Ontvlugting

Ontvlugting is die nuutste roman uit die pen van Orania skrywer Sebastiaan Biehl

Die boek het baie te bied aan lesers: ’n lekker liefdesverhaal, prikkelende reisbeskrywings en indringende politieke ontledings, vervleg in een roman. Hierdie verhaal se verskillende lae maak dit op verskeie vlakke ’n aangename leeservaring.

As reisverhaal word die hoofkarakter, Hendrik, se besoek aan en verblyf in die eiland Sipres op ’n so ’n manier beskryf dat menige leser wat sal wil gee om die eiland te besoek. Die skrywer se fyn waarnemingsvermoë en kleurryke beskrywings van die eeue oue dorpies, geskiedkundige plekke en inwoners van die eiland voer die leser weg na die betowerende wêreld van ’n vreemde kultuur en die geskiedenis van die inwoners van Siprus.

Die verhaal  is egter veel meer as net ’n reisbeskrywing. Die beskryf ook die emosionele reis van Hendrik wat ontvlugting in die vreemde soek van die vervreemding wat hy as Afrikaner in die post-1994 Suid-Afrika ervaar en van die hartseer na ’n liefdesteleurstelling wat hom ontredderd laat voel het.

Wat veral opval is die knap wyse waarop die skrywer groter intelektuele en politieke kwessies op ’n amper onopvallende wyse verweef met die verloop van die verhaal wat dan die leser tot groter insig lei. Die besef dat Suid-Afrika en ook die Afrikaner nie uniek is in die problematiek van die hede en die verlede nie word geleidelik deur die verloop van die verhaal duidelik.

Maar die leser leer ook die mens Hendrik ken en maak saam met hom sy vereensaming in Londen mee en vind saam met hom ontvlugting as toergids in die dorpie Karaman in Noord-Siprus. Hendrik se geleidelike romantiese aangetrokkenheid tot die borrelende Charlotte ontwikkel vanaf hulle eerste ontmoeting tot met hulle emosionele herontmoeting tydens Hendrik se besoek aan Parys.

Die beskrywing van Parys as toeristebestemming is geslaagd. Met die onverwagse wending teen die einde van die verhaal word die spanningslyn verhoog en lei tot die uiteindelike suksesvolle ontknoping in die slot.

Bestel Ontvlugting direk by die skrywer deur ‘n e-pos te stuur na sebastiaan@afsaal-op-orania.co.za

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s