Selfbeskikking: Afrikaners moet mag konsentreer

Afrikaners is tradisioneel in staat om in afgeleë en ongunstige plekke te vestig en selfs te floreer. Die Kaap was reeds ’n afgeleë deel van ’n wêreldryk, maar die binneland het nuwe betekenis aan die begrip “afgeleë” besorg.

Verbasend is nie die mate van verwildering wat soms ingetree het nie, maar die mate van beskaafdheid, hardwerkendheid en kulturele verfyning wat behou is.

Die baanbrekersgees het nie verlore geraak nie. Waar moeilike omstandighede ook al oorwin moet word, word Afrikaners aangetref: By projekte vir die heropbou van Irak of Afganistan, boerdery in Angola, die Kongo, Georgië of die mees verlate dele van Australië, oliebore in Libië, oral word Afrikaners aangetref en hoog aangeskryf. Om gespesialiseerde vaardighede in die vreemde aan te bied, is vir talle Afrikaners ’n onweerstaanbare aantrekkingskrag.

Ook in Suid-Afrika is die meeste Afrikaners daarmee gemaklik om as ’n minderheid onder ’n vreemde regering te leef en werk. Daar is gevestigde belange en verskuiwing word slegs oorweeg as ekonomiese vooruitsigte beter of ten minste gelyk is. Die poste wat Afrikaners elders ter wêreld beklee, word gewoonlik aantreklik vergoed.

Van die Groot Trek in die 1830’s tot met die verkiesing van 1994 was politieke vryheid vir sekere Afrikaners ’n sentrale motief. ’n Mens kan twyfel of die Trekbeweging aftrek sou kry as die Kaapkolonie volop ekonomiese geleenthede en fisiese veiligheid gebied het, maar die uiteindelike bydrae tot Afrikaners se etniese selfbewussyn kan moeilik ontken word.

Die verbasendste aspek van die Groot Trek is hoe klein dit was. Klein in persentasie deelname en ekonomiese spierkrag, maar groot in uiteindelike uitwerking. Terwyl die Trekkernageslag tot ongeveer 1880 kultureel verarm het, het hulle gees van onafhanklikheid en heldhaftige vryheid ander Afrikaners geïnspireer. Lotsverbondenheid het ontwikkel, waarsonder die latere suksesse op politieke, literêre, akademiese, ekonomiese en ander gebiede nie moontlik sou wees nie. Individuele Afrikaners sou dalk presteer, maar as lede van die Britse ryk, nie as Afrikaners nie.

Dit is goed dat Afrikaners wêreldwyd geleenthede aangryp. Dit is ook goed dat Afrikaners help om Suid-Afrika se wiele aan die rol te hou. Maar as Afrikaners nie ’n doeltreffende basis opbou nie, sal dit ten koste van oorlewing as Afrikaners wees.

Orania is die beginpunt van so ’n basis. Dit is in ’n gebied geleë waar volop ontwikkeling moontlik is, wat oorwegend Afrikaanssprekend is, waar sukses meer van Afrikaners self as van buite-faktore afhang. Dit is waar Afrikaners ’n belastingbasis (al is dit klein) as bemagtigingsbasis kan aanwend. Waar Afrikaners se aansprake nie op erkenning van individuele regte rus nie, maar op etniese regte.

Vir langtermyn voortbestaan, is selfbeskikking noodsaaklik. Vir selfbeskikking is ’n plek noodsaaklik. Belange en getalle wat met die oog daarop konsentreer, is onontbeerlik.

’n Mens hoef nie in Orania te woon, te beplan om te trek, geld te belê, of aktief te ondersteun voor dit vir jou iets werd is nie. Soos Kaapse Afrikaners kan jy 50 jaar later besef dat, sonder jou toedoen, iets waardevol tot stand gekom het. Maar dan: Jy kan ook help.

11 gedagtes oor “Selfbeskikking: Afrikaners moet mag konsentreer

  1. A Schlemmer

    Goeie artikel Wynand. Alles is so waar. Dus net jammer dat dit voorkom, of ‘n minderheid van ons dit besef.
    Dit is egter besig om vinnig te verander.

  2. Weereens wil ek ‘n vergelyking tref met Israel. Hulle het hul Volkstaat idee gevorm met die Zioniste beweging in 1896.
    Kom ons vang ‘n paar tips:
    The multi-national, worldwide Zionist movement is structured on representative democratic principles. Congresses are held every four years (they were held every two years before the Second World War) and delegates to the congress are elected by the membership. Members are required to pay dues known as a shekel. At the congress, delegates elect a 30-man executive council, which in turn elects the movement’s leader. The movement was democratic from its inception and women had the right to vote.

    Until 1917, the World Zionist Organization pursued a strategy of building a Jewish National Home through persistent small-scale immigration and the founding of such bodies as the Jewish National Fund (1901 — a charity that bought land for Jewish settlement) and the Anglo-Palestine Bank (1903 — provided loans for Jewish businesses and farmers). In 1942, at the Biltmore Conference, the movement included for the first time an express objective of the establishment of a Jewish state in the Land of Israel.

    The 28th Zionist Congress, meeting in Jerusalem in 1968, adopted the five points of the “Jerusalem Program” as the aims of Zionism today. They are:

    Unity of the Jewish People and the centrality of Israel in Jewish life
    Ingathering of the Jewish People in its historic homeland, Eretz Israel, through Aliyah from all countries
    Strengthening of the State of Israel, based on the prophetic vision of justice and peace
    Preservation of the identity of the Jewish People through fostering of Jewish and Hebrew education, and of Jewish spiritual and cultural values
    Protection of Jewish rights everywhere.

    1. Die VF+ en Solidariteit is reeds betrokke in Orania. Ek wonder of dit ‘n goeie idee is as die HNP of die AWB hul kantore na Orania skuif. Ek dink nie so nie. Dit sou Orania se saak in die buiteland (mn Nederland en Vlaandere) BAIE BAIE BAIE swakker maak. Die AWB en HNP is vir die politieke partye Partij voor de Vrijheid (NL), Staatkundig Gereformeerde Partij (NL), Vlaams Belang (VL) en Nationaal-Vlaamse Alliantie (N-VA), waarmee die Orania Beweging tans bande het, geheel en al onbespreekbaar. Buitendien is byvoorbeeld die AWB (met rede) nie verteenwoordig nie in die Afrikaanse Taalraad – terwyl die Orania Beweging daar wel in verteenwoordig is.

      Dus ja, meer Afrikanerorganisasies moet (waar kan) na Orania verhuis (word), maar die organisasies mag Orania se sake in die buiteland nie skade toedoen nie.

      Buitendien is Orania se leiers pragmaties (nes Solidariteit en die VF+). Ek sou die leiers van die AWB en HNP nie pragmaties wil noem nie, maar eerder onbesuis, onverstandig en emosioneel…

      Persoonlik sou ek my steun vir Orania direk terugtrek as die AWB se kantore na Orania geskuif word. Groete van ‘n Hollander.

      1. Die AWB was vir jare die draer van die populere idee van ‘n Volkstaat maar as dit nou die hollanders aanstoot gee dan moet seker maar daar wegbly. Geniet die NEIDERLANDERS ALDAAR. My ondersteuning is reeds onttrek. Die Hugenote en Geuse het Holland verlaat en na Suid-Afrika gevlug en hier Boere geword. Die Afrikaanse Kerke het deur hulle Hollandse verbindings lid geword van die Wereldraad van Kerke en hulle eie ondergang gefinansier deur die skenkings van Hollanders aan die ANC. As ek een Hollander in Orania raakloop sit ek nooit weer my voete daar nie.. Te moer met die buitelanders. Kyk waar sit ons omdat ons hulle wou tevrede stel. Of het Orania al aansoek gedoen vir lidmaatskap van die VVO?

      2. Jou Hollanderhaat maak min sin. Moenie my blameer nie vir wat my ouers se generasie gedoen het. Ek’s jonk en gebore NA apartheid en die stryd daarteen. Nederlanders is nie teen ‘n volkstaat of vrywillige selfbeskikking nie (dit is uiters liberale waardes), maar wél teen rassisme en diskriminasie op totaal willekeurige gronde.

        En moenie vergeet dit was Hollanders wat apartheid uitgevind (in 1880) en eerstens in Nederland ingestel was … Buitendien het ‘n Hollander dit in Suid-Afrika ingestel en so geprobeer om met apartheid die multi-groeperings-samelewing én selfbeskikking te verenig. Daar waar multikulturalisme en selfbeskikking uiterste van mekaar is, is dit onmoontlik om die twee stelsels te verenig. Moenie vergeet dat apartheid/”soewereiniteit in eie kring”/verzuiling ‘n Nederlandse uitvinding van Abraham Kuyper is nie. Die stelsel van apartheid (verzuiling) was ook in Holland nie volhoubaar nie. Ons het dit (op vrywillige en kerklike basis/nie deur wette gereguleer nie) geken tussen 1880 en 1960. Nederland het voor 1960 nouliks kritiek op apartheid gelewer nie, omdat ons dieselfde tipe stelsel binne die samelewing gehad het. Die Nederlandse kritiek op apartheid het later gekom, nadat ons die stelsel van verzuiling/”soewereiniteit in eie kring” uitgegooi het.

        En wat betref die geskiedenis. Vergeet dit. Dit was meer as 20 jaar gelede. Kyk liewer vorentoe en besluit hoe daarmee aan te gaan. Want anders benadeel jy jou kinders.

      3. ebertterblanche

        Andre

        Die AWB het die gedagte van ‘n volkstaat nie gedra nie. Hulle het dit vergiftig. Hulle het ook die Afrikaner Volksfront se vermoë om vir een voor 1994 te onderhandel ‘n nekslag toegedien deur vir die hele wêreld te wys dat die Afrikaners se “dogs of war” eintlik ‘n klomp onordelike dronklappe is. Ons verlede, hede en toekoms sou baie beter daaruit gesien het as die AWB nooit bestaan het nie.

        Een jong Hollander se steun beteken vir ons meer as ‘n bataljon lapswaaiers van die AWB.

    2. A Schlemmer

      Andre, Orania moet ‘n positiewe beeld na buite uitdra. Die AWB sal ongelukkig, op hierdie staduim van die wedstryd, ons beeld net skade berokken.

    3. Willem van As

      Ek het in 2011 ‘n kursus in Kaapstad gedoen, waar daar ‘n klomp buitelanders was. Met middagete het mense oor politiek begin praat, en ‘n kleuring meisie in haar twintigs van die Kaap het toe vir ‘n groep buitelanders vertel hoe die AWB die regerende party was tydens apartheid. Die prentjie wat sy geskets het was asof mens die AWB met Nazis soos vertolk in Schindler’s List kan vervang, en hulle was die heersers tydens apartheid in Suid-Afrika. Sy wou nie probeer moeilik wees nie, dis regtig wat sy dink. Ek weet nog steeds nie wat om daarvan te maak nie, maar dit is blykbaar wat klomp mense dink van apartheid, en dit het my help verstaan hoekom baie mense dink die nuwe Suid Afrika is ‘n beter plek as die ou een. Hierdie hele storie oor leeu jag (Melissa Bachman) illustreer weer mooi hoe mense nie regtig gepla is oor feite nie. Ek wil nie ou apartheid, waar Afrikaners oor almal regeer terug hê nie, my politieke oriëntasie is meer in lyn met eie grond, eie arbeid, eie instellings en eie toekoms vir almal.

  3. Frik Lotz

    Die HNP en AWB speel tans geen rol meer in die politiek nie,want hul het geen steun meer nie. Die vaandeldraer van selfbeskikking is die VF Plus en ons moet in ons duisende gaan stem in die 2014 verkiesing vir die VF Plus. Die DA beteken niks vir die Afrikaner nie en is n kloon vd ANC. Terloops,Christian,jy gee altyd goeie kommentaar en jou artikels by die Afrikaanse opinieplatform is ook altyd baie interessant.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s