Wat beteken eie kultuur?

Afrikaners word dikwels daarvan beskuldig dat ons ‘n rassistiese agenda het wanneer ons sê dat ons “ons kultuur wil bewaar”. Daar word beweer dat ons eintlik bedoel “ons wil nie saam met swartmense wees nie”.

Persone soos Jonathan Jansen, rektor van die Universiteit van die Vrystaat, is tipies iemand wat alle pogings om Afrikaans as onderrigmedium te bewaar op so ‘n manier afmaak. Hier en daar mag dit wel die geval wees dat kultuur gesê en wit bedoel word, maar die meerderheid Afrikaners, so aanvaar ek, is trots op hulle kultuur en wil dit graag behou.

Gewoonlik word die vraag gevra: “Wat is Afrikaner-kultuur?”, nie uit werklike belangstelling nie, maar om elke aspek weg te redeneer en om dan by die uiteinde uit te kom dat ons almal dieselfde is en die beste gediend is met ‘n individuele, geglobaliseerde samelewing met materialistiese waardes.

Met my onlangse besoek aan verskeie Europese lande kon ek kultuur ervaar in hoogs geglobaliseerde, moderne en ook multi-kulturele samelewings.

Om kultuur as iets af te maak wat agterlik, plattelands en pre-modern is, soos stedelike joernaliste dit graag doen en wat by kultuur hoogstens aan Zoeloe-danse vir oorsese toeriste dink, vat die saak vêr mis.

Kom ek vertel van ‘n paar voorbeelde:

In Nederland was hierdie jaar op 31 April die kroning van Willem Alexander en sy vrou Maxima as die nuwe koningspaar van Nederland. Alhoewel die kroning self ‘n formele geleentheid was en net hoogwaardigheidsbekleërs in die paleis en die katedraal vir die seremonie toegelaat was, was dit ‘n Nederlandse volksfees.

Orals in die hoofstad Amsterdam en ook in ander stede oor die land heen was geboue met oranje vlae en simbole van die koningshuis versier, op die pleine het die mense, geklee in oranje of met die Nederlandse vlag op hulle gesigte geverf, bymekaargekom en op groot skerms die verrigtinge van die kroningseremonie gekyk en saamgejuig, gesing, komentaar gelewer of stemmig stil gebly toe die eed op die grondwet en die parlement afgelê is.

Dit was ‘n multi-kulturele menigte, behalwe die etniese Nederlanders ook mense van Marokkaanse afkoms of uit die Karibiese streek, waar Nederland kolonies gehad het en nog steeds vier eilande het wat met Nederland verbonde is.

Daar was natuurlik ook toeriste soos ek wat die spektakel wou meemaak, maar dit was ‘n uit en uit Nederlandse gebeurtenis en het natuurlik in Nederlands plaasgevind, nie in “internasionale” Engels nie. Dat ek een van die min nie-Nederlanders was wat dit kon verstaan danksy Afrikaans, het my ‘n bietjie nader aan die gebeure laat voel.

As ek ‘n Nederlander was, sou ek beslis hoendervleis gehad het. Selfs so, as waarnemer, het die gebeure my meegesleur. Die koning is die tydlose simbool van Nederland. Al beskik hy oor geen uitvoerende magte nie, is die kroning van ‘n koning of koningin, iets wat omtrent een keer in 30 of 40 jaar plaasvind, iets baie groter as die inhuldiging van n nuwe premier elke 4 jaar.

In Suid-Tirole is die opset heel anders as in Nederland: ‘n klein volk oftewel volksgroep van sowat 500 000 mense, eerder behoudend en godsdienstig en etnies homogeen, maar in die posisie van ‘n minderheid binne Italië en dus met ‘n sterk taal- en kultuuridentiteit.

Die kulturele belewenis van Suid-Tirole was ‘n gesellige saamkuier met ons vriende, wat ons op eg Suid-Tiroolse manier onthaal het in die rustieke opset van die “Schuetzenverein”, met bier, “Kaminwurz” (‘n soort gerookte salami), gerookte ham en Knoedel, daarby het ‘n jong man volkswysies op die trekklavier gespeel en meeste van die mense was in die Suid-Tiroolse drag geklee.

Anders as die Nederlanders met hulle uitwaartse kyk en hulle inklusiwiteit was hierdie aards, knus, tradisioneel. Suid-Tirolers is egter nie agtertangers nie, maar dit is ‘n ekonomies hoogs welvarende en dinamiese streek met ‘n hoë opleidingsvlak en geringe werkloosheid.

In Spanje het ek die voorreg gehad om die fiesta in Almeria in Andalusië by te woon. Elke stad of dorp het sy feesweek waarin die plaaslike beskermheilige gevier word, maar wat in die eerste plek ‘n viering van die streek se kultuur is.

Daar is talle musiek- en dansvertonings, mense wat in tradisionele klere rondloop en hulle Spaansheid vertoon, optogte met sierwaens en reuse en ter afsluiting ‘n prosessie van die katolieke kerk waar die beskermheilige rondgedra word, voorafgegaan deur die stad se burgermeester, biskop, hoof van die militêre eenhede ens.

Die hoogtepunt van die fiesta is egter die corida, die tradisonele bulgeveg wat vir ‘n week elke dag plaasvind. Die mense staan vir ure tou om kaartjies te kry. Ek wou dit ook een keer beleef.

Toe ek in die arena inloop kon ek nie glo hoeveel mense hierdie kultuurfees bywoon nie. Daar was selfs vroue in die Spaanse tradisionele klere. As die torreros, pikadores en dan die held, die matador inkom, gaan ‘n opwelling deur die arena wat selfs ek as nie-Spanjaard kon aanvoel en wat my hoendervleis gegee het.

Ek het vir n oomblik gewens ek was nou ‘n Spanjaard: hier word ons kultuur gevier, uniek en soos ons dit al vir eeue doen, ongeag of ander volke ‘n bulgeveg as barbaars of outyds beskou. Net ons verstaan dit, net ons voel aan wat hier gebeur.

Ek as buitestaander (en so ver ek kon sien die enigste nie-Spanjaard) is vriendelik deur die mense opgeneem, hulle het vir my die matadors se name gesê en kommentaar gelewer en hulle peuselkos en wyn uit die leersak met my gedeel. Dit was egter iets vir die Spanjaarde, m.a.w. nie vir toeriste nie. Juis omdat ek hoog opgee vir my eie kultuur kon ek met hierdie mense vereenselwig en die gevoel van hulle kultuur aanvoel.

As ek op 16 Desember op Orania is, en Geloftefees vier, met ‘n stemmige erediens, ‘n feesrede, mense in Voortrekkerklere, volkspele-vertonings, gemmerbier en koeksisters en saamkuier met piekniek in die familiekring na die tyd, dan weet ek dat ons in geen opsig moet terugstaan agter Nederlanders, Suid-Tirolers of Spanjaarde wat eie kultuur betref nie.

As kultuur net nog vir toeriste bedryf word is dit ‘n leë dop. Dit moet deur die groep en vir die groep wees en mense moet dit geniet. Dit moenie gedoen word omdat dit op mense afgedwing word nie, of uit pligsbesef of om ‘n punt te bewys nie.

In al die genoemde gevalle is dit ‘n kulturele gebeurtenis.

In al die genoemde  gevalle is dit nie ‘n vertoning vir besoekers nie, soos wanneer sekere  volke ter wille van toeriste wat foto’s neem en daarvoor betaal, tradisioneel aantrek en n paar danspassies uitvoer.

Dit is iets deur en vir die groep, waarby besoekers ook welkom is om dit by te woon. Kultuur is dus nie iets wat in isolasie plaasvind nie (‘n hoofbeskuldiging van diegene wat Afrikanerkultuur verafsku), maar wat wel aan ‘n volk of groep behoort, nie aan almal nie.

Die poging om ‘n “wêreldkultuur” te skep om almal te akkommodeer eindig noodwendig op die kleinste gemene deler en is in meeste gevalle eintlik ‘n veramerikanisering van kultuur: Engels as taal, denimbroek as kledingstuk, Coke en burger as kos, Hollywoodflieks as vermaak, sekularisme as wêreldbeskouing, en geld as enigste faktor wat bepaal of jy iets mag bywoon of nie.

As jy die gebeure analities uitmekaarhaal om kultuur te ontdek, dan gaan jy nie veel vind nie. Net so min soos wat jy ‘n mens kan verstaan deur ‘n lyk op te sny en dan te sê, ‘n mens is ‘n oor, ‘n hand, ‘n been ens., net so min kan kultuur verstaan of verklaar word deur n reeks “doen-dinge” en clichés wat ten beste folkloristies is: rugby en braaivleis by Afrikaners, matjieshering en oranje kleure by Nederlanders, bulgeveg en gerookte wors by Spanjaarde, Tiroolse hoed en bier by Suid-Tirolers, Zoeloedanse en pap en kaaiings by Zoeleos ens.

Die mens bestaan uit liggaam, gees en siel. ‘n Volk se kultuur is ook iets in die lyn, ‘n samespel van faktore wat eerder aangevoel as geanaliseer kan word.

12 thoughts on “Wat beteken eie kultuur?

  1. Quintin Diederichs

    Briljant gestel!! Ons probeer altyd om ons kultuur te definieer, maar dis die eerste keer dat ek sien iemand verduidelik dit as iets wat eerder gevoel moet word. En dis heeltemal reg!

    Dis ironies dat die wereldburgers wat min liefde vir hul eie kultuur het, dikwels oor hul voete sal val om ander volke se kulture te ervaar. Dit is die groep wat hardkopping weier om konsepte soos moedertaalonderrig, selfbeskikking en volkstrots vir hul eie te aanvaar…

    Al hoe mens kulturele selfmoord kan hokslaan is deur die kunste – en op hierdie terrein het Afrikaners die afgelope dekade baie grond gewen.

    Op die einde van die dag kom wereldburgerskap neer op oppervlakkigheid. Mens kan mos trots Afrikaner wees en steeds ‘n groot waardering en selfs liefde vir ander kulture he.

    1. Quintin,

      Jou en Sebastiaan se stellings ding om die eerste prys mee! Kultuur sit in die weefsel.

      Nasiebou in die nasiestaat, of erger, gelykmaking in die globale-staat, is die mikrobes wat daarop uit is om dié weefsel te beskadig en te vernietig!

  2. Dante Strauch

    Ek stem. Kultuur is baie meer subtiel as tradisionele klere en volksdanse wat op een dag ‘n jaar ten toon gestel word. Ons leef elke dag ons kultuur uit al besef ons dit nie altyd nie. Die manier hoe ons praat, hoe ons aantrek, hoe ons met ander mense en die omgewing om ons handel, ons waardes en lewensbeskouing, dit is kultuur wat tel.

  3. Willem van As

    Ek gee op die oomblik Engels by ‘n universiteit in Suid Korea. Hier was nou die dag ‘n kok van ‘n universiteit uit Australië (oorspronklik van Ierland) wat hier met die kookkuns studente kom werk het vir ‘n week, meestal blootstelling aan westerse kookkuns. Dit klink na iets so eenvoudig, maar hy se die idee wat ons in die weste het van jou eie voorgereg, hoofgereg en nagereg (jou eie bord kos) bestaan nie by Koreane nie. As mens in Korea gaan uiteet kry almal aan die tafel dieselfde gereg, en almal deel. Daar is natuurlik niks fout met enige een van die twee nie, dit is net kultureel verskillend. Kultuur gaan natuurlik oor meer as net eet, maar kulture verskil in ander opsigte ook.

    Daardie kok was hier oor die tyd wat Jaco Kleynhans op Kyknet se Debat was. Daar is die perfekte voorbeeld van mense wat dink omdat jy van jou eie kultuur hou en wil uitleef jy reken jy “superieur” is aan ander. Dink Koreane hulle superieur is omdat hulle eet soos hulle eet?

    Ek het ook al gehoor dat een van die baie probleme met die Europese unie is, is dat mense met verskillende kulture, ander werksetiek en benaderings tot spaar ens ens het onder andere dieselfde geldeenheid moet gebrui. Ek dink ook dat meeste spanning tussen verskillende kulture veroorsaak word omdat state kultuur en allerhande regulasies op mense wat verskil probeer afdwing.

    Mense hou daarvan om met mense te assosieer en te bly wat soos hulle is, en handel te dryf met mense wat van hulle verskil oor ‘n afstand. Ek dink dat ‘n multi-kulturele wêreld ‘n goeie ding is, maar ‘n multi-kulturele politiese eenheid is nie.

  4. Jan

    Die nasionaal sosialisme kultuur is besig om uit te sterf – vra die Duitsers self want dis basseer op bedrog.

    Nou na 60 jaar na die grootste oorlog ooit moet jy nou uithaal en wys dat jy beter oorlewingspotensiaal is as net jou wit vel – waansinnige selfaanbidding.

    En ek is oortuig die Boere Afrikaners besit die vaardighede wat nodig is om die hele Afrika te oorheers. [‘ We got what it takes’] om wêreldinspirasie en leiers te wees.
    Maar dan moet ons minder praat en begin doen met ons eie hande. Soos Orania.

    Ons sal verseker ons vyande sommer doodLEEF.

    Dit is ons kultuur van dankbare Calvinsitiese doelgerigte lewens tot eer van ‘n genadige God.

    1. Quintin Diederichs

      Jan, die admins op die blog vervang die gebruik van die woord “nazi” met “nasionaal sosialisme”. Ons verban die woord op ons blog omrede ons glad nie daaraan gekoppel wil wees nie. Gebruik asb. in die vervolg die term nasionaal sosialisme.

  5. Nasionaal-sosialisme was juis nie kultuur nie, maar barbarisme. Daar is ‘n Duitse kultuur wat baie ouer is as nasionaal-sosialisme, ‘n idelogiese dwaling wat net weens buitengewoon slegte ekonomiese omstandighede so sterk veld kon wen. Dis juis een van die uitdagings vir die Duitsers om te besef dat hulle geskiedenis nie 1933 begin het nie. Die ewige assosiasie van Duitsers met nasionaal-sosialisme maak juis dat meeste Duitsers liewers wêreldburgers of Europeërs wil wees. Verder was nasionaal-sosialisme ook n anti-Christelike ideologie en belydende kerkmanne was in konsentrasiekampe.

    1. jan

      Uitstekende nuus oor daai ‘N***’ -vloekwoord van Vorster.

      Elders op Praag is die Wit Olifante in ons kultuur bespreek.
      Ek reken dat ons twee Wit Olifante het en een Pienk Olifant.in ons kultuur vertroetel of verdra.

      Die Afrikaner is ontvang en gebore uit Calvinisme en die hervorming uit die Roomse teokrasie.

      Die Ingelse Elitisme kom van die ABO projek van die Bokryers: Eksklusief Wit mans elitisme by uitstek wrede gewapnede rower mentaliteit. van 1900. Maar die Afrikaner Boere het darem legitimiteit gewen met die ABO.

      In reajksie op onvergelykbare barbarisme van die ingelse Elitisme het die Afrikaners na die Duitse weergawe gevlug wat nog erger was indien moontlik. Want dit was maar dieselfde poeding met ‘n ander vrot wit sous. Met die Duiste weergawe van Elitisme het ons alle legitimiteit verloor – selfs as misdaad teen die mensdom verklaar

      Maar die Pienk Olifant in ons kultuur het ontstaan uit hul mentor/got Tsafendas en word hoofsaaklik gedryf deur psy-ops van die NP deur die multimedia. Tot vandag toe.

      Die Afrikaanse Christen demokrasie van Verwoerd is die ware karakter in ons gene.

  6. Dante Strauch

    Sebastiaan, ek vind dit tog interesant dat die hoogtepunt van Nederlandse kultuur gevier word deur n ‘multi-kulturele menigte’. Hierdie menigte beskou hulself sekerlik nie slegs as Nederlands nie maar behou verseker ook gedeeltelik hul karibiese en Marrokaanse kultuur (en ander). Word die eiesoortigheid van Nederlandse kultuur as gevolg van hierdie inklusiwiteit nie tog daardeur afgewater nie?

  7. SM Biehl

    Dante, jy is reg dat die term Nederlander heel inklusief geword het en dat die oorspronklike kultuur daardeur afgewater word. Ek sou ‘n homogene opset verkies (soos die Suid-Tirolers), maar die feit is dat die Nederlanders al van lankal af roem op hulle inklusiwiteit en mense wat nie-etniese Nederlanders is probeer akkommodeer. In my blog word net verskeie kulturele gebeurtenisse beskryf, party inklusief, ander meer eksklusief. Dit is nie eers sedert die grootskaalse immigrasie in die laaste paar dekades dat nederland n inklusiewe en uitwaartse uitkyk het nie. Ek verkies die meer tradisionele, eksklusiewe kultuur. My punt is egter dat kultuur nie altyd eksklusief hoef te wees nie en dat groot volke soos Nederlanders, Duitsers, Franse weens hulle talle immigrante geen keuse het as om ‘n inklusiewe kultuur te bebesig. Seker het nie almal op die groot plein voor die koningspaleis uit patriotisme gekom nie, maar dalk uit nuuskierigheid of omdat daar n partytjiegees aanwesig was, maar dit is wel so dat daar ook heelwat immigrante (soms in die derde generasie) is wat met Nederland vereenselwig.

  8. Ope brief aan JM wat ek raakgelees het. Geniet die humor. Wonder wat die “kultuur gaan wees oor 10jaar.

    “Dear Right Honourable Excellency Julius Sello Malema the First, Commander in Chief of the Economic Freedom Fighters, Ruler of all the Beasts of the Earth and Fishes of the Seas and Conqueror of Colonialism in Africa in General and South Africa in Particular.
    Or, in the parlance of the common people, heita Juju! Having said that, there shall come a time when political scientists will want to add an ism to your name. You need to drop a vowel. Malemism is easier on the tongue than Malemaism, which sounds more like a tropical malaise than a bona fide ideology.
    People have been coming up to me and saying, “Who is EFF?” Sometimes they say, “Who the eff are you?” but their kind is best ignored. You put it rather nicely in your manifesto: “The EFF is a radical, leftist, anti-capitalist and anti-imperialist movement with an internationalist outlook anchored by popular grassroots formations and struggles.”
    That clears that up, then.
    I predict that, before the end of the decade, Malemism will overtake Marxism as the predominant school of thought among a new generation of urban guerrillas. Compared to you, Karl Marx was a pussycat. Marxism is a theory. Malemism will be a fact. If anyone argues, have Shivambu stab them in the face. Oops. That was a Floydian slip. Have him talk some sense into them. An open dialogue is usually less messy than an open wound.
    What ruined Marxism for me was the number of psychobrates Karl allowed in to the inner circle. Even though he was very bright for a white man, Karl made the mistake of encouraging other men with beards to get savagely twisted on Jägermeister and come up with all kinds of crazy things like dialectical materialism and economic determinism. The proletariat could barely spell their own names. No wonder Marxism never caught on.
    Now that Dali Mpofu, the devil’s advocate, is a member of your merry band of brigands, your quota of intellectuals has been filled. Do not accept anyone else with a university degree. Too many revolutions have been ruined by some smartass at the back who puts up his hand and says, “But, commander in chief, if we are going to nationalise everything, throw farmers off their land and give everyone free health care, housing and education, where will we get the money to, you know, pay for things like roads and power stations?”
    When the EFF takes power, you can do away with money altogether and use stones instead. This country has plenty of them. The Karoo could be the new Treasury, except there won’t be any security at the door. Or any doors. People could just drive out there, fill their boot with stones and be rich right away. Small stones could buy takeaways while rocks could be used to buy bigger things like tumble dryers and plasma televisions. A Mercedes would cost a small boulder, of which we have plenty.
    It’s uncanny how much you and Marx have in common. Karl collaborated with Friedrich Engels. You speak Engels. Your insightful exchange of ideas with BBC correspondent Jonah Fisher in 2010, which included the phrase, “Rubbish is what you have covered in that trouser”, showed an admirable grasp of the subtle nuances of the English language.
    Marx studied at the University of Bonn. You once drove past the University of Cape Town.
    You sang ‘Dubula iBunu’. He sang ‘Lydia the Tattooed Lady’. No, wait. That was Groucho Marx. My researcher is drunk. I shall have him stripped naked and flogged at once.
    By the way, I like your website. The colours of blood and canaries are very 2014. I also like your logo. A giant black fist dominating Africa, threatening Brazil with an assegai. Good for you. Those goddamn uppity Latinos need to learn that they aren’t the only ones who can cripple economies through poorly thought out socialist policies.
    It’s also a smart move to invite people to donate R30 to the cause by sending an sms. Any idiot can send an sms. And I am nothing if not an idiot. I fired off an sms right away. Any chance of a receipt? When you finally deploy the 5th Expropriation Brigade, I want to be able to show them something that sets me apart from the neo-imperialist counter-revolutionary running dogs of capitalism that infest my suburb.
    I see you are with FNB. Good choice. I like their slogan: “First National Bankie – How Can Weed Help You.”
    I am also very impressed with your manifesto. Did you know that it comes from the Greek word ‘mani’ meaning ‘barefaced’ and ‘festo’ meaning ‘lies’? Of course you did.
    I found it a tad long at around 20-thousand words, but that shouldn’t be a problem for your followers. By the time the economically disenfranchised have finished looking up words like heterodox and beneficiation, American helicopters will be evacuating the last of the capitalists from the roof of the Johannesburg Stock Exchange and the sangomas can move in. The fall of Saigon will seem like a stumble by comparison.
    Nice touch kicking it off with a quote from Frantz Fanon, although one or two of your members might struggle to relate to a Martinique-born French Creole psychiatrist who dabbled in existential humanism on his days off. On the other hand, he did actively support the Algerian war of independence from France. As a result, Algeria today is in far better shape than France. And you, Julius, are in far better shape than Frantz.
    The quote is, “Each generation must, out of relative obscurity, discover its mission, fulfill it, or betray it.” Or, in the case of the ANC, and betray it. Do you like that? Have it.
    The first point in your preamble reads, “Our decision is to fight for the economic emancipation of the people of South Africa, Africa and the world.” Nothing wrong with aiming high, comrade. But the world? I hope you have a passport.
    One of your seven pillars for economic emancipation is to “build government capacity allowing the abolishment of tenders”. This is brilliant. Nobody need rely on the government for work because everyone will already be working for the government. Thirty million civil servants should get the job done in no time at all. Who cares if the economy shuts down over lunch every day? It’s a big, hungry thing, the economy is, and it can’t be expected to go all day without so much as a smoke break.
    I love all the free stuff mentioned in your fourth pillar. Education, health care, housing, sanitation. I would go further and offer free booze. Having a roof over your head and knowing the square root of twelve would feel so much more satisfying if it came with a box of beer.
    Pillar number five says there will be “massive protected industrial development to create millions of sustainable jobs”. By protected I expect you mean that once the workers are inside, the factories will be sealed off with bladewire and minefields. Don’t let the bastards out. Ever. You didn’t say they would be paying jobs. Clever, that.
    Your second pillar calls for the nationalisation of banks, mines and other sectors of the economy without compensation. You might need heavy artillery for the banks. I have been trying to get an appointment with my branch manager for months. You are going to have to winkle the swine out with howitzers.
    The manifesto also says, “It is a crying shame that in the 21st century we are presided over by an elite system of power where only 400 members of the national assembly govern over 50 million people. The EFF shall agitate for the transfer of power to the people.”
    You need to have teams visiting every home in every town. If the person who opens the door can sing the first stanza of L’Internationale and answer three questions about, say, the Babylonian revolt against Assyrian rule, he or she gets to make a new law right there and then. Parliament can be converted into a vegetable market.
    And you say house repossessions will be illegal? Yeah! Fuck the bond. What are you going to do now, Sheriff? Shoot me? Oh. Okay, wait.
    You also want to see “the scrapping of criminal record statuses of ex-convicts who were convicted of certain schedules of crime”. Nothing wrong in thinking ahead. That’s the mark of any good leader who might one day go to jail for certain schedules of crimes. Like tax evasion. Or money laundering. Or racketeering.
    You warn that your policies might cause an “imperial backlash”. I wouldn’t worry about that. When the Mau Mau did their thing in Kenya, the imperial backlash extended to the madams of Happy Valley firing the servants and pouring their own gin and tonics. I expect our imperialists would do the same – right after they have shut down their multi-billion rand investments and repatriated the profits.
    I like how your manifesto separates the race groups. It does away with all that simunye nonsense. For instance, you talk of the “Coloured question”, saying that the EFF will come up with revolutionary programmes to guarantee them fishing rights. I don’t know when last you were in Cape Town, but you should know that not all of them are fishermen. Many have diversified into the narcotics industry. It’s an important demographic. Don’t neglect them or they will be at the throats of the fishermen in no time at all and you will be to blame.
    Still under the section titled “The Coloured working class”, you say, “The wine farms in the Cape should be expropriated and redistributed to the farm workers.” This is an excellent idea. Who cares if the chief financial officer of Spier has no front teeth and a touch of the old foetal alcohol syndrome? I certainly don’t. And I am all for buying cabernet sauvignon in five-litre plastic containers.
    Under the “Indian/Asian working class”, you question whether Indians should be classified as a historically disadvantaged group. Should they benefit from affirmative action? You seem unsure. I tried asking around but the thing with Indian fellows is that you ask them one thing and they tell you another. And another. And before you know it the whole day has gone by and you’re lakka goofed and dronk.
    When I came to the “White working class”, my sphincter snapped shut. I was expecting terrible things. But all you said was that white people who didn’t own land and the means of production would be allowed to live. Ha ha. Not really. Instead, we would benefit from the EFF’s struggle. Yay for me. I don’t own much more than a car and two surfboards, so I’m safe. Right, comrade? I am safe, aren’t I?
    One thing is certain – the poor will send you to parliament next year. That’s R70 000 a month in your pocket right there. Sure, this is peanuts compared to what you are accustomed to, but it’s a start.
    Anyway. Good luck, commander. If your dreams come true, we will all be living in one hell of a state.”

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s