Sake Netwerk


logo

Besigheid is ons passie, ons mense is ons trots en Afrikaans ons erns.

Koopnet is ‘n handelsnetwerk wat Afrikaanse entrepreneurs help om vinniger vooruit te boer. Dit maak nie saak wie of waar jou mark is nie, of in watter taal jou produkte of dienste hoofsaaklik bemark word nie – as jy ‘n besigheid het en graag jou Afrikaanse kliëntebasis wil uitbrei, is Koopnet die plek vir jou!

Ons stel jou onderneming bloot aan duisende potensiële kliënte op ons sosiale media platforms, in ons nuusbrief en deur ons effektiewe inter-netwerk bemarking. Koopnet presteer deur aanvullend tot jou bestaande bemarking en verkope strategie te funksioneer. Jy wen al die pad bank toe.

Duur? Geensins. Die Koopnet ledefooi beloop slegs R 500 per jaar! Dis sowaar die enigste uitgawe wat jy aangaan om by ons netwerk in te skakel. Daar is geen beperking op die hoeveelheid advertensies, produkte of dienste wat ons vir jou bemark nie.

Moeite? Niks. Ons ontwerp jou advertensies en bemark jou produkte en/of dienste sonder dat jy ‘n vinger lig. Jy sê vir ons wat jy verkoop en ons vat dit van daar af. As jy verkies dat ons jou bestaande Afrikaanse adverteringmateriaal gebruik, of jou Engelse materiaal omskep in Afrikaans, is dit ook reg. Onthou, ons bemark en handel in Afrikaans!

Het jy ‘n besigheid maar benodig hulp om ‘n professionele logo en bemarkingstrategie op die been te bring? As bemarking en verkope nie jou sterkpunt is nie, help ons jou graag. Ja, dis gratis!

As lid van Koopnet het jy gratis toegang tot professionele bystand van ervare en gevestigde entrepreneurs wat jou wil help om sukses te behaal. Ons skroom nie om ons mense en hul drome te bevorder nie.

Besoek die Koopnet webwerf vir meer inligting en sluit aan.