‘Weg met Die Stem’ sê EFF

Na die Afrikaanse sanger Steve Hofmeyr en 35 000 feesgangers onlangs Die Stem uit volle bors gesing het tydens die Innibos Kunstefees, is die Economic Freedom Fighters (EFF) die nuutste dromslaners wat ook op die anti Afrikaner-wa gespring het.

In ‘n mediaverklaring verwerp die VF Plus met minagting die oproep van die EFF om weg te doen met Die Stem as deel van die volkslied.  Adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor kommunikasie, het die EFF gewaarsku dat hulle met dié onversoenende optrede ‘n omgewing skep waarin konflik kan ontstaan.

Dit volg nadat Mbuyiseni Ndlozi, EFF-LP en dié party se nasionale woordvoerder, gister in ’n gesamentlike sitting van die portefeuljekomitee oor kommunikasie hierdie uitlating gemaak het.

Adv. Alberts sê dit is ‘roekelose politiekery’ van die EFF in die lig van die geskiedenis waar staatsmanne soos Nelson Mandela veel gedoen het om versoening aan die hand te werk.

“Hulle moet besef dat hulle met vuur speel deur minderhede en veral die Afrikaner te teiken en dat dit tyd is vir hulle om groot te word en verantwoordelik politiek te bedryf tot voordeel van alle Suid-Afrikaners.

“Die politieke styl van konflik wat deur die EFF toegepas word, is eindelik onvolhoubaar en dra nie tot enige oplossings by vir ons land se komplekse probleme nie.

“‘n Redelike oplossing tot hierdie situasie word reeds deur die Grondwet daargestel deur die twee fundamentele regte van vryheid van spraak en vryheid van assosiasie.

“Dit beteken op nasionale vlak is daar plek vir ‘n versoenende volkslied soos wat tans bestaan en by kulturele byeenkomste van die verskillende kultuurgroepe in Suid-Afrika kan mense sing wat na aan hul hart is sonder om iemand anders te benadeel.

“Ons verduur vryheidsliedere van hul kant en hulle moet kultuurliedere aan ons kant ook akkommodeer,” sê adv. Alberts.

9 thoughts on “‘Weg met Die Stem’ sê EFF

  1. a schlemmer

    Baie mense dink die EFF is maar net ‘n “vertakking” van die ANC. Ek is een van hulle.

    Hierdie “front” organisasies word gestig om die aandag af te trek van die ware duiwel. Dit is ‘n algemene gebruik. Vra enigiemand wat in die veiligheids polisie was.

    So, hulle sal moet gestuit word, deur hulle tromp op aan te vat. (Ek praat nou nie van geweld nie)

  2. Henri

    Wie dink hierdie snuiter nou eintlik, wie is hy. Hy was/is nog ‘n klein “seuntjie” toe sy ouer “boeties” die moeilikheid begin het. Wat hy dus van die verlede weet is ‘n nul. Hy is net nog ‘n sot wat die anc propaganda glo en daaruit dink hy(mal emma) dat hy iets weet.
    Tweedens, GEEN persoon het die reg om in te meng met ‘n ander se kultuur en beginsels nie. Dit is ONdemokraties. Wel die hele anc sisteem is ondemokraties. in elk geval, Demokrasie, is net van toepassing op die moslem broederskap.

  3. Absurd, geen rede waarom Steve of enige Afrikaner nie dit mag sing nie, dis deel van ons, dit gaan nie oor apartheid nie, dit gaan oor tradisies en menswees, by elke kultuurgroep is daar tradisies en gewoontes en die Stem sal altyd deel van ons wees, ons het steeds vryheid van menswees en as ons nie wil toi toi of staak of Nkosi sing nie, dan kan ons ons eie keuses uit oefen nl Die stem, volkspele en om standvastig te bly deur elke dag jou deel in die gemeenskap te gee ipv stakings ens. Mense, dit help nie net alles word deurgegee nie, daar moet iets aangedoen word

    1. Henri

      Alida, ek stem saam. Mense moet begin saamstaan, stadigaan gebeur dit, maar dit is veels te stadig. Ons moet by ‘n punt uitkom waar ons kan sê, genoeg is genoeg. Ongelukkig tel ons getalle teen ons, maar ons grootste bedreiging is die verraaiers. Kyk na Piet Croukamp en andere as voorbeeld.
      Wat die getalle aanbetref, het ons steeds ‘n redelik groot en sterk koopkrag, wat beteken as ons ‘n produk boikot, voel hulle dit.

      1. Jy weet, almal besef dit, maar dit wil voorkom asof almal bang is om iets te doen, ek het opgestaan op n stadium oor iets van n munisipaliteit, root goed uitgehaal, toe wil n raadslid my dwing om dit vir daardie party te gee om krediet te kry daarvoor. Ek het geweier en als net so gegee vir Rates and Tax payers Union, die het dit geneem na PP toe waar dit al drie jaar le. Intussen is ek gedreig, gevra om stil te bly die ander persoon is voor haar huis probeer trokke sement aaaaflaai, sy is probeer kaap, die ander een wat ons gehelp het was amper mal verklaar en se medikasie was verminder van sy epilepsie maar ek se nie dis die raadslid nie asseblief, ek se, dis hoe gevaarlik dit is as mens opstaan. Toe maak ek my besigheid toe omdat my kantoor dop gehou word, ons het een aand n vergadering by gewoon en toe een van die mense wat die rekenaarwerk gedoen het ry, is hy gevolg en amper van die pad af gedruk, die hartseerste van als is, dis nie net EFF nie, maar ek moes die bewyse wegkry van my huis en na 25 mense neem wat as iets gebeur, ek bewyse het wat veilig is of die mense sal uitkom daarmee. Ek weet egter God is om my en bewaar my, maar mense andersins sit agteroor en verwag wanneer jy opstaan en goed doen, hul wil agteroor sit en jy moet als doen, dan doen jy dit nog gratis en dit kos jou duisende rand, maar wat gebeur as daar hofsake kom???? Wel gelukkig is die mense almal paraat en gereed, net dit…….die streep…..moes hy nie al getrek gewees het en moes die afrikaner nie dan al gese het…..ons kom nerens ons moet gaan meeding aan groot debatte in ons duisende……dan kyk ons…..red October…..’n skamele onder die honderd mense na vele advertensies vir die Vaal………….en die ander?????? ryp na vloekwoorde en enne en rekenaars maar stadig maar seker is daar tog n groepie wat wel hul nekke uitsteek en probeer. hierdie se ek weer gaan nie oor rassisme of haatspraak nie, dit gaan oor almal, dit gaan oor, ……….die leiers van die toekoms, ons kinders se kinders en die nageslag, waarom het God in SA mense gesit soos ons? Moet ons doodgemaak word? Neeeeee………breek af die staal om ons huise en slotte en begin weer voluit lewe soos Steve, Sunette, en jul mense, breek die stilte en staan op vir mekaar, hak in soos van ouds met die gedagtres van begin weer jou goed agtermekaar kry al begin jy onder en droog jou perskes, maak konfyte, leer die kinders, vergeet tv gedurig, bring in gesprekke en redeneer met mekaar as huisgesinne………verduidelik en praat en praat en praat, mens moet net eenvoudig besluit om hande te vat. My grootste begeerte is om n groep vroue toe te spreek oor saamstaan, oor die feit dat ons weer as moeder moet leer om die geslagte te bevorder met inligting, met gebed, met deursettingsvermoe en met krag….Fors van binne en jou bors uit te stoot en te se………Here, hier is ons help ons maar ons doen ook ons deel. Mense kan nie meer net sit en wag dat iemand dit moet doen nie. Dit wat ek gedoen het is ek trots op en…….wie weet dalk is dit binnekort beked want Midvaal sin is die PP mee besig en daar is al R28,8milj gevorder en dit deur twee manne wat deurgedruk het vir hul omgewing en bly veg het al sou hul ook gedreig gewees het en die een het alles verloor…….dit my vriend…..dit is trotse afrikaner……..dit is die mens wat God in elkeen van ons gesien het toe ons geskep is. Dankie en groete

  4. Frik Lotz

    Niks fout daarmee om die Stem te sing nie. Dis in 1918 deur CJ Langenhoven geskryf en in 1921 getoonset deur Lourens de Villiers. Dit het dus niks met apartheid te doen nie. Ek as n Afrikaner is trots daarop om die Stem te sing!

  5. Mike

    Ek is ‘n voorstander van die uithaal van die stem uit nkosi om verskeie redes. Niemand het ooit die afrikaner geraadpleeg oor om ‘n deel van die stem in nkosi te sit nie. ‘n Landslied kan nie uit drie verskillende tale bestaan waarvan een in elk geval deur baie min afrikaners verstaan word en waarin hulle ook nie belangstel nie.

    Onder die huidige landslied (nkosi) word daar gruwelikke wandade gepleeg waaronder ook diskriminasie teen die afrikaner en van wie ‘n deel van sy kultuur in nkosi ingesluit is. Dit net om ‘n paar voorbeelde te noem waarom ek dink die stem hoort nie in nkosi nie.

    Ek stem dus nie saam met die VF as hulle teen die uithaal van die stem uit nkosi is nie. Hierdie nkosi beteken niks vir die afrikaner nie en sal ook nooit iets beteken nie so waarom nie eerder die stem wat vir ons kosbaar is uit hierdie lied haal nie?

    1. Henri

      Die Stem is geskryf vir die landsburger wat trots is op sy land, sy mense en wat aan God die Vader die eer ge om in ‘n land te kan woon wat Hy vir ons gegee het. Daar is probeer om die volk te vernietig, sekerlik gaan daar nog baie pogings aangewend word, maar die vernietigers hou nie tred met dit wat God ingedagte het nie. Hy sê nie verniet in Jes 54 ” Die wat jou wil laat val, sal oor jou val”. Hy sal ons NOOIT begewe of verlaat nie. Ek sing nie saam met ‘n klomp heidene nie, ek wil nie met hulle geassosieer word nie en ek is nie deel van hul kultuur nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s