Die ekonomie, vryheid en jy

Die ekonomie speel ’n oorheersende rol in die lewens van baie mense. Deurslaggewende besluite oor die lotgevalle van individue, gemeenskappe en volke word op ekonomiese gronde geneem.

Die dwingende aard van ekonomiese groei fokus dikwels die aandag op die mens as verbruiker, omdat die ekonomie nie daarsonder kan groei nie. Soms is dit nodig om opnuut na die rol van die ekonomie in die mens se lewe te kyk.

In die mens word biologiese, intellektuele, geestelike en sosiale wesenskenmerke saamgevat. ’n Ekonomiese basis hiervoor is noodsaaklik, wat beteken dat ekonomie een van die basiese menslike aktiwiteite is. Hierin is ’n paar belangrike sake saamgevat.

Die Griekse wortel van die woord ‘ekonomie’ verwys na huishoudelike behoeftes. Dit dui op gesamentlike aktiwiteit vir gedeelde voordeel, nie bloot die najaag van persoonlike behoeftes nie. Verder is dit nie ’n doel op sigself nie, maar ’n voorwaarde vir ander doeleindes.

Sedert die landbou-rewolusie, het die mens se ekonomiese behoeftes aansienlik toegeneem. Basiese skuiling, voeding en kleding was nie meer genoeg nie. Gerief, smaak, die behoefte om sosiaal uit te styg, beplanning vir ’n onseker toekoms en ander faktore noop mense om die grondlyn van ekonomiese behoeftes veel hoër te stel as wat tevore die geval was.

Die industriële rewolusie het hierdie proses veel verder geneem. Teen 1800 is lopende water as ’n uiterste luukse gesien, terwyl permanent beskikbare warm water en stadswye sanitasie ongehoord was. Die luukste reis beskikbaar was uiters spartaans, as dit met huidige norme vergelyk word. ’n Lewenstyl wat vandag betreklik basies is, bevat luukshede wat tweehonderd jaar gelede nie vir konings beskore was nie.

Deel van die mens se gevalle toestand is gierigheid. Die neiging om besittings bymekaar te maak en intellektuele, geestelike en sosiale behoeftes daaraan ondergeskik te stel, bestaan altyd. Later word verbruik die maatstaf vir welvaart, terwyl welvaart met lewensvreugde verwar word.

Tradisionele samelewings was van hierdie menslike neiging bewus. Daarom dat alle godsdienstige stelsels daarop gemik is om begeerte te beperk. Nie net die gebod teen begeerte nie, maar ook Jesus Christus se waarskuwings teen rykdom, is getuienis daarvan binne die Afrikaner se geestelike agtergrond. Die waarskuwings is nie soseer teen besittings as sodanig nie, maar teen die gevaar dat die hulpmiddel doel op sigself word.

Tekenend van waardes wat intussen verskuif het, is samelewings se uitbeelding van hulle welvaart. In vorige eeue is die gesamentlike welvaart in tempels, kerke of katedrale vergestalt. Die geskiedenis leer ons dat ’n nedersetting stad geword het wanneer ’n katedraal gebou is. Tans verwerf nedersettings hoër status wanneer ’n “mall” gebou word.

In die beoordeling van rolmodelle, is daar ’n neiging om groot sakelui bo ander helde te vereer. Hulle presteer sogenaamd objektief, terwyl militêre of politieke leiers, die rolmodelle van ’n vorige tydperk, se prestasies subjektief is. Dit laat buite rekening dat die nastreef van aardse besittings as doel op sigself, slegs binne ’n bepaalde waardestelsel na ’n deug lyk.

Dit is belangrik om ’n mens self periodiek af te vra wat die rol van ekonomie in ’n mens se lewe is. Daar is ‘n toenemende aantal Afrikaners wat hulself vandag beywer vir die daarstelling van ‘n volkstaat tussen die Oranjeriviervallei en die Weskus. As die vryheid om self te bestuur en te beskik die fondasie van ons volkstaat uitmaak, is ’n lewenskragtige ekonomie die struktuur.

Dit is net so belangrik om ’n mens af te vra wat jou rol in hierdie ekonomie gaan wees.

 

Lees meer oor Vry Afrikaner se ekonomiese inslag met betrekking tot volkstaatontwikkeling: http://www.vryafrikaner.za.org

3 thoughts on “Die ekonomie, vryheid en jy

  1. Dis inderdaad n belangrike gesprek en een waar ons, soos jy opgemerk het, die werklike aard van die mens in ag moet neem, eerder as fantasiee wat tog so dikwils gebeur. Net een regstelling: Die idee dat verbruik n maatstaf vir welvaart is ooglopend verkeerd, en dit is n direkte gevolg van die Keynesiaanse rewolusie dat daardie persepsie so algemeen bestaan.

  2. Vryheid is slegs haalbaar as Afrikaners ‘n meerderheid in ‘n gebied vorm. Sonder werksgeleenthede om groot getalle Afrikaners te verseker van ‘n inkomste kan mense nie hervestig in die volkstaat gebied nie. Ontwikkel ‘n sterk ekonomie met volkseie arbeid en bestuur en die res sal in plek val. Soos Roosevelt gese het toe hulle daaraan begin dink het om die Panamakanaal te bou: “build it and they will come”.

  3. Jan

    Dankie Wynand vir die een: “.. nedersetting het voorheen ‘n stad geword rondom ‘n Katedraal, Kerk Tempel ….” In Angola was die Roomse kerk sentraal gelee in elke dorp.. By ons het ons ook veelvoudige kerke uit die geskiedkundige sensuurkultuur vanaf die Voortrekkers tyd.

    In die Britse kolonies soos SA het alle dorpe gegroei rondom ‘n Masonic Temple, Lodge en Masonic hotel. Elke dorp het dit. Dis ‘n wit mans alleen sake-organisasie – die oorsprong van dialektiese dislektiese en diaboliese tipe apartheid en inderdaad die eertydse “MALL” waar die beste besigheid gedoen kon word.

    Dan Brown se absoluut skitterende werk: ‘The Lost Simbol’ beskryf die fyn lyn tussen die VSA Masons van Washington en suiwer Satanisme. = ‘n MOET lees.
    {Ook sommer Midnight Call Ministries se publikasie oor die VSA se Mason oorsprong.}.

    En sopas het ons beriggie gesien dat die Proteahotelle van die Masons verkoop gaan word….

    Vandag is die Mall’e veelrassig en geslagloos en oop vir almal.

    My persoonlike gevoel is dat ek na Orania toe trek vir ekonomiese redes en indien ek daar ‘n geestelike tuiste kan vind. = veiligheid. Ek voel dat ‘n fisiese tuiste onmoontlik is sonder ‘n geestelike tuiste. Liefde vir die eie in plaas van haat.vir vreemdes.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s