Uitdaging om Afrikaner ekonomies te bemagtig

  • Johann Dannhauser (redakteur van Ditsem)

Daar is tans ‘n sterk gevoel onder Afrikaners waarneembaar dat dit meer as tyd geword het vir ‘n daadwerklike strategie om die Afrikaner ekonomies te bemagtig. Dit spruit direk uit die toenemende diskriminerende praktyke wat die regering ingestel het sedert bewindsaanvaarding in 1994.

Hoewel met die onderhandelinge vir die nuwe grondwetlike bedeling 1992-94 gesê is dat ook die ekonomiese speelveld vir alle Suid-Afrikaners ongeag velkleur voortaan gelyk sal wees en dit ook so pertinent in die Grondwet vervat is, is sg. regstellende aksie, kwotastelsels en swart ekonomiese bemagtiging (SEB) die afgelope 20 jaar al meer en skerper deur die regering ingestel.

Dit het neerslag gevind in talle wette wat deur die Parlement aangeneem is en wat direk en indirek daarop ingestel is om mense met blanke velle soveel as moontlik in die hoofstroom ekonomie te beperk of selfs uit te druk.

Dit het daartoe gelei dat tot ‘n geraamde meer as ‘n miljoen blankes hul werk verloor het, blanke entrepreneurs nie vryelik kan sake doen nie, duisende blanke studente nie toelating tot bepaalde tersiêre opleidingsprogramme kry nie en blanke sportlui nie op meriete vir verteen-woordigende spanne gekies word nie.

Die gevolg is dat bykans twee miljoen geskoolde blankes en duisende belowende studente geëmigreer het, terwyl honderde duisende blankes verarm het en selfs in uiterse armoede verval het. Navorsing bevind dat in SA minstens 500 000 blankes hulself tans in tipes plakkerskampe bevind. Werkloosheid en armoede onder blankes in SA was nog nooit so groot en omvangryk as vandag nie.

Enkele voorbeelde van uiters diskrimin-erende wetgewing teen blankes is o.m. dat ondernemings bokant vasgestelde jaarlikse besigheidsomsette op ‘n telkaart aan spesifieke SEB persentasies moet voldoen vanaf aandeelhouding op hoogste vlak tot op grondvlak. Voorts word gestipuleer dat kommersiële boere aan hul werkers volgens bepaalde dienstermyne aandeelhouding in hul boerderye en plase moet gee, terwyl wetgewing voorskryf dat alle mynmaatskappye minstens 40% SEB moet hê vanaf top- tot grondvlak. Die lys gaan net aan en aan.

Ook ingrypend is dat geen besigheid bokant ‘n bepaalde omsetvlak wat nie aan hoë SEB-vereistes voldoen nie, dienste of produkte aan die uitgebreide staatsektor mag lewer nie. Daarby staan geen besigheid met suiwer blanke eienaarskap ‘n kans om deur staatsinstansies soos Seda, IDC, Landbank, die Jobs Fund, ens. gehelp te word nie. Dieselfde geld wat betref die handelsbanke.

Intussen is allerlei swart bevorderings-organisasies regoor die samelewing aan die orde van die dag – die Black Business Forum, Black Lawyers Association, National African Farmers Union, die Association of Black Accountants of SA, die Black Association of Travel Agents, om slegs enkeles te noem.

Nie alle blankes vind fout met hierdie toedrag van sake nie en natuurlik is alle blankes nie Afrikaners nie. Daar is egter blankes vir wie hul bepaalde identiteit belangrik is, sonder dat hulle op ‘n ander bevolkingsgroep of ras neersien en iemand sy of haar plek in die son misgun.

Dit is ook so dat daar blankes is wat die golf van die post-1994 SA suksesvol gery het en vandag ekonomies welaf en baie welaf is. Sommige van hulle het ‘n gevoel van Afrikaner identiteit, ander nie.

Hoe dit ookal sy, huidiglik is dit ‘n onomstootlike feit dat die blankes in SA grotendeels op ‘n ekonomiese glybaan na onder is a.g.v. al die diskriminerende wette, praktyke en instellings. Die mynwese in die land wat handel met die rykste minerale skatkis in die wêreld, is reeds feitlik heeltemal swart, terwyl die druk op blanke beheer in die handels- en landbousektore geweldig is.

Dit is binne hierdie omstandighede dat daar die sterk gevoel onder spesifiek Afrikaners is dat hulle as volk wil bly voortbestaan en dat daartoe ekonomiese handhawing van hulself van sleutelbelang is. Ditsem Nuus deel hierdie siening en strewe en daarom gaan die koerant hom beywer om ‘n beweging ter ekonomiese bemagtiging van die Afrikaner te inisieer en te ondersteun.

Dit bied ‘n enorme uitdaging, maar indien dit aanvaar word, moet vir praktiese sukses so ‘n beweging in ‘n implemen-teerbare strategie omgesit word, wat die volgende kan behels:

Die opstelling van ‘n elektroniese databasis op die Internet van besighede wat met hul Afrikanerskap identifiseer, vir doeleindes van wedersydse samewerking en ondersteuning. Die databasis kan in sektor- en beroeps-kategorieë ingedeel word om ‘n tipe elektroniese “geelbladsye” te vorm.

‘n Organisasie of sakekamer wat spesifiek en uitsluitlik die belange van Afrikaner-sakelui bevorder, weereens sonder om teen ander te diskrimineer.

‘n Gestruktureerde plan van aksie om Afrikaner-entrepreneurs te ondersteun – finansiële bystand, advies, opleiding, ens. So ‘n plan bestaan reeds in die vorm van die Vry Afrikaner-organisasie gebaseer te Orania en wat ten doel het die bemagtiging van Afrikaner sakebelange binne die konteks van ‘n Afrikaner-volkstaat. In hierdie verband het Vry Afrikaner reeds baanbrekers-werk gedoen – vir meer besonderhede, sien die advertensie op bl. 3 van hierdie uitgawe.

Moontlike samewerking met instansies wat aktief gekant is teen diskriminasie teen blankes in die werkplek en/of teen onregmatige SEB, soos bv. die Solidariteit-vakbond.

Verdere stappe soos wat nog d.m.v. sinergie uitgewerk kan word.

Soos gesien kan word, gaan hierdie voorgestelde bemagtiging van die Afrikaner nie oor ras nie, maar wel oor volk – die Afrikanervolk – ‘n konsep wat regoor die wêreld in die volkereg erken word.

Dit gaan ook uitdruklik nie oor diskriminasie nie, maar oor handhawing en uitbou van eie Godgegewe identiteit.

Hierdie artikel het verskyn op die voorblad van Ditsem Koerant (Februarie 2014 uitgawe).

7 thoughts on “Uitdaging om Afrikaner ekonomies te bemagtig

  1. AH Schlemmer

    Ja nee, hier is ‘n geweldige stryd wat vir ons wag. Die Afrikaner volk is soos skape aangejaag tot op die rand van die afgrond….500 000 wat in plakkerskampe bly is al reeds daaroor.

    Dank die Heer vir Vry Afrikaner en die Orania Beweging!

  2. Absoluut briljant saamgevat….

    Sonder ekonomiese realiteite, net soos ons sonder die hoekstene van selfwerksaamheid en ‘n eie grondgebied maar eerder moet los, is die vryheid van ons volk net ‘n droom en sal Orania niks meer word as ‘n pragtige dorpie in die middel van SA wat öorleef”deur die inspuiting maandeliks ontvang van toeriste en die bydraes van goedgunstiges, o.a Solidariteit en elke individu wat skenkings maak.

    Net soos ons ons getalle moet konsolideer, net so moet diegene wat vir welke rede nog nie die skuif kan maak nie hule besteebare surplus finansies konsolideer juis om die droom van gebiedskonsolidasie vir hulself, of ten minste die volgende geslag, ‘n realiteit te kan maak.

    Voorwaarts….!!!!

  3. jan

    Miskien is dit laankal beskikbaar – maar dit sal baie help indien daar ‘n lys van mini uitvoernywerhede /produkte instand gehou word vir Orania
    .
    Ons weet van die groot landbou projekte en produkte maar laat ons ons verbeelding gebruik wat vanuit Orania uitgevoer kan word wat deur nuwe inkomelinge as riglyne kan dien:

    koeksisters kospakkies droee vrugte
    arbeid – die uitwoners werk elders
    juweliersware het sopas aanlyn gekom – skitterend.
    Onbeperkte aanlyn verkope en kuberbemarking
    Wat van gespesialiseerde tegnologiese herstelwerk [IT ens} en agentskappe vir landbou

    Wat kan mens in Orania vervaardig en uitvoer?
    Kan ons aan iets besonders dink uit die legio moontlikhede van die mark daarbuite?

    [ tog net nie dagga en tabak en wapens ens nie asb ] grappie!!

    1. Simon

      Dagga is dalk tog ‘n opsie in die toekoms veral as dit die medisinale tipe is:

      “http://www.news24.com/SouthAfrica/Politics/Decriminalise-medical-use-of-dagga-MP-20140219”

  4. Frik Lotz

    Baie goeie en interessante stuk wat geskryf is. Terloops,ek lees in vandag se Rapport van 23 Feb 2014 n stuk wat Dan Roodt geskryf het. Hy val weer die VF Plus aan en sê goed daar wat nie korrek is nie. Hoekom is FN gestig? Dit verwar en verdeel net weer Afrikaners en ons kan dit nie bekostig nie. Afrikaners moet VF Plus stem en nie vir ander niksseggende partye nie.

  5. Paul Ferreira

    Goie dag.Ek maak meubels(tuin meubels hout en staal)en ook kaste.Ek wonder net wa kry jy die hulp vandaan as afrikaner vir die nodige fondse as entrepeneur.Net niemand wat ek al gekontak het stel belang nie.Waar moet ek dan as entrepeneur dan om hulp vra? Kan iemand dalk help of wil iemand help. Hul se Jy moet moed hou ja ma vir hoe lank. Ek is nou al moedelloos al die deure gaan vir my toe.
    Dit sal lekker wees as dit kan slaag soveel meer werksgeleenthede.
    Baie dankie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s