Fokus op Orania se trekfaktore

Afrikaners wat na selfbeskikking binne ‘n eie demografiese gebied strewe, insluitende baie Oraniërs, maak gereeld die fout om te veel op die stoot- eerder as trekfaktore te fokus wanneer hulle mense probeer oortuig om hierheen te trek.

Ons weet almal hoe sleg dit op sekere terreine in Suid-Afrika gaan. Plaasmoorde en misdaad in die algemeen is ‘n enorme probleem. Diskriminasie teen Afrikaners in die werkplek, maar ook op taal- en kulturele vlak neem voortdurend toe. Daar is sekerlik baie rede om te glo, soos wat ons tereg glo, dat daar geen toekoms vir Afrikaners in die Suid-Afrika van vandag is nie.

Dit beteken egter nie dat Suid-Afrika moet misluk vir Orania om te slaag nie. Om die waarheid te sê Orania sal beter daaraan toe wees indien Orania en Suid-Afrika kan slaag.

Ten spyte van korrupsie, misdaad en diskriminasie is daar steeds baie goeie dinge in Suid-Afrika. Ek het onlangs na ons Europese toer nuwe respek gekry vir Suid-Afrika se lughawens en lugdienste. Suid-Afrika is ‘n mooi land en ons almal geniet die wildtuine, die see en al die bekoring wat die land vir ons inhou. Ons almal is afhanklik van produkte en dienste wat slegs gelewer kan word indien Suid-Afrika se infrastruktuur in plek is.

Vroeër vanjaar was ek verras deur die effektiewe diens van die Departement van Binnelandse Sake se kantore in De Aar en Kimberley. In Kimberley is dit byna so maklik om jou bestuurslisensie te gaan hernu as wat dit is om ‘n brood of melk te gaan koop.

Wat probeer ek hierdeur sê? Probeer ek sê dat dit eintlik beter gaan in Suid-Afrika as wat ons vermoed dit wel gaan? Nee, nie noodwendig nie. Wat ek eerder probeer sê is dat ‘n volhoubare en groeiende Orania afhanklik is van mense wat hierheen trek omdat hulle ‘n toekoms vir die Afrikaner se taal, kultuur, geloof en tradisies aan die suidpunt van Afrika wil verseker, eerder as mense wat hierheen vlug weens woede oor al die slegte dinge in Suid-Afrika.

Wat ek ook probeer sê is dat Orania sal sukkel as Suid-Afrika misluk. In Europa het ek gesien hoe suksesvol ‘n land of selfs net ‘n semi-outonome streek is, indien die Grootboet darem nog op sy bene kan staan.

Die Duitse minderheid bestaande uit 77 000 mense in die suidooste van België is ‘n goeie voorbeeld. Hulle het ‘n groot mate van eie regering, maar is tog steeds afhanklik van België vir sommige dienste en infrastruktuur. Liechtenstein is ‘n klein staatjie langs Switserland. Dié land is ook baie suksesvol, maar sal sukkel om sonder die dienste van Switserland te funksioneer.

Daardeur sê ek nie dat Orania nie êrens in die toekoms op sy eie sal kan staan nie, maar dat ‘n mens volgens jou vermoëns realisties moet wees. ‘n Orania van 77 000 mense sal homself ook omtrent 90% kan regeer, maar indien die hele Suid-Afrika om hom misluk, sal hy probleme kry met telekommunikasie- en posdienste, aflewering van produkte, uitreik van reisdokumente en die lewering van diplomatieke dienste aan sy inwoners. ‘n Orania van 250 000 inwoners mag dalk ‘n ander saak wees.

In Orania glo ons in groeiende selfbeskikking waar ons in vreedsame naasbestaan ‘n toekoms vir ons mense in ‘n eie gebied probeer uitkerf. Ons moet moeite doen om Afrikaners daarbuite eerder te oortuig om positief saam te kom bou aan ‘n nuwe toekoms as om in negatiwiteit na Orania te vlug.

Jaco Kleynhans

Uitvoerende Hoof: Orania Beweging

19 thoughts on “Fokus op Orania se trekfaktore

  1. Jaco vir jou mening om te realiseer dat dit goed met Suid Afrika kan gaan is uiters skraal inaggenome die land se agteruitgang die afgelope 20 jaar onder die huidige regering. Om egter Orania se vooruitgang en voorspoed te koppel aan die voorspoed van Suid Afrika is gewoon net nie realisties nie.
    Om Orania agressief te bevorder moet daar oortuigings werk gedoen word vir onwikkelaars en beleggers om infrastruktuur daar te stel waar jongmense n lewe kan maak, m.a.w. werkskepping, fabriek(e) opleidingsentrums, selfs n volkeie universiteit met koshuis fasileite al is dit net in n paar disiplines aanvanklik. Orania het ongeloofike onontginde potensiaal maar dan moet die leiers voorwaar begin groter dink, en doen.

  2. Danie

    Skiet julle jul self nie in die voet nie? Dis mos nie logies en eerlik nie? Stigters lede besit 100% van R1.6 mil nou besit hulle blykbaar 80% van seker R500 mil, maar volgens die Orania Beweging se voorlegging is die stigters glad nie beloon nie. Wie is die boere bedrier , Die Voorgrond uitgawe wat beweer dat die stigters 80% beheer behou, of die Orania beweging se voorlegging , wat beweer dat die stigters al is Orania nou R500 mil werd nie ,beloon was vir hul aanvanklike risiko kapiitaal nie.?Gaan op betaalde aandele blok aandeel houers dan vir eweig bywoners wees op die stigters lede se grond , ‘n tipe van ‘n Afrikaanse riders van die ronde tafel ,adelstand en konings gesin. Is dit nie julle sterkste rem nie , met die potensiaal om Orania se toekomstige groei te vernietig as die inligting in vyandige media se skoot beland nie?

    1. Danie, jy het die kat aan die stert beet. Skakel asb. vir John Strydom by Orania Beweging (053 207 0062) en vra hom om vir jou te verduidelik hoe Orania werk. OBD het die aanvanklike inlegkapitaal neergesit om die dorp aan te koop. Die aandeelhoers van OBD het nie ‘n sent wins gemaak nie. VAB bestuur die dorp en verdien sy inkomste elke keer wanneer ‘n eiendom verkoop word (koper betaal die oordrag) en deur heffings. Daarmee is hulle verantwoordelik vir die munisipale bestuur van die dorp. Begroting vanjaar: R 10 miljoen. Elke sent tel, glo my!

      Aandeelhouers in VAB, m.a.w. grondeienaars in Orania, het elk 1 stem per aandeel/eiendom wat hulle besit. Ons verkies jaarliks VAB se direksie. VAB se amptenare, wat verantwoordelik is vir die daaglikse bestuur van die dorp, werk onder toesig van die direksie en moet die direksie se strategie uitvoer.

      Jou opmerking dat ons, die aandeelhouers, net bywoners is maak glad nie sin nie. Maar laat John jou in meer detail verduidelik…

    2. Jaco Kleynhans

      Danie. Ons het jou al per e-pos en op die Orania Blog in detail op hierdie valse bewerings geantwoord. Ek gaan nie weer die moeite doen om jou ook weer hier te antwoord nie. Dit is werklik onbillik van jou om aan te hou om orals waar jy kan hierdie wilde bewerings te plaas terwyl ons jou reeds verduidelik het dat jy die hele skema verkeerd verstaan en verkeerd interpreteer.

    3. Ebert

      Danie,

      Die Orania Dorpsraad (aandeleblokmaatskappy) en die Orania Bewiging was nog altyd baie oop en eerlik oor die aard van eiendomsreg op Orania. Daar is ook geen storie vir die vyandige pers nie.

      Orania word bedryf as ‘n aandeleblokmaatskappy volgens die vereistes van die Wet op beheer van Aandeleblokke. Daarvolgens het Orania twee soorte aandeelhouers. Eerstens is daar eienaars van ontwikkelde grond of gedienste erwe (die sg “gewone grondeienaars”). Tweedens is daar die ontwikkelaarmaatskappy wat al die ongedienste grond besit.

      Omdat die grootste deel van Orania se grond nog ongediens is, beskik die ontwikkelaarmaatskappy oor die meeste aandele, maar met elke nuwe erf wat gediens en verkoop word, word sy belang in die aandeleblokmaatskappy van Orania minder. Wanneer al die grond ontwikkel en oorgedra is aan “gewone grondeienaars”, sal hy nie meer ‘n aandeel in Orania hê nie.

      Daar is drie meganismes wat “gewone grondeienaars” beskerm. Eerstens hul gebruiksregkontrak met die aandeleblokmaatskappy. Indien Orania se grond verkoop sou word, bepaal die gebruiksregkontrak dat die “gewone grondeienaars” alle voordeel sal ontvang vir die grond wat hulle besit. Omdat dit al Orania se ontwikkelde grond is (wat die meeste werd is) sal hulle dus die meeste van die geld ontvang. Die ontwikkelaar kan dus, hoewel hy die meeste aandele hou, net die deel van die geld kry wat op die kaal ontontwikkelde grond van toepassing is, want dit is al grond waarvoor hy ‘n gebruiksregkontrak het. Niemand kan dus oorsee verkas met die “gewone grondeienaars” se geld nie.

      Tweedens wys die ontwikkelaarmaatskappy volgens sy ooreenkoms net 1 van die 7 direksielede van Orania se aandeleblokmaatskappy aan. Die res word deur die “gewone grondeienaars” wat die ontwikkelde erwe besit, aangewys. Die direksie sal dus nie teen die wense van die gewone eienaars Orania verkoop nie.

      Derdens mag die Orania aandeleblokmaatskappy nie enige skuld aangaan nie, wat beteken dat die grond veilig is en nie verpand kan word nie.

      Dit is weens hierdie behoorlike grondslag dat Orania se waarde so gestyg het. Dinge word op hierdie grondslag gedoen sodat die vermoë van die staat om in te meng met die beplanning en bestuur van Orania tot die minimum beperk kan word. Dit is op gesaghebbende regsadvies gebasseer wat bekom is met die koop van Orania.

      ‘n Aandeleblok met gebruiksregkontrak in Orania is eenvoudig meer werd as kaart en transport waar die strate oorloop van riool, vullis en misdaad.

  3. Die slotreël som dit mooi op:

    “In Orania glo ons in groeiende selfbeskikking waar ons in vreedsame naasbestaan ‘n toekoms vir ons mense in ‘n eie gebied probeer uitkerf. Ons moet moeite doen om Afrikaners daarbuite eerder te oortuig om positief saam te kom bou aan ‘n nuwe toekoms as om in negatiwiteit na Orania te vlug.”

  4. Jan

    Hierdie artikel van Jaco en Danie se kommentaar is ‘n gulde geleentheid om bemarking te doen deur vals propaganda eerlik en opreg te antwoord.Nadat die Afrikaner deur respekvolle leiers so gruwelik en selfs onmenslik verraai is ly ons almal nou aan skok. Want ons basiese vertroue het ‘n doodskoot gekry.

    Al manier om oor die hindernis te kom is vereers druk maar dis soos Jaco sê nie genoeg nie want dan trek jy die vlugtelinge wat nog meer geskok is as die res.

    Ons moet ‘n mooi pakket kan aanbied van sekuriteit en eerlikheid oordentlikheid.

    My Ma het altyd gesê dat die skyn van die kwaad erger is as die kwaad self is – van toepassing op Orania ook om daai beeld af te breek en iets oordentliks voor te stel.

    Skrywers doen baie goed dink ek maar kan meer doen om ons te beduie hoe werk die aandeleblok konsep finansieel. Dis so futuristies dat daar aanlopende verbeteringe sal moet ontwikkel
    Miskien moet Jaco -hulle gaan sit en so ‘n broshure saamstel vir bemarking.
    Selfs ek weet ook nie mooi hoe om die geldketting en eiendomsregte te verduidelik nie

  5. tulp

    Bedankt voor je artikel, Jaco. Wij zien het zo: alle Afrikaners zijn in principe welkom. De Volkstaat is immers Afrikaner-thuisland. Rotte appels, zoals misdadigers, Afrikaners die niet willen werken, rascisten, moeten niet worden toegelaten. Tenzij zij zich oprecht willen bekeren.
    Afrikaners gaan het niet redden in het huidige, politieke bestel. Het is nodig om dit aan Afrikaners voor te houden. Wat willen jullie? Zo blijven wonen, zoals nu, in SA, gaat jullie einde zijn op den duur. Wil je, dat jullie als volk – wat natuurlijk directe weerslag heeft op het persoonlijke leven van iedere Afrikaner – blijven bestaan, werk dan mee aan de oplossing! Is er een oplossing? Ja, er is er maar één: Orania-Volkstaat-Afrikanerland. Kom naar ons, zet je in, vestig je hier en bouw mee en red je mensen!!
    Dit is een heel redelijk aanbod, Jaco en daarom ook sterk! Voor het eerst, let op, voor het eerst sinds vele jaren hebben de Afrikaners met Orania een positie die wereldwijd verdedigbaar is en een redelijke toets kan doorstaan. Voor het eerst voel je ook in Orania en door Orania blijdschap, groei, hoop, een nieuw begin voor Afrikaners. Dat is ook overtuigend, mensen.

    Laten wij dan negativiteit afwijzen, waarvoor Jaco ook pleit. Orania is niet in de eerste plaats ‘nee’ tegen een zwarte, meerderheids, anc-regering, Orania is allereerst ‘ja’ voor het leven? Nieuw leven voor Afrikaners, een nieuw land. Omdat ook zij mensen zijn en mogen leven.

    Laten wij dan Afrikaners die in erbarmelijke omstandigheden leven – er komen er steeds meer – een pakket aanbieden voor een nieuwe start in Orania:
    x) een alleenstaande moeder met 5 kinderen in een plakkerskamp bij Jburg, krijgt een huisje in Orania, haar kinderen kunnen naar school in Orania, zijzelf krijgt financiele ondersteuning van Orania en wellicht een kansje op een bijbaantje.
    x) Het Afrikanergezin dat probeert te overleven in een plakkerskamp bij Pretoria, krijgt een huisje, kinderen kunnen naar school, pa krijgt een kans op werk in Orania.
    Wij weten wel: Orania kan niet de hele wereld onderhouden. Maar wij moeten alles doen, mensen, om het volk te redden.
    Er komen veel problemen, maar er hangt een sfeer van ‘het gaat lukken’ in de lucht.
    Hoera! Nu verder naar het volgende groeidorp in het volkstaatgebied.

  6. LouisDS

    dis makilk om te se focus op die trekfaktore, maar wat is hulle en is hulle sterker as die faktore om in suid-afrika te bly of om te emigreer?

    1. Naas

      Ag nee wat LouisDS. Jy kan net op Orania se web werf gaan kyk en uitvind wat alles daar aangaan om te weet wat die trekfaktore is. Ek is twaalf jaar terug uit SA uit weg en ek kan jou verseker dat as ek daardie tyd beter navorsing gedoen het, ek nie vandag in Engeland sou wees nie maar in Orania. Ek het ongelukkig hier in die VK wortel geskiet en kan op die ouderdom wat ek nou is nie weer verskuif nie. Miskien kan ek oor so tien jaar daar gaan aftree. Ons het aangepas en is gelukkig hier maar glo my, ons het swaar gekry en moes letterlik voor begin. Ek kan net vir enigiemand wat dit oorweeg om uit SA te emigreer, die raad gee om so week of wat op Orania te gaan deurbring en met die mense gesels en behoolik navorsing te doen oor hoe dit sal wees in ‘n ander land voordat jy gaan.

      1. Naas, dis presies my ervaring ook. Gelukkig het ek die geleentheid gehad om terug te trek. As dit nie vir Orania was nie, dan was ek verseker nou nog in Europa. Jy is ook 100% reg – bo en behalwe die feit dat dit onprakties is, is dit ook veel moeiliker en duurder om in Europa te gaan bly as wat dit is om na Orania te emigreer.

  7. LouisDS

    Dankie Naas en Quiton vir jou antwoorde, ek ondersteun wat Orania is besig met maar ek weet ook dat om meer ondersteuners to kry ons moet bereid wees om die moeilike vrae te vra

  8. Jan

    Baie dankie Ebert en die span hierbo vir die uitstekende uiteensetting. Jaco gee ons ‘n webadres asb man – groot waardering.
    Maar een ou Spook wat nog steeds loop is dat die lede van OBD [die sowat 50 aanvanklike aandeelhouers van die Waterwese dorpie vir R1.4miljoen gekoop het destyds] steeds bemakings en erflatings/ donasies en sekere lopende inkomste van ‘elders’ af kry wat ons OBD-lede spesiaal onregverdig bevoordeel.
    Ek het twee aandele want ek het R50000 by die bank gaan leen wat na ‘n paar jaar terugbetaal is met effe beter rente as my lening.
    Ek is steeds die trotse eienaar van twee aandele in OBD ter waarde van R4000 elk. [Om wat mee te maak.wil ek weet? Dit verskaf net vir my die bedryfsregte op Orania.
    Nou hoor ek van die wonnerlike fontein van goud en diamante en wierook en mirre wat ek totaal onkundig is.. Ek het minstens R1.4miljoen rand skade gely agv my Orania projek.
    Wanneer laas het die regspersoon van OBD vergader? Wie is die ander OBD se lede behalwe ekself.
    Kom laat ons hierdie ou spook van OBD behoorlik besweer..

    1. Ebert

      Jan, ek is ongelukkig nie meer nou betrokke by OBD nie, maar die maatskappy se direksie vergader gereëld om ontwikkellingsaangeleenthede van die dorp te bespreek.

      Daar word ook jaarliks ‘n algemene jaarvergadering belê wat elke aandeelhouer kan bywoon. Kontak gerus die Dorpskantoor om seker te maak dat hulle jou kontakbesonderhede het sodat jy die uitnodiging kan kry. Die direksie kan ook enige vrae antwoord oor hoe om jou aandele te verhandel indien jy nie meer in hulle belangstel nie.

      Soos ek egter uitgewys het, is daar ongelukkig nie groot waarde in die aandele nie, want Danie verwar die werking van ‘n aandeleblokmaatskappy met die van ‘n gewone maatskappy.

  9. Jan

    Ebert is dit verkeerd om te verklaar dat met vervreemding van verbeterde grond die verbeterings en grond [aandeleblok] se waarde deur die Dorpsraad gewaarborg word teen markwaarde. Anders as ‘n klassieke aftreeoord se wonings? Hmm?
    Indie die grondeienaar sou doodgaan of verkoop dat die Aandele Blok Mpy die Eerste Opsiehouer is. Maar teen die billike markwaarde.??

    Vir my is dit die goudstandaard kwessie van alles.

    Help ons ook hiermee nadat jy die OBD-spook behoorlik besweer het!! LOL!!
    .

    1. Ebert

      Jan, die Aandeleblok maatskappy waarborg nie die waarde van die aandeleblokke nie. Wat hy wel waarborg is dat die eienaar van ‘n aandeleblok wat verkoop word, geregtig is om al die geld wat hy vir sy aandeleblok kry, te hou ( insluitend die verbeterings ens). Niemand kan gedwing word om sy aandeleblok te verkoop nie, daarom as ‘n eienaar nie tevrede met die prys is nie, hoef hy net te weier om te verkoop.

      Die opsie wat die aandeleblokmaatskappy het om die aandeleblok terug te koop, kan net uitgeoefen word teen dieselfde waarde wat die verkoper bereid is om te aanvaar.

      Aandeleblokke kan vererf net soos enige eiendom, maar voordat ‘n erfgenaam op Orania kan kom woon, moet die persoon die Grondwet van die aandeleblokmaatskappy onderteken. As hy dit nie wil doen nie, sal hy sy eiendom steeds kan verkoop en al die geld daarvan kry.

  10. Corinne Horne

    Tog weet ons dat harde werk, deursettingsvermoë, liefde vir ons kultuur en ons medemens en geloof in ons Skepper ‘n onstuitbare krag ten goede is.

  11. Adel

    Goeie dag Mnr Kleynhans.
    Ek en my gesin praat al n geruime tyd om deel van die Volkstaat te word. Hoe word ons deel? Waar begin ons, en hoe weet ons of ons kennis en lewensvaardighede in Orania benut kan word sodat ons n volhoubare inkomste kan geniet terwyl ons help bou aan n nuwe toekoms vir ons kinders?

    Groete

    Adel

  12. Coenraad

    Ek soek oorals gebalanseerde menings oor Orania en ek kry so ver meestens net mense wat heeltemal vir die beweging is en die min daarteen, is, meestal baie vuil en kinderagtig in hul kritiek oor die plek/beweging.

    So ver sien ek ‘n paar hoës wat die plek bestuur het ’n besigheids model wat vir hulle lewens wyse en baie ekstra inkomste skep deur eiendoms verkoop en herverkoop. Hierdie is boonop eenvodig om aan die gang te hou deur die misbruik van verskrikte en gebreukte mense wat slagoffers is van die “Nuwe Suid Afrika” is wat werklik en eerlik teware van SA wil ontsnap.

    Ek het gelees hoe ongelukkig mense is, maar die bestuur paneel doen net soos hulle will, ongeag van hulle grondwet. Hulle weet wat en wie tekort op die dorp is en laat mense toe om te bly so lank hulle tegnologie of spesiale kunde van hierdie mense kan uittap. En waneer die beweging se leiers gekry het wat hulle soek los hulle hierdie mense “in die verlee” van die “onderling” gemeenskap wat verder geen sê het in die toekoms en vooruitgaan van die beweging het nie.

    Die fantastiese mense wat op die groot trek gegaan het, wou ook van reëls en regulasies en kultuur en tegnologie wegkom. In gevolg was daar ‘n volk van nageslagtes wat gelyk as mededingers in aarbeid teen swart mense moes wees. Hulle was uit ’n aleen laandbou gebaseerde “volk” gevorseer om op die myne werk te soek want “die land” het nie genoeg vir hulle gegee nie. Hulle was sonder bekwaamheede en nie geskik om soos ander wit mense uit Europa in hoër possiesies te werk nie. Nou weer wil hierdie nasgeslagdes alleen staan en uitsluitend wees. Dit lyk vir my asof hierdie mense dink dat hul op beginsels alleen kan lewe. Die Voortrekkers het ook tot hulle nadeel so gedink. Wou die vroue en die kinders werklik so lewe? Het hulle ‘n kans gehaat om hul mening te gee? Wil kinders werklik in Orania grootword? Wil Christen vroens wie onder hul mans se besluite leef werklik so lewe? Om van swartes weg te kom en weg van al die strond wat met die swart gevaar en regeering saamkom, ja ek kan dit beslis verstaan. Ek sien geen ander rede nie. Die storie van self beskikking is ’n gerieflike poltiese plooi beweging se leiers om mense te eksploiteer.

    Wel ek sien daarna uit om meer oor hierdie beweeging te leer. Ek erken ek was nog nooit daar nie maar ek het met twee mense gepraat wat daar bly en gebly het.

    Ek is trots oor my Afrikaanse agtergrond en wil hierdie beweging en dinkwyse beter probeer verstaan.

    Verskoon asseblief vir my skrif, ek het werklik, teen my nadeel, amper geen Afrikaans geskryf (getik) vir die laaste vyf en twintig jaar nie.

    Die Uwe

    Coenraad Meyer

    cjsmeyer6@gmail.com

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s