Die prys van ekonomiese verblinding

soweto

 ”To hell with Afrikaans”, Soweto 16 Junie 1976

Die skole-opstand in 1976, wat later as Sowetodag en tans as Jeugdag bekend geword het, het volgens die meeste gepubliseerde bronne die ANC so onkant as die regering gevang. Die huidige president, mnr Jacob Zuma, is juis met die taak belas om vanuit ballingskap beheer oor dié onverwagse beweging te verkry.

Buiten vir nywerheidsonrus, was Suid-Afrika se politieke waters op die oog af heeltemal kalm. Die laaste grootskaalse onrus is met die noodtoestand na Sharpeville in 1960 beëindig en georganiseerde optrede met die Rivonia-verhoor in 1963.

In Afrikanergeledere het ‘n rustigheid posgevat dat die “volkereprobleem” in Suid-Afrika as’t ware opgelos was. Transkei was op die punt om volle onafhanklikheid te aanvaar en ander tuislande sou kort daarna volg. Swart Suid-Afrikaners sou hulle politieke regte daar uitoefen en besef dat dit tot almal se beswil sou wees.

Dat dit nie so eenvoudig was nie, is deur talle politieke ontleders beklemtoon. Nie net liberale groepe soos SPROCAS en die Progressiewe Party nie, maar ook Afrikaners soos doktors GD Scholtz, Nico Rhoodie en Chris Jooste het vir groter realisme gepleit.

Hoewel hulle nie noodwendig met mekaar geskakel het nie, was die tema van hulle waarskuwings dieselfde: As politieke ontstrengeling nie met ekonomiese ontstrengeling gepaardgaan nie, sou dit op die lange duur nutteloos wees. Dit is nie moontlik om ‘n vreemde meerderheid in die ekonomie te verwelkom, maar sosiaal en polities uit te sluit nie.

Die onluste wat op 16 Junie 1976 uitgebars het, het spoedig landwyd versprei. Die polisie was onvoorbereid en kon dit eers teen die einde van 1977 beëindig. Selfs daarna was dit smeulend, sodat herdenkings van Sharpeville in Maart, Internasionale Arbeidersdag in Mei en Soweto in Junie elke jaar spanningsvolle tye was. Selfs die mees geruste Afrikaner moes deur die omvang van opstandigheid verontrus gewees het.

Teen 1976 het min mense, swart politieke leiers ingesluit, geglo dat volledige politieke oorname binne agtien jaar sou volg. Die blanke kieserskorps het standvastig agter die regering gestaan en opposisie wat mettertyd ontwikkel het, was ten gunste van sterker optrede, nie groter toegewings nie. Die ANC en PAC het die gewapende stryd teen Suid-Afrika verskerp, maar kon nie die staat se fondamente skud nie.

Tog het ‘n stille proses sy gang gegaan. Namate blankes minder geneë was om ekonomiese ontstrengeling ten koste van ekonomiese groei deur te voer, het die verhouding tussen wit en swart toenemend ‘n blote magstryd geword.

Dit het al moeiliker geword om buitelandse mening van die billikheid van Suid-Afrika se saak te oortuig. Meningsvormers in Afrikanergeledere het self aan die reg van hulle saak begin twyfel. Tog het hulle nie vir ‘n radikale oplossing soos ‘n kleiner Afrikanerstaat, op eie arbeid gegrond, kans gesien nie.

Die uiteindelike skikking of oorgawe in 1994 is oop vir kritiek. Om egter te oordeel dat dit die gevolg van enkelinge se verraad was, of dat die drang tot internasionale sportdeelname die oorsaak was, is om die omvang van die probleem te misken.

Hierdie omvang kon in 1976 reeds duidelik gewees het, as ekonomiese belange nie so verblindend op Afrikaners se oordeel ingewerk het nie.

6 thoughts on “Die prys van ekonomiese verblinding

  1. Andre de Kock

    Moet nie die rol van Televisie in die hele opstand onderskat nie. Daar was jare se verset teen die inbring van TV in SA se abnormale gemeenskap-The country’s white minority government, under the National Party, viewed television as a potential threat to its control of the broadcasting media, even though the state-controlled South African Broadcasting Corporation (SABC) had a virtual monopoly on radio broadcasting. It also saw the new medium as a threat to Afrikaans and the Afrikaner volk, giving undue prominence to English, and creating unfair competition for the Afrikaans press.[1]
    Prime Minister Hendrik Verwoerd compared television with atomic bombs and poison gas, claiming that “they are modern things, but that does not mean they are desirable. The government has to watch for any dangers to the people, both spiritual and physical.” [2]
    Dr. Albert Hertzog, Minister for Posts and Telegraphs at the time, said that TV would come to South Africa “over [his] dead body,”[3] denouncing it as “a miniature bioscope [cinema] over which parents would have no control.”[4] He also argued that “South Africa would have to import films showing race mixing; and advertising would make [non-white] Africans dissatisfied with their lot.”[5] The new medium was then regarded as the “devil’s own box, for disseminating communism and immorality”.[6]
    However, many white South Africans, including Afrikaners, did not share Hertzog’s reactionary views and regarded the hostility towards what he called “the little black box” as absurd. When Neil Armstrong became the first man to set foot on the Moon in 1969, South Africa was one of the few countries unable to watch the event live, prompting one newspaper to remark, “The moon film has proved to be the last straw… The situation is becoming a source of embarrassment for the country.”[7] In response to public demand, the government arranged limited viewings of the landing, in which people were able to watch recorded footage for 15 min.[8]
    SAUK-TV het op 1 Januarie 1976 begin en dit het ‘n radikale invloed op almal se lewens gehad. Niemand kon onthou wat hulle gedoen het voor TV nie. Dit was erger as die hele selfoonrewolusie. Mense het in die hoofstraat van dorpe op stoele gesit om TV te kyk. Amper alles was in Afrikaans.
    Afrikaans was ook ‘n verpligte taal op skool vir swart leerlinge.
    Op die ou end was hulle meer gatvol vir Afrikaans as vir die Afrikaner.

    In die agtergrond was daar die Broederbond van Gerrit Viljoen-opvolger van AP Treurnicht as voorsitter van die organisasie-en later vise-kanselier van die Randse AFRIKAANSE Universiteit. Hy was ook Minister van Konstitusionele Ontwikkeling-DIE BELANGRIKSTE POS in die Kabinet-en dus verantwoordelik vir die verskillende staatkundige modelle wat oorweeg is vir die toekoms onder FW de Klerk. Gerrit Viljoen was dus die eerste onderhandelaar met die ANC en een van die voorbokke by CODESA.
    My punt is: Die Broederbond het namens ons almal besluit wat werk en wat werk nie.
    Hulle het besluit om Afrikaans in mense se kele af te dwing ( om die rewolusie aan te stook en so hulle eie agenda te bevorder?)
    Die Broederbond het die Nasionale Party beheer-en dus die rigting bepaal wat die regering sou inslaan.
    Gerrit Viljoen is opgevolg as voorsitterer deur Carel Boshoff-stigter van Orania.
    In dieselfde tyd moes die volgende mense saam daar gedien het-saam in vergaderings gesit het en saam besluite geneem het: Gerrit Viljoen,Carel Boshoff, PW Botha, FW de Klerk, Marthinus van Schalkwyk, Anton Rupert en PIK Bitha.
    Kry nou die kloutjie by die oor.

    1. Andre, as ek dit nie mis het nie het prof. Carel Boshoff reeds in die 1980’s by die Broederbond bedank en vandaar die res van sy lewe toegewy aan Orania. Dis foutief om aan te neem dat almal wat eens op ‘n tyd betrokke was by die Broederbond outomaties vrymesselaars is wat die ANC aan bewind wil he. ‘n Beter genuansieerde beskrywing van die organisasie en die verskillende dekades waarin hy bestaan, dit wat hy als vermag het ens. is dalk nie ‘n slegte idee nie.

      Verder is dit ook waar dat prof Boshoff en vele ander Natte gedurende die mid 80’s oorgestap het na die KP toe omdat hulle nie bereid was om die Bothas en toe later de Klerk te volg nie. Heelwat van daai KP manne het toe later oorgestap DP/DA toe. Prof Boshoff het egter by die VF aangesluit en gedien op die party se uitvoerende raad, leier in die Noord-Kaap en as LPW. Duidelik was hy nie ‘n mens wat by die vrymesselaarspolitiek van die DA aangepas het nie…

      Wat die TV se rol aanbeterf, dis baie interessant. Mens moet tegnologie vir jou laat werk voor dit teen jou ingespan word. In hierdie verband dink ek dat vryheidsgesinde Afrikaners heel aktief betrokke is by die nuutste tegnologiese tendense en dit gebruik ter bevordering van ons ideale.

  2. Kyk mooi na die foto hierbo… wie ook al die banier gemaak het, kon nie eens Affrikaans (??) spel nie! Dalk moes hulle liewer nie die skool wat vir hulle gebou was afbrand nie.

    Nog beter… dalk moes die regering van die dag nie vir hulle skole gebou het buite hul tuislande nie. Indien ons nie van hul arbeid afhanklik was nie, dan sou daar nie ‘n behoefte vir swart skole in swart woongebiede rondom die stede gewees het nie, want dan sou daar nie swart woongebiede buite die tuislande gewees het nie.

    Afsonderlike ontwikkeling kan slegs werk indien elke groep se ekonomiese ontwikkeling van sy eie arbeid afhanklik is. Mens het nie wetgewing nodig om dit te implementeer nie – Orania is reeds ‘n goeie voorbeeld van afsonderlike ontwikkeling wat nie met ‘n ystervuis op mense gedwing word nie.

    Ironies genoeg is daar iets in die ANC se “Freedom Charter” wat vir ons presies wys waarom ons ons vryheid verloor het, maar ook hoe ons besig is om dit terug te kry:

    “The land shall be shared among those who work it.”

    Ekonomiese ontwikkeling en welvaart sal nie vir die nageslag behoue bly indien dit nie deur eie arbeid verdien word nie. Afrikaners wat hulself by Orania skaar het hierdie beginsel besef, voer dit al vir 22 jaar uit en sal in die lange duur nie net oorleef nie, maar floreer in Afrika.

    Die res, wel, daar is baie voorbeelde van dooie volke in die geskiedenis om van te kies – volke wat ander se goedkoop arbeid uitgebuit het om hulself te verryk. Waar is hulle vandag?

  3. Jan

    Wonderlike artikel weereens uitmuntend aktueel.!!! Dankie Wynand en Quinten !

    Die begippe [markkragte ] wat opkom is Tuislandontwikkeling,Grensnywerhede, Restant gedagte. Volkstate versus ‘n Veelrassige staat Maar die kernkultuur was die Voogdyskapskultuur van wittes oor swartes.- Dit alles het in ons gesigte ontplof agv vreemde arbeid

    Terloops het Egbert Tereblanche ‘n kragtoer kommentare geplaas op Rapport se artikel van H Booysen . ‘Orania o Orania’. Dusvêr het hy vir elke brief 60 tot 90 opduimpies gekry. En tientalle positiewe briewe is verwyder.

    Die Tsafendas opsie maak skielik net eenvoudig glad nie meer sin nie.!!!
    Ek reken dat die aanskakeling van die Orania Vonkpos na 19 jaar is die grootste faktor want ons boodskap is suiwer en oorweldigend oortuigend en die Tsafendaskultus moes dit ten alle koste onderdruk.

    Daardie sinnelose tirranie ten alle koste, is gelukkig verby.

  4. Jan

    Ag groot verskoning aan Ebert Terblanche dat ek sy naam verkeerd gespel het.
    Uitstaande boodskap:

    Soos Elisa gebid het oor sy slaaf se vrees vir die oorweldigende vyand” Ag Here maak sy/hulle oge oop dat hy/hulle kan sien ons is baie meer as hulle” Ontsaglik in die waarheid…

  5. tulp

    Wynand zegt: “Wat ek wel tong in die kies kon sê (want ek sê dit dikwels), is dat Orania ‘n ordentlike plakkerskamp kort. Daar is soveel nood onder Afrikaners dat ons dit nie op die standaard kan hanteer wat ons tot dusver handhaaf nie. Ek het ook verwys na die behuisingswonder in die 1960’s met die erf-en-diens-skema. In swart woonbuurte is eers strate met erwe uitgelê. Toe is basiese dienste en ‘n betonblad op die een punt van elke erf voorsien. Daarna is huise van ‘n kant af op die ander punt gebou. ‘n Dekade-oue agterstand is binne enkele jare uitgewis. Orania kort dalk ‘n soortgelyke strategie, sê ek soms.”-

    Wynand zegt dit n.a.v. het artikeltje van Hannelie Booyens. Er zullen altijd mensen zijn, die lelijk over Orania zullen praten. Ook onder Afrikaners. In de huidige situatie in SA zullen Afrikaners niet overleven. Orania, de Volkstaat, Carel Boshoff, zij zijn de enigen die een reëele uitweg hebben aangewezen voor de Afrikaners. Het is natuurlijk niet makkelijk, maar wel de enige uitweg! Vreemd genoeg, zijn er dan altijd nog politiek correcte Afrikaners die dan nog lelijk doen over Orania. Stom en dom natuurlijk, maar zo zijn mensen nu eenmaal. Wij willen niet dom zijn. Wij kiezen voor vrijheid en leven. En om die reden steunen wij de volkstaat en Orania!

    Van harte onderschrijven wij ook Wynand zijn woorden (hierboven). Laat Orania maar een ‘plakkerskamp’ krijgen in ‘Orania-stijl’. Uitstekend! Het heeft 2 voordelen:
    1) armlastige Afrikaners worden geholpen en krijgen een plekje om een nieuw leven te beginnen in de volkstaat
    2) onder de leiding van het Orania-bestuur en met de ‘orania-hoop’ op onze nieuwe toekomst zal dit ‘plakkerskamp’ binnen enkele jaren omgetoverd zijn in een prachtige nieuwe buurt!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s