Die Stem – in of uit?

Deur gasskrywer Martin Smith

Met die groot omstredenheid rondom die verwydering van “Die Stem” uit die landslied, het dit my laat wonder of ek gemaklik daarmee sou wees as die paar woordjies uit onse volkslied nie meer deel vorm van Nkosi Sikelel’iAfrika nie.

Vir my is Die Stem van Suid-Afrika soos “Flower of Scotland” vir die Skotte, of “Old land of my fathers” vir die Walliesers.  Dit is ʼn lied wat my Afrikanerhart warm laat klop soos toe Danie Gerber die Engelse flenters gehardloop het en Joggie Jansen vir Cottrell uit sy skoene geduik het.

Die Stem laat my dink aan wat my voorouers alles vermag het, Bloedrivier, hoe ons uit sak en as opgestaan het na die Anglo-Boereoorlog en uiteindelik ʼn Republiek geword het.

Max du Preez reken dat die stem aanstoot gee aan anti-apartheidstryders en vir daardie rede moet dit verwyder word of vervang word met ʼn ander Afrikaanse lied.  Max, ek stem saam jou dat Die Stem verwyder moet word, maar my redes verskil so klein bietjie van joune…

Die landslied is veronderstel om eenheid binne Suid-Afrika se diverse kulture uit te beeld.  Met regstellende aksie, kwotas en die hoë plaasmoordsyfer voel ek nie deel van daardie “eenheid” nie.  Inteendeel, ek voel ek soos ʼn hoender wat net genoeg kos gegee word om elke dag ’n eier te lê.

Die deeltjie van Die Stem wat in die landslied ingedruk is, is net een derde van die eerste strofe. Ek wonder hoeveel van ons jongmense dit weet.  Om net daardie deel te sing is soos om vuur te maak sonder om te braai, of om te bad sonder seep.  Dan word die afgewaterde weergawe van ons volk se lied voorafgegaan deur ’n taal wat ek nie verstaan nie en opgevolg met ’n taal wat ek kan, maar nie noodwendig altyd wil praat nie.

Dit is vir my vreemd dat ons so hard baklei dat die stukkie van Die Stem moet deel vorm van die multikulturele landslied. So min soos  die anti-Afrikaner Max du Preez en kie wil hê Die Stem moet deel vorm van die landslied, so min wil ek hê dat Nkosi SikeleliAfrika en die res van die landslied deel vorm van Die Stem.

Dit is simbolies belangrik dat Die Stem liewers uit die Suid-Afrikaanse landslied verdwyn.  Afrikaners besef reeds die werklikheid dat ons nie deel is van die prentjie as dit kom by dinge soos straat- en plekname,  die uitdeel van beurse en werksgeleenthede, verdeling van grond en die algehele vermengingskultuur van Mzanzi nie. Waarom nog bly vasklou aan die verlede eerder as ’n ander uitweg vind?

Afrikaners wil toenemend eienaarskap neem van ons eie erfenis en dit self bewaar.  Die Stem is immers deur ’n Afrikaner vir Afrikaners geskryf. Skenk ook ons die krag, o Here, om te handhaaf en te hou!

Dit is ’n lied wat al vir byna ’n eeu by Afrikaners se saamtrekke gesing word. Laat ons dit koester en bewaar. Laat ons hard werk vir ons vryheid sodat die van ons wat waarlik wil, dan eendag ons volkslied in al sy glorie kan sing – onder eie vlag en in eie staat.

Volg Vry Afrikaner op Facebook!

4 thoughts on “Die Stem – in of uit?

  1. Dirk

    Mag ek net iets vra?
    Wat mag ons he wat eie aan ons is. Wat wil julle nog wegvat van ons af, mag ons dan NIKS he nie.
    Vra ook maar net. Ek weet dit gaan gedoen word en te hel met wat ons se of doen. Dit gaan niks help nie, dis so goed as gedaan.

    1. magdalena allemand

      Ek lees hier een bikie als dit wil se”ons moet opgee”NIE DOEN NIE1Bly sing,bly afrikaans praat,ooral en gee nie op nie!Ons in Vlaanderen sing op al die Vlaamse feeste”die stem”,waarem sal julle nie?
      Magdalena,antwerpen.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s