Grond, landbou, politiek en vryheid

Grondbesit is hoogs gelaai in Suid-Afrikaanse politiek, ekonomie en landbou. Kommersiële boere vra dat politiek uit boerdery gehou word, sodat hulle kos kan produseer. Ekonome, wat boere tot rasionele besluite wil lei, maan teen ’n emosionele benadering – vir hulle is grond net ’n produksiemiddel. Daarteen staan aandrang op grondhervorming om die bevolkingsamestelling in grondbesit te weerspieël. Beide menings kyk iets grondliggend mis.

Grond is inderdaad nie net ’n produksiemiddel nie. Grond behoort tegelyk aan die individuele eienaar wat dit bewerk, aan die volk waarvan hy of sy deel is en aan die land waarbinne dit val. Dit is ’n uiters konkrete vergestalting daarvan dat mense iets anders as vryswewende atome is; dat mense in ruimte en tyd gegrond is; dat sekere plekke belangriker as ander is. Dit geld ook mense wat nie self boer of grond bewerk nie. Daarom dat botsende grondaansprake soveel emosie losmaak.

Die bykans spirituele waarde van grond is nie al wat daaroor te sê is nie. Die wêreldvraag na voedsel en vesel moet voorsien word, terwyl die hulpbron vir toekomstige geslagte bewaar word. Dit verg bykans oneindige kennis en vernuf van wetenskaplike -, ekonomiese – en praktiese aard. Emosionele aansprake oor “die grond van die voorvaders of vorige geslagte” sal nie die wa deur die drif trek nie.

Gesprekke oor grond volg gewoonlik slegs een van die twee roetes en loop al verder uitmekaar. Iemand wat deur ’n bepaalde stand van sake bevoordeel word, sien dit graag as ’n neutrale werklikheid. Daarom beroep kommersiële boere hulle op waarborge vir private grondbesit. Die onaantasbaarheid van titelaktes oorheers hulle denke. Teenoor hulle staan mense wat teleurgesteld is dat die oorgang van 1994 minder van ’n omwenteling was as wat hulle gehoop het. Hulle beweer dat alle grond in blanke hande een of ander tyd gesteel is; as dit nie in die onlangse verlede was nie, dan in die verre verlede.

Hoe hierdie dispuut besleg gaan word, indien enigsins, sal afhang van die balans tussen politieke magte in Suid-Afrika. Politiek gaan immers oor die hantering van die openbare ruimte en besluite oor grondbesit val daarbinne.

Afrikaners het in die tweede helfte van die twintigste eeu op politieke rampspoed afgestuur, deur hardnekkig te weier om wesenlike toegewings te maak. Uiteindelik het die kragte wat daarop ingewerk het, buite Afrikaners se beheer geraak en selfbeskikking moes geheel en al prysgegee word. Inruil daarvoor is ekonomiese waarborge ontvang. Vir talle Afrikaners het toenemende welvaart gevolg; vir ander die teenoorgestelde.

Afrikaners moet eenvoudig besef dat grond en politiek verweef is. ’n Politieke skikking moet bereik word wat die voortgang van voedselproduksie moontlik maak. Terwyl grondeienaars noodwendig toegewings moet maak, moet dit as hefboom gebruik word om ’n bedeling te skep waarbinne Afrikaners vry sal wees. Binne dié gebied moet Afrikaners die hefbome van eie arbeid en ekonomie gebruik om standhoudende sekuriteit te skep.

Die grondwetlike pad hiervoor is uitgelê in grondwetlike artikels en ministeriële verklarings. Die vraag is of Afrikaners nogmaals aan alles gaan vasklou tot alles verlore is, of betyds en berekend gaan optree.

4 gedagtes oor “Grond, landbou, politiek en vryheid

  1. “Hulle beweer dat alle grond in blanke hande een of ander tyd gesteel is; as dit nie in die onlangse verlede was nie, dan in die verre verlede.”

    Na my mening is hierdie toedrag van sake grotendeels toe te skryf aan die media (radio, televisie en koerante) wat sekere ideologiee en onwaarhede onbeskaamd publiseer en bevorder, maar nie ‘n woord rep wanneer mense desperaat probeer om die teendeel te bewys nie.

  2. Jan

    Ek reken dat die wentelpunt rondom grondbesit gaan oor erfreg versus onteiening.

    Die volksvreemdes maak geen geheim daarvan dat onteiening die doel is. Met uitsetting van blankes die finale doel is. Soos Mugabe gemaak het. Hoewel Rhodisie se huurpaggrond nie juis onteien was nie maar slegs die afloop van die huurkontrak met die staat waarvoor Britanje borg geteken het.
    Net soos met Stellaland het die staat grond by die boere op huurpag gekry en die kontrak is nou afgeloop en die grond behoort weer aan die oorspronklike eienaars. [soos wat ons verstaan.]

    Maar Regter Sutherland se uitspraak in die VSA is waarskynlik die kernkwessie.

    “…… life, liberty, property. These three rights are so bound together as to be essentially one right. To give a man his life, but to deny him his liberty is to take from him all that makes life worth living for. To give him his liberty , but to take from him the property which is the fruit and badge of his liberty, is to still leave him a slave. The next step in the logical chain ( after life, liberty, property ) is privacy – the right to be unmolested, left alone. Without this right (of privacy) each of the other three is compromised and vulnerable to destruction by the omnipotent state.” ( Supreme Court Judge Sutherland).

  3. Geen mens en volk kan vry wees sonder grond waarop hy sy vryheid kan uitleef nie. Indien enigiemand wil argumenteer dat ons tans vry is binne die huidige bedeling dan spreek dit slegs van onkunde. Die feit dat die Suid-Afrikaanse staat duidelik ten doel het en besig is om Afrikaners se grond van hulle te ontneem en dit onregmatig vir die ANC se onbekwame kaders en stemvee te gee is een van talle bewyse dat ons geensins vry is nie.

    Dis nou maklik vir FW en Pik om te se dat hulle nooit verder by CODESA sou onderhandel as hulle voor ’94 geweet het wat die ANC gaan doen m.b.t. indiensneming wetgewing (veral in die privaat sektor) en grondhervorming nie. Volgens ons gewese leiers (let wel GEWESE) breek die ANC hul beloftes en gaan hulle terug op hul woord – sapraaiz sapraiz! Die feit dat ons magteloos is om iets daaromtrent te doen is nog ‘n bewys dat ons nie oor die vryheid beskik om binne die raamwerk van die grondwet die staat tot orde te roep nie.

    Goed, wat van die howe? Wat van die wonderlike onafhanklike regbank? Net ‘n imbisiel sal nie kan sien en besef dat die ANC stelselmatig besig is om hul kaders in die land se howe ontplooi nie. Die ANC leier is die de facto staatspresident en hy stel die land se regters aan…

    Bandjies vir boeties: “In April President Jacob Zuma appointed advocate Mbuyiseli Madlanga as a judge of the Constitutional Court, with effect from 1 August 2013. ‘I congratulate advocate Madlanga SC on this appointment and wish him all the best in this new role of promoting constitutional justice in our country,’ President Zuma said in a press release announcing the appointment.” – DEREBUS

    Of ons gaan op ‘n punt ‘n Mau Mau-styl oorlog in die gesig staar, of ons kan nou vreedsaam ons vryheid herstel vanuit Orania. Dit waarborg nie dat ons eendag nie onsself, ons grond en ons belange daar gaan moet verdedig nie, maar ten minste het ons ‘n laer, behou ons die hoër grond en kan ons intussen veel meer vermag om nuut te skep as om die gangreen tevergeefs te probeer stop sit in Suid-Afrika. Afrikaners word wakker!!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s