Uiteindelik ‘n oorwinning op die plaasmoord-front

‘n Jarelange stryd van die Vryheidsfront Plus met die ANC-regering oor sy ontkenning van die erns en omvang van plaasmoorde en -aanvalle, het eindelik vrug opgelewer toe die nuwe minister van polisie, Nkhosinati Nkhleko, onderneem het om dit ‘hoog op die agenda te plaas’ van strategieë vir misdaadbekamping in Suid-Afrika.

Dr. Pieter Groenewald, die VF Plus se hoofwoordvoerder oor polisie, het vandag met die polisie se begrotingspos-debat in die Parlement gesê hy verwelkom die aankondiging van die minister en hy is bly die minister besef die erns en belangrikheid daarvan.

Die verwikkeling volg nadat dr. Groenewald onlangs in die Nasionale Vergadering weereens druk op die minister geplaas het en hom in ‘n geskrewe vraag gevra het of hy statistiek bekend sal maak oor plaasmoorde en plaasaanvalle en of hy bereid is om ‘n verklaring daaroor uit te reik.

In sy geskrewe antwoord sê die minister onder meer hy is ‘uiters bekommerd’ oor plaasaanvalle en –moorde en dat hy dit in ‘n ‘baie ernstige lig’ beskou.

“Dit raak nie net die familie van die slagoffers nie, maar die gemeenskap as ‘n geheel en het ‘n negatiewe impak op die land se ekonomie en voedselsekerheid. Hierdie soort misdaad is hoog geplaas op die agenda van strategieë om misdaad te bestry,” lui Nkhleko se antwoord.

Dr. Groenewald het gesê die minister se reaksie is ‘n stap in die regte rigting en ‘n bewys dat plaasaanvalle en plaasmoorde ‘n realiteit is wat duisende mense se lewens raak en ‘n impak op die hele land het, soos die minister self erken.

“Ons sal die huidige situasie opvolg met die minister om ook hier verantwoording van die regering te eis in die belang van almal in Suid-Afrika,” het dr. Groenewald gesê.

Dr. Groenewald het ook verwys na statistiek van die polisie se onafhanklike ondersoek-direktoraat (Opod) oor voorvalle waar die polisie gewelddadig teen die publiek opgetree het en gesê die publiek kan geen vertroue in so ‘n polisiediens hê nie.

“In die laaste finansiële jaar is 927 gevalle aangemeld en hanteer volgens die jaarverslag van die Onafhanklike Polisie Ondersoekdirektoraat. Dit kan nie so voortduur nie. Die publiek moet kan voel dat hulle ‘n polisiediens het wat na hul belange omsien en hulle beskerm,” het dr. Groenewald gesê.

2 thoughts on “Uiteindelik ‘n oorwinning op die plaasmoord-front

  1. Frik Lotz

    VF Plus veg al vir jare lank vir die plaasboere se belange en was op die voorfront om die kollig te plaas op plaasaanvalle en plaasmoorde. Dankie vir jul goeie werk VF Plus!

  2. anton

    Dis maar net ‘n holle frase.
    Misdaad moet bekamp word deur strenge strawwwe “Lewe vir lewe”
    Herinvoering van die doodstraf : staan dit in die program van VF+ ?

    anton zeevaart

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s