DA en ANC gee SA privaat sektor ‘n kopskoot!

Die Wysigingswetsontwerp op Billike Indiensneming, wat vandag in die parlement aanvaar is, plaas ‘n verdere meulsteen om die nek van die Suid-Afrikaanse ekonomie.

Dit gaan die broodnodige ekonomiese groei wat vir werkskepping nodig is, verder beperk en die Suid-Afrikaanse arbeidsbedeling meer rigied maak. Dit is presies die teenoorgestelde van wat die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) vir Suid-Afrika aanbeveel het oor hoe om ekonomiese groei en werkskepping te verbeter.

Die wysigings maak dit moontlik om op ’n baie groter skaal as tans teen wit, bruin en Indiër Suid-Afrikaners, net op grond van hulle ras, te diskrimineer.

Waar in die verlede in die samestelling van ’n besigheid se werksmag toegewings ten opsigte van spesifieke vaardighede en beskikbare vakatures gemaak is, is dit nou alles geskrap.

Dr. Pieter Mulder, leier van die Vryheidsfront Plus, meen dit vernietig alle pogings om na twintig jaar geleidelik te begin wegbeweeg van rasgebaseerde regstellende aksie.

“Die droom van ’n gelyke samelewing sonder rassediskriminasie, soos artikel 9 van die grondwet in die vooruitsig stel, word hierdeur verder ondergeskik aan die ANC se rasse-ideologie gestel,” sê dr. Mulder.

Die nuutste wysigings aan die Wet op Gelyke Indiensneming gee ook aansienlik groter inmengingsbevoegdhede aan die regering in die privaat sektor. Die Wet maak voorsiening vir reuse boetes as ’n besigheid nie spesifieke regeringsopdragte uitvoer nie. Dit sal opdragte wees oor hoe die spesifieke besigheid op rassegrondslag hulle personeelsamestelling moet verander.

Die drakoniese magte van die wetsontwerp gaan sonder twyfel sommige besighede dwing om eerder hulle deure te sluit as om die risiko van sulke boetes te loop.

Dr. Mulder meen dit bly onverklaarbaar hoe die DA hierdie wetswysigings kan steun aangesien dit op rassegrondslag regstreeks teen ’n groot deel van hulle wit-, bruin- en Indiër-magsbasis diskrimineer.

Die huidige DA-standpunt verskil ook regstreeks van die vorige DA-leier, Tony Leon, se standpunt toe hy hierdie tipe regstelling namens die DA veroordeel het (Parlement-20 Augustus 1998) en dit as ’n vernietigende stuk sosiale manipulasie beskryf het.

“Die VF Plus, wat teen die wetgewing gestem het, glo dat Suid-Afrika tans die bes gekwalifiseerde arbeidsmag nodig het om die ekonomie te laat groei. Daarom is die VF Plus in beginsel gekant teen hierdie tipe staatsinmenging in die arbeidsmark,” aldus dr. Mulder.

Afrikaners word telkens met hul broeke om hul enkels gevang. Hoeveel keer is daar al vanuit eie geledere gemeen dat ons net moet vasbyt “want alles sal weer regkom”? As daar nog Afrikaners is wat dink dat die nuwe Suid-Afrika vir almal ‘n gelyke speelveld bied, dan kan mens nie kwalik geneem word as jy hul intelligensie bevraagteken nie.

Ons gaan saam teen hierdie stroom moet opswem om te oorleef. Staan saam vir Afrikanerwerkskepping, -selfbestuur en vryheid! Sluit aan by Vry Afrikaner en ondersteun ons om ‘n Afrikaner dominante ekonomie van skaal in ons volkstaat te vestig: http://www.vryafrikaner.za.org

13 gedagtes oor “DA en ANC gee SA privaat sektor ‘n kopskoot!

  1. Frik Lotz

    Die DA doen alles in hul vermoë om swart kiesers te beindruk,sodat daar vir hul gestem kan word. Die DA begin sy ware kleure wys en daar is nie meer n verskil tussen DA en ANC nie. Die DA voel vere vir blankes en spesifiek die Afrikaner. Dis tyd dat Afrikaners ophou stem vir die DA en begin besef die VF Plus is die Afrikaner se enigste hoop.

  2. Ter wille van die humor:

    The whole country is asking this same question!!

    In Parliament recently, an ANC MP related the following account in praise of the President:-

    “There was a father who gave R100 to each of his three sons and told them to buy something that would completely fill up a room.

    The first son bought a load of hay for R100 – but couldn’t fill the room completely.

    The second son bought a load of raw cotton for R100 – he also couldn’t fill the room completely.

    The third son was wise and bought a candle for R1 – he lit it up and the room was completely filled with light.”

    The proud MP declared: “Our President Jacob Zuma is like the third son. From the day he has taken charge of his office, our country is filled with the bright light of prosperity!”

    After the thunderous applause died down, a voice from the DA bench asked:

    “So, where is the remaining R99?

  3. Frik Lotz

    Die destydse DP,vandag natuurlik die DA,het in 1998 die wet op gelyke indiensneming met hand en tand beveg,dit selfs Verwoerdiaans genoem. Blankes en Afrikaners het aan Tony Leon se lippe gehang en vir DP gestem in 1999 en so aangehou stem vir dié party. Kyk wat doen die DA nou! Verloën die mense wat vir hul gestem het. Afrikaners moet hul oë begin oopmaak en wakkerskrik en besef die DA voel vere vir die Afrikaner,minderheidsregte en selfbeskikking.

    1. Ek sou dit beslis nie ‘n gevaar noem nie Anthony.

      Dit is goed dat daar vlamme on die ANC se basse gemaak word deur die EFF.

      Ons besef natuurlik dat sou so ‘n party ooit in die toekoms politieke mag verkry en die meerderheid van die bevolking in 2019, of dalk eerder 2024, vir hulle stem, hulle die hele land, veral die ekonomie soos ons dit ken, totaal en al sal verander met hul nasionaliseringsbeleid wat hulle beslis sal kan afdwing.

      Hulle oormag sal heel moontlik oor 10 jaar van nou af, oorweldigend wees, maar ek glo nie die huidige regime sal sommer net so van hul magsposisie afstand doen nie. Daar sal beslis geknoeiery wees en dit sal maklik kan eskaleer…

      Soveel te meer ‘n rede om terwyl mens die vermoë het om dit te doen te help bou aan ‘n Volkstaat. Al is mens se bydrae hoe gering.

  4. Opposisie partye soos die VF Plus en die burgerlike samelewing moet op ’n meer aggressiewe en aktivistiese wyse hierdie onregte uitwys en hulle menseregte opeis. Menseregte is internasionaal juis ontwikkel om individue en minderhede teen diskriminasie en teen die misbruik van die regering se mag te beskerm.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s