Voorwaarts Vry Afrikaners!

Vry Afrikaner is ‘n progressiewe genootskap van oplossing gedrewe Afrikaners wat ‘n belangrike bydrae lewer tot ekonomiese ontwikkeling en bewusmaking van die volkstaat. Ons is ‘n organisasie sonder winsoogmerk en word vanuit Orania bedryf. Vry Afrikaner is op 14 Augustus 2010 gestig.

Die Vry Afrikaner Ontwikkelingsfonds is in die lewe geroep om ekonomiese groei en Afrikanerwerkskepping te versnel deur die ontwikkeling van besigheidseiendom en nuwe sakeondernemings in en om Orania. Ons word van meeste organisasies onderskei deurdat ons lede ‘n inkomste verdien by die vereniging. Die vereniging gaan geen skulde aan nie en ‘n gelyke bedrag word jaarliks aan ons lede uitbetaal.

Die Vry Afrikaner Mediakantoor behartig die bemarking van ons projekte en bedryf ons blog, webwerwe en sosiale media. Ons hou duisende lesers op hoogte van gebeure in die volkstaat en versprei inligting wat spesifiek handel oor ontwikkelingsprojekte, ekonomiese aangeleenthede en Afrikanerselfbeskikking.

Die eenmalige aansluitingsfooi beloop slegs R 1000. Elke sent hiervan word in ontwikkelingsprojekte en kleinsakeondernemings in en om Orania belê. Die aansluitingsfooi kan in vier paaiemente van R 250 elk betaal word.

Daar is nie ‘n maandelikse of selfs jaarlikse lidmaatskapsfooi nie. Ons trek ‘n nominale bedrag van 10% af van die bedrag wat jaarliks aan lede uitbetaal word om ons bedryfskostes te dek. In plaas daarvan dat Vry Afrikaner-lede jaarliks ‘n lidmaatskapfooi betaal, ontvang ons lede jaarliks ‘n inkomste by die vereniging!

Sluit vandag aan by Vry Afrikaner. Voltooi die aanlyn aansluitingsvorm hier: http://www.vryafrikaner.co.za/lidmaatskap.php

So skep ons ‘n ekonomie van skaal in die volkstaat terwyl ons lede ‘n inkomste by die genootskap verdien:

illustrasie

7 thoughts on “Voorwaarts Vry Afrikaners!

    1. Dankie Naas! Ons het jou aansluitingsvorm ontvang en het sopas vir jou die lidmaatskapvorm per e-pos gestuur. Gaan kyk asb. of jy dit al ontvang het. Soms gooi gmail.com e-posadresse mens se boodskappe uit in die junk of spam folder. Gaan maak asb. net seker.

  1. Leslie Young

    Dit herinner my baie aan ‘n video wat ek onlangs gesien het oor wat hulle doen in Basque area van Spanje. Die video is redelik oud maar steeds interessant. http://www.youtube.com/watch?v=-obHJfTaQvw

    Daar is ook meer inligting oor die by…
    http://www.youtube.com/channel/UCT9cdv7iczZh30z0ThdEvgg
    http://en.wikipedia.org/wiki/Mondragon_Corporation

    Quintin, is daar huidiglik enige projekte aan die gang wat nou gebou word uit lede geld of is die nog ‘n ding in sy begin fase?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s