Die vraag oor plek

Een van die oudste vrae in die geskiedenis is: “Wie se plek is die?” Gewoonlik word dit net ingewikkelder gestel.

Dink aan die Bybelse opdrag om “die vreemdeling in die poorte” goed te behandel. Die ding met ‘n vreemdeling is dat hy vreemd is. Dit is dus nie sy plek nie en daarom bedreig dit niemand om hom goed te behandel nie.

Israel se voorgangers in Kanaän kon nie op sulke billikheid reken nie. Hulle moes man, vrou, kind, bees en skaap uitgemoor word. Daar moes geen twyfel wees oor wie se plek dit was nie. Later sou die Assiriërs en Babiloniërs die room van die Israeliete wegvoer, sodat dit nie meer hulle plek kon wees nie.

Samaria (die hoofstad van die tienstamme ryk) is later deur mense van alle windrigtings bevolk, om seker te maak niemand dink dit is hulle plek nie. Maar toe verskeur wilde diere die mense en die regeerders besef hulle het die God van die land vergeet. Inderhaas moes Israelitiese priesters gevind word, sodat die vreemdelinge vir God, wie se plek dit eintlik is, kon vereer.

Soms kan teenstrydige aansprake op besit van plek verbasend naby aan mekaar uitgeoefen word. In Rigters lees ons byvoorbeeld hoe die Filistyne kranige strydwakrygers was, terwyl die Israeliete weer knap voetsoldate was. Daarom was die berghange die Israeliete se plek en die vlaktes die Filistyne s’n, al was dit soms teenaan mekaar. Soortgelyk is dieselfde dorp ‘n ander plek, afhangend of jy in die “voorstad” of “township” woon.

So sien die wêreldgeskiedenis ‘n opeenvolging van oorloë wanneer een volk ‘n land as hulle plek beskou, wanneer ‘n ander daar aankom met die plan om dit húlle plek te maak. Vrede word herstel wanneer óf die plek-soeker, óf die plek-hebber, die grootte van plek waarop hulle aanspraak maak, by hulle getalle en/of mag aanpas.

Een manier om jou aanspraak op ‘n spesifieke plek te bevestig, is naamgewing. ‘n Groot landstreek in Europa was byvoorbeeld as Gallië bekend, tot die Franke (‘n Germaanse stam) onder Karel die Grote dit verower het en tot die Frankiese Ryk (of Frankryk) herdoop het. Ironies, as mens dink hoe graag die Franse en Duitsers mettertyd oorlog gemaak het.

Kompetisie oor plek het in Suid-Afrika ‘n interessante geskiedenis. KhoiSan-vestigingspatrone was weens ekologiese faktore swerwend, volgens ‘n vaste patroon. Swartmense het vir langer periodes (maar steeds tydelik) op ‘n spesifieke plek in ‘n spesifieke streek gevestig. Europeërs het weer uit ‘n tradisie gekom waar aanspraak op plek met permanente vestiging bevestig moes word.

Dit, tesame met die menslike vermoë om ons eie belang as “neutrale waarhede” te beskou, verklaar hoekom verskillende groepe met eweveel oortuiging op ‘n bepaalde plek kan aanspraak maak. Militêre vermoë het Engelse en Afrikaners se aansprake vroeër gerugsteun. Tans rugsteun getalle swart aansprake.

Transformasiewetgewing bevestig wie se plek Suid-Afrika vandag is. Tensy Afrikaners permanent vreemdelinge wil wees, moet ons óf transformasie teenstaan, óf ons eie plek tot stand bring. Geen weddenskappe word geneem op watter keuse die lewensvatbaarste is nie.

One thought on “Die vraag oor plek

  1. Miskien is dit tog nie so moeilik om ons eie grondgebied te verkry nie, want dit is klaar in ons besit, ons plase, omhein almal as ‘n groep, waar moontlik en stel grond beskikbaar vir vestiging en besighede, plaas armblankes daar as arbeiders en lei hulle op as sekuriteits wagte.Dit is ten minste ‘n begin. ‘n Laaste ding, los die politieke korrektheid, ‘n township is ‘n lokasie of ekasi soos hulle dit noem, die gebruik van Engelse woorde is ‘n irritasie vir my!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s