Oorlog breek uit in die Krugerwildtuin

Die Wildbewaarder Vereniging van Afrika (WVA) het ’n beroep op Jacob Zuma en die regering gedoen om ’n permanente teenwoordigheid van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) in die Krugerwildtuin te vestig.

Dit volg nadat ’n veldwagter, mnr Andrew Desmet, op 24 Mei ernstig gewond is tydens ’n skermutseling tussen ’n wildbewaardereenheid van die Suid-Afrikaanse Nasionale Parke (SANParke) en gewapende renosterstropers in die Krugerwildtuin. Daar is beslag gelê op ‘n 458-swaarkalibergeweer tydens die operasie.

Volgens die WVA is daar reeds 1065 renosters om die lewe gebring in die Krugerwildtuin sedert 2010.

In ’n verklaring meen die vereniging dat “professioneel opgeleide en gewapende militia van Mosambiek daagliks die grens oorkruis met die doel om renosters te stroop. Hierdie krisis het nou oorspoel in ’n oorlogsituasie want nie net bedreig die militia die lewens van Suid-Afrikaanse burgers nie, maar hul aksies veroorsaak ’n massiewe impak op die omgewing en die land se toerisme industrie.”

Toerisme maak nagenoeg 9% van die Suid-Afrikaanse Bruto Nasionale Produk uit en sorg vir ongeveer 1,2 miljoen werke.

“Dit is nie en was ook nog nooit veldwagters se verantwoordelikheid om Suid-Afrika se grense te verdedig nie,” aldus die WVA.

Op 3 Mei het veldwagters ’n wildstroper by die Krokodilrivier doodgeskiet. Agt stropers is in hegtenis geneem, maar twee het gevlug na Mosambiek. Die veldwagters het o.a. vuurwapens en twee renosterhorings in die stropers se besit gevind.

Volgens SANParke woordvoerder, mnr Paul Daphne, word daar vanjaar gemiddeld 12 renosterstropers per maand in hegtenis geneem in die Krugerwildtuin. Die gemiddeld verlede jaar is 6 arrestasies per maand.

“Die toename in arrestasies dui op ’n toename in die hoeveelheid renosterstropers wat in die Krugerwildtuin beweeg,” sê mnr Daphne.

In 2011 het die SANW Operasie Corona in die Krugerwildtuin uitgevoer. Volgens brig.genl. Koos Liebenberg het die aantal renosterstroopvoorvalle in die Krugerwildtuin daardie jaar van 40 per maand (Maart) tot slegs 2 (Junie) gedaal.

Terwyl SANParke se veldwagters ’n oorlog in die gesig staar, is Jacob Zuma van mening dat miljoene rande eerder spandeer moet word om SANW troepe na gebiede soos die Sentraal-Afrika Republiek te ontplooi om “oorlog ervaring op te doen”.

Mnr Jaco Mulder, VF Plus LPW en Gauteng-leier, het uitgewys dat die sg. Kaftan-grenslyn tussen Suid-Afrika en Mosambiek tans “in ’n byna onherstelbare toestand” is.

In 2009 is ’n 30km lange 3.3 kilovolt kabel langs die grenslyn gesteel, met die gevolg dat die grensheining se kragsubstasies afgesny is. Groot dele van die oorblywende grensheining is of gesteel of deur onkruid toegegroei.

Die ongekende toename in plaasaanvalle in die Laeveld is ’n verdere gevolg van die Suid-Afrikaanse regering se onvermoë om die integriteit van sy grense te beskerm. Op ’n plaas in die Komatipoort-distrik was daar onlangs ’n voorval waartydens ’n vrou deur ’n Mosambiekse bende, wat hulself die Ninjas noem, herhaaldelik verkrag is vir meer as tien ure lank.

“Hierdie is alles tekens van ’n regering wat gefaal het en a.g.v. korrupsie en wanbestuur nie sy verpligtinge kan nakom nie,” aldus mnr Mulder.

Die Noord-Kaap, waar van die land se grootste wildreservate en -plase geleë is, is die enigste provinsie waar daar vir die afgelope twee jaar geen renosterstropery plaasgevind het nie. Dit is ook die provinsie waar die minste plaasaanvalle en rasgedrewe geweld voorkom.

22 gedagtes oor “Oorlog breek uit in die Krugerwildtuin

  1. Wynand

    Die provinsies waar Afrikaners in groot getalle teenwoordig is, is in soveel verskillende brandpunte, dat dit net gevaarliker kan word. Viva wye vlaktes, viva Orania!

  2. a theron

    Hoe ver word hierdie uiters belangrike berigte die land en die wereld ingestuur? Omrede die regering en sy meelopers nie Afrikaans praat of selfs verstaan nie, moet daar dikwels berigte in engels geplaas word, en dan in nuusblaaie wat deur alle bevolkingsgroepe gelees word. Indien jy dit verlang kan ek vir jou name, tel nrs, eposadresse ens. van die nuusblaaie in ons omgewing deurgee, sodat jy dit as briewe, wat gratis geplaas word, wyer kan versprei as net in die Vry Afrikaner. Ek lees elke woord van jou

    1. Cor, as Afrikaner kan ek dan getuig dat ek sowat 3 jaar gelede van Pretoria na die Noord-Kaap (Orania) getrek het en dat ek heel volhoubaar voortgaan met my lewe hier, dankie. Tewens, my lewenskwaliteit en -styl het ‘n stappie opgegaan te danke aan my skuif. Niks teen Pretoria nie – ek is net gelukkiger hier langs Suid-Afrika se langste rivier. Ironies dat sommige Afrikaners by die DA ook Orania as ‘n “dorre plek” probeer beskryf het, terwyl ons meer en skoner water as Kaapstad of Pretoria het… 30% van SA se graanproduksie vind dan in ons omgewing plaas. Dan praat ons nie eens van 60% van SA se druifproduksie wat in die Noord-Kaap plaasvind nie. Olywe, Pekanneute, mielies, lusern ens. ens. Ons het al byna 50 000 bome in Orania geplant! Klink dit vir jou dor, Cor? Dalk raak julle ouens al hierdie dinge kwyt omdat julle eintlik maar uit onkunde praat. Ek se nie dat ons in oorvloed lewe nie, ek dui net aan dat ons, die boere en die renosters almal hier ‘n volhoubare, gelukkige, veilige en vreedsame bestaan voer. Kan jy in alle eerlikheid dieselfde se van jou deel van die wereld?

      1. Johan Venter

        Quintin. Die beste wat ons kan doen is om persone en instellings wat graag ander persone en instellings wat Afrikanerselfbeskikking bevorder wil afkraak en beledig te ignoreer. Ek het al voorheen probeer om mnr Ehlers hiervan te oortuig, maar hy is net nie bereid om in te sien dat daar mense is wat van hom verskil en om dit te respekteer nie. Orania bou aan die positiewe – ‘n nuwe toekoms vir Afrikaners, in plaas van om ander inisiatiewe af te kraak. Orania beskryf homself nie as die enigste opsie of oplossing nie, maar het reeds ‘n volhoubare projek ontwikkel wat toenemend steun geniet en wat in die toekoms net sterker sal raak. Orania is die Afrikanerstad van die toekoms en volg die regte benadering van geleidelike ontwikkeling wat op die regte beginsels geskoei is. Dankie vir jou en al die ander Oraniërs se bydrae.

      2. Jy is reg Johan. Darem het ou Cor nou ‘n paar feite vanuit oase-Orania ontvang. Hy kan daaroor nadink wanneer hy eendag weer aan ‘n sappige Karoolamtjoppie smul daar agter sy elektrieseheinings en diefwering in sy pa-en-dogter-volkstaatjie waar 60% + van die mense vir die ANC stem!

    2. Vir die liewe Cor het ons skynbaar met ‘n statiese situasie te doen. Sy syfers re. die demografie van sy land Kanaan waarvan Gauteng die kern uitmaak het iewers gestagneer!

      Die jongste syfers vir Gauteng: Totale bevolking 12 miljoen plus. Hiervan maak die swart bevolking 78 persent uit. Die blankes maak sowat 15 persent uit en die Afrikaanssprekende komponent maak sowat 12 persent uit. Selfs die Engelssprekende groep is groter as die Afrikaanse.

      Die Afrikaanssprekende komponent is saamgestel uit beide kleurlinge en blankes.

      As ‘n mens dan die ‘ou’ blanke woon-areas wil losmaak uit hierdie mengelmoes sal jy meer as diepgaande navorsing nodig hê! Jy sal ‘n wonderwerk nodig hê.

      Daarenteen is die “woestyn” rondom Orania besig om te blom. Mense skram nie van Orania af weg nie maar sit eerder in afwagting vir die groeiende infrastruktuur om hulle te kan akkommodeer. Dit neem natuurlik tyd maar dis nog steeds vinniger as om te poog om aan lugkastele inhoud te gee!

  3. Naas

    Aan al julle ouens in Orania en aan Cor: Die huidige inwoners van Orania is die pioniers! Oral waar groeppe mense ‘n nuwe begin gemaak het, het eers net ‘n klein groeppie gegaan en toe, heelwat later, toe die ander sien dit gaan goed, het hulle gevolg en ook nie eers hulle nie maar hul kinders. Ek dink daar is duisende soos Cor en myself wat mooi dophou wat in Orania aangaan want ons wens ons kon daar wees. Ons het dan verskillende verskonings of redes waarom ons nie daar kan wees nie. Sommige soos Cor het baie kritiek en meen dat dit in elkegeval nie gaan werk nie, ander soos ek, wat reeds elders gaan wortel skiet het maar erken dat dit beter sou wees om Orania toe te gaan. Hoe ook al, Cor stel belang wat in Orania aangaan. Dis waarom hy nie net hierdie artikel gelees het nie maar daarop gereageer het.

  4. Dante Strauch

    Een van die mees basiese take wat ‘n regering moet verrig is om sy landsgrense te beskerm. Kyk maar na die arme ouens wat teen Lesotho boer, dis nag vir hulle, plaasmoorde, veediefstal, brandstigting noem maar op hulle kry dit. En selfs nie eers hofbevele kan die regering sover kry om dit stop te sit nie. Ons grense is almal oop vir al wat ‘n misdadiger is. Nou is dit net pure onbeholpenheid of wil hulle op ‘n manier hul vorige bondgenote probeer vergoed?

  5. Henri

    Wat my in die artikel tref is die volgende. Ons grens wat oop is, sekuriteit is daarmee heen, so ook die elektriese heining. Militia, militere ouens, soldate,?, renosters doodmaak in Suid Afrika? Die tipes vuurwapens, swaar kaliber. Wat probeer ek sê? Moontlik loop ek my in ‘n klomp kritiek vas, MAAR, as die ouens net kan oorloop waar daar geen beskerming of veiligheid is nie, staar ons meer en meer moorde in die gesig as wat ons ooit kan besef. Hierdie moordenaars, moontlik in samewerking met die ANC regering kan dan nie opgespoor word en vervolg word nie. Vandaar die lae inhegtenisneming syfers vir Boere moorde. moontlik ‘n rede dat die SA regering, by name, ANC regering, die volksmoorde maar net eenvoudig klasifiseer as “gewone misdaad” Is ALLE landburgers dan nie veiligheid gewaarborg deur die grondwet nie?
    Onwillekeurig vra jy jouself af, is hier dalk wapen opslagplekke betrokke, terroriste neste, wat kan ‘n mens verwag.?
    Ek dink ‘n mens is naief, of baie stupid as jy nie kan sien wat aangaan nie, en ja, daar word probeer om ons Afrikaners te mislei, so ook die kinders en jeug. Wat het van ons geword en mense soos Cor, ek hoop in my hart dat daar nie regtig so ‘n ou soos Cor is nie, want ek kry hom jammer. Ek dink daar is met ‘n spesifieke rede die verhaal van die vyf wyse en vyf dwase maagde in die Bybel geplaas. Kom ons wees waaksaam en bid, want die vyand loop rond en kyk wie hy kan verslind. Dit is letterlik en figuurlik.

  6. jan

    Wat Henri skryf van ons disfunksionele meerderheidsdiktatuur staat is soo waar.

    Dit gee mens die idee waarmee Orania bestuur besig is – wat op die spel is vir ENIGE volkstaat en Stamowerheid. Indien ons nie dieselfde pad wil loop as die ANC nie.

    Orania sal al hierdie funksies moet toepas waarvan Henri skryf.

    Andersom – potensiele selfbeskikking en die Volkstaat sal alleen moontlik wees daar waar die volksowerheid en gebied WEL die funksies kan uitvoer.

    Tot dusvêr het Cor geen argument behalwe die van Smuts oor ‘externe selfbeskikking’ wat hy nou aan die geografie koppel. Terwyl die geografie van Orania wetenskaplik ideaal is lsentraal angs die grootste rivier in die land.

    Vraag is of Cor weet van eksterne selfbeskikking wat Orania diskwalifiseer.? Of is hy ook maar van die Tsafendaskultus.

  7. elizabeth diederichs

    Die artikel het sy hele doel verloor die oomblik toe die oorlog verskuif het vanaf die brandpunt, nl Renosters wat op wreedaardige wyses gemoor word, na Orania. Dit gaan nie hier oor waar ons die lekkerste woon nie. Dit gaan oor die Renosters en wat ons aan die situasie kan doen! Wanneer gaan ons leer om saam te staan?

  8. Henri

    Elizabeth,
    Jy moet die arikel lees en nie net die gedeelte uithaal wat jou pas nie. Die artikel gaan oor die sekuriteit van die wildtuin, die land en sy mense. Renosters op die oomblik, is ‘n bysaak. As daar net soveel aandag en bekommernis was oor die verarmde Afrikaner boere wat in haglike omstamdighede woon, as wat aan diere gegee word, dink net hoeveel mense kan uit hul armoede, wat nie noodwendig hul skuld is, gehelp word. Diere op hierdie oomblik, mynsinsiens, is ;n bysaak.

    1. elizabeth diederichs

      Goeie more Henri

      Ek het die artikel in sy geheel gelees, sowel as die kommentaar daarop. Ek wonder net wanneer die “verarmde Afrikaner boere wat in haglike omstandighede woon” hulle vermoe van spraak en iets doen aan hulle omstandighede verloor het? Die Renosters aan die ander kant is oorgegee aan die MENS en sy vernietigende vermoe om ALLES te verwoes en of te VERBETER.

      Dink jy nie dat as die grens by die Kruger Park beveilig word, dit ook die boere wat na aan die grense woon sal beveilig nie? Help die uitmoring van die Renoster dan nie juis die Mens om sy doel te bereik nie?

      Die Wereld se oe is nie op die Afrikaner gerig nie, maar op die uitmoring van die Renoster, en vir dieselfde geld, ENIGE ander wilde dier wat vir een of ander obskure rede uitgemoor word.

      As ons, met ons intelligensie, die belangrike punt kan insien en tot ons gewin kan gebruik sal dit tog ook tot ons mede Afrikaners (ryk, middelklas of arm) se voordeel wees.

      Diere kan nooit ‘n bysaak wees nie. Sonder diere sal ons (elke mens op die aarde) baie arm wees. Diere het ‘n doel op die aarde, het jy nie biologie gehad op skool nie?

      Ek hoop jy het ‘n baie aangename dag.

      Elizabeth

      1. Henri

        In hierdie geval gaan geen dier hierdie nasie red nie en is en bly die dier op hierdie stadium ‘n bysaak. As jy in Suidwes was en ook die oorlog daar meegemaak hey sal jy dalk verstaan.

      2. Henri, die Grensoorlog is ‘n hele ander onderwerp. Dit is feitlik korrek dat die wereld se oe op renosterstropery is. Die Afrikaner se politieke onderdrukking onder die ANC-regime en selfs die gruwelike plaasmoorde is in hierdie geval bysake (in die oe van die wereld). Ek dink nie jy besef hoe ernstig die probleem rondom renosterstropery is nie. Ons moet alle middelle tot ons beskikking gebruik om onsself te bevry van hierdie bedeling. Deur ‘n gebied onder ons beheer te kry waar ons, maar ook die fauna en flora effektief bekerm word is immers die hele punt. Dis waarom ek uitgewys het hoe ons reeds ‘n verskil maak in die Noord-Kaap. Dis haalbaar dat ons ‘n meerderheid hier kan vorm en ons vryheid in die proses kan herstel. Deur omgewingsake (soos bv. renosterstropery) deel van ons beweegredes vir vryheid te maak, verander ons die wereld se persepsie van die Afrikaner en maak ons dit vir onsself makliker om ons hoofdoelwit te bereik. Dis tog logies.

  9. jan

    Wat die renosters betref kan dit maklik tot gevolg hê dat die regering gedwing sal word deur internasionale Groenes om die wildbedryf spesifiek renosterboerdery te nasionaliseer.

    En dis boere-afrikaners wat voor in die koor van die stropers is. soortvan : Doen hulle die joppie man-alleen met ‘n impi swartes. [ hoogere tegnologie met Gyro copters en GPS en satfone…. ]

    Dink net die wonnerlike meevaller wapen vir die grondeisers en onteiening van wittes se grond.
    …..
    Dink net as so ‘n Volksgenoot daar op Orania uitgekrap word waar hy kom skuil.!!!

    Dis toe ghastlie toe kontemplyt

  10. jan

    Ek probeer die potensiele voordele/geleenthede teenoor die gevare met betrekking tot Orania bespreek. Die volle prentjie skets.

    Dit was skrikwekkende feite wat ek genoem het veral die feit dat die kerngroep stropers almal Afrikaner Boere en Veeartse van Pietersburg was [ is ??]. Die tegnologie wat ek van praat is ‘n feit – en almal met Gyrocopters en Helikoters word met die grootste agterdog bejeen. Die manne styg van die bewegende vragmotor op en kom land weer op die bak in die ry met die Gyrocopters.

    Vir elke verleentheid is daar ‘n geleentheid glo ek. vraag is wat die geleenthede kan wees waar Orania Volkstaters betriokke kan raak.

    Enige pro- aktiewe voorstelle? in plaas van om gedurige net vir ons eie paaltjies te keer

  11. jkb1@xsinet.co.za

    Die plan van oorgrensparke is fantasties – dis beter as koper staal en elektrisiteit
    Boerdery het gedeversifiseer om onteiening vry te spring. Plase val nou onder meer as aan Departemente Landbou en Toerisme en Natuur bewaring en indien moontlik nog Mynbou ook.

    Slim plan om met buffels te boer want niemand sal dit naby waag nie. Nog slimmer om te meganiseer met lieflike tegnologie wat arbeid uitskakel. Verder word grond gekonsolideer tot megalandbou kiboetse en siedaar Orania kiboets is al klaar ‘n Kanton. In die ou dae was dit mos myndorpe rondom ‘n Losie en Masonic Hotel. of hoe?

    Maar hierdie renosterstropery gee my die horries… net rooi ligte waar ek kyk in my nagmerries.

    Hierdie artikel is soos al die ander absoluut in die kol.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s