Vryheid

Vryheid is ‘n uiters omvattende begrip. Dit word dikwels slegs as indiwiduele vryheid geïnterpreteer – my reg om my ding te doen sonder inmenging van die owerheid of ander persone.

Sonder twyfel is die bevoegdheid om belangrike besluite self te neem, ‘n belangrike aspek van vryheid, maar wie dit as die somtotaal daarvan sien, verskraal die begrip aansienlik.

Verskeie sake wat die afgelope tyd in die nuus was, bevestig die belang van “vryheid om te”, nie net “vryheid van” nie. Die staatskas word uit verskillende oorde onder druk geplaas, grotendeels as gevolg van swak besluitneming. Die grootste eis in die land se regsgeskiedenis, die negentig miljard rand eis teen Transnet se pensioenfonds, is onlangs deur die Vryheidsfront Plus aanhangig gemaak. Dit spruit uit skadelike besluitneming in die bedelings voor en na 1994.

Die miljardêr, Mark Shuttleworth, eis ‘n terugbetaling van tweehonderd en vyftig miljoen rand, omdat die staat se valutabeheer maatreëls volgens hom ongrondwetlik is. As die eis slaag, is dit ‘n ope vraag hoe groot die vloedgolf van verwante eise sal wees. Die snelweë, wat volgens beplanning uit e-tolgelde betaal sou word, het ongeveer negentig miljard rand gekos. Dit is grootliks uit die staat se pensioenfonds gefinansier. Op hierdie stadium loop die verlies op, namate tyd verbytik sonder dat daar inkomste is.

Dié drie groot uitgawes staan op ‘n grondslag van ‘n staatsdiens wat reeds deur korrupsie en onbekwaamheid uitgehol is. Wat van die staatshuishouding sal oorbly as die drie “tydbomme” ontplof, is moeilik om te voorspel. Niemand in Suid-Afrika sal die gevolge daarvan vryspring nie.

Soms is Afrikaners spesifieke teikens. Regeringspropaganda en skoolleerplanne hou Afrikaners voor as die oorsaak van swartmense se armoede. Daarvolgens is wetgewing oor grondbesit, arbeid en onderwys spesifiek met dié doel ontwerp, sonder wysing na toestande in Afrika-lande waar Afrikaners afwesig was. Pleks dat suksesvolle skole en kommersiële boerderye as platforms vir toenemende bemagtiging van alle Suid-Afrikaners hanteer word, word dit as oorblyfsels van onreg beskou.

Hoewel dit moeilik is om bo twyfel te bewys, is dit ook moeilik om ‘n verband tussen hierdie voorstellings en die oormatig geweld in misdaad te ontken. Grondhervorming word juis op kommersiële landbou gemik, ‘n terrein waar Afrikaners oorheers.

Die dilemma is dat Afrikaners hierdie sake kan raaksien, vertoë rig, poog om onmisbaar te wees, poog om goeie gesindheid te wek deur die regering in alle opsigte ter wille te wees, maar tog nie (menslik gesproke) hulle lot in eie hande hou nie. Afrikaners se welsyn is van ‘n volksvreemde regering en bevolkingsmassa se gesindheid afhanklik.

Vryheid is om finansiële besluite, ook op sentrale regeringsvlak, te kan neem en die gevolge te dra. Dit is om, indiwidueel en gesamentlik, hard te werk of slap te lê, en die gevolge te dra. Dit is om die verlede krities en waarderend te ondersoek, sonder om vooraf skuldig bevind te word. Dit is om ander in hulle strewes by te staan, omdat jou eie erken word.

Vryheid is ‘n omvattende begrip, iets waaroor Afrikaners nie beskik nie.

 

 

4 thoughts on “Vryheid

  1. Afrikaners is nie vry nie ek stem saam. Nie geografies nie maar ook nie geestelik nie. Ons is uitgehol en oorgeneem deur die leuen. Daar is wel ‘n duisendtal wat daardie gemeenskaplike vryheid vir hulle bewerkstellig deurdat hulle die nodige risiko’s geloop het en ook die verantwoodelikheid neem: Hulle bly daar in ‘n woestyn-oase daar op die georgrafiese middelpunt van Suid Afrika…

    Maar ek wil byvoeg: Daardie vryheid waarna ons strewe sal slegs vryheid wees as dit vryheid voor God is.

  2. tulp

    Wynand se: “Afrikaners se welsyn is van ‘n volksvreemde regering en bevolkingsmassa se gesindheid afhanklik.”
    Wynand se ook: “Vryheid is om finansiële besluite, ook op sentrale regeringsvlak, te kan neem en die gevolge te dra. Dit is om, indiwidueel en gesamentlik, hard te werk of slap te lê, en die gevolge te dra.”
    Jy sê dit reg, Wynand. Maar wat is die oplossing? Die oplossing is net: ons stig ons Volkstaat en red ons mense. Orania het die begin gemaak. Dis net die begin. Daar lê baie werk voor ons. Aan de slag!

  3. ja

    Wynand het weereens my dank en waardering met die artikel.

    Dit skets die waarheid dat die sanksies teen die Afrikaners sedert Verwoerd se tyd nog steeds nie opgehef is nie.. Vandag het ons slegs die voortsetting daarvan binne in ‘n Rasstaat waarin ons probeer floreer op chaos soos wat Sorros en Thom Peters beskryf.het.

    En dit is niks anders as ‘n rampokkerstaat.nie met ‘n Tsafendas kultus.

    Orania is die enigste opsie: deur besluite te neem en die verantwoordelik gevolge daarvan te dra en so rassioneel te beplan vir die toekoms op grond van die markkragte.wat geld.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s