Solidariteit en VF Plus in gesprek

Die leierskap van die Vryheidsfront Plus en leiers van Solidariteit, AfriForum en Solidariteit Helpende Hand het ’n konstruktiewe gesprek in Pretoria oor huidige toestande in Suid-Afrika en oor die komende verkiesing gevoer.

Die VF Plus-afvaardiging is deur dr. Pieter Mulder, VF Plus-leier en dr. Pieter Groenewald, voorsitter van die party gelei.

Mnr. Flip Buys, uitvoerende hoof van Solidariteit en Steve Scott, president van Solidariteit-vakbond, was aan die hoof van die Solidariteit-afvaardiging.

Regstellende aksie, swart bemagtiging, voorwaardes vir ’n vryemark-ekonomie en grondhervorming is onder andere van die sake wat bespreek is. Daar is ook gekyk na die spesifieke rolle van ’n politieke party teenoor die van ’n vakbond en ’n burgerlike beweging.

Dr. Mulder het sy tevredenheid met die gesprek uitgespreek en aangedui dat heelwat sake van gemeenskaplike belang geïdentifiseer is.

Hy het aangetoon hoe albei organisasies as een van hulle belangrikste uitgangspunte die belangrike rol en plek van gemeenskappe en minderhede in Suid-Afrika het.

Volgens hom is hier heelwat ruimte vir sinvolle samewerking omdat die partye oor baie sake saamgestem het.

Dr. Corné Mulder, VF Plus-hoofsweep, adv. Anton Alberts, VF Plus-parlementslid en mnr. Lourie Bosman, voormalige parlementslid en president van Agri SA, was die ander lede van die VF Plus-afvaardiging.

5 thoughts on “Solidariteit en VF Plus in gesprek

  1. Frik Lotz

    Dis baie goed dat daar n gesprek was. Dit kan net tot positiewe resultate lei wat voordelig vir almal is. Goed gedoen VF Plus, Solidariteit en Afriforum!

  2. Mike

    Afrikaners van verskillende organisasies wat om een tafel bymekaarkom om twintig jaar nadat die afrikaner sy vryheid prys gegee het oor sake van gemeenskaplikke belang met mekaar in gesprek te tree. Ek is en was nog al die tyd vir afrikaner eenheid maar hierdie lyk so al asof dit gaan oor die verskillende organisasies en hulle afrikaner lede.

    Dit moes nie ‘n bymekaarkoms van verskillende organisasies gewees het nie dit moes ‘n afrikaner beraad gewees het wat oor afrikaner sake beraadslaag. Die afrikaner het jare gelede al vertroue in sy leiers verloor daarom dat hulle vir die DA stem. By hierdie vergadering moes dit nie Solidariteit, die VF, Afriforum ens. gewees het wat bymekaar gekom het nie, dit moes die afrikaner gewees het wat beraadslaag het.

    Ten laaste dink ek die gesprek is twintig jaar te laat.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s