Grondkwessie: VF Plus staan sterk, EFF word weer uit parlement gejaag

Dit blyk dat grondeisers duidelik nie in grond belangstel nie. Die VF Plus het met die begrotingsdebat van die department van landelike ontwikkeling en grondhervorming lig geskyn op die feit dat met die vorige eise-proses 93% van die eisers geld bo grond verkies het.

Dr. Pieter Groenewald, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor landelike ontwikkeling en grondhervorming, het gesê dat die heroopstel van grondeise in die regering se restitusie-program ‘n fout was en dat dit geheel en al onwerkbaar is.

“Dit gaan hier bloot om die verspreiding van die belastingbetaler se geld, en die regering dink dit is hoe rykdom geskep word. Om van een te vat en vir ‘n ander te gee, skep nie rykdom nie.

“Die departement se begroting is R9,3 miljard per jaar.  Hiervan word R2,6 miljard begroot vir grondrestitusie.

“Die regering beraam dat daar 397 000 nuwe eise ingedien gaan word noudat die proses weer oopgestel is. Dit gaan die belastingbetaler sowat R179 miljard kos,” sê dr. Groenewald.

Dit is onverklaarbaar hoe die ANC-regering beplan om ‘n sukses van die proses te maak as net R2,6 miljard per jaar begroot word vir ‘n proses wat R179 miljard gaan kos. Dit beteken dit sal sowat 70 jaar neem om al die eise af te handel. Dit is ‘n leeftyd.

Verskeie bewerings van die “steel” van grond is gister in die parlement gemaak en die VF Plus se LP’s het herhaaldelik gesê hierdie stellings moet sumier einde kry.

Die party meen dit kan nie langer geduld word dat aanhoudend in die parlement gesê word “wittes het swartes se grond in Suid-Afrika gesteel nie”. Want dan kan ook gesê word swart mense het grond van die Khoi en die San gesteel.

Die uitsprake van die VF Plus, wat gemaak is in reaksie op herhaalde uitlatings van veral die EFF en die ANC dat wittes grond gesteel het, het hewige reaksie van twee EFF-lede ontlok en VF Plus LP dr. Groenewald is herhaaldelik ‘n dief en ‘n leuenaar genoem.

Hulle het na herhaalde waarskuwings geweier om dit terug te trek, en is gevra om die parlement te verlaat.

Dr. Groenewald het daarna gesê daar moet opgehou word met bewerings dat een die ander se grond gesteel het en het daarop gewys dat selfs die minister, Gugile Nkwinti, meer verantwoordelik praat van onder meer oorloë wat in die land geveg is oor grondgebied.

“Daar kan nie sinvol oor grondhervorming gepraat word as wit mense aanhoudend daarvan beskuldig word dat hulle gronddiewe is nie. Dit moet ophou,” het dr. Groenewald gesê.

3 thoughts on “Grondkwessie: VF Plus staan sterk, EFF word weer uit parlement gejaag

  1. a schlemmer

    Hierdie tipe van radikalisme van die EFF, speel in ons Afrikaners wat selfbeskiking nastreef se hand. Dit gaan ‘n oplewing onder Afrikaner nasionalisme verwek.

    Die EFF is duidelik rassisties en hulle jaag sosialisme openlik na. Selfs nie die lingse Afrikaner (Die Croukamps ens) kan dit verdedig nie.

    Die Vryheids Front het bewys dat hulle ons stem waardig is. Ek voel tuis daar, “soos ‘n vis in die water”.

  2. Henri

    Dit is darem so ironies, toe die Portugese om die suidelike punt van Afrika beweeg het was dit genoteer dat daar geen ontwikkeling was nie bykans geen lewe, behalwe ‘n paar strandlopers, Hotentotte, wat hulle kon sien. Die strandlopers was opgemerk by Mosselbaai en Durban. Terloops, Natal beteken in Portugees, Kersfees. Die Portugese het op Kersdag in Durban aan land gegaan. Hulle het ‘n ander naam vir Durban gehad wat die spul engelse weer verander het. Die lank en kort van die verhaal is dat niemand grond gesteel het nie. Presies hoe die hef in die mes pas aangaande die zoeloes ken ek nie, maar ons het hulle met ‘n oorlog verslaan.
    Die koloniste en Setlaars het hierdie land ontwikkel en ‘n sukses daarvan gemaak, tot 1992, toe ons nasie verraai en verkoop is vir ‘n paar sikkels silwer. Met ‘n paar duisend Boere/Afrikaners wat oorgebly het is hierdie land weer herbou na die Britte aandadig was vir die vernietiging van ons land en sy kultuur, sekerlik sal dit in die toekoms weer gebeur.
    Ek handhaaf steeds my stelling dat die britte ons uitverkoop het deur soganaamde onafhanklikheid en dat dat flat wheel die spyker in die kis geslaan het.

  3. Frik Lotz

    Die VF Plus staan sterk en is ons hoop vir n beter toekoms. Die DA praat baie,maar doen nie veel nie. VF Plus is n party wat doen en opstaan vir ons regte en onverskrokke veg vir ons belange. Doen so voort, VF Plus!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s