Mulder positief oor toekoms

Tien van die 13 politieke partye wat in 2009 tot die parlement verkies is, het in 2014 se verkiesing swakker gevaar waarvan 4 nie na die parlement gaan terugkeer nie.

Net drie politieke partye het sedert die 2009 verkiesing gegroei. Dit is die DA, die UDM en die Vryheidsfront Plus.

Die VF Plus het met 13% gegroei vanaf 146 796 stemme in 2009 na 165 715 in hierdie verkiesing. Die party het ’n setel in Noordwes bygekry en al sy vorige setels behou. Die party het nou verteenwoordigers in Gauteng, Vrystaat, Noordwes en vier setels in die Parlement.

“Ek wil die ou en nuwe VF Plus-kiesers bedank vir hulle ondersteuning tydens hierdie verkiesing. Hulle het die VF Plus bly ondersteun nieteenstaande ’n intensiewe DA-propagandaveldtog wat met radio-advertensies en pamflette spesifiek op die VF Plus gemik was. Vanweë die finansiële ongelykhede van Suid-Afrikaanse verkiesingsveldtogte, wat deur staatsfondse veroorsaak word, is dit baie moeilik vir kleiner partye om op gelyke voet met ander partye mee te ding en op sulke propaganda te antwoord. Daarom is ek dankbaar vir die groot groei wat die party getoon het,” het dr. Pieter Mulder, VF Plus-leier gesê.

Wêreldwyd is die politieke tendens dat minderheidsregte en die beskerming van minderhede meer en meer op die voorgrond tree. Suid-Afrika sal daardie werklikheid nie vryspring nie. Dit verklaar waarom die VF Plus gegroei het en vir baie jare steeds ’n politieke rol sal speel.

Soos die DA groter word, is dit onafwendbaar dat die party sy klem na die behartiging van die meerderheid se belange sal verskuif. Dit gaan in die toekoms meer en meer ruimte skep vir partye soos die VF Plus om hierdie minderheidsbelange in die politiek te behartig.

7 thoughts on “Mulder positief oor toekoms

  1. So wat gaan hy in die parlement bereik? Niks nie, want hulle gaan hulle nie steur aan hom nie! Minderheidsregte,? Wat gaan hy daaromtrent doen, vir ons ‘n Volkstaat beding? Ek betwyfel dit! Ons toekoms lê buite die parlement (soos hulle dit in die 1980’s gedoen het!)

  2. Frik Lotz

    Ek het trots VF Plus gestem en weet daar sal geveg word vir my regte. VF+ is n party vir die toekoms en gaan nog baie groei. DA se negatiewe veldtog teen VF+ wat gegrond was op onwaarhede, was laakbaar. Ongelukkig het baie kiesers geval daarvoor en DA gestem. Minderhede moet wakker word en besef die DA soek net hul stemme met verkiesings en vergeet dan van hulle. Afrikaners moet bietjie begin dink vir hulself en ophou om valse propaganda te glo. Ondersteun die VF Plus en maak hul sterker.

  3. Mike

    Wat is minderheidsregte en hoe word beplan om minderhede te beskerm? “Wêreldwyd is die politieke tendens dat minderheidsregte en die beskerming van minderhede meer en meer op die voorgrond tree”

    Na my mening le 10% van die oplossing binne die parlement en die res by die volk self dis hoekom die ANC hom nie steur aan minderhede nie en ook nooit sal nie. Die afrikaner het die reg om self iets aan sy eie lotsbeskikking te doen maar hulle stel nie belang nie en daar is ook nie leiers wat belangstel om leiding hiermee te neem nie.

  4. Dagsê theopieterse,

    Verduidelik asseblief aan my wat jy bedoel met ons oplossings lê buite die parlement soos hulle dit in die 80’s gedoen het.

    Bedoel jy dat ons Afrikaners moet mobiliseer om massastakings te organiseer en so die ekonomie probeer ontwrig, ons skamele getalle vergeleke met hulle sin is mos irrelevant?

    Of verwys jy na die terreurdade gepleeg deur dié wat tans die land regeer?

    Beide roetes is net ‘n soeke na meer trauma vir ons reeds vernielde volkie….

  5. Sias

    Kyk ook na http://www.youtube.com/watch?v=QruqWIDMGyE as julle ‘n vrye uur het. Daar is tog ‘n rol te speel met ‘n politieke agenda vir diegene wat vryheid nastreef. Ek dink dis ‘n baie positiewe uiteensetting van hoe selfbeskikking moontlik is.

    Miskien het theopieterse bedoel ‘n suksesvolle propagandaveldtog, want dit was die ANC se mees waardevolle wapen in die 80’s. En dis iets wat ons boertjies nie besonders goed mee is nie…

  6. Jan

    Buiteparlementêr?

    Laat Orania en dr Mulder so soedig moontlik vir Cele nooi vir ;’n kuier. !!!!
    Bied ons samewerking aan en belowe hulp en advies oor enigiets waarnee hy sukkel.
    Want hy is die ou wat al die transitorowers laat doodskiet het.
    Cele is ‘n formidabele Zulu en is ons baie goedgesind , wil ek glo, want hy was ook op ET se begrafnis. Die SAPD lede was mal oor hom.

    So hy kan die veiilgheid van die Boere verseker maar dan moet die Afrikaners nie bomme bou nie…

    Maak vriende met Cele …

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s