Geen simpatie met brandende Swede

Na dae van onrus en etniese konflik in Stockhölm, het die ernstige situasie na ander stede in Swede oorspoel. Die konflik woed hoofsaaklik tussen die immigrante bevolking van Swede en die polisie.

Die onruste het Sondag 19 Mei begin nadat die polisie op 13 Mei ’n bejaarde immigrant doodgeskiet het. Die man was gewapen en het op die polisie afgestorm. Sedertdien het massas ongelukkige immigrante die strate ingevaar en groot skade aan privaat sowel as publieke eiendom aangerig.

Die mees simboliese insident tot op hede is toe ’n polisiekantoor in Malmo, in die suide van Swede, op 22 Mei aan die brand gesteek is deur die betogers. Veral motors in parkeerareas word geteiken en aan die brand gesteek. Die Sweedse betogings herinner baie aan die wettelose immigrante opstande in Frankryk en België (2005) en Engeland (2011).

Nagenoeg 14% van Swede se bevolking bestaan uit immigrante. Byna eenmiljoen immigrante is van nie-Europese lande afkomstig, vernaam Iran, Irak, Turkye en Somalië. Derdewêreld immigrante maak sowat 10% van Swede se bevolking uit.

Terwyl lande soos Denemarke en Oostenryk baie streng immigrasie wetgewing toepas, is Swede alombekend as die Europese land met die oopste grense vir Derdewêreldse immigrante.

Die Sweedse regering poog al vir dekades om van dié land ’n multikulturelestaat te maak en vir hierdie doeleinde bied Swede ongelooflike maatskaplike toelaes aan immigrante. Ongekwalifiseerde en werklose immigrante verdien maandeliks meer danksy hul staatstoelaes as wat gekwalifiseerde jong werkendes en pensionarisse verdien.

Met die huidige ekonomiese krisis in Europa, het die Sweedse regering geen ander keuse gehad as om die welsyn uit die staatskas stelselmatig te begin sny nie. Gevolglik het die werklose immigrante bevolking van Stockhölm opstandig geword en moes die polisie orde probeer herstel in immigrante woongebiede. Te midde hierdie omstandighede het die voorval op 13 Mei plaasgevind.

Alhoewel daar met die Sweedse brandweer, polisiemanne en –vroue gesimpatiseer word vir die aanslag wat hulle in die gesig staar, is dit moeilik om enige simpatie met Swede in geheel te hê.

Swede het vir dekades lank die ANC befonds vanuit die buiteland terwyl hulle terreuraanvalle, soos die Kerkstraatbom op 20 Mei 1983, teen die Afrikaner-bewind geloods het. Kortliks voor die 1994 verkiesing het Swede met trots bekendgestel dat hulle meer as R 55 mil. daai jaar alleen aan die ANC geskenk het.

Gedurende die 1980’s kon die Suid-Afrikaanse intelligensiedienste bewys dat Swede gehelp het met opleiding en befondsing van Umkhonto-weSizwe (MK) terroriste. In 1996 het Eugene de Kock getuig dat die PW Botha-administrasie verantwoordelik is vir die sluipmoord op die Sweedse Eersteminister Olof Palme, 21 Februarie 1986.

’n Week voor sy dood het Palme ’n groot anti-apartheid vergadering in Swede gehou waarby hy, tydens sy toespraak, gesê het: “The Afrikaner regime cannot be reformed, it has to be eliminated”.

9 thoughts on “Geen simpatie met brandende Swede

  1. Eddie

    Die Swede het ook die terroriste in die destydse bosoorlog bevonds en bygestaan. Hulle het ook die fin stadies beman waar die terroriste mediese behandeling ontvand het. Hulle is hand om die blaas met die ANC en sy trawante.

  2. Anthony Schlemmer

    Ek hoop hulle brand sommer die hele land af! Die Swede beteken niks vir die Afrikaner en die westerse beskawing nie!

  3. Dante Strauch

    Is dit nie so ironies dat lande soos Swede wat so beskaafd is en eintlik die bakermat van westerse kultuur moet wees besig is om dit te vernietig ter wille van humanise nie? Sal ons stryd as Afrikaners nie soveel makliker wees as Europa finaal besef dat multi-kulturisme n euwel is nie? Ek is seker dat daar baie meer wandade gepleeg word agv multi-kulturisme soos al die geweldadige opstande, misdaad, terreur aanvalle ens as wat Apartheid ooit kon veroorsaak! Kom ons verklaar nou hierdie multi-kulti klug ook as n sonde teen die mensdom! En n sonde teen beskawing! Brand Swede, brand!

  4. Andre de Kock

    Daily Telegraph: Swedish dreams of a Perfect Society shattered.
    Like the millions of other ordinary Swedes whom he now sees himself as one of, Mohammed Abbas fears his dream society is now under threat. When he first arrived in Stockholm as refugee from Iran in 1994, the vast Husby council estate where he settled was a mixture of locals and foreigners, a melting pot for what was supposed to be a harmonious, multi-racial paradise.

    Two decades on, though, “white flight” has left only one in five of Husby’s flats occupied by ethnic Swedes, and many of their immigrant replacements do not seem to share his view that a new life in Sweden is a dream come true. Last week, the neighbourhood erupted into rioting, sparking some of the fiercest urban unrest that Sweden has seen in decades, and a new debate about the success of racial integration.

    “In the old days, the neighbourhood was more Swedish and life felt like a dream, but now there are just too many foreigners, and a new generation that has grown up here with just their own culture,” he said, gesturing towards the hooded youths milling around in Husby’s pedestrianised shopping precinct.

    “Also, in Sweden you cannot hit your children to discipline them, and this is a problem for foreign parents. The kids can feel they can cause whatever trouble they want, and the police don’t even arrest any of them most of the time.”

    This weekend, after six consecutive nights of rioting, Mr Mohammed was not the only one questioning the Swedish social model’s preference for the carrot over the stick. Many Swedes were left asking why a country that prides itself on a generous welfare state, liberal social attitudes and a welcoming attitude towards immigrants should ever have race riots in the first place.

  5. Dante Strauch

    Ek het so gedink aan Swede en sy akkomoderende houding jeens die immigrante wat baie moeilikheid veroorsaak en selfs vyandig is teenoor die staat, toe onthou ek daar is selfs ‘n mediese term vir so ‘n sielkundige toestand naamlik Stockholm sindroom! Hoe gepas is dit nie?! Dit is vernoem na ‘n insident waar werknemers van ‘n bank as gyselaars aangehou is vir dae lank maar toe het hulle ‘n vriendskaplike amper liefdevolle houding ingeneem teenoor die kriminele wat hulle aangehou het!

  6. Geen simpatie. Die punt is duidelik. Maar wat oor die oplossings? In Nederland raak die bevolking ook meer en meer boos oor die diskriminasie en intoleransie deur immigrante. Hulle is geheel op hulle eie en weier om deel te neem in die samelewing. Laas week was daar ook twee insidente in kaaskopland. Dit was egter nie die immigrante wat boos was, maar die oorspronklike Hollanders wat boos was vir die immigrante.

    Een insident was op die Paul Krugerskool (ja, ons eer ons helde) in die Transvaalkwartier in Den Haag. Lees meer oor die storie op my LitNet-blog. http://blogs.litnet.co.za/i90christian/2013/05/24/is-toleransie-van-intoleransie-tolerant/

    Bestaan daar oplossings (wat voldoen aan die internasionale reg se eise) vir hierdie probleme?

  7. Henri

    ‘n Australiese Premier hat aan die klomp moslems ‘n saak duidelik uitgespel toe hulle, moslems, in Austalie wou moeilik raak oor hul on – geloof. Sy woorde was ” jy het na na Australie gekom uit eie wil. Jy het geweet Australie kom wetende dat dit ‘n Christen land is. As jy nie tevrede met dit is en hoe ons hier leef nie, is jy welkom om te gaan. Ons wil jou dan nie hier hê nie. Jy gaan nie hierdie land en sy mense probeer verander om jou sin te kry nie. Ons was eerste hier, jy het agterna hier aan gekom.”

    ‘n Ander land Thailand het Nigeriers aanvanklik in Thailand toegelaat. Misdaad het begin toeneem en meer en meer vervolgings het plaas gevind. Die Thaise regering het dik geword vir die spul Nigeriers, hul verblyf permitte terug getrek en binne 90 dae was Thailand “skoon” Hulle mag wel besoek as toeriste, maar dit is dit.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s