Positief, Progressief Afrikaans!

Dagsê Vriende

“Goeie bestuur is die kuns om uitdagings so interessant te maak en die oplossings so konstruktief dat almal hul moue wil oprol en aan die werk wil spring” – Paul Hawken

Hierdie stelling is ’n knap opsomming van ons gesindheid by Vry Afrikaner. Ons positiewe benadering en oplossing gedrewe verslaggewing met betrekking tot die uitdagings wat Afrikaners vandag in die gesig staar het daartoe gelei dat ons blog se lesertal al nader aan die 200 000-merk staan. Drie jaar gelede het ons begin met twee skrywers en ’n handjie vol lesers. Vandag het ons ’n span rubriekskrywers wat duisende mense op hoogte hou van gebeure in die volkstaat, ontwikkelingsprojekte, ekonomiese groei, nuwe Afrikaner besighede en vele meer – als trots in Afrikaans!

Ons Orania Deli projek is ’n klinkende sukses. Ons het begin deur keur delikatessen op Orania te vervaardig en dit dan te verkoop by boeremarkte. Vandaar het ons uitgebrei deur deli’s en tuisnywerhede in die stede te betrek om sodoende gevestigde afsetpunte vir ons produkte te skep. In die proses het ons ’n volhoubare uitvoernetwerk vir delikatessen produkte van Orania op die been gebring met die gevolg dat ons nou ook ’n reeks luukse skoonheidsprodukte op Orania vervaardig en uitvoer.

Twee nuwe industrieë is in die bestek van ’n paar maande suksesvol gevestig en die volgende stap is om produksie sodanig te verhoog dat meer voltydse poste vir Afrikaners op Orania geskep kan word. Nou ja, dis presies wat gebeur wanneer entrepreneurs begin saamwerk om ’n Afrikaanse ekonomie van skaal te vestig!

Bouwerk aan die intieme Ou Karooplaas Winkelsentrum skop eersdaags af. Die Vry Afrikaner Ontwikkelingsfonds het ’n groot belegging in hierdie projek gemaak en ons sien uit daarna om volgende jaar hierdie kunstige Afrikaanse sentrum saam met Oraniërs en toeriste te geniet. Sien gerus www.oraniaokp.co.za vir meer inligting.

Dis ook wonderlik om te sê dat ons ’n gesonde styging in ons ledetal ervaar. Dit is waarlik ’n plesier om te sien hoeveel Afrikaners betrokke raak by ons progressiewe genootskap. Selfs Afrikaners in die buiteland sluit by ons aan en dit laat mens besef hoeveel van ons mense wat oorsee woon steeds omgee vir ons volk en passievol betrokke is by die herstel van ons vryheid.  Elke lid wat by Vry Afrikaner aansluit dra sodoende by tot groter ekonomiese ontwikkeling en Afrikanerwerkskepping in die aangewese volkstaatgebied.

Word vandag deel van ons oplossing gedrewe organisasie deur die aanlyn aansluitingsvorm te voltooi by www.vryafrikaner.co.za/lidmaatskap.php

4 thoughts on “Positief, Progressief Afrikaans!

    1. Ek het die nuwe bewoording gesien en dit is heel goed. Hulle het dit netjies in lyn gebring met die internasionaal aanvaarde riglyne m.b.t. selfbeskikking. Een van ons skrywers hier by Vry Afrikaner, dr Wynand Boshoff, was baie betrokke by die proses om die VF se missie te herbewoord en meer substansie daaraan te verleen wat onafhanklikheidwording aanbetref. Mens gaan sukkel om ‘n groter volkstater as hy te kry – hy bly al amper 20 jaar op Orania! Die VF se nuwe embleem lyk ook heel goed… ek wens hulle sterkte toe en hoop hulle toon ‘n verbetering op 2009 se vertoning.

  1. Frik Lotz

    Quintin,ek sien dit ook soos jy.Ek wou net graag weet hoe voel ander Afrikaners daaroor.Die VF Plus kon sedert 1994 oorleef juis omdat die party strategiese aanpassings kon maak omdat die politieke landskap gedurig verander.Minderheidsregte is belangrik en dit moet nou op die voorgrond gestoot word,want die ANC en DA se visies werk nie en sal nooit werk nie.Selfbeskikking is die enigste uitweg vir die Afrikaner en ander minderhede.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s