VF Plus LP weggejaag tydens debat oor grondhervorming

‘n Verklaring oor die grondoudit deur die waarnemende minister van grondsake, Lechesa Tsenoli, het gister chaos in die parlement veroorsaak nadat een van die VF Plus se parlementslede, dr. Pieter Groenewald, gesê het die minster het ‘snert’ gepraat.

Groenewald het sy toespraak begin deur te sê die minister het maar net kom bevestig dat daar wel ‘n grondoudit gedoen word en niks nuuts nie. Die VF Plus vra al sedert 2004 dat ‘n behoorlike grondoudit gedoen moet word om te bepaal hoeveel landbougrond deur wit en swart boere besit word.

Indien dit nie bepaal kan word nie, kan die regering nie sê hoe ver hy van sy doelwit van 30% landbougrond in swart besit is nie.

Na punte van orde het die adjunkspeaker bepaal dat hoewel die woord snert (nonsense) nie onparlementêr is nie, is dit onrespekvol teenoor ‘n minister en gevra dat Groenewald dit moet terugtrek. Hy het geweier en die speaker het hom daarop gevra om die raadsaal te verlaat.

Groenewald het na die tyd gesê uit skriftelike antwoorde van die minister van grondsake, Gugile Nkwinti, aan hom, is dit duidelik dat grondsake nie weet hoeveel grond werklik in besit van wit en swart boere is nie.

“In een antwoord sê die minister daar is reeds 7,2 miljoen ha grond uit 24,5 miljoen ha grond oorgedra aan swart boere. Dit is slegs 9,8% van die teiken van 30% of 24,5 miljoen ha.

“Die minister bring egter nie kommunale grond, en grond wat aan die staat behoort in berekening nie. Daar is al hoeveel keer gesê dat ‘n behoorlike grondoudit gedoen moet word sodat almal weet waarvan gepraat word.

“Dit is onaanvaarbaar dat die minister self erken het dat 90% van die grondhervormingsprojekte misluk het en dat hierdie projekte eers suksesvol moet wees voordat verder grond herverdeel word. Indien dit nie gebeur nie, sal voedselsekerheid in Suid-Afrika bedreig word.

“Voordat ‘n behoorlike grondoudit nie gedoen is nie, sal die ANC misbruik maak van grond om emosies op te jaag, veral met die oog op stemwerwing vir die verkiesing. Dit sal nie net landbou nie, maar die hele Suid-Afrika benadeel,” het Groenewald gesê.

12 gedagtes oor “VF Plus LP weggejaag tydens debat oor grondhervorming

  1. ah schlemmer

    Kom ons wees nou maar eerlik, Tsenoli het nie snert gepraat nie, hy het sommer k&k gepraat!
    Hulle weet nie hoe om ‘n grondoudit te doen nie. Of hulle wil nie, want dit sal duidelik wys dat ‘n groot presentasie van grond in Azania, reeds aan swartes behoort.

  2. Frik Lotz

    Stem saam met Pieter Groenewald. VF Plus doen uitstekende werk vir ons mense. Die party is besig om geweldig te groei en gaan vriend en vyand verras by stembus. Die mense wie se oë nog toe is en nog steeds DA stem,moet wakker word en hul oë oopmaak. DA en ANC is een en dieselfde. Kyk wat doen VF Plus by http://www.vfplus.org.za Kyk gerus ook na hul Facebookblad. Laat ons VF Plus stem,want saam is ons sterker.

  3. Hulle sal nie ophou totdat hulle die boere van die grond verdryf het nie, tipies kommunis! Frik, waarvoor wil jy gaan stem? Dit is tydmors teen die massas en verleen net legimiteit aan ‘n onwettige bestel!Dink maar net wat gaan gebeur as die spul die verkiesing verloor, terug bos toe en maak alles weer onregerrbaar! Stem reg, bly weg!

  4. Frik Lotz

    Deur nie te gaan stem nie bevoordeel jy die ANC en gee hul nog meer mag. Gestel as voorbeeld gaan 10 mense stem. 6 Mense stem ANC en 4 vir opposisie,dus het ANC 60% en opposisie 40%. Nou gaan een opposisie kieser nie stem nie en nou is daar 9 wat stem. ANC het nog steeds 6 stemme,maar opposisie het nou slegs 3 en dit beteken ANC het nou 67% en opposisie 33% en dit net omdat een opposisie kieser nie gaan stem het nie. Ons moet op alle vlakke deelneem om ons saak te bevorder en dan kan ANC ook nie n vinger na ons wys en sê ons het nie iets probeer nie. So,gaan stem en stem VF Plus.

  5. Frik Lotz

    Enigste party wat nog opstaan vir die Afrikaner en sterk staan op minderheidsregte is die VF Plus. ANC en DA is een en dieselfde. Dis tyd dat ons VF Plus sterker maak en die tyd is nou. Maak seker jy gaan stem en stem VF Plus. Dis n stem vir n beter toekoms.

  6. Mike

    Na aanleiding van die drie vryheidsliewende afrikaners wat nog al die jare vir selfbeskikking gestaan het en wat nou van die DA oorgeloop het na die VF net die volgende. Dit blyk dat die VF nou ‘n “dump yard” geword vir al die kits afrikaners wat ons nog gister van verkramptheid en rassisme beskuldig het.

    Wat is regtig hier aan die gebeur, het hulle oorgeloop omrede die DA hulle uitgeskop het of het hulle oorgeloop uit innerlikke oortuiging dat selfbeskikking die enigste beleid is wat hulle eie nageslag ook ‘n toekoms kan verseker? My eie opinie natuurlik eersgenoemde. ‘n Linkse verander van kleur maar nooit van streke.

    Op hierdie staduim heroorweeg ek my steun aan die VF om die eenvoudige rede dat hulle binnekort net soos met die oorlede NP ook van binne gerysmier gaan word om hulle beleid te verander om meer toegeeflik te wees, dit beteken die einde van die VF. Ek vra die vraag was Front Nasionaal al die tyd reg in hulle bewerings teenoor die VF? Ek is nie meer so seker of die VF nog die afrikaner gaan verteenwoordig oor vyf jaar vorentoe nie.

  7. Frik Lotz

    Natuurlik veg die VF Plus vir Afrikaners. Die party staan sterk op minderheidsregte en selfbeskikking en dien ook as inspirasie vir ander minderhede om op te staan vir hul regte. Dis net logies dat wanneer n party groei jy kiesers van ander partye gaan kry wat dan vir jou party gaan stem. Netso gaan jy nuwe lede kry wat voorheen betrokke was by ander partye. VF Plus se beleid gaan mos nou nie verander omdat mense v DA nou by VF Plus is nie. Die mense ondersteun en onderskryf die VF Plus se beleid en beginsels. Eendrag maak mag!

    1. Mike

      Frik jy’s heeltemal reg oor die kiesers wat van ander partye oorkom na jou toe dat jy gaan groei maar ek praat spesifiek van die drie kits afrikaners wat nou uitgeskop is deur hulle linkse party. Nee die VF se beleid gaan nie nou’ verander nie maar dit gaan later verander, jy onthou sekerlik waar die NP vandaan gekom het en waar hy nou is.

      Jy sê “Die mense ondersteun en onderskryf die VF Plus se beleid en beginsels” Ek vra vir jou Frik het jy dit met jou eie oë gesien dat hulle dit doen? Hoekom eweskielik is die drie nou afrikaners wat selfbeskikking ondersteun? Die VF het niks gedoen oor twintig jaar nie nou plaas hulle mense op hulle kandidate lys met twyfelagtige karakter, dit gaan hulle duur te staan kom. Dit lyk eerder of die VF ‘n tipe skrootwerf raak wat al die ou linkse afval huisves.

      Ek sal hulle nie weer ondersteun nie nie voordat daai drie kits afrikaners wat ons al uitgekryt het as verkramp, verregs, radikaal en agterlik omverskoning vra vir hulle agterbaksheid nie, ook nie voordat hulle in die openbaar selfbeskikking erken as die enigste oplossing vir die afrikaner nie, en ook nie voordat hulle van die kandidate lys afgehaal word en as gewone kiesers gesien word nie.

      Intussen bly ek by Front Nasionaal waar daar geen plek is vir baantjies vir boeties nie en wat eerder deel wil word van die afrikaner as ‘n gewone politieke party wat nog politiek wil bedryf soos in die dae van die Nasionale Party. Toe Front Nasionaal gestig is was ek aanvanklik ook maar skepties en het nie geglo wat hulle te sê gehad het van die VF nie, maar nadat daardie drie linkses met ope arms ontvang is binne die VF en nog boonop op hulle kandidate lys geplaas is het alles nou vir my duidelikker geword.

      1. Mike, wat bied die FN vir jou vriende of familie wat nog nie so sterk oor selfbeskikking voel soos ek en jy nie? As ‘n politieke party wil he dat Afrikaners vir hom moet gaan stem, moet hy kwessies dryf wat vir Afrikaners belangrik is. Die minderheid Afrikaners beskou tans selfbeskikking as ‘n prioriteit – dit hartseer, maar dis ‘n feit. Om nou die Afrikaner kieser verder te verdeel is absurd en gaan ons nerens kry nie.

        Die sg. linkses wat van die DA oorgestap het VF toe bewys dat hulle toe nooit so links was as wat ons gedink het nie. ‘n Ou soos Niekie vd Berg gee sy LP salaris prys. Hy voel sterk oor Afrikaans en dit het vir hom ‘n beginselsaak geword. Die meerderheid Afrikaners is in daai bootjie – trots Afrikaans, maar stem DA. By die VF is daar ruimte vir hulle om hul taalstryd te voer en geleidelik aan die meriete van selfbeskikking blootgestel te word. Forseer vryheid by mense se kele af, soos wat die FN tans doen, en kyk hoe ver kom jy…

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s