog n keer: ons moenie vir moeilikheid soek nie, maar vir goeie resultate: vrede en redding en die Volkstaat.

    1. Kan jy jou voorstel as Pres. Steyn gesê het:
      “Nee wat Kruger ons kan nie help nie, die Engelse gaan vies wees.”?
      Jy saai verdeeling tulpie, kom reg of kom weg.

  12. LouisDS

    daar gebied paar lesse wat ons kan neem uit hierdie episode

    1. die persepsie is gewoonlik meer belangrik as die feite. Die bemarking van ‘n idee is meer belangrik as die idee self

    2. hou jou boodskap konsekwent

    3. Die vinniger plekke soos Kleinfontein en Orania meer afhanklik is van hulself en minder afhanklik van die staat vir dinge soos water, elektrisiteit en ander dienste, hoe beter.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s