Om doeltreffend te opponeer

Twintig jaar gelede was die African National Congress (ANC) ‘n eensgesinde en samehangende organisasie. Dit het wel verskillende denkskole omvat, maar is deur gemeenskaplike ideale en ikoniese leierskap saamgesnoer. Swart opposisie is op die kantlyn geskuif en wit opposisie het, weens getalle, selfs op die kantlyn begin.

Hierdie enkele rots van ‘n ANC-regering is iets van die verlede. Die vraag wat Afrikaners moet vra, is hoe om doeltreffend te opponeer. Die vraag word reeds sedert 1994 gevra, maar word steeds meer dringend.

Een vorm van opposisie is miskenning. Daarvolgens is die proses wat tot ANC-regering gelei het onwettig. Verkiesings en ander gevolge van dieselfde proses word geïgnoreer of aktief bestry. Miskenning oortuig alleenlik wanneer die “onwettige proses” binne redelike tyd ongedaan gemaak of omgekeer kan word. Wanneer belastings betaal en dienste van die staat gebruik word, is miskenning nie meer lewensvatbare opposisie nie.

Nog ‘n vorm van opposisie is om die demografie van Suid-Afrika te erken en steun aan die grootste opposisiegroep te gee. Die logika daarvan is dat ‘n vyand van die ANC my vriend is en derhalwe my steun verdien. Die gevaar hiervan is dat ‘n mens jou eie lewensbeskouing ondergeskik aan ander, talryker mense stel; mense wat dieselfde as die regering wil bereik, maar aanspraak maak dat hulle dit beter kan doen.

Nog ‘n vorm van opposisie is onttrekking uit die openbare domein. Politiek is buitendien korrup, so word gesê, en dit is nou tyd dat ek na my ekonomiese belange kyk. Daarteen geld die uitdrukking dat jy met die politiek kan klaar wees, maar die politiek is nooit met jou klaar nie.

Dan kan die regering geopponeer word deur die partypolitiek te ignoreer en alle instrumente van die regstaat te gebruik. Die argument is dat ‘n mens nie die grondwet of ander wette hoef te steun om dit tot jou voordeel aan te wend nie. Dit is ‘n buitengewoon bruikbare vorm van opposisie, omdat dit die regering hou by die reëls wat hy self gemaak het. Die beskuldiging van “reaksionêre optrede” is nie geldig nie, want daar word nie na ‘n vorige bedeling teruggegryp nie. Die gevaar is dat ‘n mens later die “ander” reëls as jou eie kan aanvaar en ‘n deel van jou oorspronklike aanspraak prysgee.

Opposisie kan ook deur kleiner politieke partye nagejaag word, wat sterk op ‘n bepaalde doel
toegespits is. Die gevaar is dat so ‘n party te klein kan wees om op die groter politieke arena ‘n rol te speel.

Nie een van die opsies beantwoord volledig aan die doel om die huidige regering doeltreffend te opponeer nie. Geen organisasie of party kan dus daarop aanspraak maak dat sy strategie die enigste is wat sin maak nie.

Nog ‘n vraag: Is die Afrikaner permanent vir vreemde oorheersing bestem, of wil ons onsself daarvan ontworstel? Onderworpenheid sal op chroniese opposisie teen, of inlywing by die meerderheid uitloop. Vryheid sal ‘n hoogs genuanseerde benadering van distansiëring gepaard met die bou van goeie verhoudings verg.

Om doeltreffend te opponeer sal eers lank en diep oor die doel nagedink moet word.

 

 

10 thoughts on “Om doeltreffend te opponeer

  1. Hi Wynand,

    Jy is reg, die tyd het gekom om diep daaroor te dink, en daaroor te gesels.

    Ek en my vrou is deel van die swart groep, en die land se probleem is dat ons swart broers en susters nie ‘n alternative huis het om voor te stem nie.

    Ons, die wit, en veral die Afrikaner, kan heirdie alternatief uit sit.

    Die houding dat elke stem teen die ANC, is ‘n stem vir ons, werk nie.

    Die antwoord lȇ nie in die ‘anti-ANC’ houding nie, maar in wat ons, saam in die alternatief, kan regkry.

    As ons teen did ANC praat, praat ons teen die man in die straat wat nou in daardie groep is. Dit is hulle stem wat ons nodig het om dinge in the land te verander.

  2. Frik Lotz

    Geen enkele party kan die ANC klop nie,slegs n koalisie van opposisiepartye kan dit doen.Elke kieser moet kyk na watter party werklik sy belange op die hart dra en of die party dieselfde beginsels deel as die kieser.Christelike waardes,minderheidsregte,steun vir die doodstraf,gekant teen aborsie,veg vir Afrikaans,staan op vir die Afrikaner en dies meer is eienskappe wat n kieser sal laat kyk na die VF+ en dié party sal ondersteun.So kan elke persoon stem vir die party van sy keuse.Na die verkiesing kan partye saamwerk en waar die ANC minder as 50% steun het,kan die ANC dus weggehou word vd mag as opposisiepartye n koalisieregering vorm .Dis die doeltreffendste weg wat gevolg kan word,maar die ideaal vir die Afrikaner sal natuurlik wees om oor homself te regeer in sy eie grondgebied.Dis n langtermynproses,maar daar kan begin word met kulturele selfbeskikking en later beweeg word na territoriale selfbeskikking.Natuurlil is samewerkende opposisie teen die ANC nou belangrik,met selfbeskikking wat deel vd oplossing moet wees.

  3. jan

    Mens se selfbeskikking is multidemensioneel en vryheid is basies afhankliklik van die reg op privaatheid.

    Die regstaat is die speelveld waar ons beter moet speel as andere. Ons sal moet oorleef soos in enige ander vreemde land.

    Jeremia het gesê: ‘Maak vrede met die land van jou ballingskap woeker en werskaf en maak jou kinders groot….

    Die punt is dat jy dit self moet doen en dat ons nie meer ‘n Volksowerheid het wat ons belange beskerm nie. Behalwe die VVK en Orania… Die ANC sal nooit nie na ons kulturele belange en behoeftes omsien as deel van staats voogdyskap nie…

    Mens moet sommer jou vyande dood LEWE….om te kan oorlewe…

  4. Willem van As

    Volgens my sal dit wees om sover as moontlik desentralisasie aan te moedig, wat mag weg vat van die sentrale regering af en vir mense mag en privaat eienaarskap gee op plaaslike vlak, d.w.s baie Oranias en Mnyamenies. Orania doen dit in elk geval al klaar.

    Ek is een van die wat nie stem nie en eintlik hoop en bid ek dat die staat oor die wêreld sal uitsterf, maar ek sal vir die VF+ stem net omdat Wynand Boshof en Pieter Mulder daar betrokke is.

  5. Dante Strauch

    Vir elke aksie is daar ‘n gelyke maar teenoorstaande re-aksie. Hoe harder ons druk om ons regte te beskerm, hoe harder druk die anc terug. Dit word gesien as terug gryp na die verlede, of vasklou aan mag, geld, grond ens. Is dit nie tog een van die redes waarom ons selfbeskikking nastreef nie? Omdat ons nie meer wil opponeer nie. Ons wil nie meer teenoor die anc staan nie, ons wil los wees daarvan. Die meerderheid mense in SA streef ander doelwitte as ons na, daarom sal ons altyd bly opponeer, altyd die opponent wees. My sienswyse is dat Selfbeskikking nie ‘n tipe opposisie is nie, maar die alternatief.

  6. Mike

    Die afrikaner sal eers ‘n kopskuif moet maak weg van die “ons moet maar aanpas” houding voordat hulle sal ophou DA stem en meer sal begin belangstel in selfbeskikking. Die groot probleem lê ook nog by die afrikaner wat nie belangstel in die politiek nie want hulle het ‘n werk en ‘n huis en dis al wat vir hulle belangrik is.

    Frik Lotz ek stem saam dat net ‘n koalisie van partye die ANC kan knak en dis wat jy wil hê, na die tyd is jy dan in ‘n beter posisie om selfbeskikking te verkry omrede geen ander party dan net die mag het om te maak soos hy wil nie.

    1. Jan

      Mike het ‘n punt beet oor kopskuif:
      MI moet ons onderskei tussen aanpas en berus,
      Aanpassing ja soos wat ek bedoel om die vyand te kan dood LEWE.

      Maar berus – nooit nie.!! Nog minder om ons toekoms te probeer bou op die ou rampspoedige dinge van die verlede wat so liederlik in ons gesigte ontplof het. Mens kan nie berus in dodelike rampe nie…

      Orania is besig om uit te styg uit die modderslyk van die verlede….

  7. Anthony Schlemmer

    Ek dink ongelukkig nie dat self ‘n koalisie van partye, die ANC uit die saal kan lig nie. Die eenvoudige rede is dat Afrika politiek ‘n bietjie anders werk. Daar word nie huidiglik vir die ANC gestem omdat hulle die party is wat die beste regeer nie. Inteendeel hulle statistieke is pateties op alle gebiede. Hulle word steeds gesien as ‘n bevrydings organisasie en die lae
    geletterdheid onder sy ondersteuners help nie.

    Afrikaners moet hulle getalle opbou in ‘n sekere gebied (Orania) en dan by die stembus ‘n verskil maak.

    ‘n Sterk koalisie van partye kan egter die wolf van die agterdeur weghou! Dit hang natuurlik af wie almal in daardie koalisie is…….

  8. Frik Lotz

    Afrikaners sal moet ophou DA stem,want dit gaan hul niks in die sak bring nie.Die VF Plus is die enigste party wat nog omgee vir die Afrikaner en glo aan selfbeskikking en minderheidsregte.Die grondwet maak voorsiening vir selfbeskikking,nie net vir die Afrikaner nie,maar alle groepe wat daarna streef.Die VF Plus het n nuwe visie wat betref minderheidsregte en selfbeskikking,vir die Afrikaner en ander minderheidsgroepe. Gaan kyk gerus na http://www.nuwevisie.co.za Dit sal interessant wees om te hoor hoe Afrikaners voel oor die nuwe logo en dies meer.Feit is dat die tyd hier is vir selfbeskikking en dat die ANC moet weet ons is ernstig oor ons saak.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s