Die emosie en simboliek rondom plekname

Roberts Heights

Magsverskuiwing in SA: van Robert’s Heights na Voortrekkerhoogte, nou Thaba Tshwane

Die regstryd teen die naamsverandering van Nelspruit na Mbombela, fokus weereens die aandag op hierdie herhalende verskynsel. Die stryd word met die meganismes van die regstaat gevoer en dit is ook die retoriek wat gebruik word. Tog is dit nuttig om na die emosies en simboliek van naamsveranderings te kyk, want dit is die onderliggende botsing.

As regstaat verskil Suid-Afrika van ná 1994 met dié van voor 1994. In die vorige bedeling kon die parlement enige wet maak. Sommige kon met ’n gewone meerderheid goedgekeur word, terwyl ’n tweederdemeerderheid vir ander nodig was. As die parlementêre proses korrek verloop het, was die howe se bevoegdheid om regspraak aan die hand daarvan te doen, nie om dit te hersien nie. Vandag is dit anders. Ongeag die meerderheid waarmee ’n wet of regeringsbesluit aangeneem word, dit kan altyd in die hof betwis word. Die grondwetlike hof is die hoogste gesag en die grondwet is die verwysingspunt. Dit is die oppergesag van die reg.

Vir diegene wat teen regeringsbesluite gekant is, is die regsproses die aangewese roete om te volg. Dan word noukeurig gelet of elke prosedure en bepaling nagekom is en die geweldige koste van verandering word beklemtoon.

In die soeke na objektiewe en regsgeldige argumente word uit die oog verloor dat nie een van die partye deur ’n drang na administratiewe korrektheid of selfs kostebesparing gedryf word nie, maar wel deur die simboliek van plekname en die emosies wat dit wakker maak.

Die gee van ’n pleknaam is ’n manier om dit toe te eien. Dit kan na iets prominent in die natuur verwys, soos al die plekname wat met spruit, fontein, stroom of berg eindig. Dit kan ’n kulturele verwysing hê, soos die plekname wat met burg, dorp of stad eindig, of selfs Bybelse name dupliseer. By dorpe word die natuur- of kultuurverskynsel dikwels met ’n leier se naam of van verbind. Daarom is plekke met parallelle name in verskillende tale volop. Die amptelike naam dui aan wie magtig en toonaangewend is, terwyl nie-amptelike name hardnekkig in die volksmond voortleef.

Die behoefte om amptelike plekname te verander, het alles te doen met die oorgang van mag. Dit is nie genoeg om in beheer van die regering te wees nie, die name van belangrike plekke moet dit op ’n simboliese manier bevestig. Nelspruit is een van die min Suid-Afrikaanse stede waar Swazi’s die bevolking domineer, wat hierdie behoefte versterk. Weerstand daarteen het alles met ’n onwilligheid om te aanvaar dat magsverlies permanent is, te doen.

’n Soortgelyke herrie het hom in 1938 afgespeel, toe waarnemende minister van verdediging, generaal Jan Kemp, aangekondig het dat Robert’s Heights na Voortrekkerhoogte gaan verander. Die vreugde onder Afrikaners is geëwenaar deur die verontwaardiging van Engelssprekende Suid-Afrikaners. Dit was simbolies só belangrik, dat hy deurgedruk het.

Naamsveranderings is niks anders nie, as die voortsetting van die Suid-Afrikaanse magstryd. Dit het groot simboliese waarde en sal met oorvloedige emosie gevoer word.

Die oplossing vir Afrikaners lê juis in ’n alternatiewe roete wat vandag met toenemende sukses gevolg word. In Afrikanerkringe is daar opmerkbaar groeiende steun vir die gedagte van ’n volkstaat in die Noordwes-Kaap. Dit is belangrik dat nuwe dorpe, soos Orania, gevestig word in ’n gebied waarin ons oor die mag beskik om plekname te kies vir alles wat ons met ons eie arbeid opbou en onderhou.

8 gedagtes oor “Die emosie en simboliek rondom plekname

  1. My argument oor die saak van naamsverandering is en bly nog al die jare dieselfde:
    As ‘n BOER ‘n wildsplaas koop en sy EIE grond Thaba’Nchu noem-of Nyati of LeruleTau dan moet hy nie kla as mense die dorpe se name verander nie. Nooitgedaght en Lelievlei en Soetfontein was mos nie meer goed genoeg nie.

  2. Ek stem saam dat ons ons eie plekke en plekname moet toe-eien en ontwikkel. Laat die nuwe bedeling se narre hulle vervalle en vuil plekke nuwe name gee want die ou name pas nie meer by die plekke in die toestand waarin hulle verval het nie.

  3. Frik Lotz

    Afrikaanse dorp en straatname word altyd verander,of as dit n Afrikanerfiguur was uit die vorige bedeling waarvan die ANC of liberaliste nie hou nie.Is Rhodes universiteit nie vernoem na die Britse imperialis Cecil John Rhodes nie?Hoekom leef sy naam dan nog voort?

  4. andredekock

    Frik,
    1. Rhodes Universiteit word in stand gehou met Cecil John Rhodes se geld.
    2. Jan Greeff is heeltemal reg. Hoekom wil jy die vuilste straat in Pretoria Kerkstraat noem?
    3. Dr Verwoerd het altyd argumenteer dat swartmense nie gereed is om hulself te regeer nie. Die regering wil nie daaraan herinner word nie-varal as hulle Dr. Verwoerd elke dag korrek bewys.

  5. tulp

    “Die oplossing vir Afrikaners lê juis in ’n alternatiewe roete wat vandag met toenemende sukses gevolg word. In Afrikanerkringe is daar opmerkbaar groeiende steun vir die gedagte van ’n volkstaat in die Noordwes-Kaap.” –

    Bedankt voor je bijdrage, Wynand. Je slaat de spijker op z’n kop. Onze droom is om één dag mee te mogen helpen met de stichting van “groei-dorpe”, van Orania uit, rigting Weskus. Vanaf Orania naar de Westkust is het ongeveer 1000 km. Als je per 300 km een groeidorp sticht en het laatste dorp bouwt aan de Westkust, heeft de Volkstaat kontakt met de zee gemaakt. Dit is erg belangrijk voor een levensvatbaar land.
    De groeidorpe kunnen beginnen met het “kibboutz-systeem”. Dit waarborgt voor iedere deelnemer: werk, inkomen, medische zorg, behuizing en onderwijs. Ieder lid van de gemeenschap krijgt een gelijk salaris. De inkomsten uit produktie, met name landbouwproduktie, gaan naar de dorpsraad en van daar uit worden de burgers voorzien. Op die manier kan een groei-dorp/punt beginnen met haar bestaan. Om daarna tot een volwaardige gemeenschap uit te groeien.
    Vanuit Orania moet een keurgroep naar de Westkust reizen om de geschikte locaties te kiezen. Wij kunnen klein beginnen, per locatie, met een klein stuk grond. Voor ieder groeidorp zijn, zeg maar, 25 mensen nodig. Om te starten. Verdorie! Het moet mogelijk zijn, mensen! Orania-werkers vanuit Orania zullen zelf ook hun hartelijke hulp geven. De droom van de oude Carel Boshoff kan zo werkelijkheid worden. Als wij God bidden om Zijn zegen.
    Wij kunnen niet wachten, tot het zover is.

  6. Ebert

    Dankie vir ‘n baie goeie artikel Wynand.

    Die hof, met gebruik van prosedurele verweer, het die laaste loopgraaf vir baie Afrikaners geword wat vasklou aan ‘n verlede wat hulle nie bereid is om te verloor nie.

    Die broosheid van hierdie verdediging , veral weens die transformasie van die regbank wat so seker as die dood gebeur, ontsnap blykbaar die meeste van ons volksgenote. Hierdie toedrag van sake is seker te verwagte, want gekoppel aan hul onbereidwilligheid om volle magsverlies te aanvaar, is die gebrek aan wesenlike verandering van hul private bestaan. Hulle gebruik steeds bediendes en tuiniers waarop hulle neersien en wat hulle skaars meer as ‘n hongerloon hoef te betaal. Hul koloniale lewenstyl word dus ononderbroke voortgesit.

    Tog is verandering besig om te gebeur, stadig maar seker. Na plekname sal die koloniale lewenstyl volgende in die visier wees. Daar is reeds tekens hiervan in die inhoud van publieke leerprogramme wat apartheid beskryf, die aanslag op boerderye, die opwaartse druk op minimumlone en ekonomiese uitsluiting van blankes.

    Die vraag is of ons gaan moed opgee wanneer ons plekname verander is en ons lewenswyse hersien is? Gaan ons dan bloot assimileer en deel van die meerderheid word? Of gaan ons Orania se voorbeeld volg en vir ons kultuur ‘n volhoubare toekoms loswerk?

    Ek vermoed dat beide gaan gebeur. Daar gaan diegene wees wat opgee, wat gaan assimileer (hier of elders) en as Afrikaners gaan verdwyn. Die tekens is immers reeds te sien in baie se taalgebruik, keuse van vermaak en vriende.

    Dan gaan daar ook die wees wat progressief bou aan ‘n nuwe toekoms vir ons en ons kinders as volk. ‘n Klein groep, maar soos jy skryf, ‘n groterwordende groep. Genoeg om mettertyd al ons doelwitte te verwesenlik.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s