Op pad met Dana kuier in Orania

Dana Snyman, aanbieder van Op pad met Dana, besoek Orania en gesels met Quintin Diederichs oor Suid-Afrika en die Afrikaner se toekoms.

Dana is bekend vir sy ietwat liberale standpunte, maar gee toe dat hy nooit gedink het dat Orania so mooi sou groei na hy meer as 20 jaar gelede die dorp laas besoek het nie.

KykNET Dagbreek gesels oor Orania

Orania was in die kollig nadat die volkstaatgroeipunt se rugbyklub toegelaat is tot die Griekwaland-Wes Rugbyunie (GWRU). Die Orania Rebelle is onbeskaamd ‘n Afrikanerspan maar speel graag teen almal, ongeag van ras of kultuur.

KykNET Dagbreek wou graag meer weet oor hierdie onderwerp en het vir Quintin Diederichs uitgenooi om met hul kykers te gesels: